Document 7289807

Download Report

Transcript Document 7289807

By U, o Here,
soek ek skuilplek.
Bevry my deur u trou.
Verhoor my, help my gou.
Psalm 31:1 (vervolg)
Wil tog u hande
na my uitstrek.
U is my rots, my, vesting
my toevlug en my redding.
Psalm 31: 2
Ek stel my in u hand vir leiding.
Ter wille van u Naam
sal U my nie beskaam.
Deur U is daar vir my bevryding.
Verlos my uit die vangnet
wat hul vir my gespan het.
Psalm 31:3
Vir afgodsdiens het ek veragting,
maar U bly ek vertrou.
U het my vasgehou.
In U, Heer, stel ek my verwagting.
Vry van die vyand gaan ek,
beveilig na my staanplek.
Psalm 31:4
Ek lê versmaai, 'n ding daar eenkant,
bespot en uitgeteer.
Teen my word saamgesweer.
Die mense hou my op 'n afstand;
op straat vlug hulle voor my
daar staan ek sonder meely.
Psalm 31:5
Sien, Here, my in my ellendes,
vergete, asof dood;
onthou my in my nood.
'n Skrik is ek vir my bekendes,
'n spot vir teëstanders,
só erg het ek verander.
Psalm 31:6
Heer, in u hande is my tye,
moet my tog nooit verlaat,
Hoor hoe ek pleitend praat.
Bring die wat leuens praat tot swye.
Heer, red my uit die hande
van valse teëstanders.
Psalm 31:7
U goedheid, Here, is oneindig
vir hulle wat U dien
en almal kan dit sien.
Want u teenwoordigheid beveilig;
U is vir ons 'n wering
teen kwaad en sameswering.
Psalm 31:8
Al was die dreiging hoe gevaarlik,
U het my weggesteek
toe ek om hulp kom smeek.
U trou in nood is wonderbaarlik.
Vir gunste menigvuldig
is ons U dank verskuldig.
Psalm 31:9
Betuig jul liefde vir die Here.
wees sterk, hou goeie moed,
vertrou Hom, God is goed.
Hou nederig sy Naam in ere.
Wie teen Hom opstaan, sondig.
Laat ons sy lof verkondig.
Gelukkig is die mens
wat Hy vergewe;
hy sal die Heer se goedheid bly belewe.
Hy wat oortree se skuld word uitgewis
as hy opreg en sonder valsheid is.
Psalm 32:1 (vervolg)
Ek was soos een wat baie nood gely het
solank ek oor my sonde stilgebly het.
Heeldag het ek om hulp geroep,o Heer,
my liggaam was vermoei en uitgeteer.
Psalm 32:2
Hoe salig dat U
my van skuld bevry het
toe ek voor U my sondelas bely het.
Ek het gevra:"My God,skeld my dit kwyt:
my opstand en my ongeregtigheid."
Psalm 32:2 (vervolg)
U het vergeef en, Heer,
om hierdie rede
soek dié wat glo U op in hul gebede,
en elkeen wat in tyd van nood verkeer
en U vertrou, sal op U steun, o Heer.
Psalm 32:3
In watervloed sal
Hy die hande uitstrek
Hy is vir my in
alle nood 'n skuilplek;
ek word deur sange van triomf omring;
teen onheil is Hy my beveiliging.
Psalm 32:3 (vervolg)
Wees nie 'n muil wat
teen die leisels rem nie
en wat hom nie deur
toom en stang laat tem nie.
Die goddeloosheid lei tot baie smart.
Laat lei jou daarom deur 'n wyse hart.
Psalm 32:4
Ek wil jou,vrome,
op die regte spoor hou,
jou onderrig,
die goeie aan jou voorhou;
hoe jy die weg moet volg,
wil ek jou leer
Psalm 32:4 (vervolg)
Ek gee jou raad,
vertrou net op die Heer.
Verbly jul in die Here,
singend, juigend.
Psalm 32:4 (vervolg)
Opregtes,sing,
van God se trou getuigend;
wees bly en sing,
dié wat op Hom vertrou.
Die Here sal met liefde jul omvou.
Sing juigend, sing ’n nuwe loflied.
Besing opnuut die Heer se Naam;
bring nou ’n lofgesang met eerbied
soos dit gehoorsames betaam.
Psalm 33:1 (vervolg)
Net deur sy gedagte is
die Heer by magte
om te laat geskied.
Wat Hy doen, duur ewig.
Vas staan dit en
stewig soos Hy dit gebied.
Psalm 33:2
Hy is vol liefde, vol genade,
en Hy laat geld dit wyd en syd.
Standvastig is sy trou, sy dade,
en Hy bemin geregtigheid.
Psalm 33:2 (vervolg)
Slegs deur ’n gedagte
was die Heer by magte
om te laat ontstaan
al die helder, verre glinsterende sterre
en die helder maan.
Psalm 33: 3
Die see se vloed het Hy laat saamkom.
Hy hou die waters in een plek.
Bewoners van die aarde, dien Hom Hy wat ontsag by almal wek.
Deur sy skeppingsopdrag,
Psalm 33: 3 (vervolg)
deur sy woord se almag
kom die skepping voort.
Almal moet ontsag hê
as daar soveel krag lê
in die Heer se woord.
Psalm 33:4
Vir ewig sal sy plan bly vasstaan
tot in die verste nageslag.
Die nasies sal Hy laat tot niet gaan
as hulle steun op eie mag.
Hulle wat getrou bly, hulle onderhou
Psalm 33:4 (vervolg)
Hy, Hy sal hulle seën.
God se volk leef sorgvry,
want vir hulle
sorg Hy deur geslagte heen.
Psalm 33:5
Vanuit sy woonplek hoog verhewe
sien Hy, die Koning, almal raak.
En Hy kyk af op alle lewe,
want alles is deur Hom gemaak.
Psalm 33:5 (vervolg)
Alle kundighede, alles hier benede
is deur Hom gemaak.
In sy alvermoë sien sy wyse oë
al ons dade raak.
Psalm 33:6
’n Vors oorwin nie deur sy magte;
wat baat die grootheid van sy leër?
Hy wen nie deur die perd se kragte.
Wie triomfeer, steun op die Heer.
Psalm 33:6 (vervolg)
En na dié wat Hom dien,
sal die Here omsien, Hy sal hul behou.
Hul sal deur sy krag wen,
hulle wat sy mag ken
en daarop vertrou.
Psalm 33:7
Die Here gee ons sy beskerming,
Hy sal sy oog op ons bly hou;
ons stel ons hoop op sy ontferming;
ons sal op Hom, ons hulp, vertrou.
