My Sv1TOMPv2I gids

Download Report

Transcript My Sv1TOMPv2I gids

My
STOMPv2I
gids
Basiese Afrikaanse Sinskonstruksie
Wat is Sv1TOMPv2I?
STOMPI is die basiese struktuur van ‘n
Afrikaanse sin. Hoe dikwels skryf jy ‘n sin
neer en dan kla die onderwyser dat jou
woordorde nie reg is nie, dan kan jy nie
verstaan hoekom nie?
Kom ons kyk na die volgende twee sinne:
Die man het sy motor gister in die motorhuis parkeer.
Die man het gister sy motor in die motorhuis parkeer.
Watter een van bogenoemde sinne maak
sintakties sin? Al twee.
Watter een van bogenoemde sinne se volgorde
is sintakties korrek? Die tweede een.
Maar hoekom?
Die tyd kom altyd aan die begin van die sin na die
eerste werkwoord, so-ook word die plek waar die
sin afspeel amper aan die einde aangetref voor
die tweede werkwoord.
Sv1TOMPv2I is ‘n Engelse kortpad (akroniem) om jou
te help om die Afrikaanse sinsvolgorde te herken en te
leer ken. Hoe doen ‘n mens dit? Eers moet ons
ondersoek waarvoor elke letter van Sv1TOMPv2I staan.
Waarvoor staan Sv1TOMPv2I?
Sv1TOMPv2I word gebruik wanneer mens
besig is met sinsontleding in Afrikaans,
maar ook vir lydende en bedrywende
vorm, woordorde, ens.
Kyk gou na die volgende tabel.
Subject
S Onderwerp
Verb 1
v1 Werkwoord 1
Time
T Tyd
Object
O Voorwerp
Manner
M Wyse, Graad of Manier
Place
P Plek
Verb 2
v2 Werkwoord 2
Infinitive
I
Infinitief
STOMPI begin nou wraggies bekend lyk!
tog besef ek dat werk wat bekend lyk nie
noodwendig maklik is of selfs verstaan word nie.
Kom ons ondersoek STOMPI nog verder.
Hoe identifiseer ek die dele van
Sv1TOMPv2I in ‘n sin?
Net soos met Wiskunde is daar sekere
formules wat gebruik kan word om sinne te
ontleed. Dis nie meer net ‘n geval van óf jy
verstaan dit óf jy verstaan dit nie.
Die STOMPI-metode kan jou help om by die
regte antwoord uit te kom of dit kan jou
help om te toets of jou antwoord reg is.
Kyk of jy antwoorde kan verskaf
op die volgende vrae:
• Hoe weet ek wat die onderwerp van ‘n sin is?
• Hoe identifiseer ek die werkwoorde?
• Hoe onderskei ek tussen die tyd, manier en
plek?
• Wat is die verskil tussen ‘n onderwerp en ‘n
voorwerp?
As jy STOMPI ken, is die
vrae eenvoudig om te
beantwoord!
Kom ons kyk na die
verskillende dele
van STOMPI op hul
eie!
ubject OF Onderwerp
Staan gewoonlik eerste in die sin.
Die onderwerp is dit waaroor die sin gaan.
Die onderwerp is gewoonlik die WIE of die WAT.
DIE SEUN
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
erb 1 OF Werkwoord 1
HET
Die eerste werkwoord in die sin.
Die werkwoord word in twee groepe verdeel:
Teenwoordige tyd: Hoofwerkwoord van die sin.
Daar is geen tweede werkwoord nie.
Verlede en toekomende tyd: die eerste werkwoord
is altyd die hulpwerkwoorde in die twee tye.
Verlede tyd: HET, SOU, WIL, KON, MOES, MOG
Toekomende tyd: SAL, WIL, KAN, MOET, MAG
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
ime OF Tyd
Gewoonlik enige aanduiding van tyd.
Die TYD antwoord die WANNEER vraag.
GISTER
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
bject OF Voorwerp
Die voorwerp is dit wat GEDOEN word in die sin.
Wat WERKWOORD die ONDERWERP?
Die antwoord op bogenoemde vraag, is die
voorwerp.
Die onderwerp en die voorwerp lyk baie
dieselfde, want hulle ruil plekke tydens lydende
en bedrywende vorm.
sy
rugbybal
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
anner OF Manier
Die wyse beantwoord die HOE-vraag.
HOE word dit gedoen.
Die wyse is ALTYD ‘n beskrywende woord.
Die beskrywende woord kan in TRAPPE VAN
VERGELYKING geplaas word.
HARD
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
lace OF Plek
Die plek beantwoord die WAAR-vraag.
Die plek bevat ALTYD ‘n VOORSETSEL, die
voorsetsel gee juis ‘n aanduiding van plek.
Voorsetsels: IN, AAN, AGTER, BY, BO, LANGS,
MET, NA, ONDER, OM, OOR, OP, TEEN, UIT,
VOOR, ens.
OOR DIE PALE
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
erb 2 OF Werkwoord 2
Die tweede werkwoord in die sin.
Die teenwoordige tyd het nie ‘n tweede
werkwoord nie.
Die tweede werkwoord is die hoofwerkwoord in
die verlede en die toekomende tyd.
Die verlede tyd hoofwerkwoord het baie keer ‘n
“ge” vooraan.
GESKOP
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
nfinitive OF Infintief
Die infinitief beantwoord die HOEKOM-vraag.
Die infinitief is eintlik die maklikste om uit te ken.
Alles van OM tot die einde van die sin is die
infinitief. Die infinitief gee die rede vir dit wat in
die sin gesê is.
OM TE OEFEN
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
Kom ons kyk nou weer na die
voorbeeld sin:
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
Hoeveel
woordsoorte
En,
O jinne,
wat het
wat
woordsoorte
vir ‘n dingkan
is ‘n
tejy
identifiseer?
doen
woordsoort
met woordorde?
nou weer?
ALLES!
STOMPI kan jou
help om jou
woordsoorte beter
te onthou!!!
Kom ons kyk hoe word dit gedoen:
Wanneer jy ‘n sin in Sv1TOMPv2I opdeel, kyk
ons na groepies woorde wat saam die SUBJECT
of die PLACE of die INFINITIVE opmaak.
MAAR
het jy geweet dat net SEKERE woordsoorte in
sekere gedeeltes van Sv1TOMPv2I inpas?
Watter woordsoort
pas by watter
gedeelte van
Sv1TOMPv2I??
S
Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord
v1
Hede:
hoofwerkwoord
T
Bywoord van tyd
O
Selfstandige naamwoord, voornaamwoord, lidwoord
M
Byvoeglike naamwoord
P
Voorsetsel + lidwoord, voornaamwoord, selfstandige
naamwoord
v2
I
Hede: GEEN
Verlede/Toekoms:
hulpwerkwoord
Verlede/Toekoms: hoofwerkwoord
Infinitief (om te), lidwoord, selfstandige naamwoord,
voornaamwoord, byvoeglike naamwoord, werkwoord.
Hoe word ‘n sin
ontleed op die
Sv1TOMPv2I-manier?
• Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die
sin.
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
• Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord
staan is die SUBJECT (onderwerp). Die wat na
die tweede werkwoord staan is die INFINITIVE
(infinitief).
ONTHOU: die Infinitief moet
OM en/of TE bevat.
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
ONTHOU: die Subject/Onderwerp bevat óf ‘n
lidwoord óf ‘n selfstandige naamwoord óf ‘n
voornaamwoord.
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
Watter vrae vra jy vir jouself om die ander
gedeeltes van STOMPI te identifiseer?
Wanneer het die seun? Gister
Wat
het die seun
Sy rugbybal

