Document 7257539

Download Report

Transcript Document 7257539

U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie wie word daardeur nie diep getref!

Niks anders bring vir ons die heil nie ons wil ons hart tot U verhef.

L 200:1 (vervolg) Aan U alleen ons dank en ere U wat ons in u liefde lei.

U sal ons nooit vergeet nie, Here U wil ons in u waarheid lei.

L 200:2 U is die Heer wat ons gemaak het, voor U kom ons, u skepsels, staan; U is die Heer wat steeds gewaak het, deur wie ons gans en al bestaan.

U bring in ons gemoed die vrede, U sterk ons gees met nuwe krag; U gee u lig ook oor ons rede dis U van wie ons heil verwag.

L 200:3 Sou ek, o Heer, U nie vereer nie, sou ek u goedheid nie verstaan?

Sou U my raad gee, ek nie leer nie, die weg wat U my wys nie gaan?

Nee, Heer, U rig my wil en strewe; u Woord bly my gedurig by.

Vul met u liefde ook my lewe om my in alles U te wy.

Lofsing die Heer, buig voor Hom neer; bewys aan Hom die eer.

Laat elke mond Hom loof en prys

en Hom erken as Heer (2x)

en Hom, ja Hom erken as Heer.

L 201:2 Lof aan die Heer, verheerlik Hom; wees vrolik, juig en sing.

Laat al wat leef Hom dank en prys,

aan Hom die hulde bring, (2x)

aan Hom, aan Hom die hulde bring.

L 201:3 Lofprys die Heer, besing sy Naam sy hele skepping juig.

Laat almal saam Hom eer betoon

en voor hul koning buig, (2x)

en voor, ja voor hul koning buig.

Prys Hom, die Hemelvors, op sy verhewe troon, loof Hom aan Wie die hemelkoor hul hulde steeds betoon.

L 202:1 (vervolg) Aan Hom, die Skepperheer, kom toe die eer en mag.

Sy Woord het alles voortgebring, roem ewig sy gesag.

L 202:2 Loof Hom, die Lam van God, want Hy's vir ons geslag.

Hy het ons met sy bloed gekoop; besing sy reddingsmag.

Uit elke stam en taal het Hy ons vrygemaak; sy koninkryk, sy priesterdom dít het Hy ons gemaak.

L 202:3 Lof, eer en heerlikheid, die wysheid en die krag behoort aan God daar op die troon en aan die Lam, geslag.

Tot in die ewigheid sal ons die lied laat hoor; die hele skepping oraloor roep "Amen" in 'n koor.

Loof die Here, al wat lewe, wil Hom dank en hulde bring Hy het al ons skuld vergewe; ons 'n nuwe lied laat sing.

L 203:1 (vervolg) Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Loof die Vader, God en Heer!

L 203:2 Loof Hom wat in groot genade ons deur eeue heen behou; loof Hom vir sy reddingsdade vas kan ons op Hom vertrou.

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Hy's genadig en getrou.

L 203:3 Soos 'n vader sorg vir kinders, sorg die Heer vir wie Hom vrees.

Hy vergewe hul oortredings en berei 'n vreugdefees.

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Laat ons Hom gehoorsaam wees!

L 203:4 Mense, soos die veld se blomme, bloei maar vir 'n korte tyd; ewig oor ons kleine kommer waak Gods goedertierenheid: Loof Hom, prys Hom!

Loof en prys Hom ewige geregtigheid.

L 203:5 Loof die Here, maan en sterre, waar jul in die wydtes kring.

Loof Hom, engele en mense, almal wat sy wil volbring!

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom o my siel, bly Hom besing!

Praise, my soul, the King of heaven; to his feet thy tribute bring; ransomed, healed, restored, forgiven, who like thee his praise should sing?

Praise him, praise him, (2x)

praise the everlasting King.

203b:2 Praise him for his grace and favour to his people in distress; praise him still the same forever, slow to chide, and swift to bless:

praise him, praise him, (2x)

glorious in his faithfulness.

203b:3 Father like he tends and spares us; well our feeble frame he knows.

In his hands he gently bears us, rescues us from all our foes:

praise him, praise him, (2x)

widely as his mercy flows.

203b:4 Frail as summer's flower we flourish, blows the wind and it is gone; but while mortals rise and perish God endures unchanging on.

Praise him, praise him, (2x)

praise the High Eternal One.

203b:5 Angels, help us to adore him, ye behold him face to face; sun and moon, bow down before him; dwellers all in time and space,

praise him, praise him, (2x)

praise with us the God of grace.

Loof die Here, al wat lewe, wil Hom dank en hulde bring Hy het al ons skuld vergewe; ons 'n nuwe lied laat sing.

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Loof die Vader, God en Heer!

L 204:2 Loof Hom wat in groot genade ons deur eeue heen behou; loof Hom vir sy reddingsdade vas kan ons op Hom vertrou.

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Hy's genadig en getrou.

L 204:3 Soos 'n vader sorg vir kinders, sorg die Heer vir wie Hom vrees.

Hy vergewe hul oortredings en berei 'n vreugdefees.

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom!

Laat ons Hom gehoorsaam wees!

L 204:4 Mense, soos die veld se blomme, bloei maar vir 'n korte tyd; ewig oor ons kleine kommer waak Gods goedertierenheid: Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom ewige geregtigheid.

L 204:5 Loof die Here, maan en sterre, waar jul in die wydtes kring.

Loof Hom, engele en mense, almal wat sy wil volbring!

Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom o my siel, bly Hom besing!

Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun, vir liefde, genade, verlossing en steun -

L 205:1 (vervolg) dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan maar ewig voor Hom as verloste kan staan.

Loof die Heer, loof die Heer sing, gelowiges, saam!

Loof die Heer, loof die Heer prys sy heilige Naam!

L 205:1 (vervolg)

Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.

L 205:2 Ons lof aan die Skepper wat altyd getrou sy kerk hier bewaar, dit vernuwe en bou -

L 205:2 (vervolg) ons bly inspireer en ons stuur deur sy Gees om sout en om lig vir die wêreld te wees.

Loof die Heer, loof die Heer sing, gelowiges, saam!

Loof die Heer, loof die Heer prys sy heilige Naam!

L 205:2 (vervolg)

Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.

L 205:3 Ons lof, ons aanbidding, o Vader, ons lied is nietige klanke, deur kinders gebied.

L 205:3 (vervolg) Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed oneindig die liefde wat U vir ons het.

Loof die Heer, loof die Heer sing, gelowiges, saam!

Loof die Heer, loof die Heer prys sy heilige Naam!

L 205:3 (vervolg)

Hy kom uit genade ons sondes versoen dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem.

Halleluja.

Halleluja.

Halleluja.

Halleluja.

Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid aan God Drie-enig ons lof en ons lied.

Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

L 207:2 Heiland, aan U al ons dank en aanbidding U het kom soek, ons van sonde gered.

Deur u verdienste kom ons na die Vader; hoor Hy sy kinders se lied en gebed.

Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

L 207:3 Wek in ons liefde, o Heer, vir u waarheid: Waarheid gee insig, versterk en maak vry.

U is die Waarheid, die Weg en die Lewe: U woon in ons en laat ons in U bly.

Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

L 207:4 Maak ons, o Heer, u getroue getuies dat ons met vreugde dit oral vertel: Christus, oorwinnaar oor dood en oor chaos.

Hy ken ons nood, Hy kom red en herstel.

Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

L 207:5 Heer van die skepping en Heer oor ons lewe: niks wat u aandag, u almag ontgaan.

Groot is u werke, herskeppend u liefde; heerlik, o Heer, is u heilige Naam.

Refrein: Ere aan God! Die Heer van alle here woon ook in ons deur sy Woord en sy Gees Gee ons die liefde, geloof en vertroue om u gehoorsame kinders te wees.

Ek wil die Here loof en prys solank as ek nog leef.

Aan Hom my dank en eer bewys omdat Hy my vergeef.

L 208:1 (vervolg) Nooit kan ek Hom vergoed nie, tog bly Hy gee en gee.

Ek sing dus steeds my lofgesang aan Hom, my Redder, Heer.

L 208:2 Ek wil dit wyd en syd vertel: Die Here sorg vir my.