God se Naam is heilig,
Psalm 33:7 (vervolg)
by Hom is ons veilig;
Hy sal altyd red.
In ons vreugde lag ons,
op sy goedheid wag ons,
hoopvol in gebed.
Ek sal Gods lof bly noem,
ek sal die Here prys;
altyd bly sing ek van sy roem,
ek sal Hom eer bewys.
Psalm 34:2
Ootmoediges is bly en almal sal dit hoor.
Die Heer is groot, sing saam met my,
wees almal bly daaroor.
Psalm 34:3
Ek was in doodsgevaar,
Hy het my roep gehoor my lewe is deur Hom gespaar,
ek prys sy Naam daarvoor.
Psalm 34:4
Hul oë straal en lag wie ly, sien op na Hom;
wie swaarkry en sy hulp verwag
vir hul sal uitkoms kom.
Psalm 34:5
Hy slaan sy laer op,
kom, ondervind en sien:
Hy red die mens wat wag daarop,
hom wat die Here dien.
Psalm 34:6
Dien God, want Hy is goed.
Hy is jou toevlugsoord.
Hy sal dié met sy goedheid voed
wat aan die Heer behoort.
Psalm 34:7
Sy hand sal jou bedek
as jy in nood verkeer hul ly aan goedheid geen gebrek,
die dienaars van die Heer.
Psalm 34:8
Hoor, ek wil julle leer:
Bly ver weg van die kwaad;
dié wat geregtigheid begeer,
hou op om kwaad te praat.
Psalm 34:9
Hy help regverdiges.
Doen goed, jaag vrede na.
Kwaaddoeners, dié word uitgewis
en laat geen teken na.
Psalm 34:10
As hulle teenspoed ly,
help Hy gebrokenes.
God sal hul in hul nood bevry
as hul regverdig is.
Psalm 34:11
Hul word dan vrygespreek,
want God sien na hul om;
geen van hul bene word gebreek -
van hul wat roep na Hom.
Psalm 34:12
Die daders van die kwaad
sal ondergaan en ly,
omdat hul die opregtes haat.
Sy dienaars maak God vry.
Behartig tog, o Heer, my saak
teen dié wat klagtes teen my maak;
gryp skild en spies,
laat hul beskaamd staan.
Psalm 35:1 (vervolg)
Heer, laat u Engel hulle jaag
soos kaf waai
in die wind se vlaag;
laat hul ontnugter op die vlug slaan.
Psalm 35:2
Maar ek sal in die Here juig
en van sy redding luid getuig:
"Hy breek die sterkste in sy oormag."
Van almal voel ek my verlaat.
My goedheid word beloon met kwaad.
My goeie dade word geminag.
Psalm 35:3
Met ander het ek saam getreur,
hul in hul lyding opgebeur,
net soos vir my familielede.
Kom red my Heer, ek sal U prys;
my dank voor die gemeente wys.
Verhoor, o Here, my gebede.
Psalm 35:4
Tree in vir my, beskerm my, Heer,
teen hulle wat my vals blameer.
U sien dis nié soos hulle sê nie.
Laat reg, o Heer, aan my geskied;
Voorkom dat hul my leed geniet,
want hulle wil nie vrede hê nie.
Psalm 35:5
Laat dié wat leed begeer vir my,
laat hulle self daaronder ly.
Laat vriende jubel oor my vryspraak.
Ek sal vertel, Heer, van u trou
en altyd sal ek dit onthou.
My tong sal onvermoeid U grootmaak.
Só wil die goddelose wees:
praat kwaad van
hulle wat hy haat.
en hy verwerp wat reg is.
Psalm 36:1 (vervolg)
Wie oor homself net vleitaal praat,
Voor God kom staan
hy sonder vrees
Hy kies die pad wat sleg is.
Psalm 36:1 (vervolg)
Kwaadwillig is dit wat hy sê,
bedink dit selfs as hy gaan lê.
Hy kom teen God in opstand.
In alles wat hy doen of laat,
laat hy hom voorsê deur die kwaad.
Dit voer in hom die oorhand.
Psalm 36:2
Hoog bo die wolk en berg, o Heer,
vér reik tot in die hemelsfeer
u liefde, trou en regspraak.
Geen plek is vir U afgeleë.
Selfs in die dieptes van die see,
selfs dáár geld nog u aanspraak.
Psalm 36:2 (vervolg)
Vir mens en dier, Heer, is U goed.
U goedheid is 'n watervloed.
Uit U ontstaan die lewe.
U is dit wat ons onderhou.
Hoe kosbaar is u huis, u trou,
u lig wat ons omgewe.
Psalm 36:3
Laat, Heer, u liefde by hul bly,
by hulle wat u Naam bely,
wat U erken, u Naam vrees.
Gun die opregtes, Heer, u trou.
As U van hul u hulp weerhou,
wie sal oor hul begaan wees?
Psalm 36:3 (vervolg)
Laat skyn oor ons u aangesig
ons sien slegs in u lig die lig.
Laat my nie ondergaan nie.
Die trotse ongeregtiges
hul sal bly lê net waar hul is
en nooit weer op kan staan nie.
Dié wat oneerlikheid begaan,
soos gras sal hulle gou vergaan;
só kwyn wie kwaad aan ander doen,
soos gras, al was dit ook hoe groen.
Psalm 37:2
Waarom sal jy jou dan ontstel
en oor hul wangedrag jou kwel?
Doen dit wat goed is soos dit hoort
en woon en werk net rustig voort.
Psalm 37:3
Vind diepe vreugde in die Heer;
Hy gee jou wat jou hart begeer.
Laat dan jou lewe aan Hom oor;
vertrou op Hom, Hy sorg daarvoor.
Psalm 37:4
Om kwaad te word, moet jy vermy.
Jou onskuld, dit bevestig Hy.
Die mense wat oneerlik is,
word uitgeroei en uitgewis.
Psalm 37:5
Die goddelose, dwaas geaard,
hy span sy boog, hy trek sy swaard die ondergang word nagestreef
van hulle wat regverdig leef.
Psalm 37:6
Die Here sien dit kom, en lag;
die goddelose kry sy dag sy swaard word in sy hart gesteek,
sy boog word middeldeur gebreek.
Psalm 37:7
'n Klein besit, verdien in eer,
weeg swaarder en is baie meer,
meer as die rykdom en wat nog,
wat opgegaar is deur bedrog.
Psalm 37:8
Vir die opregtes word gesorg
en hul besittings word geborg;
hul lewe lank behou hul dit
en sal in nood genoeg besit.
Psalm 37:9
Die goddelose gaan tot niet
soos voor 'n vuur die gras en spriet.
