PowerPoint lêer

Download Report

Transcript PowerPoint lêer

Ons waag in geloof
Hebreërs 12:1-3
Lied 176 – sit
Halleluja! U is Koning.
Ons aanbid U in u woning.
U’s die Alfa en Omega,
daarom sing ons: Halleluja!
Lied 175 – staan
Majesteit, glansryke heerlikheid!
Ons wil Jesus, die Koning, hulde bewys!
Majesteit, hemelse heerlikheid!
Van waar ons woon, tot by sy troon,
wil ons Hom prys.
Kom ons loof, kom ons besing
die Naam van Jesus!
Kom ons loof, kom ons aanbid
die Here ons God!
Majesteit, heilige heerlikheid!
Hy het gesterf, ons heil verwerf,
Hy het oorwin!
Lied 200
1. U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie –
wie word daardeur nie diep getref!
Niks anders bring vir ons die heil nie –
ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere –
U wat ons in U liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here –
U wil ons in U waarheid lei.
2. U is die Heer wat ons gemaak het,
voor U kom ons, U skepsels, staan;
U is die Heer wat steeds gewaak het,
deur wie ons gans en al bestaan.
U bring in ons gemoed die vrede,
U sterk ons gees met nuwe krag;
U gee U lig ook oor ons rede –
dis U van wie ons heil verwag.
FLAM 405
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Jesus, my Heer, my Heiland,
Vader, my Pappa, Vader,
ek wil myself in U verloor.
Heilige Gees van God,
U vou my toe, beskerm my.
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Hier in my, dis waar U bly,
hier in my.
Niemand anders is welkom nie,
U is altyd hier by my.
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Altyd by my, altyd by my,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Nie verlore, weer gebore
deur u Gees lei U my, Heer.
Altyd by my!
Altyd by my!
Altyd by my!
Altyd by my!
Kindertyd
Flam 58 – sit
1. O Heer, ons staan voor U gebroke.
As mens verstaan ons nie U weë.
Maar U stuur vir ons ’n Leidsman trou:
Hy lei ons na U.
Refrein
Kom o Skepper Gees, lewendmakend Gees.
Kom in al U volheid, kom in al U krag.
Lei my in U waarheid, leer my van die Seun.
Wees ook U my trooster,
Kom o Skepper Gees.
2. O Heer, ons staan voor U gebroke.
As mens verstaan ons nie U weë.
Maar U stuur vir ons ’n Leidsman trou:
Hy lei ons na U.
Refrein
Kom o Skepper Gees, lewendmakend Gees.
Kom in al U volheid, kom in al U krag.
Lei my in U waarheid, leer my van die Seun.
Wees ook U my trooster,
Kom o Skepper Gees.
Lied 519
1. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.
3. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou ’n toevlug wees.
4. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.
Hebreërs 12:1-3
“1Daarom, terwyl ons ook so ’n groot wolk getuies
rondom ons het, laat ons, nadat ons van elke las ontslae
geraak het en van die sonde wat ons so maklik aankleef,
die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop,
2die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van
die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom
in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die
skande daarvan gering geag het en sy plek aan die
regterkant van die troon van God ingeneem het. 3Dink
inderdaad aan Hom wat so ’n vyandigheid van die kant
van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie
geestelik moeg raak en uitsak nie.” (BDV)
• “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou
vertel van groot en onverstaanbare dinge
waarvan jy nie weet nie.” (Jer. 33:3)
• “Attempt great things for God. Expect great
things from God.”
William
Carey
1. DIÉ geloof
2. Leef uit die geloofsbeloftes
3. Getuiewees en lyding gaan baie keer hand
aan hand
4. Jesus as voorbeeld en aanmoediger
Lied 478 – staan
1. Op vaste fondamente
het God sy kerk gebou.
Apostels en profete
het ons dít toevertrou:
Die Koning van die hemel
herskep deur Woord en Gees
verlorenes op aarde
dat hul sy volk kan wees.
2. Hy roep uit alle volke
’n volk vir Hom tesaam –
één in geloof en werke,
één in sy heil’ge Naam!
Hy gee die brood en beker,
Hy gee die heil’ge doop
om hulle te verseker:
Ek het jul duur gekoop!
Lied 505 – staan
1. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
U ken alle lewenspaaie,
al die hoogtes, dieptes, draaie.
Kom en vat ons hand
na die Vaderland.
2. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
Laat ons selfs in donker dae
altyd volhou sonder klae.
Ons wil soms bly staan
as U voorwaarts gaan.
3. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
Ons word vry van sondebande,
van verslawing, skuld en skande.
U is in beheer,
ons Verlosser, Heer.
4. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor,
ook waar niemand dit wil waag nie,
waar niks anders ooit sal slaag nie.
U wat alles sien,
leer ons sinvol dien.
4. Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor,
ook waar niemand dit wil waag nie,
waar niks anders ooit sal slaag nie.
U wat alles sien,
leer ons sinvol dien.