Hy het dit in sy Woord beloof: Net Hy is God vir my.

In angste, laste, sorge, in vreugde en in rou kan ek sy waarborg steeds onthou: jou Herder sorg vir jou.

L 208:3 Ek wil die Here loof en prys solank ek asemhaal.

Ek wil my dank en eer bewys in blye jubeltaal.

Ag, ek bly altyd maar vir Hom 'n arme bedelaar.

En Hy hou aan met gee en gee; ek sing: Hy's wonderbaar!

Heer, met my hele hart kom sing ek 'n lofsang, kom ek van u magtige wonders vertel en van al u reddingsdade.

Heer, met my hele hart

L 209:1 (vervolg) kom sing ek 'n lofsang.

Ek wil oor U altyd bly en vrolik wees, ek wil u Naam besing.

Ek wil oor U altyd bly en vrolik wees.

Halleluja!

Prys God, Hy is groot; prys God, Hy is sterk; die ganse heelal vertel van sy werk.

L 210:1 (vervolg) Oor aarde en hemel strek sy majesteit.

Prys alles wat lewe sy Naam wêreldwyd.

L 210:2 Prys God, Hy is groot; prys God oor sy mag; loof Hom met simbaal en prys só sy krag.

Loof Hom met die snare, met harp en met fluit.

Sing almal wat lewe, kom jubel dit uit.

Joy to the world! The Lord is come: let earth receive her King.

Let every heart prepare him room,

and heaven and nature sing, (2x)

and heaven, and heaven and nature sing.

210b:2 Joy to the earth! The Saviour reigns: let all their songs employ, while field and floods, rocks, hills, and plains

repeat the sounding joy, (2x)

repeat, repeat the sounding joy.

210b:3 No more let sin and sorrow grow nor thorns infest the ground; he comes to make his blessings flow

far as the curse is found, (2x)

far as, far as the curse is found.

210b:4 He rules the world with truth and grace, and makes the nations prove the glories of his righteousness

and wonders of his love, (2x)

and wonders, wonders of his love.

(A) Ons bring lof aan U, Jesus Heer, (B) Jesus Heer.

(C) Ons bring lof aan U, Jesus Heer, (D) Jesus Heer.

L 211:1 (vervolg)

(A) Gloria tibi, Domine, (B) Domine.

(C) Gloria tibi, Domine, (D) Domine.

Loof die Heer, Hy is goed, loof sy heilige Naam; laat alles in die groot heelal die Here loof.

L 212:1 (vervolg) Ek wil die Here loof

(ek wil die Here loof),

loof met my hele hart

(loof met my hele hart)

Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag.

L 212:2 Hy't my sonde vergeef en Hy maak my sy kind laat alles in die groot heelal die Here loof.

L 212:2 (vervolg) Ek wil die Here loof

(ek wil die Here loof),

loof met my hele hart

(loof met my hele hart)

Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag.

L 212:3 Loof, o hemel, die Heer, al die engele saam laat alles in die groot heelal die Here loof.

L 212:3 (vervolg) Ek wil die Here loof

(ek wil die Here loof),

loof met my hele hart

(loof met my hele hart)

Hy gee hul wat roep, weer nuwe krag.

Kom, volk van God, verhef jul stem, loof Hom, die kind uit Betlehem God wat 'n mens geword het.

Die pad van leed het Hy verstaan, self het Hy na die kruis gegaan waar Hy sy bloed gestort het.

L 213:1 (vervolg) Loof Hom, die Here van sy kerk, prys Hom vir sy verlossingswerk, eer Hom vir sy genade.

Hy het ons nou met God versoen; aan God se eise is voldoen.

Juig oor sy liefdedade.

L 213:2 Die Christus het ons stryd gestry; Hy het nie in die dood gebly, die graf kon Hom nie hou nie.

Hy't na die Vader opgevaar, regeer sy eiendom van daar sal ons Hom nie vertrou nie?

L 213:2 (vervolg) Loof, loof ons Redder, God en Heer, Hy sien in liefde op ons neer, in Hom is ons behoue.

"Die Heer kom weer, die Heer kom weer" juig ons met vreugde keer op keer, volhardend, met vertroue.

Here, ons sal U loof, u weldade roem.

U Naam sal ons eer, almagtige Heer, want U het wonders gedoen.

L 214:2 Here, ons sal U loof. U het ons verlos, uit duister bevry; ons harte verbly dit het u lewe gekos.

L 214:3 Here, ons sal U loof, u weldade roem.

Dis U wat voorsien, ons wil U graag dien en U ons Vader noem.

Besing die lof van Jesus saam, ook eng'le bring Hom eer.

Juig hemel, aarde, roem sy Naam en dien Hom, volg Hom, loof Hom

Christus is dié Heer!

L 215:2 O nageslag van Israel, gee u Messias eer; erken Hom as Immanuel, en soek Hom, vind Hom, prys Hom:

Christus is dié Heer!

L 215:3 Verdwaasde mens, aanvaar dit nou dat Hy jou heil begeer; bekeer jou, en sy Gees sal jou laat loof en prys en jubel

Christus is dié Heer!

L 215:4 Wees, volkere, opreg en wys; besef dat Hy regeer; wil Hom bo alle vorste prys en eer Hom, daagliks, oral -

Christus is dié Heer!

L 215:5 Hy wat as die oorwinnaar staan, kom op die wolke weer.

Hef al wat leef jul loflied aan en dien Hom, volg Hom, loof Hom -

Christus is dié Heer!

Sing met vreugde, Sing oor ons Redder-Koning.

Laat ons hulde bring aan die Hemelheer wat sy Kerk regeer.

Hy maak by ons woning.

L 216:2 Loof en eer die Seun wat ons skuld vergewe.

Ons kan op Hom steun.

Wanneer sorge druk, elke plan misluk, bring Hy hoop en lewe.

L 216:3 Met ons hele hart dien ons U as koning.

Heer, in vreugde, smart is ons in u hand; is ons hart, verstand vir u Gees 'n woning.

Verlosser, Redder, Heer en Hoof, neem aan die onvolmaakte lied wat ons, as sondaars, aan U bied.

'n lied waarmee ons U kom loof.

Ons bring ons lied aan U, o Heer; ons sing om U te eer.

L 217:1 (vervolg) O neem dit aan, U wat ons hart verstaan.

Ons kom met ons verlange, ons smeek- en dankgesange.

O neem dit aan.

L 217:2 Ons dank U Christus, troue Heer, U het ons van die dood verlos; dit het die hoogste prys gekos.

Ons sing u lof en bring U eer; ons buig ons voor u voete neer; U is ons Hoof en Heer.

L 217:2 U is ons hoop; U sluit die toekoms oop.

Ons wag op die voleinding, die dag van u verskyning.

U is ons hoop.

Halleluja. Halleluja.Halleluja. Halleluja. Halleluja. Halleluja.

Laat ons sing van ons Verlosser, Hy wat wys hoe liefde lyk.

Deur sy kruisdood het die Here self sy hand na ons gereik.

L 219 : 1 (vervolg) Sing, o sing van ons Verlosser, aan die kruis het Hy gely.

Deur sy dood bring Hy versoening, van ons skuld maak Hy ons vry.

L 219 : 2 Laat ons praat met almal om ons oor die hoop wat in ons leef.

Jesus Christus het in liefde al ons sonde ons vergeef.

Sing, o sing van ons Verlosser, Hy oorwin die dood en hel.

Ons het deel aan sy oorwinning oral wil ons dit vertel.

L 219 : 3 Laat ons sing oor Hom wat t’rugkeer aan die einde van die tyd: "Bruidegom, die bruid verwag U altyd tot u lof bereid."

L 219 : 3 (vervolg) Sing, o sing van ons Verlosser, Hy kom t’rug, Hy maak ons nuut "U, die Heerser oor die wêreld, Seun van God, o hoor ons lied."

Met ons harte sing ons, Here, van u liefde meer en meer.

Aan die kruis het U ons sonde als gedra met geen verweer.

220:1 (vervolg) Juig, o juig oor ons Verlosser, van ons las is ons bevry.

Ons sal aan U, Redder, Here, net uit dank ons lewe wy.