As hy van ander mense leen,
hou hy dit t'rug - dis daarmee heen.
Psalm 37:10
Die Heer sal op jou paaie let
as Hy in jou behae het;
Hy sal jou op jou voete hou
en Hy bepaal die koers vir jou.
Psalm 37:11
Dié wat opreg is van gedrag,
sal saam met hulle nageslag
nooit hoef te bedel om 'n brood;
nooit staan hul eensaam in hul nood.
Psalm 37:12
Barmhartig, vol vrygewigheid
is die opregte, steeds bereid
om rentevry selfs uit te leen.
Sy nageslag word tot 'n seën.
Psalm 37:13
Hy wat regverdig is, praat reg,
sy koers is séker op sy weg,
want hy gehoorsaam nougeset
diep in sy hart sy God se wet.
Psalm 37:14
Om God se dienaar te vermoor,
lê dié wat onreg pleeg hom voor.
God hou die booswig van hom weg
en spreek hom vry voor die gereg.
Psalm 37:15
Bly op die Here steeds vertrou
en bly steeds op sy weë hou;
daar lê 'n toekoms vir jou voor,
maar dié wat afwyk, sal ontspoor.
Psalm 37:16
Hy wat 'n skuilplek soek by Hom
sal van die booswig weg kan kom;
En almal word deur God bevry
wat 'n opregte lewe lei.
Straf my, Heer,
nie met die roede van u woede,
laat u gramskap nie ontbrand.
Here, moet my nie laat ly nie,
tugtig my nie.
Swaar voel ek op my u hand.
Psalm 38:2
Van u pyle dra my wonde,
van my sonde;
is ek inmekaar getrek.
Heeldag treur ek, krom gebukkend.
Ek is stukkend,
seer in my is elke plek.
Psalm 38:3
Niks aan my is meer gesond nie,
sonder wond nie,
ek is heeltemal gedaan.
Heel my liggaam ruik van sere.
Hoor my, Here.
Ek is smekend neergeslaan.
Psalm 38:4
Deur my gloei die koors van vure,
en my bure op 'n afstand bly hul staan.
Al my mense kyk met afsku.
Alles weet U
wat ek pynlik ondergaan.
Psalm 38:5
Hulle soek, deur haat gedrewe,
selfs my lewe
en bedink die ergste kwaad.
Op u redding kan ek staatmaak;
sonder teenspraak
staan ek, Here, voor hul kwaad.
Psalm 38:6
Maak my haters tog nie bly nie,
nie oor my nie,
gun hul, Heer, nie dié genot.
Deur my sondes menigvuldig
staan ek skuldig,
ek bely dit voor U, God.
Psalm 38:7
Antwoord, Here, my gebede.
My verlede dit was sondig, dit was sleg.
Ek dink daaraan t'rug met afsku.
Ek vertrou U.
Neem my kwelling van my weg.
Psalm 38:8
U, my Redder, bly tog naby,
staan dan by my
in my nood, van leed oorstelp.
Moet my, Here, nie verlaat nie,
straf my kwaad nie.
Maak tog gou om my te red.
Ek wou sorgvuldig let op my bestaan
en as dit sleg
met my sou gaan
sou ek aan niemand dit verkondig nie.
Psalm 39:1 (vervolg)
Ek wou nie met my lippe sondig nie.
My smart het toe ek swyg, gegroei
en soos 'n vuur het dit in
my gaan gloei.
Psalm 39:2
Toe moés ek praat:
Maak my bekend,o Heer,
my lewendsdae, sê wanneer -
laat ek dit weet - wanneer is dit verby.
Ek wil my immers daarop voorberei -
min dae is vir my bepaal;
so weinig, Heer,
bly oor wat ek kan haal.
Psalm 39:3
Ons lewe is 'n droom, dit gaan verby.
Ons gaar maar op - wie gaan dit kry?
Ons sloof ons af,
maar wat gaan daarvan bly?
Sê, Here, is daar dan nog hoop vir my?
Ek hoop op U alleen, My God.
Red my,beskerm my
teen die dwaas se spot
Psalm 39:4
Ek onderwerp my sonder om te kla
maar neem die smart tog weg;
ek vra,
neem weg die las deur U op my gelê.
Daar's niks, o Here, een u hand te sê.
U straf verteer die sondaar, God,
net soos 'n kleed verteer word
deur 'n mot.
Psalm 39:5
Heer, dink aan my
in my verganklikheid,
hoor my in my afhanklikheid.
Wees U my hulp soos vir my voorgeslag.
Hoor my, o Heer,
van wie ek hulp verwag.
Neem dan u straf tog weg van my,
o Here, voor ek gaan, en maak my bly.
Ek het na God se hulp gesmag,
ek het die Here lank verwag.
Hy het na my toe afgebuig,
sy oor na my geroep geneig.
Psalm 40 :2
Sy hand het, na my uitgestrek,
my uit die dood se put getrek.
Hy't op 'n rots my weer laat staan,
my weer op vaste grond laat gaan.
Psalm 40 :3
Ek het 'n nuwe lied gesing
om lof aan Hom, ons God, te bring.
Hy het dit aan my voorgesê;
Hy het dit in my mond gelê.
Psalm 40 :4
Mag hulle wat my hoor, dit sien
en Hom vertrou en vrees en dien;
hang hul geen valse gode aan,
dan sal dit goed met hulle gaan.
Psalm 40 :5
Groot is u wonders, baie meer
as wat ons kan vertel, o Heer.
U wat ons steeds indagtig is,
Ú maak met óns bemoeienis.
Psalm 40 :6
U het met goedheid ons bejeën;
soos U is daar geen ander een.
Ons offers skiet vir U te kort -
U wil liefs, Heer, gehoorsaam word.
Psalm 40 :7
Soos voorgeskryf vir my deur Hom
het ek gesê: "my Heer, ek kom.
Net om u wil te doen, o Heer -
dis al wat ek, my God, begeer."
Psalm 40 :8
My hele lewe is u skrif,
u woord, diep in my ingegrif.
Ek het gesing, U weet dit mos;
ek is, o Heer, deur U verlos.
Psalm 40 :9
Heer, laat u liefde en u trou
altyd oor my die wag bly hou,
want ramp op rampe sonder tal,
só baie, Heer, het my oorval.
Psalm 40 :10
My sondes het my ingehaal
en laat my sonder rigting dwaal;
vertwyfeling het my oorval
en moeilikhede sonder tal.
Psalm 40 :11
Red my, o Heer, en help my gou
dat ek die lewe kan behou.
Dié wat die dood se strikke span,
laat hulle strikke húlle vang.
