Gelukkig hy wat slegte raad vermy ook nie saam nie;

Download Report

Transcript Gelukkig hy wat slegte raad vermy ook nie saam nie;

Gelukkig hy wat slegte raad vermy
wat op 'n goddelose pad hom lei,
en met die spotters sit hy
ook nie saam nie;
Psalm 1:1 (vervolg)
geen plan word met
ligsinniges beraam nie.
Die Here sien hom in Sy goedheid aan.
Dit gaan met almal goed wat só bestaan.
Psalm 1: 2
Die Here is dié mense goedgesind
wat altyd in sy woord hul vreugde vind:
wie dit oordink, soos sap
vloei in die bome
geplant langs sterk
en helder waterstrome,
hul dra hul vrug gereeld op hulle tyd
en ken geen droogte of onvrugbaarheid.
Psalm 1: 3
Die goddelose word verstrooi soos kaf.
Gewis sal God hom oordeel
en hom straf.
By die regverdiges kan hy nie kom nie;
waar hul vergader,
is geen plek vir hom nie.
Die Here lei dié wat na Hom verlang.
Die goddelose pad bring ondergang
Waarom stig volke opstand
teen die Heer
en word teen sy gesalfde saamgespan?
Hul sê, as hulle dié gesag trotseer:
"Werp af dié juk en raak bevry daarvan".
Psalm 2:2
Die Heer wat hoog daar
in die hemel woon
Hy lag hul uit en Hy maak hul tot spot.
Hul gaan op loop,
dié vorste wat Hom hoon
Hy maak 'n nietigheid van hul komplot.
Psalm 2:3
Die oproermakers word
deur God vermaan:
"Ek het die koning immers sélf gekroon,
daar op my berg wat hoog en
heilig staan
daar heers hy,my gesalfde,op sy troon."
Psalm 2:4
"Jy is my seun", het Hy vir my gesê.
Jy kry die volke as besit van My.
Hul sal in flenters voor jou septer lê,
hul sal verbrokkel soos 'n pot van klei.
Psalm 2:5
O heersers van die aarde gee dan ag,
want julle moet Hom onderdanig wees;
die Here moet gedien word met ontsag,
eerbiedig, en met siddering en vrees.
Psalm 2:6
Kom eer die Here en kom
buig voor Hom.
Keer so dat Hy vertoorn op julle raak,
keer dat die Heer se woede oor jul kom.
Wie by Hom skuil, sal Hy gelukkig maak.
Ek het so baie vyande, o Heer,
wat ook teen my in opstand kom.
Van hulle is daar baie wat beweer:
van God kom daar geen hulp vir hom.
Psalm 3:2
Maar U, o Heer, sal U oor my ontferm.
Sal ek my oor die vyand kwel?
Aan alle kante sal U my beskerm,
my eer en aansien weer herstel.
Psalm 3:3
Ek weet U sal my, as ek roep, verhoor
hoog op u berg wat heilig is.
As ek gaan slaap dan rus ek onverstoor,
omdat ek by U veilig is.
Psalm 3:4
Al kom tienduisend man van oral aan
by U bly ek nog onbevrees.
Kom dan nou, Here, om my by te staan;
ek sal by U beveilig wees.
Psalm 3:5
U het die vyand altyd nog verslaan;
die goddeloses is bestraf.
Ons is u volk,met wie dit goed sal gaan;
ons hulp kom van die Here af.
Heer, hoor my roep in my gebede,
God van geregtigheid, hoor my.
Wees my genadig in die hede,
Heer, net soos ver in die verlede.
Kom my weer uit my nood bevry
Heer, luister nóú na my.
Psalm 4:2
My vyand en my teëstander
het leuens lief en ook bedrog.
Kyk, julle maak my eer tot skande;
hoe lank voor julle gaan verander?
Hoe lank duur julle valsheid nog,
jul leuens en bedrog?
Psalm 4:3
Weet tog: Vir een in die besonder
sal Hy sy weldade verrig.
Hy het my daarvoor afgesonder,
vir my bewerk die Heer 'n wonder.
My swaarkry sal Hy weer verlig
as ek my tot Hom rig.
Psalm 4:4
As jy ontstel raak, wees dan lydsaam;
bly wat Hy voorskryf, onderhou.
Sondig dan nie en wees net swygsaam
en laat wat jou ontstig, verbygaan.
Bring offers soos verwag van jou
onfeilbaar is sy trou.
Psalm 4:5
Vra nie: "Wie sal ons weer bemoedig
en sal dit met ons goed laat gaan?