220:2 Met ons monde bring ons, Here, Aan U hulde in ons lied.

Aan die kruis het U die losprys vir ons sonde aangebied.

Prys, o prys nou ons Verlosser, vir ons redding is betaal.

U het deur u sterwe, Here, dié oorwinning reeds behaal.

220:3 In 'n koor met duisend stemme sal ons loflied U besing.

U nabye liefde, Here, het in noutes ons omring.

Sing, o sing oor ons Verlosser, prys sy Naam ons lewe lank.

Ons bly aan U trou, o Here, ons sal U steeds loof en dank.

Loof die Heer omdat Hy goed is; daar's geen einde aan sy liefde.

Loof die Heer omdat Hy goed is.

Halleluja.

2. Confitemini Domino quoniam bonus, confitemini Domino, alleluia.

Loof die Here God en prys sy heil'ge Naam.

Loof die Here God Hy red my van die dood.

L 222 (vervolg)

Bless the Lord, my soul, and bless his holy Name.

Bless the Lord, my soul, He rescues me from death.

Aan Jesus, Koning, al die eer!

Buig eng'le voor Hom neer, buig eng'le voor Hom neer.

God gee aan Hom die koningskroon.

L 223:1 (vervolg)

Kom loof Hom.

Loof Hom.

Loof Hom.

Loof Hom en volg Hom as u Heer!

L 223:2 Loof Hom, verlostes van die Lam, wat om sy troon verkeer, wat om sy troon verkeer.

Sing alle volke, elke stam!

Kom loof Hom.

Loof Hom. Loof Hom.

Loof Hom en volg Hom as u Heer!

L 223:3 Eens sal verlostes almal saam ook saam met Hom regeer, ook saam met Hom regeer.

Kom, almal, loof sy grote Naam.

Kom loof Hom.

Loof Hom. Loof Hom.

Loof Hom en volg Hom as u Heer!

Kom prys Hom alle nasies.

Kom sing, kom loof die Heer!

Kom prys Hom alle volke.

Kom sing, kom loof die Heer!

L 224:2

Laudate omnes gentes, laudate Dominum.

Laudate omnes gentes, laudate Dominum.

Ons kom prys u Heer, Jesus Christus.

Halleluja. Halleluja.

En ons loof U, Heer, Jesus Christus, en ons loof U, Heer - Halleluja!

L 225:2

Adoramus te Jesu Christe, alleluia, alleluia.

Et laudamus te Jesu Christe, et laudamus te, alleluia.

Juig nou aarde, hemel, almal wat hier leef.

Dien die Heer, gee Hom eer, kom met jubeling.

L 226:1 (vervolg) Halleluja! Halleluja!

Kom met jubeling.

Halleluja! Halleluja!

Laat ons Hom besing!

L 226:2

Jubilate Deo omnis terra.

Servite Domino in laetitia.

Alleluia, alleluia in laetitia.

Alleluia, alleluia in laetitia.

Sing, loof en prys die Heer.

Sing, loof en prys die Heer, alle volke.

Halleluja.

(x2)

L 227:2 Laudate Dominum, laudate dominum omnes gentes, alleluia.

(x2)

Halleluja! Halleluja! Halleluja! Halleluja! Halleluja! Halleluja! Halleluja! Halleluja!

Wil, Heer, in liefde U ontferm; skenk U ons volk genade.

Delg U tog uit ons sondeskuld;

L 229 (vervolg) wis uit ons sonde dade.

Sal U ons dan nie lewend maak dat ons in U weer vreugde smaak!

Skenk ons tog u heil, o Here.

O Jesus, in u lyding kom soek ek troos in nood.

U smeek ek om bevryding van sondestraf en dood.

L 230:1 (vervolg) Ek het my hele lewe die sondaarspad gegaan, verblind in al my strewe.

O Jesus, sien my aan.

L 230:2 Die tyd wat U verleen het, het ek, onwys, verspeel, omdat, soos ek gemeen het, ek sélf my toekoms reël.

Vertrou het ek op deugde; allenig wou ek staan.

Verbeur het ek my vreugde!

O Jesus, sien my aan.

L 230:3 Al doen ek steeds nog sonde wil my genadig wees.

Genees my deur u wonde, verwyder al my vrees.

Vergeef my sondedade, die dwaasheid ook begaan; ek smeek U om genade: O Jesus, neem my aan!

Heilig, heilig, heilig, Here, U is heilig sonder perk; ons kom sing u Naam ter ere bid dat U in ons sal werk.

L 231:1 (vervolg) Ons onheiligheid, o Heer, dwing ons op ons knieë neer.

Ons kom pleit om u genade: Heer, verlos ons van die kwade.

L 231:2 Wat geskep is deur u hande dit was heilig, rein en goed; maar die sonde bring die skande, bring die seer in ons gemoed.

Ons verstand is swak en klein, ook ons strewe is onrein.

Ons is, Heer, in skuld gebore sonder U is ons verlore.

L 231:3 Heil'ge God, herskep ons lewe, en laat groei die goeie saad; maak ons heilig in ons strewe, in gedagte, woord en daad; Ons wil U ons danklied bring, en u lof, o Jesus, sing.

Laat u Gees ons lei, o Here, om te lewe, U ter ere.

L 231:4 O dat alle mensetale, alle eng'lesang, o Heer, saamruis deur die hemelsale in gejubel tot u eer.

Eenmaal staan ons voor u troon waar ons eer aan U betoon sing ons met die eng'le: Ere Heilig, heilig, heilig, Here!

Diep, o God, diep neergeboë, staan ons voor u hoë reg in volslae onvermoë.

Hoe word ooit ons saak besleg?

L 232:1 (vervolg) Waar ons voor U skuldig pleit, o volmaakte Heiligheid, werk U met u Gees versoening deur die Heiland se voldoening.

L 232:2 Om ons vry te maak van sonde het u Seun gesterf, o God!

Deur geloof aan Hom verbonde, sal ons leef na sy gebod.

Liefd' het U na ons gebring Jesus, laat u liefde ons dring, laat die liefde, so verhewe, ons besiel deur heel ons lewe!

Ek, Vader, wat gesondig het hoe skuldig staan ek voor u wet, maar tog in Christus heilig!

Ek wil my skuld voor U beween; ek soek en roep weer om u seën, u Gees laat voel my veilig.

L 233 (vervolg) Help my geloof om vrug te dra soos wat U van verlostes vra in woorde en in dade.

Ek was verlore, is gevind; ek was vervreemd, is nou u kind hoe groot is u genade!

Ontferm U, God, ontferm U, hoor my klag.

Teen U alleen, teen U het ek gesondig.

Here, voor U, voor U is ek onwaardig.

Ek is verblind, verlam deur sondemag.

L 234 (vervolg) Maar grote God, U wek in my berou.

Here, my God, U het my skuld vergewe.

Net deur u guns kan ek op U vertrou.

By U is rus, U is die bron van lewe.

Voor u wet, Heer, staan ons skuldig.

Liefde is die groot gebod!

Liefde is ons steeds verskuldig aan ons naaste en ons God.

L 235:1(vervolg) Ons wil u gebod bewaar, maar ons struikel baie kere.

Leer ons liefde vir mekaar, maar bo al vir U, o Here.

L 235:2 Liefde doen aan niemand kwaad nie dis vervulling van die Wet.

Dié gebod mag ons nie laat nie, maar met ywer daarop let.

Ons weet, ver is reeds die nag; ken die tydsomstandighede weldra breek die volle dag.

Wek ons, Heer, uit valse vrede!

O God, hoe salig om te weet, as ons in ootmoed nader, U sal u kinders nooit vergeet

L 236:1 (vervolg) ons ken U as ons Vader.

Ons bid om skuldvergiffenis deur Jesus wat ons voorspraak is ons kniel in stil vertroue.

L 236:2 Sien ons dan, Vader, in ons nood, saam voor u troon vergader; sal ooit 'n kind vergeefs om brood smeek by sy aardse vader?

Sal U ons dan nie nog veel meer u Gees, in al sy volheid, Heer, op ons gebede skenk nie?

Heer, ons kom pleit by U; o God, verlaat ons nie.

