Dit is die Weg… …wandel (net) daarop “Human error?” PRESCOTT — Investigators from across the U.S.

Download Report

Transcript Dit is die Weg… …wandel (net) daarop “Human error?” PRESCOTT — Investigators from across the U.S.

Dit is die Weg…
…wandel (net) daarop
“Human error?”
PRESCOTT — Investigators from across the U.S. poured into the mountain town of
Yarnell on Tuesday to figure out why 19 elite fire-fighters perished in an out-ofcontrol wildfire and whether human error played a role in the tragedy. The monthlong investigation into the nation's biggest loss of fire-fighters since 9/11 will look at
whether the Hotshot crew paid attention to the forecast, created an escape
route and took other precautions developed after a similar disaster in Colorado
nearly two decades ago.
Cause of Death:
1. Not paying attention to weather
forecast
2. Not creating escape route
3. Waiting too long to make use of
escape route – being trapped by fire
4. Other precautions:
a) Back-up teams and support
availability
b) Protective clothing and systems
Jes 30:20 Die Here gee julle wel brood van
benoudheid en water van bedruktheid, maar jou
leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar
jou oë sal jou leraars sien;
Jes 30:21 en jou ore sal ‘n woord agter jou
hoor wat sê:
Dit is die weg, wandel daarop!
wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
The SAFE ROUTE, walk the route , do not turn
away to the left, or right
Die Weg?
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die
beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig
gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Heb 10:2 Anders sou hulle
opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een
maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Heb 10:3 Maar
in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; Heb 10:4 want die
bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Heb 10:5 Daarom sê
Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het
vir My ‘n liggaam berei. Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om
u wil te doen, o God. Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer
en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die
wet geoffer word— Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o
God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Heb 10:10 Deur hierdie wil is
ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jahshua Christus, net een maal. Heb
10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels
dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; Heb 10:12
maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan
die regterhand van God Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n
voetbank van sy voete.
Die Weg?
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. Heb
10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; Heb 10:16 want nadat Hy
tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die
Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit
inskrywe, Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer
dink nie. Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer
meer vir die sonde nie. Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om
in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jahshua Heb 10:20 op die nuwe en
lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, Heb 10:22 laat ons
toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur
besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Heb 10:23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat
dit beloof het, is getrou; Heb 10:24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en
goeie werke aan te spoor; Heb 10:25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie
versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en
dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Heb 10:26 Want as ons
opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen
offer vir die sondes meer oor nie, Heb 10:27 maar ‘n verskriklike verwagting van
oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
Die Weg?
Heb 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming
op die getuienis van twee of drie; Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal
hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament
waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Heb
10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde,
spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Heb 10:31 Vreeslik is dit om
te val in die hande van die lewende God. Heb 10:32 Maar onthou die vorige dae
waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het,
Heb 10:33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ‘n skouspel geword
het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so ‘n toestand
verkeer het. Heb 10:34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle
het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat
julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het. Heb 10:35 Werp
dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. Heb 10:36 Want
julle het lydsaamheid (geduld) nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het,
die belofte te verkry. Heb 10:37 Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en
nie versuim nie. Heb 10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof (vaste vertroue in
wat nie gesien kan word nie) lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen
welbehae in hom nie. Heb 10:39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf
nie, maar geloof tot behoud van die lewe (sonder geduld in geloof, verlies van
lewe).
Waarvan praat Paulus, waarheen lei die Weg?
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self
van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die
wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
die wet kan nooit tot die volmaaktheid lei nie
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jahshua
Christus, net een maal.
ons geheilig deur die offer, net een maal
Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit
aan die regterhand van God
Hy het vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; Heb 10:16 want nadat Hy tevore
gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek
sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, Heb 10:17 en aan
hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
die Heilige Gees gee aan ons wette in hart, in verstand, en aan ons
sondes en ons ongeregtighede sal Hy nooit meer dink nie
Waarvan praat Paulus, waarheen lei die Weg?
Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur
die bloed van Jahshua Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het
deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis
van God het, Heb 10:22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle
geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die
liggaam gewas met rein water.
laat ons toetree met ‘n waaragtige hart, in volle
geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n
slegte gewete, die liggaam gewas met rein water, om die heiligdom
in te gaan op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het
deur die voorhangsel heen, aangesien ons ‘n groot Priester oor die
huis van God het
Waarheen lei die Weg, en wat is hierdie Weg
waarvan gepraat word?
