Naskrif: `n credo – Lina Spies bl. 216

Download Report

Transcript Naskrif: `n credo – Lina Spies bl. 216

Breyten Breytenbach
Op 16 September 1939 op Bonnievale as 3e van 5 kinders gebore
•Volgens Breyten het hy sy breedsprakigheid by sy ma geërf
Sy het haar briewe aan hom bo links begin en een sin dwarsoor
vier, vyf velletjies papier geskryf.
Breyten: “ Dis waarskynlik hoekom ek nooit met hoofletters en
punte kon werk nie. Dis net `n voortsetting van die sin.”
•Word hoofseun van Hoërskool Hugenote en blink akademies uit
•Studeer kuns aan Universiteit van Kaapstad
•Leer vir Uys Krige, Ingrid Jonker en Jan Rabie ken
•Raak betrokke by studentepolitiek, staak sy studies
•Verlaat SA en vestig hom in Parys waar hy as skilder ‘n bestaan
probeer maak.
•Trou in 1962 met die Vietnamees, Huang Lien Ngo (Yolande)
•Wet op Gemengde Huwelike verbied hom en sy vrou om in 1965
na S.A. te kom. In 1972 is ‘n visum wel aan haar toegestaan
•Raak betrokke by ‘n weerstandsbeweging wat apartheid in
ballingskap beveg en hulle beywer vir ‘n rewolusie in SA.
•Word in 1979 tydens `n onwettige besoek aan S.A. gearresteer
en kry nege jaar tronkstraf vir hoogverraad
•In die sewe jaar in die tronk skryf hy 400 gedigte. Alles wat hy
geskryf het, is saans aan die tronkowerhede oorhandig.
•Word in 1982 vrygelaat en aanvaar Franse burgerskap
•
‘n tipe epistomologie van water – bl . 31
1 Die hemel was somber suf van die gietende reën
2 skeef gearseer, gebuig deur windstrome . . .
3 Dit was getint in vuur se kleure voortgebring uit
bliksemskigte
4 wat die wolke gereep en verfladder het, die fakkels
5 waarvan die groot waters oor die oorspoelde valleie
6 geslaan en oopgekloof het, en waar dié ontbloot is
7 het die omgebuigde boomkruine sigbaar geword in die
dieptes ...
8 dat jy daar kon sien saamgewriemel op die baie bergspitse
9 allerlei diere die marmotjies die girafs die skuifelende reptiele
10 oplaas getem met die peupel mans en vroue wat boontoe
11 gevlug het met kind en kraai. En die landerye
12 onder water se brandertoppe was besaai van tafels,
‘n tipe epistomologie van water – bl . 31
12 onder water se brandertoppe was besaai van tafels,
13 katels, arke, balies, kosyne, stompe, karavane, vrieskaste,
14 kateders, kroegtoonbanke en 'n flottielje vlotte
15 saamgeflans in nood en vrees vir die dood
16 (so glibberig, so log), waarop 'n norring vare en moere met
kroos
17 kon hurk terwyl hulle arpeggios eoniese krete
18 en verwyte en jammerklagte uiter, lamgeslaan
19 deur die wind se woede wat die waters laat rol laat rol
20 laat rol het . . . tesame met die glinsterende
21 groen lyke van die verdrinktes, ’n mompeling
22 van dooie vleis weer en weer en weer . . .
Die opbou tot ‘n waterramp
Reëndruppels uit wolk
Skuins reënvlae
 Weerligstrale deur wolkstukke
 Oorstroomde landerye
 Omgebuigde bome
 Marmot, giraf, reptiel en mense
wat na hoë gebiede vlug
 Drywende huisraad en vlotte met
skreeuende mense
 Groot branders en windstrepe
 Verdrinkte (opgeblaasde) mense
in skommelende water

