A) Les - Life Sciences 4 All
Download
Report
Transcript A) Les - Life Sciences 4 All
Inleiding tot proteïensintese
Sommige sleutel aspekte om te leer en te begryp
•
•
•
•
•
•
‘n Proteïen is ‘n polimeer wat bestaan uit monomere
(herhalende boustene), aminosure genoem.
‘n Proteïen bestaan uit 50 of meer aminosure.
Elke proteïen word gesintetiseer na aanleiding van
die instruksies wat in DNA voorkom.
Die nuwe proteïene sal strukturele en
funksionele funksies in selle hê.
Ander verbindings wat ook proteïene is, is onder andere
ensieme en hormone.
Lewe kan nie bestaan sonder proteïene, ensieme,
hormone en ander proteïene nie.
Inleiding tot proteïensintese (vervolg)
• Elke sel se DNS kan beskryf word as ‘n boek van
instruksies vir proteïen-vervaardiging. Die alfabet
gebruik in hierdie boek is eenvoudig A, T, G en C.
• Die DNS-molekules vir proteienvorming kom in gene
op chromosome voor.
• Memoriseeer die paring van hierdie basisse asook die
by RNS (tussen A en U en G en C).
• Dit neem twee stappe, transkripsie en translasie, om
die instruksies van ‘n geen in die proteïenvervaardigingsproses uit te voer.
Oorsig van proteïensintese
1. Transkripsie (vind plaas in nukleus)
• DNS dien as templaat om ‘n enkelstring van bRNS
uit die poel van vrye nukleotiedes uit die sel op te
bou. Agterna, beweeg bRNS na die sitoplasma van
die sel.
2. Translasie (sitoplasma en ribosome)
• bRNS & oRNS beheer die opbou van aminosure na
proteïene.
Opsomming:
DNS
RNS
Proteïen
transkripsie
translasie
Proses van transkripsie
• Die ensiem polimerase beheer die proses.
• Die DNS draai los en die twee stringe skei deurdat die waterstofbindings tussen die
komplementêre basisse breek.
• Een van die stringe van die losgedraaide DNS
dien as ‘n templaat vir die vorming van die
komplementêre string van bRNA deur die
gebruik van vrye nukleotiedes in die sitoplasma.
• ‘n Nukleotiede met basis C op die DNS templaat
sal die nukleotiede met G koppel op die bRNA
string. Adenien op DNS templaat koppel ‘n
nukleotiede met Urasiel in bRNA string.
Diagram om transkripsie te vertoon
RNA polimerase
DNS draai los en skei. Komplementêre bRNA string (Blou string) vorm.
Geen 1
Geen 2
DNA-molekuul illustreer twee gene (elkeen van hulle met hul eie
kodons op twee verskillende bRNSs.). Slegs koderende DNA
molekules produseer mRNA
Transkripsie (Vervolg.)
• Indien die DNS basistriplet (3 basisse) se volgorde GGT
is, sal die bRNS kodon (volgorde van drie basisse) CCA
wees.
• Die suiker-fosfaatbindings koppel die bRNA se
nukleotiedes aanmekaar.
• Dit vorm ‘n enkele string met die nukleotiedes
in die korrekte volgorde.
• Sodra die bRNS gevorm het, beweeg dit weg van die
DNS templaat en verlaat die nukleus via die nukleusmembraanporie.
• Die bRNS vervoer die ‘boodskap’ /kodons na die
ribosome.
bRNS heg aan ‘n ribosoom
Ribosoom deursneë = 10 nm
Groot subeenheid
bRNA
Klein subeenheid
Vorming en beweging van bRNS
Van die DNStemplaat ‘n bRNA
word gevorm in die
nukleus
Enkelstring bRNS
beweeg deur die
porieë in die
nukleusmembraan
na die sitoplasma
van ‘n sel
Proses van translasie
• Translasie beteken om iets te verander na ‘n
ander vorm. Die kode word verander (‘getransleer’) in ‘n proteïen.
• Die bRNS string heg aan ‘n ribosoom met die
kodons ontbloot.
• Aan die een ent van elke oRNS-molekule word ‘n
spesifieke aminosuur van die poel vrye
aminosure vanuit die sitoplasma geheg en na die
ribosoom vervoer.
Proses van translasie (vervolg)
• Aan die ander ent van die oRNS kom ‘n
antikodon wat paar met die komplementêre
kodon op die bRNS (geheg aan ribosoom).
• So word die aminosure in die korrekte
volgorde volgens die bRNS-kodons geplaas.
• Die aminosure word so tot die groeiende
ketting van aminosure geheg.
• Peptiedbindings word gevorm tussen die
aangrensende aminosure.
Proses van translasie (vervolg)
• Proteïene bestaan uit meer as 50 aminosure.
• Nadat ‘n oRNS sy aminosuur in die korrekte
volgorde geplaas het, word die oRNS-molekuul
vrygestel van die ribosoom.
• Die oRNS-molekuul sal dan die volgende aminosuur
van dieselfde tipe vervoer na die ribosoom totdat die
proses van proteïenvorming voltooi is.
• Die ketting van aminosure verleng met een
aminosuur per keer tot die slegs laaste spesifieke
kodon, die ‘stop’-kodon aandui dat die ketting van
aminosure is voltooi. Die proteïen word dan vrygestel
van die ribosoom.
Aminosuur
Peptiedbinding
Groeiende deel van proteïen
oRNS met ‘n spesifieke
aminosuur geheg bind met
korrekte kodon
oRNS sonder
‘n aminosuur
word vrygestel
Antikodon
oRNA
4 kodons
Ribosoom
Diagram vertoon die translasieproses
Diagram om transkripsie en
translasie te vertoon
Diagramme om die volledige
proteïensintese proses te vertoon
Skryf die
antikodons
vir die vier
kodons op
die oRNS
neer.
Transkripsie (1 & 2)
Translasie (3 & 4)
Gebruik hierdie diagramme om die volledige proses te beskryf.
Onderstreep die sleutelwoorde in jou vier paragrawe. Memoriseer die
sleutelwoorde.
Voltooi die tabel hieronder om die 3
basisse in elke geval te vertoon.
Die kombinasies van triplets moet nie gememoriseer word nie. Dit word
uitgewerk deur paringsbasisse te gebruik.
Basistriplet
op DNS
Kodon op
bRNS
Antikodon op
oRNS
1
TGC
ACG
UGC
2
ATA
UAU
AUA
3
GCA
CGU
GCA
4
TGT
ACA
UGU
Memoriseer die:
Paringsmaats van basisse van DNA: T met A of A met T; G met C of C met G.
Paringsmaats van basisse van RNA: A met U of U met A; C met G of G met C
Kodons vir enkele aminosure
bRNS kodon
Naam van
aminosuur
Afkorting
AUG
UCC
ACU
Methionien
Serien
Threonien
Met
Ser
Thr
GUU
GCU
Valien
Alanien
Val
Ala
‘Stop’-kodons (Interessante
inligting)
• Kodons UAA, UAG en UGA is ‘stop’kodons.
• Hierdie kodons het nie oRNS-molekules
nie.
• Hulle beëindig die spesifieke
proteienvorming en die proteien word
vrygestel vanaf die ribosoom.