Psalm 40 :12
Laat hulle op die vlug dan slaan,
laat hul beskaamd van my af gaan.
Laat hulle wat my spot, o Heer,
verleë t'rug in skaamte keer.
Psalm 40 :13
Laat wie U soek, Heer telkemaal
hul blydskap in u Naam herhaal.
Laat hulle altyd bly bely:
Die Heer is groot; hoe groot is Hy!
Psalm 40 :14
Ek, hulpeloos, hoor my gebed,
ek, arme mens, vra: "Here, red.
Vertoef nie, Here, maar kom nou,
kom sonder talm of wag, kom gou."
Wie op die welsyn van die swakke let,
die Here sal hóm red;
hóm sal die Here in die dag van nood
nie nalaat of verstoot.
Psalm 41:2
Die Heer sal met
die goeie hom omvou,
hom in die lewe hou,
hom help dat hy
geen vyand hoef te vrees
van siekte hom genees.
Psalm 41:3
Wat my betref:
Ek het gesondig, Heer.
Genees my, Here, weer.
My vyand, wat vir my die ergste wens,
vra: Wanneer sterf dié mens?
Psalm 41:4
Hoe sleg dit gaan,vertel hul rond op
straat, dié mense wat my haat:
Die man is erg en ongeneeslik siek,
sy toestand is kritiek.
Psalm 41:5
Ook hy wat saam geëet het
aan my brood
gee my oor aan die dood.
Ek word beskuldig;laat die vyand,Heer,
nie oor my triomfeer.
Psalm 41:6
U het my lief, hou U my opgerig,
Heer, voor u aangesig.
Ons lof, o Here, kom U toe, altyd -
in alle ewigheid.
Heer, ek smag na U wat lewe
soos 'n dier na water smag.
ek wil my na U begewe.
Heer, hoe lank moet ek nog wag?
Psalm 42a:1 (vervolg)
Trane stort ek dag en nag;
heeldag word ek uitgelag:
"Staan jou Here jou nie by nie?
Sien jou God jou dan nie ly nie?"
Psalm 42a:2
Met verlange dink ek daaraan,
vroeër het ek opgetrek
- in die skare was ek vooraan -
op na die aanbiddingsplek,
op na Sion, God se huis,
jubelend met feesgeruis,
Hom geloof met lofgesange -
daaraan dink ek met verlange.
Psalm 42a:3
Waarom twyfel, waarom kerm ek,
waarom is ek so oorstelp?
Loof die Heer, Hy sal my optrek,
uit bedruktheid my weer help.
Hoe neerslagtig ook, ek weet
tot my hulp is hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
Psalm 42a:4
Van die Hermonkruin en -hange,
uit die streek van die Jordaan,
roep ek U in my verlange,
diep bedruk, o Here, aan.
Daar sal ek na U bly kyk
wat u trou selfs snags laat blyk.
U, die Here van my lewe,
sal my nooit in druk begewe.
Psalm 42a:5
Waarom, Heer, moet ek gebuk gaan
as die vyand my bespot,
waarom moet ek, Heer, bedruk staan
as gevra word: "Waar's jou God?“
Hoe neerslagtig ook, ek weet
tot my hulp is Hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
Smagtend soos in dorre streke
hoor my na U, Here, roep.
Gee my van u helder water
en 'n skadu teen die gloed.
Psalm 42b:1 (vervolg)
O, ek skroei, Heer, van die pyn
oor die skare se venyn.
God wat heers in alle tye,
laat my sing, bring hul tot swye.
Psalm 42b:2
Ek onthou die blye dae
sonder spotklank in my oor,
voorste van die feesgenote
wat u lof sing in 'n koor.
O, hoe het die lied verstom
as net trane uit my kom.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader.
Psalm 42b:3
In die vreemde wil ek, Here,
om u eer gewillig ly.
As hul sê: "Jou God bestaan nie",
sny dit soos 'n mes deur my.
O, dat U my nooit vergeet,
ek weer van my kindskap weet.
U, my Rots, laat staan my vaster,
ver en vry van dié wat laster.
Psalm 42b:4
Hoë berge, donker strome,
rotse waarteen ek vergaan moet dan al u golwe, Here,
een vir een oor my kom slaan?
Ek roep U van Kleinberg aan
uit die land van die Jordaan.
Is U dan 'n God van swye
in die mens se swartste tye?
Psalm 42b:5
Maar die dag kom uit die donker
en die nag het ook sy lig.
In my twyfel hou ek, Here,
steeds die oog op U gerig.
O, hoe het die lied verstom
as net trane uit my kom.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader.
Heer, behartig Ú my regsaak
teen die goddelose kwaad.
Gee teen vyande u uitspraak.
Op U, Here, maak ek staat.
Psalm 43a:1 (vervolg)
U het my alleen gelaat ek word nou gespot, gesmaad.
Waarom moet ek swaar gebuk gaan
en verstote en verdruk staan?
Psalm 43a:2
Stuur u lig, laat dié my voorgaan,
laat u waarheid, Heer, my lei.
Waar u woning op die berg staan,
wil ek by u altaar bly.
Heer, my lied wil ek U wy,
vol van jubeling en bly.
Wil U, Heer, my na u huis bring;
met die lier wil ek u lof sing.
Psalm 43a:3
Waarom, Heer, moet ek gebuk gaan
as die vyand my bespot?
Waarom moet ek, Heer, bedruk staan
as gevra word: "Waar's jou God?“
Hoe neerslagtig ook, ek weet:
Tot my hulp is Hy gereed;
en hoe diep ook neergeboë,
op my God rig ek my oë.
Pleitend wil ek tot U nader,
Heer, besleg tog die geding
tussen my en goddeloses
wat my in die war wil bring.
Psalm 43b:1(Vervolg)
O, hoe brand in my die smart
tot 'n kreet kom uit my hart!
God wat oor u trou nooit weifel,
waarom gee ek toe aan twyfel?
Psalm 43b:2
Maak my weer tot 'n bevryde
wat na Sion op kan gaan.
Stuur u lig en waarheid beide
om vir my die weg te baan.
T'rug in u teenwoordigheid,
raak ek angs en wanhoop kwyt,
jubel weer my lier se snare,
sing ek bly by u altare.
Psalm 43b:3
Maar ek leef in donker tye
en moet in die duister tas:
Hoe verbreek ek weer my swye?
God, my God, ek gryp U vas!
En ek laat my lied weer klink
as ek aan u goedheid dink.
U is nog my helper, Vader,
en ek weet U trek my nader
Ons het dit,Heer,
gehoor met eie ore:
hoe goedgesind was U ons volk tevore;
U het die nasies voor hul uitgedryf;
hul het die land gekry vir hul verblyf.