TITEL VAN DIE BUNDEL
“Yk” is die stempel (merkteken)van
gevangenskap – dit beteken individualime word
ontmoedig.
Die hakies om die titel dui op afsondering
Die aanhalingstekens vestig die aandag daarop
dat dit ‘n taaluiting is.
Die titel kan ook gesien word as ‘n samestelling
van Yolande en ek = Yk (baie van die gedigte
gaan oor hul verhouding)
Die digter neem die geslote tronkruimte as
vertrekpunt en beweeg van daar na die natuur,
die kuns, die mens en menswees.
VOORBEELDE VAN KONTAMINASIE
“gereep” – gesny en reep (lang smal strook): Die
bliksemstrale sny/klief die wolke in repe.
“verfladder” – verflenter (verskeur) en fladder
(doelloos en rigtingloos heen en weer beweeg)
“saamgewriemel” – saamgeflans (haastig en lukraak
saamgevoeg) en wriemel (krioel/wemel): die diere
beweeg haastig en deurmekaar teen die berge op.
“peupel” – gepeupel (onordelike menigte/massa) en
peul (in groot getalle na vore kom): Mense kruip
oorhaastig uit hul skuilings en raak deel van die
deurmekaar menigte
2
Dalk nie bloot die beskrywing van ‘n
natuurverskynsel nie …
Op 3 Februarie 1960 het Macmillan, die Britse premier
aan die einde van sy besoek aan Kaapstad en verskeie
Afrikastate die Parlement in Kaapstad toegespreek en
gesê: Die winde van verandering waai deur die vasteland.
Die groter nasionale bewustheid is `n politieke feit, of
ons daarvan hou of nie!
Breyten Breytenbach het geglo dat in water is lewe en
dood een saak – water veroorsaak ontbinding, maar dit is
ook die oorsprong van nuwe lewe .
Die filosofie wat die aard van kennis bestudeer, veral die oorsprong,
geldigheid en grense daarvan – Die titel dui dus op die studie van
water, maar hier nie die gebruiklike siening of wat die leser verwag nie.
`n tipe epistemologie van water
s-alliterasie wat dien as bindingsmiddel en pas by die stort van reën
1 Die hemel was somber suf van die gietende reën
Ewewydige lyne op `n skets om skadus aan te dui
Atmosfeer is droefgeestig en neerslagtig
Personifikasie – die hemel was moeg (suf)
2 skeef gearseer, gebuig deur windstrome . . .
Wind waai sterk – reën val skuins
Beletseltekens gee die leser kans om te sien wat
die spreker gesien het – soos ‘n skildery
3 Dit was getint in vuur se kleure voortgebring uit
bliksemskigte Metafoor: Hemel lyk soos vuur se kleure a.g.v. die weerligstrale/-pyle
4 wat die wolke gereep en verfladder het, die fakkels
Skeur die wolke uitmekaar
Metafoor: Die weerligstrale
is soos fakkels
Herinner aan die Bybelverhaal van
Noag en die sondvloed
5 waarvan die groot waters oor die oorspoelde valleie
6 geslaan en oopgekloof het, en waar dié ontbloot is
7 het die omgebuigde boomkruine sigbaar geword in die
Beletseltekens suggereer die geweld van die wind,
dieptes ...
2
Woeste geweld
van die vloed
diepte van vallei waarin bome staan. Sluit ook gedeelte oor en natuur af.
Hierna kom die gevolge vir mens en dier
Assonansie en alliterasie beklemtoon die dreigende gevaar
8 dat jy daar kon sien saamgewriemel op die baie bergspitse
9 allerlei diere die marmotjies die girafs die skuifelende reptiele
Enumerasie: opnoem van sake (marmotjies – uitheemse diertjies in hokke; girafs – Afrika-dier;
slange – simbool van bose
10 oplaas getem met die peupel mans en vroue wat boontoe
kontras
peupel - klink ook soos uitpeul, die onordelike
menigtes vlug weg voor die water
11 gevlug het met kind en kraai. En die landerye
Uiteindelik – wildediere vlug saam met
die gewone mens na dieselfde punt
Korrekte uitdrukking – kind nog kraai d.w.s niemand
Hier impliseer dit die teenoorgestelde – mense met hul
kinders en troeteldiere
Lyk asof 2die water in die landerye golwe/branders maak
Enumeraie: hiedie opnoem van sake
Is kenmerkend van die vrye vers
12 onder water se brandertoppe was besaai van tafels,
13 katels, arke, balies, kosyne, stompe, karavane, vrieskaste,
Alles deur water meugesleur, ook huise (“kosyne”).
“arke” dui op `n huisboot– hier roep dit die assosiasie van Noag se ark op
14 kateders, kroegtoonbanke en 'n flottielje vlotte
15 saamgeflans in nood en vrees vir die dood Uit nood het sommige mense
vlotte saamgeflans
“Flottielje” – dieselfde soort
vlotte
16 (so glibberig, so log), waarop 'n norring vare en moere met
‘n spul/klomp (neg. konnotasie) vaders en moeders
kroos
(Vare (bul) en moere(wyfie) word gewoonlik vir diere gebruik)
Die vlotte is onveilig – mense kan afgly, ook moeilik
om te stuur
Die hakies suggereer die mense is vasgekeer op die
vlotte
17 kon hurk terwyl hulle arpeggios eoniese krete
3
Akkoorde wat eers hoër na mekaar toe en dan laer gespeel word.
Illustreer die verskillende stemme en toonhoogtes van die noodkrete
Nimmereindigende
geweeklaag (eon – tydperk
wat so lank is dat dit nie
gemeet kan word nie
18 en verwyte en jammerklagte uiter, lamgeslaan
geskok en
magteloos
Verwyte – ander op vlot of diegene wat voraf geweet het dit kom
jammerklagte – dalk jammer oor hul dade
19 deur die wind se woede wat die waters laat rol laat rol
Personifikasie – die wind as vyand van die mens se woede word deur alliterasie beklemtoon
20 laat rol het . . . tesame met die glinsterende
Herhaling suggereer waters wat nie maklk gestop gaan word nie
21 groen lyke van die verdrinktes, ’n mompeling
By Breytenbach word groen met die dood geassosieer – teken van aftakeling
22 van dooie vleis weer en weer en weer . . .
Na sy dood is die mens
net vleis – sonder
menswaardigheid
Moeilik om boodskap te ontsyfer wat die mense wat lankal dood
is aan die wat nog lewe, wil oordra. Weer en weer beklemtoon
hoe hard probeer word om die boodskap oor te dra.
Herhaling kan ook aandui dat daar nog meer mense doodgaan
Beletselteken suggereer moedeloosheid
4 Antwoorde Bl. 32
1a. Epistemologie
1b. Kennisleer, `n studie van die aard van
iets
2a. “suf” beteken dof of moeg, “gietende”
beteken vinnig stromende
2b. Baie – “gietende”
2c. Somber suf
3a. “windstrome” impliseer dat die wind
hewig waai en dinge met sy krag saamvee
5
3b.
3c.
3d.
4a.
4b.
5a.
Ellips (styl), Taalkundig: beletseltekens
Ja, die wind buig die val van die reën en die bome
Skeef, gebuig, omgebuigde
Die hemel
Weerligstrale, bliksemstrale
In repies en vlentertjies “gesny” deur die blits van die
weerlig
5b. “gereep” is kontaminasievorm van gesny+reep,
“vervladder” is kontaminasievorm van vervlenter en vladder
6. Die vloed
7. Geslaan, oopgekloof, ontbloot
5