Waarheen lei die Weg ons?
Tot volmaaktheid – die wet kon dit nooit regkry nie
En wat verkry ons deur volmaaktheid?
Vrymoedigheid – deur ‘n rein gewete, en gewaste
liggaam, en die wete dat ons ‘n Hoë Priester het.
Vrymoedigheid om wat te doen?
Om in die heiligdom in te gaan – deur die geskeurde
voorhangsel
Hoekom wil ons daar ingaan?
Want daar is die lewe vir ons wat deur die Deur
gekom het.
Is daar ‘n korter, vinniger weg?
Deur die venster is moontlik, maar deur die Deur is
die Weg.
En as ek vinniger deur die venster kan
inkom?
Dit is ‘n eie weg, dan sal jy sterwe binne in die
allerheiligste
Ek is die Weg!
Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons
die weg ken? Joh 14:6 Jahshua antwoord hom: Ek is die weg en die
waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Joh 14:7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af
ken julle Hom en het julle Hom gesien. Joh 14:8 Filippus sê vir Hom: Here, toon
ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Joh 14:9 Jahshua sê vir hom: Ek is
so lankal by julle, en het jy My nie geken (herken) nie, Filippus? Hy wat
My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Ek is die Weg!
Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en
Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Joh 14:17 die
Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie
sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle
sal wees. Joh 14:18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe
(dan sal ons Hom weer sien). Joh 14:19 Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie
meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Joh 14:20 In dié dag
sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. Joh 14:21 Wie my
gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my
Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar (Ek sal my deur hom
laat sien/ken). Joh 14:22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U
aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Joh 14:23 Jahshua antwoord en sê vir
hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en
Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Joh 14:24 Hy wat My nie liefhet
nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die
Vader wat My gestuur het. Joh 14:25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle
bly; Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal
stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê
het. Joh 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee,
gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Ek is die Deur!
Joh 10:1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal
ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. Joh 10:2
Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Joh 10:3 Vir hom maak
die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle
naam en lei hulle uit. Joh 10:4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy
voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Joh 10:5 Hulle sal ‘n
vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die
vreemdes nie ken nie. Joh 10:6 Hierdie gelykenis het Jahshua aan hulle vertel; maar
hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Joh 10:7
Jahshua het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die
deur van die skape. Joh 10:8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers;
maar die skape het nie na hulle geluister nie. Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand
deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat
hulle lewe en oorvloed kan hê.
Iemand het ‘n kaart gemaak van die Weg
Paulus verwys na hierdie volgorde en
gebeure in Hebreers 10: kyk na die mooi
kaart geteken in die woestynsand…..
Tabernakel
Die weg wat Jahshua gestap het
Die waskom vir reiniging
Tafel met toonbrode
Ark vd Verbond
(met verborge manna ens)
Reukoffer altaar
Tweede voorhangsel “die Lewe”
“Die Deur, / Ingang of Weg”
Altaar vir sonde offer
Eerste voorhangsel
“Die Waarheid”
Kandelaar wat verlig
Vyf pilare by ingang na Heiligdom
3-D Beginsel – ‘n nuut ingewyde Weg
Toekomstige,
verligte denke,
JHWH se weë
Heilige
Geloof (tiener) – 60%
Lewe
(Jahshua)
Logos - Woord
(Jahshua)
Verborge
manna –
Rhema
Woord
Voorhof geloof
(baba) – 30%
Waarheid
(Jahshua) Reiniging
(Jahshua)
Lofprysing & aanbidding
Handoplegging & HG doping
Doop
Weg
Offer-Lam (Jahshua)
(Jahshua)
Bekering,
berou,
vergifnis
Bedienings – Ef 4
Liggaam
Gees
Feeste
Tabernakels
Pinkster
Pasga
Sonde / oordeel / straf
Allerheiligste geloof
(volwassene) – 100%
Vyf pilare voor die Waarheid
Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as
evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12 om die heiliges toe te rus vir
hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13 totdat ons
almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van
God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs
4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen
en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense,
deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die
waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Efs
4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die
ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy
mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
As jy jou eie weg uitwerk of vertrou op ander,
is jy soos ‘n dier:
Prd 3:19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het
een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het
dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is
tevergeefs.
