PowerPoint van dié Kerssangdiens

Download Report

Transcript PowerPoint van dié Kerssangdiens

Kerssangdiens 2013
Somerstrand
Verwelkoming
Votum en Seëngroet
In die stad van koning Dawid - gemeente
1. In die stad van koning Dawid,
in die nederige stal,
in 'n krip lê daar 'n Kindjie,
Koning van die groot heelal.
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
2. Hy kom woon hier onder mense;
Hy kom red hul van die dood.
Hul wat in Hom glo, Hom aanneem,
dié verlos Hy uit hul nood.
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
3. Eenmaal sal Hy as die Regter
in sy koningsmajesteit
weer verskyn vanuit die hemel in volmaakte heerlikheid.
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
Adventskrans
Adventskers 1 – Hoop
Christus, lank reeds verwag – koor
1. Christus, lank reeds verwag, is gebore die nag.
Daarom sing engele bly. Duisternis is nou verby.
2. Herders hou daar die nag oor hul skape die
wag.
Hoor daar die engele sing, wat goeie nuus aan
hul bring.
3. Wyse manne van ver volg die Betlehemster;
bring aan die Kindjie hul eer, kniel in
verwondering neer.
4. Jesus, ons bring U eer, ons Verlosser en Heer.
Saam met die engelekoor wil ons ’n loflied laat
hoor.
Adventskers 1 word aangesteek
Ster – simbool van hoop
Gebed
Adventskers 2 – Vrede
Kniel voor ons Koning – koor
1. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom
buig.
Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!
In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig
Hy kom na die aarde om ons op te rig!
2. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.
Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!
Ons buig in aanbidding, neer tot in die stof.
O, ontvang ons loflied, aan U al die lof!
Adventskers 2 word aangesteek
Duif – simbool van vrede
Matteus 2: 1 -11
Eng'le uit die hoogste hemel – gemeente
1. Eng'le uit die hoogste hemel
sing ter ere van 'n Kind,
van 'n nuwe tyd wat aanbreek
waarin almal vrede vind.
Refrein:
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
2. Waar die wagters waak oor skape
hoor hul engele wat sing.
Oor die velde klink die lofsang
aan 'n Kind wat vrede bring.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
3. Sterrekykers uit die ooste
bring geskenke tot sy eer.
Hy's die nuutgebore Koning hierdie Kindjie is die Heer.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
Adventskers 3 – Vreugde
Gaan met die Blye Boodskap – koor
(gemeente refrein)
Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die
wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons
Christus het gekom!
1. Een donker winternanag het herders wag
gehou en skielik in die hemel ’n helder lig
aanskou.
Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die
wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons
Christus het gekom!
2. Die herders het gebewe, want uit die donker
nag klink duisend engelstemme vol helder lig en
krag.
Refrein: Gaan met die blye boodskap oral die
wêreld oor. Gaan met die blye boodskap: Ons
Christus het gekom!
3. ’n Nederige dorpie, ’n doodgewone stal; daar
lê die Hemelkoning wat heers oor die heelal.
Adventskers 3 word aangesteek
Engel – simbool van vreugde
Gebed
Lukas 2:8-14
Kom, almal, besing met 'n vrolike stem – koor
1. Kom, almal, besing met ’n vrolike stem die
wonder van God, Vors van vrede! Kom, alle
getroues, kom lofsing die Heer, wees vrolik,
besing onse Koning!
Besing met ’n blye stem, die wonder van God in
die stad Betlehem, want daar is die Heiland
gebore. Jesuskind, lank verwag.
2. ’n Kind is gebore, Hy kom ons verlos: die
God van liefde en vrede. Verlos van die sonde,
besing ons tesaam, die roem en die eer van ons
Koning!
Besing met ’n blye stem, die wonder van God in
die stad Betlehem, want daar is die Heiland
gebore. Jesuskind, lank verwag.
3. In need’rige krip is sy bedjie berei: die God
van liefde en vrede. Laat ons die gebod van die
liefde onthou, die roem en die eer van ons
Koning!
Besing met ’n blye stem, die wonder van God in
die stad Betlehem, want daar is die Heiland
gebore. Jesuskind, lank verwag.
Adventskers 4 – Liefde
Kom ons loof die Jesuskind – Gemeente
1. Kom ons loof die Jesuskind, Hy is waarlik
Koning.
Ons Verlosser het gekom, maak by ons sy
woning.
Vir ons sondes kom Hy sterf; só word ons
vergewe.
Nou kan ons Hom loof en prys - Heer so hoog
verhewe.
2. Tussen doeke lê die Kind, in 'n krip so
need'rig.
Laat ons al die lof en dank bring aan Hom vir
ewig.
Dit is sy geboortedag, daarom sing ons : Ere!
Ons sal Hom nou dank en prys - Heer so hoog
verhewe!
3. Wyse manne kom van vér; buig voor Hom die
Koning.
Herders bring Hom al die eer; prys Hom in
aanbidding.
Eng'le in die sterrenag jubel bly in kore.
Laat ons saam 'n loflied sing: Jesus is gebore.
Adventskers 4 word aangesteek
Hart – simbool van liefde
1 Johannes 4:8- 10
Christuskers
Vreugde in die wêreld - koor
Gaudium mundo, Christus natus est. Vreugde in
die wêreld,
Christus is gebore. Hy is God met ons. Hy het
mens geword.
Christuskers word aangesteek
Kom, alle getroues – gemeente
1. Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde,
o kom in die gees nou na Betlehem!
Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
voor Jesus, die Heer.
2. 'n Kind is gebore; loof die God van liefde!
Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,
Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede!
Ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
Verlosser en Heer!
Kersboom
Kerse as simbool van die lig in jou lewe
O die goeie tyding, o die blye tyding - gemeente
1. O die goeie tyding,
o die blye tyding helder klink dit met Kersfeestyd:
Diep was ons verlore,
Christus is gebore.
Juig dan, almal, jubel oor die saligheid!
2. O die goeie tyding,
o die blye tyding
kom met krag in die Kersfeestyd:
Hy, die Hemelkoning,
maak by mense woning Hy, gebore in die volheid van die tyd!
3. O die goeie tyding,
o die blye tyding oral hoor ons: Dis Kersfeestyd.
Blye jubelkore
loof die Kind, gebore.
Juig nou mensdom, prys Hom tot in
ewigheid!
Slotgebed
Stille nag, heilige nag! – gemeente
1. Stille nag, heilige nag!
Jesuskind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
2. Stille nag, heilige nag!
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor.
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!
3. Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
Seën
Somerkersfees - gemeente
Refrein :
Kersfees kom, Kersfees kom gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.