Psalm 44:2
Niks het hul deur
hul eie krag vermag nie,
en van die swaard het
hulle niks verwag nie.
U liefde, Heer, en u teenwoordigheid,
U self was die oorwinnaar in die stryd.
Psalm 44:3
My boog en swaard
kan ék ook nie vertrou nie,
daarom sal ek my
hoop nie daarop bou nie.
Deur U te loof,het ons dit mos erken:
U het ons deur ú krag alleen laat wen.
Psalm 44:4
Hoe laat U, Heer,
ons nou dan in die skande?
U lewer ons nou oor in vreemde hande.
U gee vandag u volk so maklik weg.
Ons moet alleen nou teen die vyand veg.
Psalm 44:5
U stry die stryd
nie langer met ons saam nie
en gee nie om dat
ons, verag, ons skaam nie.
Ons moet die spot van
ander nasies hoor;
U lewer ons aan die verstrooiing oor.
Psalm 44:6
Ons het mos, Heer,
nie u verbond geskend nie,
ons het ons van u pad nie afgewend nie.
Maar nou het U
ons land ineen laat stort, tot woeste
puinhoop het die plekgeword.
Psalm 44:7
Ons word soos vee,
soos slagvee, Heer, behandel
al het ons steeds met
U, ons God, gewandel.
Om U is ons verneder en verslaan
en moet ons in die dood te gronde gaan.
Psalm 44:8
Word wakker nou
en stel ons nie so bloot nie.
Ag, Heer, moet ons nie
langer so verstoot nie.
Rig ons weer op,
staan ons soos vroëer by.
Kom ons te hulp,o God,en maak ons vry.
Mooi woorde wat my diep ontroer,
dié dra ek aan my koning voor;
my tong, deur geesdrif meegevoer,
word daardeur vaardig aangespoor.
Psalm 45:2
So mooi soos u is niemand nie.
U lippe praat net vriendelik.
U swig nie voor die vyand nie.
God seën u onophoudelik.
Psalm 45:3
Kom nou in koninklike prag
en stry vir waarheid en vir reg.
Maak u gereed, laat geld u krag
en kom vir hulpeloses veg.
Psalm 45:4
U pyle wat die vyand tref,
laat val hul voor u voete neer.
God het bo almal u verhef.
Hy laat die koning triomfeer.
Psalm 45:5
U troon die staan vir altyd vas;
u is bo almal aangestel gesalf deur God, onaangetas,
staan almal onder u bevel.
Psalm 45:6
U klere is van geur deurtrek,
van aalwyn, mirre en kaneel;
u hart is bly en opgewek:
vir u word daar musiek gespeel.
Psalm 45:7
In u paleis is alles mooi:
ivoor en goud en soveel geur.
Prinsesse staan voor u getooi,
met u juwele ryk aan kleur.
Psalm 45:8
En langs u aan u regterhand
die koningin met goud versier.
Met oliegeur, met musikant,
met goud, juweel word fees gevier.
Psalm 45:9
U, bruid en dogter, luister goed:
die koning is voortaan u heer.
U gaan as vrou hom tegemoet;
gee aan die koning voortaan eer.
Psalm 45:10
Sy staan nou daar in louter prag,
geklee in skone goudbrokaat;
sy gaan na waar die koning wag,
in haar veelkleurige gewaad.
Psalm 45:11
Mag u, o koning, seuns verwek
wat u as vorste aan kan wys,
en mag u roem oor tyd heen strek.
Mag volke u vir altyd prys.
God is ons toevlug en ons skut,
al gee die aarde onder mee,
al word die berge rondgeskud,
al skuim die waters van die see.
Psalm 46:1 (vervolg)
Hy help ons in ons nood;
al is dit ook hoe groot,
tog sal ons veilig wees,
tog bly ons onbevrees.
God sal ons altyd trou beskut.
Psalm 46:2
Die Godstad is onwankelbaar;
daar's blydskap oor sy stil rivier.
Al dreig ook watter groot gevaar,
dis alles onder sy bestier.
Psalm 46:2 (vervolg)
God maak die nasies stom
as daar beroering kom.
Ons toevlug sal Hy wees,
ons bly dus onbevrees.
Die God van Jakob is mos daar
Psalm 46:3
Kom kyk wat bring die Heer tot stand,
die Heerser in die hemel hoog.
Die oorlogswapens word verbrand.
Hy breek die spies, die pyl en boog.
Psalm 46:3 (vervolg)
"Erken dit : Ek is God.
Ek heers met my gebod
oor alles onder My.
Erken my heerskappy."
Die Heer beskut ons met sy hand.
Juig, o volke, saam,
loof die Heer se Naam.
Prys met handgeklap
God se koningskap.
Bring die Koning eer
wat oor ons regeer.
Psalm 47:1 (vervolg)
Ja, oor elke land
strek sy heersershand.
Liefdevol het Hy
ons tot hier gelei.
Lieflik bloei ons land
onder God se hand.
Psalm 47:2
Hy, die Heer, gaan op
na die berg se top.
Blaas die horing, kom
na sy heiligdom.
Laat ons lof weergalm
met basuin en psalm.
Psalm 47:2 (vervolg)
Koning is sy Naam.
Hy bind volke saam:
Almal word gestel
onder sy bevel.
Hoog verhewe Heer,
Hy, ons God, regeer.
Lofwaardig, groot is God die Heer.
In Sion bring ons aan Hom eer.
Hier op sy berg heers Hy as Koning,
hier in die stad het Hy sy woning.
Onskatbaar is sy waarde,
Psalm 48:1 (vervolg)
'n vreugde vir die aarde,
die stad wat in ons blydskap wek oneindig mooi sover dit strek,
daar waar Hy hoog op Sion woon,
daar teen die noorde, heilig, skoon.
Psalm 48:2
Die Heer het Hom bekend gemaak
as heerser wat die stad bewaak
toe al die konings opruk teen Hom
en almal saam teen God byeenkom.
Verskrik moes hulle teruggaan
Psalm 48:2 (vervolg)
en voor die stad op vlug slaan.
'n Vrees het hulle laat verdwyn
- so vrees 'n vrou wat kraam in pyn -
toe hulle tot hul angs bemerk
hoe is die stad van God versterk.
Psalm 48:3
U lof strek oor die aarde, Heer,
u Naam sal altyd bly regeer.
U hou - dit weet ons uit ervaring -
ons veilig by U in bewaring.
Die Sionsberg moet jubel;
Psalm 48:3 (vervolg)
juig, elke stad van Juda.