U wat die weeskind nie verstoot voor U buig ons die knie.

L 237:2 Voor U staan ons ontbloot; ons skuld verdien die dood.

Wees ons genadig en vergeef.

Red ons, Heer, uit ons nood.

L 237:3 Maak ons van sonde vry; leer ons die kwaad vermy; ons pleit by U in Jesus Naam.

U kan ons weer verbly.

God, enkel lig, voor u gesig is niks op aarde rein nie.

Ons is bevlek, met skuld bedek kan nie voor U verskyn nie.

L 238:2 Die sterreprag verdwyn by dag teenoor die son se luister; soveel te meer is ons, o Heer, teenoor u lig, die duister.

L 238:3 Heer waar dan heen? Tot U alleen; U sal ons nooit begewe.

U eie Seun, ons borg en steun, is ook ons weg tot lewe.

L 238:4 Ja, amen, ja! Op Golgota betaal Hy vir my sonde, en deur sy bloed word ons gemoed gereinig van die sonde.

L 238:5 Gee ons al meer, om U te eer, geloof, o Ewig-sterke!

Dan doen ons bly, aan U gewy, uit liefde goeie werke.

Jesus, Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan!

U was self van God verlaat.

Laat u lyding, sonder maat, my tot heil wees en tot krag teen die sondeskuld en -mag.

L 239:2 En ek self - wat kan ek doen om my sonde te versoen?

Sou my hart met ywer gloei, sou my trane ewig vloei nòg gebede, nòg geween kan my red, Heer; U alleen.

L 239:3 Leeg, net met my sondelas, hou ek u verdienste vas.

Ek kom om vergewing vra; U het ook my skuld gedra!

U, geslaan tot heilsfontein, wás my, Heiland, maak my rein!

L 239:4 Heer, my Rots, bo almal groot staan U vas in elke nood.

Trou van mense kom en gaan, maar U bly onwrikbaar staan.

Eew'ge Rots, U laat ook my veilig, ewig in U bly!

Rock of ages, cleft for me, let me hide myself in thee; let the water and the blood, from thy wounded side which flowed, be of sin the double cure, cleanse me from its guilt and power.

239b:2 Should my tears forever flow, should my zeal no respite know, all for sin could not atone; thou must save, and thou alone; in my hand no price I bring, simply to thy cross I cling.

239b:3 While I draw this fleeting breath, when my eyelids close in death, when I rise to worlds unknown, and behold thee on thy throne, Rock of ages, cleft for me, let me hide myself in thee.

Heiland, as in ootmoed stil ons afhanklik voor U kniel en berouvol na omhoog tot U rig die hart en oog

L 240:1 (vervolg) o, waar U soveel moes ly om van skuld ons te bevry: Skenk ons die vergiffenis op ons skulderkentenis.

L 240:2 Jesus, al is ons ontrou U bly altyddeur getrou!

Wanneer ons ons skuld bely, maak U ons in waarheid vry.

Nooit pleit 'n gebroke gees om versoening tevergeefs.

U skenk die vergiffenis op ons skulderkentenis!

Troue Here van my lewe, God by wie ek vrede vind; Vader wat my skuld vergewe, dankbaar leef ek as u kind.

L 241:1 (vervolg) Vrees vir straf laat my nie weifel, want u liefde laat geen twyfel; ja, ek weet in sondesmart: U is trooster van my hart.

L 241:2 U die kenner van ons harte, sien my skuld en ken my nood.

Ek treur, vol berou en smarte, want my sonde bring die dood.

Ja, U sien my hart se wonde, sien my ly oor al my sonde, Christus laat my voor U staan, deur sy bloed neem U my aan.

L 241:3 Deur u Seun skenk U genade, in geloof neem ek Hom aan; Hy verlos my van die kwade, Hy sal altyd met my gaan.

Al is ek in skuld gebore, is ek in Hom uitverkore voor u Woord in skeppingsmag nag geskei het van die dag.

Here, ontferm U.

Christus, ontferm U.

Hoor ons gebed, Heer.

Ontferm U tog oor ons. Amen.

Heer, wees genadig.

Heer, wees barmhartig.

Heer wees genadig.

ons kniel hier voor U neer. Amen.

Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen.

Die verlossing uit die kwade kan net U, o God, verleen.

U het ons reeds lank tevore

L 244:1 (vervolg) as u eiendom beskou, ons in Christus vasgehou.

In Hom is ons uitverkore.

Ons sal oor u liefde juig, dankbaar van u guns getuig.

L 244:2 Christus kom deur u ontferming, deur Hom reik U ons die hand.

U neem sondaars in beskerming liefde ver bo ons verstand.

Christus red ons deur sy dade;

L 244:2 (vervolg) Hy laat ons u liefde sien liefde wat ons nooit verdien.

Hy herskep ons uit genade.

Ons sal oor u liefde juig, dankbaar van u guns getuig.

L 244:3 Ons ontvang u Gees as gawe.

Wie kan ooit dié wonder peil?

Skuldiges en sondeslawe word verseker van u heil.

Heer, u Gees beseël die waarheid

L 244:3 (vervolg) dat ons nou u kinders is ons verlossing is gewis.

Deur u Gees borg U ons vryheid.

Ons sal oor u liefde juig, dankbaar van u guns getuig.

L 244:4 Aan die einde van my lewe sal u liefde my omvou.

Waar my moed my wil begewe, dra U my steeds in u trou, In my doodsangs en beklemming

L 244:4 (vervolg) sien ek Christus aan die kruis, reik ek na die vaderhuis.

Dis ons ewige bestemming.

Ons sal oor u liefde juig, dankbaar van u guns getuig.

Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het, sing dankbaar my verlossingslied.

U weet hoe ek na U verlang het U het u guns my aangebied.

L 245:1 (vervolg) Ek loof en prys U deurentyd, ek loof en prys U deurentyd en roem u groot barmhartigheid, en roem u groot barmhartigheid.

L 245:2 Ek was verlore in my sonde en van die goeie weg vervreem.

Tog doen die Heer aan my die wonder om my as kind terug te neem.

Ek loof en prys U deurentyd, (2x) en roem u groot barmhartigheid, (2x)

L 245:3 O God wat ryk is aan ontferming, weerhou genade nooit van my, maar hou my steeds in u beskerming by U sal ek vir altyd bly!

Ek loof en prys U deurentyd, (2x) en roem u groot barmhartigheid, (2x)

(A) Wees my genadig, Here my God.

(B) Delg uit my sonde - dit is so groot.

(C) Wees my genadig in Jesus Naam.

1. Heer wees ons genadig, Christus wees genadig, Heer wees ons genadig.

2. Kyrie eleison, Christe eleison, Kyrie eleison.

Here, ontferm U oor ons.

Christus, ontferm U.

Here, ontferm U oor ons

en gee ons u vrede (x2)

God het gesê: "Ek is die Here wat jou uit sondeslawerny gelei het na 'n nuwe lewe.

Jy mag geen god hê, buiten My!"

L 249:2 "Vereer dan geen gesnede beelde, maak van My geen gelykenis; maar dien My wat, alomteenwoordig, jou Skepper en Verlosser is."

L 249:3 Gebruik die heil'ge Naam nooit ydel God is waaragtig in sy trou.

Hy sal dié straf wat Hom belaster; dié wat Hom liefhet, word behou.

L 249:4 Met wysheid het Hy rus en arbeid vir ons, sy mense, hier beveel; gedenk die rusdag, hou dit heilig en jy sal in die seën deel.

L 249:5 Eer ouers en eer owerhede, God gee aan hulle die gesag, en die belofte van die lewe dra jou en ook jou nageslag.

L 249:6 y mag nie doodslaan of jou wreek nie, maar liefde moet jou lewe rig.

Jy mag die egband nie verbreek nie, behou wat God in liefde stig.

L 249:7 Jy mag nie van jou naaste steel nie, maar wees in wat jy doen, getrou.

Neem nie aan valse dinge deel nie wees een wat by die waarheid hou.

L 249:8 Die hart is setel van die lewe, maar laat hom ook so gou mislei.

Aanvaar in denke en begeerte die Gees van God se heerskappy.