8. boonste (top)
9a. Top
9b. Alle diere, alle tipes, van klein tot groot
10a. Komma of dubbelpunt na diere
10b. Om die deurmekaar wriemeling van diere beter voor
te stel
11. gepeupel (die laagste deel van die bevolking,
onordelike menigte), peul – in groot getalle na vore kom.
Alle stand val weg in so `n lewensbedreigende ramp. Die
mense peul orals uit en vlug wanordelik
12. Dit beteken om niemand te hê nie
13. Nee. Dit verwys dalk na die vloedgolwe wat steeds oor
die land stu
6

14. “Katels” is outydse ysterbeddens. “Arke” is woonskepe, “Balies”
is oop vaatjies en is gebruik vir die bewaring van vleis, botter, sout,
wyn en bier.

15.a. flottielje: `n groep klein oorlogskepe van dieselfde soort
15b. Spreekgestoelte/ preekstoel
16a. Oorhaastig saamgestel
16b. Diegene op die vlotte






17a. Kinders
17b. Dit is `n voorstelling van die mense op die vlotte
18. Die mensestemme kreet in wisselende toonhoogtes. Dit klink asof
dit deur tyd en ruimte klief.
7
19. Denotatiewe: verlam,
 Konnotatiewe: magteloos
 20. wind se woede
 21a.Beklemtoon die aanrol van die golwe
 21b.Suggereer die verdere aanrol van golwe
 22a. Die lyke is vol slyk
 22b. Binnendsmond praat, jou woorde
onhoorbaar vorm
 23a. Die golwe hou aan voortrol
 Herhaling van “weer” en staan aan die einde
