KABV 2013 Powerpoint aanbieding

Download Report

Transcript KABV 2013 Powerpoint aanbieding

→ Januarie 1998 - K2005 met sy UGO benadering → HNKV (2002) → NKV(2002)
NKV → KABV 2012 (Gr. 1 – 3)
NKV → KABV 2013 (Gr. 4 - 6)
NKV → KABV 2014 (Gr. 7)
Waarom was daar veranderinge nodig in die
Onderwyskurrikulum in SA vanaf K2005 tot by die NKV KABV ?
• K2005 was ‘n komplekse en prakties moeilik uitvoerbare kurrikulum.
• Baie onderwysers was nie goed genoeg opgelei en toegerus nie.
• K2005 het ‘n baie swaar administratiewe las op die onderwysers
geplaas.
• Daar was ‘n tekort aan duidelike riglyne in die klaskamer vir
onderwysers en leerders.
• Daar is ook van die onderwysers verwag om hulle eie
leermateriaal(modules) te skryf.
• Met die soms oorvol klasse was individuele aandag soms nie
moontlik nie, en die onderwysers het magteloos gevoel.
• ‘n Magdom assesseringsvoorskrifte en aantal assesseringstake.
• UGO het vereis dat leerders leerinhoude op eie houtjie moes
ontdek.
• Waardevolle onderrigtyd is só in die selfontdekkingsproses
vermors.
• ‘n Gebrek aan eenvormigheid in die onderwys.
• Nie alle skole in SA het dieselfde werk op dieselfde tyd gedoen nie.
• Onderrigtyd was ook te min – Dit het o.a. ook aanleiding
gegee tot swak provinsiale en nasionale uitslae.
• ‘n Behoefte om weg te beweeg van UGO na ‘n meer inhouds- /
kennisgebaseerde benadering.
• ‘n Behoefte aan ‘n meer vaartbelynde en vereenvoudige HNKV en
later die NKV.
• 2009 - Die Minister van Onderwys het ‘n taakspan saamgestel
om die implementering van die NKV te hersien.
• Die KABV is nie ‘n nuwe kurrikulum nie. Dit is net ‘n toevoeging tot die NKV.
• Die fokus is nou meer op die verwerwing van ‘n hoëvlak van kennis,
vaardighede en waardes wat nodig is om te leer.
• Aktiewe kritiese leer
→ leer met begrip.
• Progressie (vordering) in die inhoude en kontekste in elke vak
en in elke graad van eenvoudig tot ingewikkeld.
• Ongelykhede in die onderwys word aangespreek.
• Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid
• Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid in die werk
wat ons lewer.
• Die nuwe kurrikulum is vereenvoudig – meer vaartbelyn gemaak.
• Die klem het verskuif na die verwerwing van meer basiese vaardighede soos
lees, skryf en die bemeestering van Wiskundige probleme.
• Duidelike riglyne is neergelê.
• Regdeur SA gaan daar nou op dieselfde tyd, dieselfde werk gedoen
word.
• Assessering is vereenvoudig.
• Assessering is duidelik/deursigtig (met kriteria) en toeganklik.
• Voorsiening van leerondersteuningsmateriaal – handboeke, werkboeke.
• Handboeke is ooreenkomstig die riglyne van die KABV-dokumente geskryf.
• Meer tyd om onderrig te gee.
• Ons praat nie nou meer van leerareas nie, maar van vakke.
• Nie meer leeruitkomste nie, maar inhoudsareas/velde, (Wiskunde)
onderwerpe (SW, NW en Tegnologie) en taalvaardighede (Tale).
• 6 vakke i.p.v. 8 vakke
• EBW as vak is verwyder
• Natuurwetenskappe en Tegnologie – in een vak saamgevat
• Lewensoriëntering en Kuns en Kultuur – in een vak saamgevat.
• Lewensvaardigheid – drie studieareas:
1. Liggaamsopvoeding
2. Persoonlike en sosiale welsyn
3. Skeppende kunste (Visuele- en uitvoerende kunste)
• Langer kontaktyd is aan die vakke toegeken – 27 uur 30 min per week.
 Afrikaans as huistaal (6 uur)
 Engels as eerste addisionele taal (5 uur)
 Wiskunde (6 uur)
 Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde ) (3 uur)
 Natuurwetenskappe en Tegnologie (3.5 uur)
 Lewensvaardigheid (4 uur)

Liggaamsopvoeding (1 uur)