L 249:9 Deur u volmaakte wet, o Here, ontdek ons steeds ons sondigheid; u Gees bring ons die heil in Christus dat ons kan leef uit dankbaarheid.

Gods wet vra al ons liefde vir Hom, ons God en Heer, en liefde vir ons naaste dis wat sy Woord ons leer.

L 250:2 O Heer, wil dan u liefde ook deur ons openbaar, dat ons mekaar mag liefhê en só u wet bewaar.

L 250:3 Veral omdat die tye ons dringend daartoe maan: Die Heer se koms is naby, dis tyd om op te staan.

L 250:4 Laat ons die werke aflê in duisternis verrig en vir die stryd gereed maak met wapens van die lig.

L 250:5 Laat ons welvoeglik lewe, geheilig deur die Gees, beklee met U, Heer Jesus, gekruisig na die vlees.

Salig dié wat arm voor God is - hulle erf Gods koninkryk; en wie treur, dié is gelukkig; só kan God sy troos laat blyk.

Wie verdraagsaam is, laat Hy op sy nuwe aarde bly.

L 251:2 Dié wat honger na wat reg is hulle sal versadig word.

Wie barmhartig langs die weg is, vind hulself het geen tekort.

Dié wat, rein van hart, Hom dien, hulle sal die Here sien.

L 251:3 Vredemakers is gelukkig hul is kinders van die Heer.

Hul wat ly vir reg en waarheid weet: God bly nog in beheer.

Wie Hom volg, deur laster heen, wees verheug God sal jul seën.

Bewaar ons, Vader, deur u Woord, help ons teen onreg, roof en moord.

Keer dié wat selfs u eie Seun opnuut wil kruisig deur die leuen.

L 252:2 Bewys u mag, o Jesus, Heer, toon dat u oor u kerk regeer.

Beskerm die hele Christendom, bewaar ons tot u groot dag kom.

L 252:3 O Heil'ge Gees wat by ons bly, gee dat ons lewens sin mag kry; staan by ons in die laaste nood, gee ons die lewe na die dood.

U het die brood gebreek eens by die meer breek nou die lewensbrood vir my ook, Heer.

L 253:1 (vervolg) Wil steeds u waarheid meer aan my ontvou tot ek ook in u Woord my Heer aanskou.

L 253:2 U is die lewensbrood, Heiland, vir my.

U is die waarheid, Heer, U maak my vry.

U beeld straal uit die Skrif so helder voort U soek ek, Heer, Uself, o Lewend' Woord.

Spreek Heer, spreek Heer, want u dienaar luister.

Net u Woord, Heer, bring weer lig in duister.

L 254:2 Spreek Heer, spreek Heer, want u kinders luister.

Net u Woord, Heer, bring weer lig in duister.

Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar!

L 255:1(vervolg) Woord betroubaar, vas en waar deur miskenning, deur gevaar wat sou ons dan ooit laat bewe?

In dié Woord het ons die lewe!

L 255:2 T'rug tot in die grys verlede bou Gods woord vir ons 'n brug; oor die troebel van die hede open dit 'n toekomsvlug.

Spreek die Here, word die tyd oomblikke van ewigheid.

Deur sy Gees laat God, verhewe, ook in ons sy woorde lewe.

L 255:3 Trotse berge sal eens wankel, elemente sal vergaan.

As die skepping selfs verander, bly Gods woord onwrikbaar staan!

Bo die ruimte, bo die tyd heers die Heer in ewigheid.

Ons geloof bly vas geanker in Gods woord wat nimmer wankel!

Laat klink die boodskap nog 'n keer van heil en troos en vrede.

Vir eeue reeds is dit geleer laat hoor dit in die hede.

Die blye boodskap is gewis: dat Jesus Heer en Heiland is.

L 256:2 Kom óns getuig dit nog 'n keer: Die skuld is ons vergewe!

Laat ons met dankbaarheid Hom eer, want Hy herskep ons lewe.

Die evangelie is gewis, dat Jesus ons verlosser is.

O Heer, maak oop my hart se poort; maak my ontvanklik vir u Woord wat my u raad en wil verklaar.

Laat my dié Woord altyd bewaar.

L 257:2 U Woord, o Heer, deurboor en wond, maar dit genees ook, maak gesond; u Woord toon al ons sondes aan en wys die weg wat ons moet gaan.

L 257:3 O Vader, Seun en Gees tesaam, hoe heerlik is u Wondernaam!

O heilige Drie-enigheid, ons loof U tot in ewigheid.

Vreugdevolle tyding, bron van hartverblyding evangeliewoord!

Woord van lig en lewe

L 258:1 (vervolg) rig ons aardse strewe as bevrydingswoord deur sy Gees laat God dit wees: woorde van sy openbaring, van sy heilsverklaring.

L 258:2 Luister ons aandagtig, skei Gods woorde kragtig tussen kwaad en goed.

Van ons skuld vergewe,

L 258:2 (vervolg) kan ons voluit lewe, vry, deur Jesus bloed.

Alle eer aan God, die Heer; bo verwagting, bo gebede skenk Hy ons sy vrede.

L 258:3 Op u grondslag bou ons, op u heil vertrou ons, mensgeworde Woord!

Alles hier verander,

L 258:3 (vervolg) U sal nooit verander want U hou u woord.

Woord by God en Self ook God, U is waarheid, lig en lewe, ewig en verhewe.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here, wat ontvang is van die Heilige Gees,

L 259 (vervolg) gebore uit die maagd Maria, gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is, en ter helle neergedaal het; op die derde dag opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel,

L 259 (vervolg) en sit aan die regterhand van God, die Almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om te oordeel die wat lewe en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees, aan 'n heilige, algemene,

L 259 (vervolg) Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes, die opstanding van die liggaam en 'n ewige lewe.

Ek glo vas in God, die Vader, wat almagtig, wys en goed, aarde en hemel eens gemaak het, nog bestuur en trou behoed.

L 260:1 (vervolg) Deur Hom leef, beweeg en is ek, Hy beskik, bestuur my lot; dít vertrou ek aan sy leiding as my Vader en my God.

L 260:2 Ek glo vas in Jesus Christus, eengebore Seun van God, deur wie alles is geskape, Woord by God en self ook God.

Ek vereer Hom soos die Vader, buig my dankbaar voor Hom neer, wat my vrygekoop, verlos het Hom erken ek as my Heer.

L 260:3 Ek glo Jesus, wat ontvang is deur die werking van die Gees, word hier deur die maagd Maria, waarlik mens van bloed en vlees.

Onder Pontius Pilatus het Hy smart en pyn gely; is gekruisig en begrawe só maak Hy van sonde vry.

L 260:4 Op die derde dag het Jesus uit die dood uit opgestaan, deur sy sterwe en sy lewe dood en graf en hel verslaan.

Na die hoogste hemel het Hy tot die Vader opgevaar; aan Gods regterhand in ere, voer Hy heerskappy van daar.

L 260:5 Ek glo dat Hy op die wolke, Hy, die Menseseun, wéér kom.

Al die lewendes en dooies, elke knie sal buig voor Hom.

Hy beoordeel al ons werke so beslis Hy ook my lot.

Maar dit troos my: Hy, die regter, het my skuld betaal by God.

L 260:6 Ek glo met my hele wese in die Heil'ge Gees as Heer, wat sy kerk met al sy lede troos en deur die Woord regeer.

Hy skenk my sy krag en leiding dat ek hier die goeie stryd in sy Naam begin en eindig met geloofsblymoedigheid.

L 260:7 Ek glo God se kerk is heilig, Christelik en algemeen; in geloof en hoop en liefde aan Hom toegewy soos één.

Hy is Hoof en ons die lede wat Hy roep, versterk, bewaar.

Hartlik deel, met dank en vreugde, ons sy gawes met mekaar.

L 260:8 Ek glo aan die skuldvergewing deur die Heer se midd'laarsbloed; in my eie werk en waarde is geen rus vir my gemoed.

Dit is alles net genade dat ek nie verlore gaan; ja, my Vader, ja, ek weet dít: U neem my in Christus aan.