Wie maak dit weer vir ons voorspoedig?"
U gun ons vreugde so oorvloedig;
u lig, meer werd as graan en wyn,
laat dít weer oor ons skyn.
Psalm 4:6
Daar is nou niks wat ek ontbeer nie.
Tot diepe rus het ek bedaar.
Sag gaan ek slaap,niks druk my neer nie.
U waak oor my, niks kwel my meer nie.
U sal in onheil en gevaar
in vrede my bewaar.
Gee, Here, aan my woorde aandag,
sodat U my versugting hoor;
ek lê dit biddend aan U voor.
U antwoord bly ek soggens afwag,
God, in my onmag.
Psalm 5:2
U duld geen onreg en
geen kwaad nie;
wie trots is sal verneder word,
U sal hom in die afgrond stort.
In moordenaars het U 'n afsku
en leuenaars straf U.
Psalm 5:3
Maar ek mag in u tempel ingaan;
u troue liefde gun my dit.
Ek mag met eerbied U aanbid
wanneer ek in u woning skuilgaan
wat vir my oopstaan.
Psalm 5:4
Die goddelose kom in opstand.
Leer U my egter wat is reg.
Dryf dié wat kwaad praat van U weg.
Laat val deur eie hand die vyand
en breek hul teenstand.
Psalm 5:5
Laat dié wat by U skuil nou bly wees
en van u goedheid, Here, sing.
Beskermend sal U hul omring.
Mag hul u liefde toegewy wees,
U hul naby wees.
Moet, Here, my nie straf nie;
wys my nie toornig af nie.
Genees my van die pyn.
Bewerk vir my bevryding,
verlos my van my lyding,
kyk hoe my liggaam kwyn.
Psalm 6:2
Gee uitkoms, Here, help tog.
Moet ek meer ly, hoe lank nog?
Gaan U my leed aanskou?
Ek is verswak, bewoë
en dof is my twee oë.
Red my - U is getrou.
Psalm 6:3
Hoe kan die mens wat dood is
u Naam bely wat groot is?
Wie prys U uit die graf?
Help my, die neergeslane.
My bed is nat van trane;
kom droog my oë af.
Psalm 6:4
Gaan weg, my teëstander.
God het my lot verander,
Hom na my toegekeer.
My vyand sal beskaamd staan,
verslae van my weggaan God het hom afgeweer.
Heer, by U soek ek beskerming.
Red my van vervolgers, Heer.
Keer dat hulle my vernietig
soos 'n leeu sy prooi verskeur.
Psalm 7:1 (vervolg)
Het ek dalk 'n vriend benadeel?
As daar onreg aan my kleef,
às ek iemand kaal gestroop het,
laat ek dan sy wraak beleef.
Psalm 7:2
Staan op, Here, in u gramskap,
laat u reg aan my geskied.
Neem u plek in bo die volke,
U wat reg oor hul gebied.
Gee dan uitspraak oor my onskuld,
U wat oor ons reg besluit;
oordeel oor die goddelose,
wis sy bose dade uit.
Psalm 7:3
Hy, die helper van opregtes,
Hy, wat my beskermer is,
Hy, betroubaar as 'n regter,
Hy straf skuldiges gewis.
Keer op keer slyp Hy sy swaard weer,
span sy boog en lê dan aan.
Dodelik is al sy wapens.
Wie kan teen die Here staan?
Psalm 7:4
Diè wat swanger is van onreg
bly oorvloedig leuens praat.
Hulle val deur eie boosheid,
deur geweld en eie kwaad.
Daarvoor prys ek God die Here,
Hy laat reg aan my geskied.
God se Naam, die Allerhoogste,
prys en loof ek in my lied.
U Naam is wonderbaar op aarde, Here,
en verder weg, verby die verste sfere.
Hoe glansryk, Here, word u Naam vertel
deur alles in u hemelruim gestel.
Psalm 8a:2
Selfs kinders sing van
wat U als gemaak het,
van wat u hande skeppend
aangeraak het.
'n Suigeling kan as getuie sing
en so u vyande tot swye bring.
Psalm 8a:3
U hemel, Heer,
is vol van wonderwerke.
Ek sien aan ster en maan u vingermerke.
Hoe is die mens dan tog u gunsteling,
net bietjie minder as 'n hemeling?
Psalm 8a:4
U vestig hom as
koning hoog verhewe;
U stel hom aan oor alle soorte lewe.
Met eer en aansien het U hom gekroon
en alles onderwerp U aan sy troon.