Laat Sion nou van blydskap sing:
God het die mag wat uitkoms bring.
Laat almal saam nou daaroor juig
en hulle dankbaarheid betuig.
Psalm 48:4
Loop om die stad, trek daaromheen,
bekyk sy skanse een vir een,
bekyk sy mure, tel sy torings,
hoe is die bouwerk vol bekoring.
Waardeer hom met verering,
Psalm 48:4 (vervolg)
aanskou die stad se wering;
sy veiligheid, slaan dáárop ag,
vertel dit aan die nageslag:
God sal ons altyd oral lei,
Hy sal ons God vir ewig bly.
Die Heer is groot waar Sions top
hom wentel uit die dieptes op.
Hy is lofwaardig, waar verhewe
die berg en stad in songlans bewe,
en Sion teen die noorde
Psalm 48b:1 (vervolg)
blink, bó die lof van woorde.
Daar waar in vlekkelose wit
die Koning van die wêreld sit,
het Hy, wat teen die vyand waak,
as rotsburg Hom bekend gemaak.
Psalm 48b:2
Die konings van die heidendom
het met hul leërs aangekom,
die aanvalsmag wat hul gekeur het.
Maar nou? Hul weet nie wat gebeur het plots kom oor hul verbasing,
Psalm 48b:2 (vervolg)
verskrikking en verdwasing.
Die helde deins verward terug,
'n oomblik - en hul 't weggevlug!
En Sion, rotsburg van die Heer,
blink in sy oue glorie weer.
Psalm 48b:3
Soos een wat beef in moedersmart,
so raak hul daar verskrik, verward.
Die God van mag, van kragbewyse,
verbreek die skepe, pragpaleise
van Tarsis: oseane
Psalm 48b:3 (vervolg)
spring op voor sy orkane!
Soos ons gehoor het, sien ons oog:
die Here Sebaot rys hoog!
Hy sal sy stad, die mens ten spyt,
Bevestig tot in ewigheid.
Psalm 48b:4
Ons wil, o Heer, wat redding skenk,
aan al u goedheid bly gedenk
as ons tesaam is in u woning.
Net soos u Naam is, grote Koning,
so is u glansverskyning:
Psalm 48b:4 (vervolg)
die vyand se verdwyning
word aan die volkere bekend
tot by die aard' se verste end.
U hand wat nooit die kwaad gedoog,
rys vol geregtigheid omhoog.
Psalm 48b:5
Laat Sions berg weerklink van vreug!
Laat Juda's dogters hul verheug,
omdat Gods oordeel hul verbly het -
dié oordeel wat sy volk bevry het.
Aanskou die stad met skanse,
Psalm 48b:5 (vervolg)
paleise, toringtranse hoedat hul pryk met nuwe prag.
En meld dit aan die jong geslag:
Dié God is onse God, en Hy
sal tot die dood toe ons gelei.
O mense van die ganse aarde, hoor
wat dra ek met die lier aan julle voor,
iets wys,iets waars;
dit sonder niemand uit,
van wat ek sê word niemand uitgesluit.
Psalm 49:2
Moet ek my kwel oor onreg en bedrog
van mense wat met hulle rykdom spog?
Waarom is hul op rykdom so gesteld?
Wie kan hom loskoop
van die dood met geld?
Psalm 49:3
Wat jy ook al aan aardse goed besit,
jy sterf, 'n ander mens beërwe dit;
die wyses net soos ook
die dwaas en sot,
ja, almal van ons tref dieselfde lot.
Psalm 49:4
As mense grond besit as hulle sterf,
gaan hulle slegs 'n graf as
woonplek erf.
Onsterflikheid is
teen geen prys te koop,
en vestig daarom op jou geld geen hoop.
Psalm 49:5
Die mense wat op hulleself vertrou,
die selftevredenes moet dit onthou:
die dood wag voor,
soos skape kom hul om
en gaan die graf in sonder eiendom.
Psalm 49:6
Maar ek, ek is my God se eiendom,
al het ek niks,behoort ek tog aan Hom.
Ek weet,dit sal steeds
goed vir my verloop,
Hy sal my van die dood se mag vry koop.
Psalm 49:7
Waarom is jy op rykdom so gesteld?
Wie kan hom
loskoop van die dood met geld?
Die ryke moet net soos die voorgeslag
die lig verlaat en wegraak in die nag.
Psalm 49:8
Die dwase kan hul rykdom maar geniet,
die mense
prys hul prag en praal verniet.
Ten spyte van hul weelde en plesier
sterf hulle ook ten
slotte soos die dier.
Die Heer is God en Hy alleen.
Hy roep die wêreld op en spreek,
van waar die son sy daglig breek
tot waar die son weer ondergaan.
Uit Sion se volmaakte prag
verskyn dié God in helder glans.
Psalm 50:2
Hy bly nie stil nie, hoor, Hy kom,
en vlammend brand 'n vuur voor Hom.
Vanuit 'n stormwolk rondom Hom
roep Hy die hele aarde op;
die hemel roep Hy teen sy volk,
teen dié gebind deur sy verbond.
Psalm 50:3
"Maak my verbondsvolk bymekaar,"
sê Hy, regverdig in sy saak:
"My volk , my saak gaan Ek nou stel:
teen jóu getuig Ek, Israel.
Ek is jou God, jou God is Ek
en meer as offers wil Ek hê."
Psalm 50:4
"Meer as jou jong bul wil Ek hê,
Ek, met my wild van bos en berg.
Met als wat lewe op my veld,
sou ek jou vra om My te voed?
Eet Ek die vleis van offergoed,
drink Ek die offerbok se bloed?"
Psalm 50:5
"Die offer wat Ek vra, is lof,
bring dus as offer dank aan God.
Geloftes moet jy My betaal
en roep My in benoudheid aan.
Ek help jou uit as jy My smeek,
as jy My aanroep en my eer."
Psalm 50:6
"Jy sê slegs wat ek voorskryf op,
jy, goddelose, met jou mond.
Beroep jy jou op my verbond,
maar sonder dank en sonder lof?
Want dit wat Ek jou eintlik leer,
daarvan het jy jou afgekeer."
Psalm 50:7
"Jy loop en steel met diewe saam,
en egbreuk pleeg jy waar jy kan.
Jou tong ryg leuens aanmekaar
en jy bedrieg sodra jy praat.
Selfs teen jou broer bepraat jy kwaad;
selfs hy word deur jou sleggemaak."
Psalm 50:8
"Sal Ek dan daaroor stil kan bly
en jou laat dink ek word soos jy?
Nee, rekenskap is wat Ek eis:
Ek kla jou aan en waarsku jou.