Wanneer
VERBgeskop?
die SUBJECT?
 TIME
Hoe
hetVERB
die seun
geskop?VERB?
Hard  OBJECT

Wat
die SUBJECT
Waar
diedie
seun
geskop?
Oor die

Hoehet
VERB
SUBJECT
VERB?
 pale
MANNER
 Waar VERB die SUBJECT VERB?  PLACE
• Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin
en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar
nog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie
noodwendig al die gedeeltes van STOMPI
teenwoordig te hê nie.
Die seun het gister sy rugbybal hard
oor die pale geskop om te oefen.
Hier is die drie stappe weer:
• Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin.
• Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staan
is die SUBJECT (onderwerp). Die wat na die
tweede werkwoord staan is die INFINITIVE
(infinitief).
• Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en
kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar nog in
die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie noodwendig al
die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie.
Nou is dit JOU beurt
om te oefen om ‘n sin
in STOMPI op te deel!!
Onthou en gebruik
die 3 stappe!
1. Die leerders het die werk vinnig vir die
eksamen geleer om goed te presteer.
2. Die meisie sal later haar gesig mooi in die
badkamer grimeer om pragtig te lyk.
3. Ons drink saans koffie in die kombuis.
4. Eugene het sy werk goed gedoen om betaal
te word.
5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.
Memorandum
1. Die leerders het die werk vinnig vir die
eksamen geleer om goed te presteer.
Memorandum
2. Die meisie sal later haar gesig mooi
in die badkamer grimeer om pragtig te
lyk.
Memorandum
3. Ons drink saans koffie in die kombuis.
Memorandum
4. Eugene het sy werk goed gedoen
om betaal te word.
Memorandum
5. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem.
Met die volgende les sal ons
kyk hoe STOMPI jou kan help
om met verskillende woorde in
die sin te begin.
***