Psalm 8a:5
U laat hom heers oor alles: diere, vee,
voëls in die lug, die visse van die see.
Daarvan getuig die hele aarde saam:
Hoe wonderbaar, o Here, is u Naam.
O, Here God,
u Naam is groot op aarde!
U hemelruim strek
tot die verste einders
Psalm 8b:1 (vervolg)
Waar mense-oë
geen stippel meer gewaar,
daar straal en skyn
nog steeds u majesteit.
Psalm 8b:2
Na U, die God
so hoog bo ons verhewe,
styg daar 'n lied van dank,
u Naam ter ere
U lof uit kindermonde klink alom:
U haters swyg, U lasteraars verstom.
Psalm 8b:3
Sien ek die maan,
die sterre in hul bane,
weet ek, o Heer,
hul dra u vingermerke:
Hul skryf u Naam al
glinst'rend in hul gang;
hoe klein voor U die mens,
hoe sonder rang.
Psalm 8b:4
Hoe is dit dan
dat U tog na ons omsien,
die brose mens omstraal
met u nabyheid?
U maak ons sterk,
U kroon ons met u glans
Ons hoort by U
en word deur U omskans.
Psalm 8b:5
U stel ons aan
oor al u werke, Here,
oor als wat vry
en selfs verborge lewe:
die voëls wat in die ruim
hoog oor ons sweef,
en vis wat speel
in dieptes van die see.
Psalm 8b:6
O, Here God,
u Naam is groot op aarde!
U hemelruim strek
tot die verste einders:
Waar mense-oë
geen stippel meer gewaar,
daar straal en skyn
nog steeds u majesteit.
Daar is geen land so ver
of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid of orals blink u Naam en majesteit.
Psalm 8c:2
U het, o Heer,
wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond,
sodat die mens moet swyg wat,
hoog van hart uit wraakbegeerte dreig
Psalm 8c:3
As ek, o Heer, u nagtelike
hemel daarbo
aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan -
Psalm 8c:4 (Totius)
Wat is die mens dan
dat U hom gedenk het
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng'le om u troon.
Psalm 8c:5 (Totius)
U laat hom heers.
Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
Psalm 8c:6 (Totius)
Die os en skaap en
wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see tesaam het U dit in sy mag gegee.
Psalm 8c:7 (Totius)
Ja,daar's geen land so ver
of woes geleë
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid of orals blink u Naam en majesteit.
Ek wil, o Heer, van blydskap juig
en met my hele hart getuig,
vertel van al u reddingsdade,
U loof en sing van u genade.
Psalm 9:2
Die vyand het voor U gewyk,
gevlug, gestruikel en beswyk;
die goddeloses is vernietig,
hul name uitgewis vir ewig.
Psalm 9:3
Ek wil U, God, as regter prys,
U het u reg aan my bewys.
Wie op U steun, die bly behoue.
Ek stel in U al my vertroue.
Psalm 9:4
Dis God wat oor ons lot besluit.
Hy spreek sy oordeel oor ons uit.
Oor almal voer die Here regspraak,
en Hy is billik in sy uitspraak.
Psalm 9:5
Ons kan op U vertrou in nood;
wie by U skuil, word nie verstoot.
Wie na U soek, word nie verlaat nie,
nooit word hul in die steek gelaat nie.
Psalm 9:6
Kom singend eer aan Hom betoon,
dié Here wat op Sion woon.
Vertel die volke van sy werke,
sy wonderdade sonder perke.
Psalm 9:7
Wees my genadig, staan my by,
dat ek u weldaad kan bely.
U wat my uit die dood terugbring,
in Sion sal ek tot U eer sing.
Psalm 9:8
Die nasies het verstrik geraak
in nette deur hulself gemaak;
dis hoe Hy Hom bekend gemaak het:
toe hulle sélf verstrik geraak het.
Psalm 9:9
Die nasies wat van God vergeet,
maak hulle vir dood gereed,
maar dié in nood gaan nie tot niet nie,
hul hulpgeroep is nie verniet nie.
Psalm 9:10
Vervul die heidene met vrees.
Laat hul deur U geoordeel wees.
Vernietig hulle trotse wense,
laat hulle weet hul is net mense.
Waarom staan U dan ver weg, Heer,
u oog van my af weggekeer?
Die selfvoldane goddelose
vervolg die arme hulpelose.
Psalm 10:2
Laat hy wat sluwe planne maak
dan self daarin gevange raak.
Homself verryk hy met bravade
en hy berokken ander skade.