My wet sal jy moet onderhou
en rekening met My moet hou."
Psalm 50:9
"Jy moet jou aan my woorde steur
want anders sal Ek jou verskeur.
Sal iemand anders jou kan red?
Ek sal jou red, maar lewe reg.
Hou by my wet, bewys My eer,
laat lof jou offers aan My wees."
Ontferm U, Heer, U wat vol liefde is,
kom was my skoon,
bewys aan my genade.
Vergewe my al my verkeerde dade
en suiwer my deur alles uit te wis.
Psalm 51:1 (vervolg)
Ek het oortree, dit weet ek alte goed;
ek is bewus dis sonde in u oë.
Ek staan voor U berouvol om te boet.
Barmhartig, Heer, is U, vol mededoë.
Psalm 51:2
Al my oortredings teen U,Heer,ken ek.
Ek was alreeds met my
geboorte skuldig -
tóé al belaai met sondes menigvuldig.
Ek weet ek is in sonde reeds verwek.
Psalm 51:2 (vervolg)
U uitspraak is geregtigheid en reg,
u liefdevolheid, Heer, vir my bewys U.
U sal vergeef,
U neem die sonde weg,maar,
Heer,opregtheidvan die hart vereis U.
Psalm 51:3
Laat ek deur wat U openbaar, ontdek
hoe U, o God, wil hê dat ek moet lewe.
Neem van my weg my sonde,
Heer, vergewe
maak my soos sneeu,
so wit en onbevlek.
Psalm 51:3 (vervolg)
Laat my dié vreug en
blydskap weer ervaar.
Laat lê my nie so
stukkend neergeslaan nie.
Psalm 51:3 (vervolg)
Laat my weer sing en
laat my smart bedaar.
Moet tog nie op my
sondes ag bly slaan nie.
Psalm 51:4
Maak my weer rein,
maak nuut my hart en gees.
Moet my tog nie van
U, o God, vervreem nie
en moet u Gees,
u heil my nie ontneem nie.
Psalm 51:4 (vervolg)
Laat my voortaan 'n bly verloste wees.
Ek sal oortreders nou u weë leer,
ek sal hul leer wat
goed is, wat is sondig.
Die sondaars sal hul dan tot U bekeer.
Gee my die taal dat ek u lof verkondig.
Psalm 51:5
Laat ek U weer met
toegewydheid dien,
tog vra U nie dat
ek moet offers bring nie;
U ag berou en ootmoed nie gering nie;
Psalm 51:5 (vervolg)
U sal dit nie as kleinigheid nie sien.
Laat Sion, Heer, u goedheid ondervind.
Herbou U weer Jerusalem se mure;
dan neem U weer, in liefde, goedgesind,
die offers aan,Heer, van ons altaarvure.
Jy roem verniet jou slegste dade,
jou voorkeur vir die kwaad;
onthou, God sorg vir my voortdurend,
jy wat so vlymskerp praat;
jy wat net ondergang bewerk het,
in leuentaal staan jy sterk.
Psalm 52:2
Jy stel die kwaad ver bo die goeie,
die onreg bo die reg.
God gryp en sleep jou uit jou woning
en uit die lewe weg.
Hy sal jou uit die aarde uitpluk,
jou wortels daaruit ruk.
Psalm 52:3
Maar die regverdiges sal toekyk,
vervul met diep ontsag.
Hul se:"Dit kom van steun op rykdom,
steun op jou eie krag".
Wie nie sy toevlug soek by God nie,
word so belag, bespot.
Psalm 52:4
Maar ek staan sterk soos 'n olyfboom
wat in Sy voorhof bot;
ek word getrou versorg vir ewig
daar in die huis van God.
Ek sal U voor u dienaars aanprys
vir guns aan my bewys.
Vol grootheidswaan en selfvoldaan
ontken die dwaas dat God bestaan.
Die dwaas vernietig en doen kwaad.
Voor God is dit 'n gruweldaad.
Psalm 53:2
Die Here kyk neer van omhoog.
Wie is verstandig in sy oog?
Hoeveel is daar wat na Hom vra
en wat hul na sy wil gedra?
Psalm 53:3
Nee, niemand nie, geen enkel een,
geeneen doen goed nie, daarenteen;
die laaste een het afgedwaal,
ontaard, ja, almal het gefaal.
Psalm 53:4
Hy straf dié wat die onreg stig,
dié wat my volk te gronde rig.
Dié wat die volk van God verag,
iets vreesliks gaan op hulle wag.
Psalm 53:5
God strooi die bene oral weg
van dié wat teen sy volk wil veg.
Hul het geen enkele verweer;
God het sy hand teen hul gekeer.
Psalm 53:6
Ag, Israel, sien op na Hom.
Mag daar uit Sion redding kom.
Verander Hy sy volk se lot,
sal Jakob juig en sing voor God.
Verlos my deur u alvermoë,
kom my uit my benoudheid red.
Bewys aan my u mededoë,
en luister, Heer, na my gebed.
Psalm 54:2
Die vyand kom teen my in opstand,
hul wil my om die lewe bring.
Deur hul geweld soek hul die oorhand,
maar laat U buite rekening.
Psalm 54:3
O Heer, U tref die onheilsmanne,
Vernietig hul, U is getrou.
Verydel hulle onheilsplanne.
Ek word deur U in stand gehou.
Psalm 54:4
Ek is gered uit my benoudheid.
Ek sal my offers bring, o Heer.
U het my vry gemaak soos altyd,
God, U het my laat triomfeer.
Hoor as ek bid, en luister, Here.
Die vyand gaan teen my te kere,
hul wil my met hul onreg breek.
Angs van die dood bedreig my lewe,
skrik laat my hele liggaam bewe.
Hoor, Here, as ek pleit en smeek.
Psalm 55:2
Ag, kon ek maar op vlerke swewe,
weg na 'n ander veraf lewe,
ver weg van hierdie storm en wind.
Ag, kon ek soos 'n duif maar voorttrek
na die woestyn, 'n veraf woonplek
waar ek in stilte skuiling vind.
Psalm 55:3
Saai onder hulle, Heer, verwardheid,
jaag hulle, dryf hul uit mekaar uit.
Deur wanorde word ons omring.
Geweld maal op die stad se mure,
snags en bedags, ja alle ure
het kwaad ons pleine ingedring.
Psalm 55:4
As ander my dit aangedoen het,
sou ek my daarmee kon versoen het.
Maar dit is jy, my goeie maat.
Ons het gegaan, intiem verbonde,
saam na Sy huis, saam opgewonde,
maar nou word ek deur jou gesmaad.