L 260:9 Ek glo ook dat hierdie liggaam wat tot stof en as vergaan, op die laaste van die dae weer verheerlik op sal staan; dan onsterflik, onverganklik, ken dit geen verderfenis; dan is dit so skoon en heerlik soos my Heer se liggaam is.

L 260:10 En ek glo daar wag 'n lewe ewig, heerlik, sondevry.

Jesus, wat vooruitgegaan het, het ons plek reeds voorberei.

Doderyk, waar's jou oorwinning?

Dood en sonde, waar jul mag?

Ewig in die vaderwoning leef ons sonder dag of nag!

L 260:11 Ewig, onbegryplik' Wese, U die Vader, Seun en Gees, Heer, leer my U ken al beter, u gehoorsaam kind te wees.

Ons wil sing van al u liefde; in u waarheid wil ons juig.

Amen! Blye evangelie!

Amen, bly my hart getuig!

Ek glo in God, die Vader, almagtig' Skepper heer, wat hemele en aarde gemaak het en beheer.

L 261:1 (vervolg) Sy troon is heerlikheid, en wonderlik sy dade; deur sy geliefde Seun verlos Hy uit genade.

L 261:2 Ek glo in Jesus Christus Hy, van die Gees ontvang, is uit 'n maagd gebore, moes aan die kruishout hang; het graf en dood oorwin as God bo alle gode, sal weer as regter kom oor lewende en dode.

L 261:3 Die Heil'ge Gees is ewig; is Here en laat leef.

Hy maak sy kerk ook heilig en één en algemeen.

Aan God drie-enig eer wat sondeskuld vergewe, die liggaam op laat staan en ewig ons laat lewe!

Ons was nie daar in Betlehem by herders en by eng'lesang; ons was ook nie in Nasaret en ken U nie as timmerman; ons kon nie sien nie, maar ons glo die Woord van God sê dit wás so.

L 262:2 Ons was ook nie op Golgota toe duister oor die mensdom daal; of toe U voor die hemelvaart dissipels aanstel vir hul taak maar, Heer, ons weet tog dit wás so; ons kon nie sien nie, maar ons gló.

U goeie Herder, wat ons lei, U bring ons by die waters.

U laat u kudde veilig wei, ver weg van bose haters.

U lê u lewe vir ons af.

U koop ons vry en dra ons straf U lei ons na God die Vader.

L 263:2 U tel gevalle sondaars op.

Dié wat verdwaal het, soek U.

U maak die siekes self gesond.

Ons hoor, o Heer, hoe roep U.

Ons sal U volg waar U ons lei.

Gaan dan ook hier ons tyd verby kom ons aan by God die Vader

L 263:3 U roep ons almal op ons naam.

U plaas op ons u teken.

U lei ons saggies almal saam.

U het die prys bereken.

U bloed het vir ons skuld betaal.

U kom ons eenmaal almal haal ewig, veilig by die Vader.

Hoe heerlik is die Jesusnaam!

'n Engel deel dit mee: Die Here kom sy volk verlos, hul lig en lewe gee.

L 264:2 Hy's Christus, deur die Gees gesalf tot leraar en profeet, tot grote koning wat bewaar, tot priester in ons leed.

L 264:3 Hy leer ons in sy Naam te bid, te dien, te leer, te werk.

En sou ons om dié Naam moes ly, bou Hy ook só sy kerk.

L 264:4 Deur u verdienste het ek ook die Christen-naam verkry, gee dat ek U blymoedig eer; met woord en daad bely.

Enigste Here, enkele Wese, ons glo in U met ons hele hart.

Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons: U is vir ewig God en Heer.

L 265:2 U, onbegryplik, U is onsienlik, altyd dieselfde, oneindig groot.

U is almagtig, wys en regverdig, U is die bron van alle goed.

Ons Vader wat woon in die hemel, geheilig sy u Naam.

Laat u ryk kom, u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde.

L 266 (vervolg) Gee ons vandag ons dag se brood en vergeef ons al ons skulde, net soos ons vergewe dié wat teen ons sondig.

Lied 266 (vervolg) Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die Bose.

Want U is die ryk en die sterkte en die ere, vir ewig en ewig, amen.

Vir ewig en ewig, amen.

Ons Vader op die hemeltroon aan wie ons lof en eer betoon, ons bid ootmoedig almal saam: Gee dat u goddelike Naam deur ons geken, geëer, gevrees in alles mag geheilig wees.

L 267:2 Laat Heer u Koninkryk steeds kom in hierdie land en oral om.

Die skepping is u magsgebied waar u volmaakte wil geskied vanuit die hemel om u troon tot waar ons op die aarde woon.

L 267:3 Gee ons, o Heer, ons daagliks brood; bewaar ons van gebrek en nood.

Bewys aan ons barmhartigheid en skeld ons, Heer, ons skuld tog kwyt soos wat U ook van ons vereis om só u liefde te bewys.

L 267:4 Lei ons nie in versoeking, Heer; laat ons u Naam bly loof en eer; verlos ons van die bose mag.

Beskerm ons, Here, deur u krag.

Aan U behoort die koninkryk, die krag en eer in ewigheid.

Laat, Heer, u seën op hul daal, u guns uit Sion hul bestraal!

U wat beveel en dit geskied, wil, Heer, u seën oor hul gebied!

L 268:2 Laat, Heer, u seën op hom daal, u guns uit Sion hom bestraal!

U wat beveel en dit geskied, wil, Heer, u seën oor hom gebied!

L 268:3 Laat, Heer, u seën op haar daal, u guns uit Sion haar bestraal!

U wat beveel en dit geskied, wil, Heer, u seën oor haar gebied!

God bly met u, waar u ook mag gaan.

Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig.

God bly met u, waar u ook mag gaan.

L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan.

Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks met sy manna voed Hy God bly met u, waar u ook mag gaan.

L 269:3 God bly met u, waar u ook mag gaan.

As ons struikel, trek die Vader deur sy liefde ons weer nader God bly met u, waar u ook mag gaan.

L 269:4 God bly met u, waar u ook mag gaan.

In gevare, angs en lyding bied sy almag ons bevryding God bly met u, waar u ook mag gaan.

Son van die geregtigheid, skyn in hierdie donker tyd.

Laat u strale uitsig bring in die nag wat ons omring.

Ontferm U, Heer.

270:2 Son van ons geregtigheid, toon u mag, u majesteit.

Laat u strale ons genees; maak ons een van hart en gees.

Ontferm U, Heer.

270:3 Maak ons oë oop, o Heer, vir dié wat u Woord ontbeer.

Raak ons onrein lippe aan, dat ons in u diens kan staan.

Ontferm U, Heer.

270:4 Breek deur elke donker poort met die ligglans van u Woord.

Maak dit lig, verdryf die nag; bring die dag waarop ons wag.

Ontferm U, Heer.

Heil'ge Jesus, wat my lewe wil heilig - hart en wil en rede hoe heerlik is u heiligheid!

U is ver bo ons verhewe, deur majesteit en lig omgewe.

U is volmaak in heiligheid.

L 271:1 (vervolg) O Heer, so onbesmet, U is my Hoof en Wet.

Heil'ge Jesus, o heilig my, staan U by my om hart en handel U te wy.

L 271:2 Heil'ge Jesus, hoor my bede: Hervorm my hart, my krag, my rede; maak my al meer u beeld gelyk.

Vorm my wil en ook my wandel, dat in my denke, spreke, handel in alles slegs u beeld sal blyk.

L 271:2 (vervolg) Herskep opnuut, o Heer, my lewe tot u eer.

Heil'ge Jesus, o heilig my, wil U my lei om my geheel aan U te wy.

Stuur nou u lig en stuur u waarheid.

Laat dit my lei na u heilige woning.

Ek sal U loof, my helper, my God.

Laat my met U verenig lewe, U wat die ware wynstok is; u krag gee my voortdurend lewe, bewaar my van verderfenis.

Deurstroom, besiel en seën my sodat ek altyd vrugbaar bly.

L 273:2 Word elke loot nie reg gesnoei nie, sal daar net wilde lote skiet.

Die druiwestok sal nie kan bloei nie, die rank en loot geen vrugte bied.

Die wyse wynboer ken sy snoei sodat die druif al voller groei.