Persoonlike en sosiale welsyn (1.5 uur)

Skeppende kunste (1.5 uur)
 Skooldag begin om 07:45 regdeur die jaar. Skooldag gaan 30 min langer wees.
• ‘n Aantal minimum formele assesseringstake per kwartaal per vak per
graad word in die KABV – vakdokumente voorgeskryf. Dit sluit in o.a.
toetse, eksamens, projekte, navorsingstake, ondersoeke, praktiese take
ens.
• Toetse en eksamens moet nou ‘n groot gedeelte van die inhoude dek.
In kwartaal 1 en 3 sal daar deurlopende toetsreekse wees.
In die 2de en 4de kwartaal sal daar volwaardige formele eksamens
plaasvind
‘n Opsomming van die aantal formele assesseringstake per vak per jaar is as volg:
VAKKE
Kwt 1
Kwt 2
Kwt 3
Kwt 4
Totaal
Afrikaans Huistaal
2
2
2
2
8
Engels Eerste Addisionele taal
2
2
2
2
8
Wiskunde
2
2
2
2
8
Natuurwetenskappe en Tegnologie
2
3
3
4
12
1
1
1
1
1
1
1
1
4
4
1
1
1
1
1
1
1
1
1
1
1
1
4
4
4
SOSIALE WETENSKAPPE
- Aardrykskunde
- Geskiedenis
LEWENSVAARDIGHEID
- Skeppende Kunste
- Liggaamsopvoeding
- Persoonlike en Sosiale welsyn
• Informele assesserings gaan ook op ‘n daaglikse basis geskied.
• ANA’s (Gr. 4 – 6) en sistemiese evaluering (Gr. 6) sal nog jaarliks voortgaan.
• Assesseringsplanne per kwartaal met al sy assesseringsprogramme van die ses vakke gaan basies soos tans beplan word.
• Die vereiste aantal formele assesseringstake per vak per jaar
word ingedagte gehou.
• Skoolgebaseerde assessering (deurlopende assessering ) is ‘n verpligte
komponent van die jaarpunt vir progressie en promosies (bevordering).
• ‘n Verpligte einde - van - die - jaar - eksamen wat 25% van die jaarpunt
(promosiepunt) van elke vak gaan tel in die intermediêre fase en die
skoolgebaseerde assessering wat 75% van die jaarpunt vir elke vak tel.
•
Vanaf 2013 gaan daar ‘n kode 1 – 7 (nasionale kodesisteem - volgens die KABV) wees
en nie meer die 1 - 4 kodesisteem soos tans nie.
• Kodes en beskrywings vir optekening en rapportering
•
KODE
PERSENTASIE
VLAKBESKRYWING
1
0 – 29%
Nie bereik nie
2
30 – 39%
Elementêre prestasie
3
40 – 49%
Redelike/matige prestasie
4
50 – 59%
Voldoende prestasie
5
60 – 69%
Aansienlike prestasie
6
70 – 79%
Lofwaardige prestasie
7
80 – 100%
Uitstaande prestasie
Op die kwartaallikse leerverslag sal daar ‘n verwerkte punt uit 100 langs elke vak
verskyn met elke leerder se gemiddelde persentasie onderaan.
•
Op die 4de kwartaal se leerverslag sal daar bo en behalwe die 4de kwartaal se
punte ook ‘n 5de kolom met ‘n punt uit 100 vir elke vak verskyn. Hierdie punt is
die jaarpunt vir elke vak.
•
Voldoende prestasie (kode 4) in sy/haar amptelike huistaal (Afrikaans).
•
‘n Redelike/matige prestasie (kode 3) in die Eerste Addisionele Taal (Engels).
•
‘n Redelike prestasie (kode 3) in Wiskunde.
•
‘n Redelike prestasie (kode 3) in enige twee van die oorblywende drie
vakke (NW en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe en Lewensvaardigheid).
• LW: ‘n Leerder mag nie langer as vier jaar in die intermediêre
fase skoolgaan nie.
• Om leerders op ‘n gereelde basis van terugvoering te voorsien
oor hul vordering.
 Die terugvoering moet ontwikkelend en konstruktief
van aard wees.
 Dit help ook vir ons as onderwysers om te besluit op
sekere intervensiestrategieë en om te beplan vir verdere
onderrig- en leeraktiwiteite.
• Om vir u as ouers/voogde van die leerder se vordering op ‘n
deurlopende basis in te lig.