Stad in die mis - Kampsbaai Koel in Afrikaans

Download Report

Transcript Stad in die mis - Kampsbaai Koel in Afrikaans

Stad in die mis
DJ Opperman
Bl 162
STAD IN DIE MIS
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip in dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke van die strate blink
sy oë bloedbelope,
en met sy hap sluit staal op staal.
WOORDESKAT
Stad in die mis
City in the mist
sluip
prowl
wit duisternis
fog
mote
valleys
knor
growl
waggel
stagger
kantelende rug
tilted back
bloedbelope oë
bloodshot eyes
hap
bite
staal
steel
spier
muscle
pilare
pillars
EERSTE AFDELING: vanaf 1-4
Stad word uitgebeeld as dier.
• Die spreker is versigtig vir die dinge om hom. Hy is
gespanne.
• Die spreker loop maar die dier sluip.
• Inversie: vir beklemtoning.
• Dit voel vir die spreker asof ‘n dier hom bekruip.
• Onder wit duisternis – paradoks
– duisternis is donker.
• Die dier is ‘n metafoor vir die
stad.
• Enjambement
TWEEDE AFDELING
van vers: 5-7 - beskrywing van die dier
• Mote- plekke of valleie tussen berge. In
gedig verwys dit na die strate tussen
geboue.
• Die pilare pote is die hoofweë - metafoor
• Die kantelende rug metaal is die
sinkdakke van die geboue – metafoor
• Kantelende – skewe soos die skewe
dakke van fabrieke
• Knor – dit is die geluide wat die verkeer
maak en die ander stadsgeraas.
DERDE AFDELING : Reëls 8-10 –
nader beskrywing – rooi oog; kake
• Bloedbelope oë verwys na die
verkeersligte – metafoor
• Die dier hap – verwys na die hysbakke
waarin mense klim om na die verskillende
vloere van die geboue en woonstelle te
gaan. Die deure sluk die mense in
wanneer die deure toeklap.
Die reëls is kort en afgemete, soos iemand wat
doelgerig stap.
Dit dra by tot die spanning.
Die ‘dier’ kom al hoe nader.
Eers word hy weggesteek in die mis en dan later sien
ons hoe hy waggel, hoe sy bloedbelope oë lyk en dan
hoe hy “hap” of byt.
Die spreker neem dinge waar deur middel van sy
sintuie:
Sig – hy sien die waggelpote en oë van die dier.
Gehoor – hy hoor die knor geluide van die dier.
Daar is progressie in die gedig.
Tema van die gedig
• Die stad hou ‘n bedreiging in vir die mense
in die stad.
• Dit is ‘n wrede monster wat die weerlose
mens wil vernietig.
Rymskema
• Let op dat die rymwoorde betekenisgewys
ook by mekaar pas
• Spier – dier
• Metaal – staal
• Mis - duisternis
E Cronje
Hoërskool KAMPSBAAI
BRONNE:
Vlymskerp
Tripple H Bronne
Guidelines
Versjoernaal
Letterkunde studiegids
Prente: GOOGLE