L 273:3 Geen groeikrag kom deur eie strewe, niks kan ek sonder U, o Heer; in u gemeenskap bloei my lewe en word die lewensvolheid meer.

Ek wil aan U verbonde bly bly U, o Here, steeds in my.

L 273:4 Nee, Heer, van U wil ek nie skei nie, U wat die ware wynstok is.

As ek nie in u liefde bly nie, is ek ‘n loot wat vrugloos is.

Gee dat ek altyd vrugbaar bly en U verheerlik word in my.

Leer my soos Henog met U wandel en deur geloof U te behaag.

Leer my om tot u eer te handel totdat die nuwe môre daag.

Dié wat U aanhang, op U steun, is in die gees, Heer, met U één.

L 274:2 Want Henog het in donker dae met U gewandel, trou en waar.

Hy't U geken en sonder klae u leiding, koers en wil aanvaar.

Tot aan die einde van my pad, wil ek só wandel; u hand vat.

O God van Jakob, deur u hand word steeds u volk gevoed; U het weleer op see en land ons vadere behoed.

L 275:2 Ons dank- en smeekgebede gaan tot u genadetroon; wil ons en ook ons kroos voortaan u guns en trou betoon!

L 275:3 Berei vir ons die lewenspad wil deur u Gees ons lei; en as ons val, o Vader, vat ons hand en staan ons by.

L 275:4 Bewaar ons, Heer, in alle nood; hou oor ons lewe wag.

Wil kleding skenk, gee daagliks brood ons deel vir elke dag.

L 275:5 Beskikker van ons deel en lot in voor en teëspoed, U is ons Vader en ons God net U is waarlik goed.

Leer ons om in eie oë klein te wees voor U, o Heer, diep bewus van onvermoë om u Naam opreg te eer.

Maak ons nederig en stil om te lewe soos U wil.

L 276:2 Daar is by ons soveel weerstand, teen u wil, u Woord, o Heer.

Ons bied soveel kere teenstand, wil ons nie deur U laat leer.

Skep in ons 'n nuwe gees; laat ons U gehoorsaam wees.

U wat van ouds af ons behoed, ons God op wie ons bou, ons skuilplek as die stormwind woed op U sal ons vertrou!

L 277:2 Nog voor die aarde se bestaan en voor ons ruimte en tyd, was U van ewigheid af aan U bly in ewigheid.

L 277:3 'n Duisend jaar is soos een dag gereken met u maat.

Ons bly die wederkoms verwag, die nuwe daeraad.

L 277:4 U wil u volk getrou bewaar en u gemeente bou hou ons in voorspoed en gevaar tog aan u Woord getrou!

L 277:5 U wat van ouds af ons behoed, ons God op wie ons bou, ons skuilplek as die stormwind woed op U sal ons vertrou!

O God, our help in ages past, our hope for years to come, our shelter from the stormy blast, and our eternal home:

277b:2 Under the shadow of your throne your saints have dwelt secure; sufficient is your arm alone, and our defence is sure.

277b:3 Before the hills in order stood or earth received its frame, from everlasting you are God, to endless years the same.

277b:4 A thousand ages in your sight are like an evening gone, short as the watch that ends the night before the rising sun.

277b:5 Time, like an ever-rolling stream, soon bears us all away; we fly forgotten, as a dream dies at the opening day.

277b:6 O God, our help in ages past, our hope for years to come, still be our guard while troubles last, and our eternal home!

Hoor ons bid, o Heer; hoor ons bid, o Heer Verhoor tog ons gebed en gee ons vrede.

Amen.

Hoor ons sug, o Heer, hoor ons sug, o Heer, draai, Heer, u oor na ons, en gee ons rus, Heer. Amen.

Here, Redder, groot en magtig, U oorskou ons lewenspad.

In u liefde en genade het U ook ons hand kom vat.

L 280:1 (vervolg) Heer, u leiding bring bevryding U het ook my hand kom vat.

U het ook my hand kom vat.

L 280:2 U, my Redder, groot en magtig, U het my ook raakgesien.

Ek is feilbaar, swak, onseker, tog wil ek U dankbaar dien.

God, my Here – u is Here!

Vas kan ek op U vertrou, vas kan ek op U vertrou.

L 280:3 Lei my, Heer, na dié bestemming in u Woord my opgedra.

Laat my leef en werk met vreugde want dit sal volharding vra.

Heer, u lyding bring bevryding: Al ons skuld het U gedra, al ons skuld het U gedra.

Guide me, O my great Redeemer, pilgrim through this barren land; I am weak, but you are mighty; hold me with your powerful hand.

Bread of heaven,(2x) feed me now and evermore,(2x)

280b:2 Open now the crystal fountain, where the healing waters flow.

Let the fire and cloudy pillar lead me all my journey through.

Strong Deliverer, (2x) ever be my strength and shield, (2x)

280b:3 When I tread the verge of Jordan, bid my anxious fears subside.

Death of death, and hell's Destruction, land me safe on Canaan's side.

Songs of praises, (2x) I will ever sing to you, (2x)

Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag. As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag.

L 281:1 (vervolg) Ons Bevryder, ons Bevryder, U, die God van ons behoud U, die God van ons behoud.

L 281:2 Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons sorg en stut.

As die toekoms ons bekommer, sal U, Here, ons beskut.

Ons Beskermer, (2x)

U, die God wat ons behoed U, die God wat ons behoed.

L 281:3 Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons borg en steun.

As die donker ons laat steier, vind ons rus by U alleen.

Ons Bewaker, (2x)

U, die God wat ons bewaar U, die God wat ons bewaar.

Terwyl ons bid vir elke volk deur U op aard' geplant, hóór ons, o Heer, wanneer ons bid vir hierdie dierbaar land.

L 282:2 Ons ouers het in hierdie grond gewerk waar ons nou woon; wil soos voorheen u guns en trou aan hierdie land betoon!

L 282:3 Wil elke vyand van ons weer, gee vrede in ons land dat voorspoed onder ons mag heers as gawe van u hand.

L 282:4 Behou dan almal wat hier woon in liefde tot mekaar, en laat geregtigheid dié band van eenheid steeds bewaar.

L 282:5 Gee, Here, vryheid in ons land om U te loof en prys; die ware vryheid van u Woord aan elke mens te wys.

L 282:6 O Heer van nasies, aan u sorg wil ons ons toevertrou; ons wil die toekoms op u Woord en u beloftes bou.

Ons kom, o Vader, vir ons land om vrede by U pleit.

Solank die vlam van haat bly brand, is vrede self 'n stryd.

Wil deur u Gees ons lei, genees in u geregtigheid.

L 283:2 Lei, Vors van vrede, op u weg húl wat oor ons regeer, dat hul met insig en met reg u opdrag hier hanteer gelei deur U, bewaar deur U, getroue Opperheer.

Laat Heer u vrede deur my vloei Waar haat is, laat ek daar liefde bring.

Laat ek in pyn en smart vertroostend wees En krag gee deur geloof in U, o Heer

Refrein O Heer, help my om altyd so te leef – om ander hoër as myself te ag, Ja, om lief te hê – ander bo myself – en eerder ook te gee as te verwag.

L 284:2 Laat Heer u vrede deur my vloei en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.

Ek wil u lig in duisternis laat skyn.

Laat ware vreugde altyd uit my straal

Refrein O Heer, help my om altyd so te leef – om ander hoër as myself te ag, Ja, om lief te hê – ander bo myself – en eerder ook te gee as te verwag.

L 284:3 Laat Heer u vrede deur my vloei en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.

Ek wil u lig in duisternis laat skyn.

Laat ware vreugde altyd uit my straal

O God, so groot in heerlikheid, vergeef ons klein geloof.

Beklee ons met standvastigheid, aan U ten volle toegewy -

ons leef om U te loof. (2x)

L 285:2 O God so groot in heerlikheid, U roep ons ook vandag.

Gee ons ook nou gehoorsaamheid U krag vir ons 'n werklikheid.

Gee ywer elke dag, gee ywer elke dag.

Here God van liefde, waar ons ook mag gaan, wil ons in u skadu by U staan.

Hoor ons dankgebede, hoor ons loflied styg as ons aan U ons dank betuig.