Psalm 55:5
Hy straf dié wat hul nie bekeer nie
en nie erken dat Hy regeer nie die vyand wat mooi woorde praat.
Maar daglank hoor Hy my gebede,
Hy red my en Hy gee my vrede.
Hy straf die ontrou en verraad.
Psalm 55:6
Moet nie jou eie laste dra nie
en skroom nie om sy hulp te vra nie.
Sy straf kom op wie kwaad doen neer.
Ek sal die onreg, Heer, nie vrees nie,
ek hoef oor niks besorg te wees nie.
Op U alleen vertrou ek, Heer.
Wees my genadig,
Heer, die mense jaag my;
kom staan my by,
kom help en onderskraag my.
Die kwaad wat hulle stook,
is so oorvloedig; hul is hoogmoedig.
Psalm 56:2
Op U,o Heer,
vertrou ek en ek vrees nie,
ek sal nie langer
bang vir mense wees nie.
In U alleen stel ek al my vertroue
en bly behoue.
Psalm 56:3
Ek word deur
hierdie mense vals beskuldig;
wat hul beplan,
is boos en menigvuldig.
En om my dood te maak en te vernietig,
dít wil hul gretig.
Psalm 56:4
Niks het U ongetel verby laat gaan nie,
niks van my leed
en selfs geen enkel traan nie.
Met dat ek roep,
laat U die vyand t'ruggaan
en op die vlug slaan.
Psalm 56:5
Ek weet dat God die Here aan my kant is.
Ek sing sy
lof omdat ek in sy hand is.
Ek prys sy woord
en loof Hom vir sy bystand
teen elke vyand.
Psalm 56:6
Nou is ek,
Heer, al my geloftes skuldig.
U reddingsdade was so menigvuldig.
Ek leef nou helder
in die lewenslig, Heer,
voor u gesig weer.
Wees my genadig, o my Heer,
U is my skuilplek, my verweer.
Ek roep en weet U sal my hoor;
dié wat my jaag, hul sal verloor.
Psalm 57:2
Die mense is my kwaadgesind soos leeus wil hulle my verslind.
Die strikke wat hul vir my span,
maak hulle self die prooi daarvan.
Psalm 57:3
Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag -
toon dan die grootheid van u mag.
Psalm 57:4
Ek voel weer veilig by U, Heer;
ek wil 'n lied sing tot u eer;
my blydskap, Heer, wil ek vier
met mooi musiek van harp en lier.
Psalm 57:5
Die rooidag wil ek wakker maak
wanneer ek soggens vroeg ontwaak.
U trou wat reik tot in die wolk
besing ek onder elke volk.
Psalm 57:6
Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag -
toon dan die grootheid van u mag.
Is julle oordeel wel regverdig
as julle, magtiges, beslis
oor reg en wat regverdig is?
Nee, julle is korrup, omkoopbaar.
Deur julle word geweld gepleeg
as julle met die regskaal weeg.
Psalm 58:2
Die slegstes volg van die begin af,
reeds van hul eerste dag die weg
wat leuenagtig is en sleg.
En hul gedra hul soos 'n adder:
Hy hou hom stokdoof vir die stem
van die besweerder wat hom tem.
Psalm 58:3
Ruk uit hul mond dié leeu se tand uit,
laat hul soos water ophou vloei,
soos gras verdroog wat ophou groei.
Laat hul dan net 'n slymspoor nalaat
soos slakke - doodgeborenes
wat sonder lig en lewe is.
Psalm 58:4
In hulle fleur word hul oorweldig;
soos onkruid word hul uitgeroei,
verwaai deur God se wind wat skroei.
Dié wat regverdig is, sal bly wees
en sê, as daar vergelding kom:
"Geregtigheid geskied deur Hom."
Tot U, o Here, rig ek my gebed,
dat U my van die vyand red.
Dat ek onskuldig is, kan ek bewys,
tog wil hul, God, my lewe eis.
Psalm 59:2
Almagtig is U, God van Israel,
in wie ek my vertroue stel.
U sterkte gaan bo hulle sterkte uit;
U kan gewis my vyand stuit.
Psalm 59:3
Snags sluip hul grommend in die strate
rond,bloeddorstig soos 'n honger hond;
U sal hul hoogmoed uitlag en bespot,
al sou hul dink U hoor nie, God.
Psalm 59:4
Ek sal my hoop op U gevestig hou;
U sal my hulp bied in u trou.
U sal my op hul hoogmoed
neer laat sien.
U, wat as vesting vir my dien.
Psalm 59:5
Breek hulle in hul sonde stadig af,
sodat my volk sien hoe U straf.
Almagtige wat oor die mens regeer,
laat hulle sien dis U, o Heer.
Psalm 59:6
Saans keer die vyand t'rug,die honger
hond, en snuffel in die strate rond.
Maar elke môre sing ek tot u eer,
want ek vertrou op U, o Heer.
O Here, U het ons verstoot,
u grimmigheid oor ons was groot.
Ons het u guns, o Heer, verbeur.
U het ons uitmekaar geskeur.
Psalm 60:2
Maak ons met land en al gesond,
ons is gekloof tot in die grond.
Wees ons soos vroeër goedgesind
en kom ons wonde weer verbind.
Psalm 60:3
Ons gaan as volk, o Heer, tot niet.
'n Ramp het U oor ons gebied.
In gramskap het U wyn geskink
en ons verplig om dit te drink.
Psalm 60:4
U wat ons eers laat steier het,
kom ons nou van die vyand red.
Laat nou u dienaars seëvier,
o Here, onder u banier.
Psalm 60:5
Verhoor ons, Here, in ons nood.
Beveilig ons, u mag is groot.
U kan dié wat U lief het, red;
kom ons te hulp, hoor ons gebed.
Psalm 60:6
Dít is die antwoord van die Heer:
"Ek sal oor Sigem triomfeer,
Ek gee dit aan my volk as buit;
die Sukkotlaagte deel Ek uit".
Psalm 60:7
"Manasse en Efraim, albei,
ook Gilead behoort aan My;
oor Juda heers Ek koninklik,
oor Moab sal Ek ook beskik".
Psalm 60:8
"My juigkreet word ook uitgedra
oor Edom en Filistea,
oor elke streek waar Ek regeer
en as oorwinnaar triomfeer."
Psalm 60:9
Wie sal ons Edom toe kan vat
en lei na sy versterkte stad?
Gaan U ons langer, Heer, verstoot,
alleen laat uittrek in ons nood?
Psalm 60:10
Die mens se hulp is ydelheid.
Staan by ons, Here, in die stryd.
Ons steun op God se heerserskap.
Hy sal ons vyand sélf vertrap.