File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

Download Report

Transcript File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

swak
WOORDE
Vincent Olifant
mens
Woorde
1. my woorde het nie die krag
2. om bose magte tot ‘n val te bring nie
3. my woorde kan bloot sing
4. my woorde is nie ‘n dak
5. om onder te skuil nie
6. my woorde is swak
7. my woorde kan nie keer
8. dat ons die kromme note haal nie
9. my woorde is kaal
10. glo tog
11. my woorde het nie die byt
12. van koeëls en grofgeskut nie
13. nee
14. my woorde kan bloot bid
15. en pleit
16. en wens
17. medeburgers van die lewe
18. dat ons van grense sal vergeet
19. en bloot mens sal wees
20. en medemens
woordeskat
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Krag – power
Bose magte – evil powers
Kromme note haal – get in trouble
Koeëls en grofgeskut – cannons and artillery
Pleit – beg
Wens – wish
Bid – to pray
Medeburger – fellow citizens
Medemens – fellow-man
WOORDE – TITEL
Gedigte wat oor die skryfproses gaan word
metapoësie genoem.
Hierdie gedig gaan oor die tipe gedigte wat die
digter skryf en waarom hy hierdie soort gedigte
skryf.
1.my woorde het nie die krag- sy woorde is
doodgewoon. Dit is nie aggresief nie.
2.om bose magte tot ‘n val te bring nie – Bose magte
– soos bv. die ou apartheidsregering; onderdrukkers
3.my woorde kan bloot sing – hy wil heelmaak met sy
woorde. Hy wil nie destruktief wees nie.Hy wil skep,
nie vernietig nie.
- klankryk gee uiting aan
emosie.
Die herhaling van my woorde dui op die
verpersoonliking van die gedig. Spreker praat namens
homself; nie die mense nie.
4.my woorde is nie ‘n dak – metafoor
5.om onder te skuil nie --om saam te staan;
-groepsgevoel aan te
wakker.
-Die woorde is nie ‘n skuiling nie.
6.my woorde is swak – beteken dieselfde as het
geen krag nie.
Herhaling van “my woorde” word anafora genoem
en is ‘n bindingsmiddel vir die vryevers.
7.my woorde kan nie keer
8.dat ons die kromme note haal nie – in die
moeilikheid beland /swaarkry.
Gebruik van ou aanspreekvorm dui op verdrukking
wat al reeds lank duur.
9.my woorde is kaal – dit is gestroop van alle
voorbedagte rade.
- figuurlike beeld – die gedig is
nie vol onnodige beskrywende woorde nie.
- eenvoudig en opreg
- personifikasie (Kaal)
- alliterasie – k-klanke
10.glo tog - met die plasing van “glo” dra dit die klem/
hy is hoopvol.
- uitroep sonder uitroepteken.
- wending
11.my woorde het nie die byt – personifikasie
12.van koeëls en grofgeskut nie
- dui op sterk protes gedigte.
13.Nee definitiewe uitspraak. Die spreker is nie ten
gunste van gevegte/bakleiery nie.
14.my woorde kan bloot bid
15.en pleit – herhaling van “en” = polisindeton
16.en wens – soebat vir aanvaarding en
opregtheid
17.medeburgers van die lewe
18.dat ons van grense sal vergeet – die grense
van kultuur, ras, sosiaal, taal.
19.en bloot mens sal wees
MEDEMENSE
20. en medemens
Gedig dra boodskap van vredeliewendheid uit.
Politieke gedig wat positiewe gesindheid
oordra.