A) Les: Struktuur van RNA
Download
Report
Transcript A) Les: Struktuur van RNA
Hoekom word RNS benodig vir kodering?
• Nukleusmembraan het klein porieë waardeur klein
molekules tot in die sitoplasma kan beweeg.
• Dubbelheliks DNS-molekuul is te groot om deur
die porieë te beweeg.
• Aminosure en ribosome kom slegs buite die
nukleus in die sitoplasma van die sel voor.
• Moet dus van kleiner molekules met dieselfde
kodes as die DNS gebruik om die korrekte
proteïene via die ribosome te vorm. Die kleiner
molekules is RNS.
• Bestudeer diagrammatiese voorstelling wat volg.
Diagrammatiese voorstelling van
enkele dele van ‘n sel
DNS/DNA
Nukleus
Nukleusmembraan
Porie in nukleusmembraan
Ribosome – ‘proteïenfabriek’
Aminosure
Kodering vir proteïene in die
sitoplasma deur ‘n enkelstringmolekuul, genoem RNS/RNA
• Die RNS-molekuul is ‘n polimeer, ‘n lang
molekule wat opgebou is deur baie
monomere, genoem nukleotiedes.
• Drie tipes RNA, is boodskapper RNS
(bRNS), oordrag RNA (oRNS) en ribosomale
RNS (rRNS).
• bRNS-molekule ontstaan vanuit ‘n DNS
templaat in die nukleus. Word in detail later
bespreek.
Ontstaan en beweging van bRNA
Van die DNStemplaat word ‘n
bRNS in die
nukleus gevorm
Enkelstring bRNS
beweeg deur die
porieë in die
nukleusmembraan
tot in die sitoplasma
van die sel
Kodering vir proteïene
• Omdat bRNS uit ‘n enkele string bestaan,
kan dit deur die nukleusmembraan se klein
porieë tot in die sitoplasma van die sel
beweeg.
• Dit is die stikstofbasisse wat vir die
kodering van proteïene verantwoordelik is.
• Drie opeenvolgende basisse op die bRNS
word ‘n kodon genoem.
• Hierdie drie basisse (kodon) bepaal die
koppeling van ‘n spesifieke aminosuur.
Kodering vir Lewe – bRNS-molekuul
Let op:
Enkelstring – Geen
komplementêre
basisse nie
U
‘n Vereenvoudige diagram van ‘n deel van ‘n DNS-molekuul.
Urasiel kom
in die plek
van Timien
Drie soorte RNS-molekules
• Boodskapper-RNS (bRNS/mRNA) word in die
nukleus vervaardig uit die DNS-templaat en beweeg
uit die nukleus na die ribosome in die sitoplasma.
Dra die genetiese kode afkomstig van DNS.
• Ribosomale RNS (rRNS) kombineer met proteïene
om ‘n sub-eenheid van ribosome te vorm.
• Oordrag-RNS (oRNS/tRNA) is ‘n enkele string wat
gevou is om lusse te vorm. Op een van die lusse
kom drie blootgestelde basisse, ‘n antikodon voor.
Dra ‘n spesifieke aminosuur op die teenoorgestelde kant. Antikodon koppel aan die spesifieke
kodon van die bRNS om die aminosure in die
korrekte volgorde te bind.
Diagramme wat bRNS en rRNS vertoon
bRNS
rRNS
U
Kodon
Diagram wat oRNS vertoon
Aminosuur
Antikodon
Vergelyking tussen DNS en RNS
Verskille
DNS
RNS
Dubbelstring-struktuur
Enkelstring-struktuur
Dubbele heliks-struktuur
Verskillende plat-strukture soos
haarnaaldvormig en enkelstringe
Komplementêre basispare
op dubbele stringe
Basisse kom enkel op een string
voor (geen komplementêre pare)
Deoksiribose suiker
Ribose suiker
Bevat C, G, A en T as
basisse
Bevat C, G, A en U as basisse
Ooreenkomste
• Beide besit dieselfde fosfaatgroepe
• Fosfaatsuiker-verbinding bind aangrensende
suikers aanmekaar