Psa 49:7 Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
Psa 49:8 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
Psa 49:9 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie. Psa 49:10
Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om
en laat hulle vermoë aan ander na. Psa 49:11 Hulle binneste gedagte is: hul
huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na
hul name. Psa 49:12 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy
is soos die diere wat vergaan. Psa 49:13 Dit is die weg van die wat op
hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het.
Sela.
Psa 49:20 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die
diere wat vergaan.
Van die pad af – groot probleme
2Pe 2:15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van
Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het, 2Pe 2:16
maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die
stem van ‘n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder. 2Pe
2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie
die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 2Pe 2:18 Want deur
trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede
van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het
wat in dwaling wandel. 2Pe 2:19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl
hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is,
daarvan het hy ook ‘n slaaf geword. 2Pe 2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die
kennis van die Here en Saligmaker, Jahshua Christus, die besmettinge van die
wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en
oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. 2Pe 2:21
Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid
nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer
van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. 2Pe 2:22 Maar oor hulle
het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie
uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
Voorbeelde van “vensterklimmers”
A religious experience (sometimes known as a spiritual experience, sacred experience, or
mystical experience) is a subjective experience in which an individual reports contact with a
transcendent reality, an encounter or union with the divine.
Such an experience often involves arriving at some knowledge or insight previously
unavailable to the subject yet unaccountable or unforeseeable according to the usual
conceptual or psychological framework within which the subject has been used to
operating. Religious experience generally brings understanding, partial or complete, of
issues of a fundamental character that may have been a cause (whether consciously
acknowledged or not) of anguish or alienation to the subject for an extended period of
time. This may be experienced as a form of healing, enlightenment or conversion.
Many religious and mystical traditions see religious experiences (particularly that
knowledge that comes with them) as revelations caused by divine agency rather than
ordinary natural processes. They are considered real encounters with God or gods, or real
contact with higher-order realities of which humans are not ordinarily aware.
Baie skepsels “bestorm” die Koninkryk – slegs die
wat die Weg bewandel sal dit oorleef.
Liefde, lewe, siel – die DOOD se verpakking
House of Reiki
Die dinge wat die Weste besoedel vandag
Jes 2:5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van JAHWEH! Jes 2:6 Want
U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste
aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf
hulle handel. Jes 2:7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan
hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens
nie. Jes 2:8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul
neer, voor wat hulle vingers gemaak het. Jes 2:9 So moet dan die mens neergebuig
en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie. Jes 2:10 Gaan in
die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van JAHWEH en om die
heerlikheid van sy majesteit ontwil.
• Hul wandel in die suister – nie op die Weg nie
• Hul is vol van die gebruike van die Ooste af
• Het goëlaars in hul midde
• Hul verkoop kinders aan die Bose
• Hul is baie materialisties – vol van goud en silwer
• Het sterk militêre mag, en vertrou daarop
• Vertrou op en aanbid die werk van hul eie hande
Geestelikheid is niks – almal kan dit doen.
2Ko 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders
wat hulleself verander in apostels van Christus. 2Ko 11:14 En geen
wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
2Ko 11:15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook
voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal
wees volgens hulle werke.
Maar om te oorleef in die Allerheiligste, vereis ‘n baie
spesifieke voorbereiding, ‘n vormingsprosses so delikaat,
dat slegs die wat die pelgrimstog van die Weg bewandel,
en daarin volhard, dit sal oorleef.
Bekende “geestelikes” wat dit nie oorleef het nie:
Die Duiwel; Simon Magus; Farao se Towenaars;
Tao se manne; Jewish mysticism (Kabbalah)
Maar tog, o mens, wie is jy.........?
Rom 9:18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie
Hy wil. Rom 9:19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog,
want wie het sy wil weerstaan? Rom 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy
wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê:
Waarom het u my so gemaak nie? Rom 9:21 Of het die pottebakker
nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer
en die ander tot oneer te maak nie? Rom 9:22 En as God, al wil Hy sy
toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid
die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
Rom 9:23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor
die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot
heerlikheid, Rom 9:24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit
die Jode nie, maar ook uit die heidene?
Amen