L 286 (vervolg) Here, u genade het ons hier behou, in u hand van liefde vasgehou.

Moet nooit van ons wyk nie, skenk aan ons u seën, Here, laat ons nooit alleen.

Heer Jesus, laat ons nooit alleen,

L 286 (vervolg) ons wil vir ewig op u almag steun; want elke knie sal buig en elke hart sal juig, Here Jesus, neem ons bede aan.

By u verbondsbeseëling, Heer, bring u gemeente dank en eer: U neem ons met ons kroos tesaam tot kinders aan in Jesus Naam!

L 287:2 Ons dank U vir u Seun se dood: Hy red ons uit ons diepste nood.

Die doop laat ons dié wonder sien: U red ons wat dit nie verdien.

L 287:3 Ontmoet ons, Vader, in die doop; versterk ons met geloof en hoop.

Laat ons u liefde ondervind aan U verbonde as u kind.

L 287:4 Bewaar ons kroos van kwaad, o Heer, en laat u Gees hul steeds regeer.

Laat elkeen grootword as u kind en self u liefde ondervind.

Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag.

As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag.

Ons Bevryder, ons Bevryder.

U, die God van ons behoud. (2x)

L 288:2 Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons sorg en stut.

As die toekoms ons bekommer, sal U, Here, ons beskut.

Ons Beskermer, ons Beskermer.

U, die God wat ons behoed.

U, die God wat ons behoed.

L 288:3 Lei ons, Here, groot en magtig, U alleen ons borg en steun.

As die donker ons laat steier, vind ons rus by U alleen.

Ons Bewaker, ons Bewaker.

U, die God wat ons bewaar.

U, die God wat ons bewaar.

Jesus, Heer, op wie ons hoop, ons maak soos U ons beveel het: Ons bring kinders hier ten doop hulle wat ook aan U deel het.

In die Naam van God die Vader, Seun en Gees, kom tree ons nader.

L 289:2 Heer, ons bid dat elke kind U sal dien solank hy lewe en ook altyd ondervind dat U goed is en vergewe.

O, ons smeek U, troue Herder lei ons met ons kinders verder.

Dit is my troos dat ek gedoop is, dat ek gedoop is in u Naam, want deur die doop is ek verseker dat U in guns U nooit nie skaam as Vader, Seun en Heil'ge Gees om ook my God genoem te wees.

L 290:2 Dit is my troos dat U as Vader Uself in trou aan my verbind en dat U in u milde liefde my neem as erfgenaam en kind; dat U die kwaad van my wil weer of anders tot my beswil keer.

L 290:3 Dit is my troos dat U, Heer Jesus, as Seun my deur u bloed wil was; dat U my inlyf in u sterwe en vrymaak van my sondelas; dat U my met U óp laat staan en op 'n nuwe weg laat gaan.

L 290:4 Dit is my troos dat U vir ewig, o Heil'ge Gees, in my wil woon.

U wil my heilig en steeds voller die beeld van Christus laat vertoon.

So maak U tot my eiendom als wat ek reeds besit in Hom.

Ons kinders, Heer, is duur gekoop, u Seun het self betaal.

Ons word verseker deur die doop: U liefde sal nooit faal.

291:2 Ons is gedoop, Heer, in u Naam; dit sal ons dankbaar sê.

U Gees bind ons as lede saam om waarlik lief te hê.

291:3 In Christus sterf ons by die doop, van sonde is ons vry.

Ons sal aan Hom, die bron van hoop, ons nuwe lewe wy.

My enigste troos in lewe en dood is dat ek aan Jesus Christus behoort.

Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop dis my anker, my vaste hoop.

L 292:1 (vervolg) Ek behoort aan die Here.

Niks sal my ooit van Hom kan skei.

Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop dis my anker, my vaste hoop.

L 292:2 Die doop is die seël dat die Heilige Gees my ‘n kind van God, die Vader laat wees.

Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei; deur sy liefde bewaar Hy my.

L 292:2 (vervolg) Ek behoort aan die Here.

Niks sal my ooit van Hom kan skei.

Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei; deur sy liefde bewaar Hy my.

Jesus neem ons kleine kinders, met ‘n hart vol liefde aan; niemand mag dit ooit verhinder dat ons vry na Hom toe gaan.

Loof die Here, loof Hom almal!

Halleluja! Amen!

L 293:2 Jesus hoor ons swak gebede wáár ons ook op aarde gaan.

Dag of nag, ons weet verseker dat ons nooit alleen sal staan.

Loof die Here, loof Hom altyd!

Halleluja! Amen!

L 293:3 Jesus gee aan ons sy seën, lei ons op die regte pad.

En ons weet dat Hy ons liefhet: Hy het Self ons hand gevat.

Loof die Here, almal, altyd!

Halleluja! Amen!

Jesus roep die kindertjies; moet hul nie verhinder nie.

Hy wil hul omhels en seën en sy liefde hul verleen.

L 294:2 Here Jesus, U alleen kan ons kindertjies só seën dat ons in ons harte weet: U sal hulle nooit vergeet.

L 294:3 Dankie vir genade, Heer, dankie dat ek van U leer; dankie dat u Woord en Gees my ook laat gehoorsaam wees.

Heer, U laat ons hier vergader, bring ons om u tafel nader.

Heer, U vul ons met u vrede, luister na ons smeekgebede.

L 295:1 (vervolg) U het ál ons skuld vergewe, ons herskep tot nuwe lewe.

Daarvoor bring ons al ons ere aan U, ons Verlosser, Here.

L 295:2 Heer, ons bid nou om u seën, oor die tyd en grense heen: Heer, wees self nou in ons midde, Herder van u eie kudde.

U't ons vrygemaak van sonde, deur u bloed en deur u wonde.

Hiervan word ons vas verseker deur die brood en deur die beker.

L 295:3 Heer, ons wil u wy ons lewe, U's die liggaam, ons die lede.

Ons is u verbondsgenote, U's die wynstok, ons die lote.

U kom eenmaal op die wolke, word erken deur alle volke.

Aan die kruis dra U ons skande.

Nou's ons toekoms in u hande.

Jesus, U is my verblyding.

Jesus, U troos in my lyding.

Jesus, inhoud van my lewe, Jesus, einddoel van my strewe,

L 296:1 (vervolg) ek sing van u bloed en wonde; weet hoe groot is al my sonde.

Wil my van u guns verseker by die brood en by die beker.

L 296:2 Heer, U hoor al my gebede, hoe ek sug en smag na vrede.

Ja, ook in my lofgesange klink die toon van groot verlange.

Laat ek opstaan, laat ek lewe, U het al my skuld vergewe.

Heer, wat my in guns bejeën, breek die brood ons vra u seën.

Ons buig hier in belydenis; ons dink hier aan u smarte.

Ons almal wat verlostes is, verhef tot U ons harte.

Kom, Middelaar, en openbaar u reddende genade: weerhou ons van die kwade.

L 297:2 O Heer en Heiland, ons bring dank dat U vir ons gestry het.

Ons wil U prys met helder klank, waar U ons so verbly het.

U het gely, ons is bevry na U is ons verlange; neem aan ons dankgesange.

L 297:3 Wil U dan ons geloof versterk by hierdie brood en beker; u Gees ook daardeur in ons werk van u verbond verseker.

Dan word ons, Heer, voortdurend meer in lof en dank oorvloedig en doen u werk blymoedig.

Brood en wyn is tekens van ons Heer se dood.

Hy is vir ons almal lewensbrood.

L 298:2 Ons ontvang die lewe in ons sondenood.

Christus is die ware lewensbrood.

L 298:3 Kom dan, wees verseker, God se guns is groot: Hy gee aan 'n sondaar lewensbrood.

Laat ons, Heer, u dood verkondig deur gebruik van wyn en brood.

Al het ons teen U gesondig, wil ons tog u dood verkondig.

U gee lewe deur u dood; U gee ons die lewensbrood.

L 299:2 Sterk U self nou ons verlange om te lewe tot u eer.

Neem nou aan ons vreugdesange U te loof, is ons verlange.

Laat ons lewe tot u eer; vrugte dra vir U, o Heer.