Psalm 10:3
Hy het vir U, Heer, geen ontsag,
U oordeel word deur hom verag,
want daarvan het hy geen besef nie,
hy dink geen onheil sal hom tref nie.
Psalm 10:4
Hy pleeg bedrog, hy onderdruk,
hy moor, hy vrees geen ongeluk;
hy is oor onreg nie begaan nie
en sê: "God steur Hom nie daaraan nie."
Psalm 10:5
Kom tog, o God, en toon u mag
aan dié wat op u redding wag;
moet hulle, Here, nie vergeet nie;
tref dié wat niks van U wil weet nie.
Psalm 10:6
Tóg is U oor ons leed begaan;
maak daar dan nou 'n einde aan;
help dié wat wees en wat verstoot is,
dié wat verdruk en wat in nood is.
Psalm 10:7
Hoe durf die sondaar U verag?
Verbreek die goddelose mag.
Laat, Heer, geen misdaad ongestraf nie.
Sien van u tugtiging nie af nie.
Psalm 10:8
Die Heer sal altyd koning bly;
sy land is van die vyand vry,
vry van die swaar omstandighede;
ons is verhoor in ons gebede.
Psalm 10:9
Reg sal geskied aan dié in nood,
al is hul lyding ook hoe groot.
Ons sal nie sonder hulp meer wees nie
en niemand hoef meer íéts te vrees nie.
By God sal ek beveilig wees;
my skuiling is die Heer:
Hoe kan ek dan nog iemand vrees?
Wie durf dan nog beweer:
"Die goddelose spel gevaar,
hy hou die pyl reeds teen die snaar."
Psalm 11:2
"Om die opregte dood te maak,
span hy die boog en mik.
Vlug haastig, voor die pyl jou raak,
vlug berge toe van skrik.
Hoe kan jy jou teen hul verweer
wat wet en orde om wil keer?"
Psalm 11:3
Hoe hemelhoog ook al sy troon,
Hy ken ons deur en deur:
Alsiende is Hy waar Hy woon,
Hy wat die mense keur.
Die goeie skei Hy van die kwaad.
Ek kan my op sy oog verlaat.
Psalm 11:4
Hy haat die onreg en geweld;
regverdig is die Heer.
Die slegtes word met vuur vergeld,
God sal opregtes eer.
Wie lewe in regverdigheid
ervaar God se teenwoordigheid.
Kom help ons tog, o Heer,
daar is geen vrome meer,
geen mens op wie ons nog kan steun;
hul mond versprei die leuen.
Psalm 12:2
Want hul bedrieg mekaar,
is onberekenbaar;
dis mense wat mekaar mislei
met grootpraat en met vlei.
Psalm 12:3
"Ons tong", so word gesê,
"dis waar ons krag in lê;
ons lippe sal vir niemand stuit".
O, Here, roei hul uit.
Psalm 12:4
Hy sien die swakkes ly.
Dan tree Hy tussenby.
Hy sê: "Ek hoor die armes kla.
Ek red dié wat dit vra".
Psalm 12:5
Die woord van God is eg,
dit ruk die onreg reg,
dit kom soos silwer rein en puur
veredel uit die vuur.
Psalm 12:6
Al pronk die leuenaars rond,
- hoe groot is hulle mond! oor dié wat na u uitkoms smag,
hou U, o Heer, die wag.
Hoe lank gaan U,
o Here, my vergeet?
Ek vra of U van my nog weet.
Hoe lank gaan U van my af
weg bly kyk?
Psalm 13:1 (vervolg)
Moet al my dae kommervol verstryk?
Moet ek my planne self berei?
Hoe lank sal ek nog
van die vyand ly?
Psalm 13:2
Hoor na my smeking, Here,
antwoord my
en kom my van die dood bevry.
Wek my weer op en sien my,
God weer raak.
Wil my opnuut weer lewenskragtig maak.
Want anders sal die vyand juig
en van my sê: hy het voor my gebuig.
Psalm 13:3
U, wat die God van liefde is en trou,
ek weet U sal my bly onthou.
Ek wil van my geloof in u getuig.
Ek sal oor u verlossingsdade juig,
omdat U uitkoms gee, o Heer,
en om u goedheid, God,
wil ek U eer.
Vol grootheidswaan en selfvoldaan
ontken die dwaas dat God bestaan.
Die dwaas vernietig en doen kwaad;
voor God is dit 'n gruweldaad.
Psalm 14:2
Die Here kyk neer van omhoog.
Wie is verstandig in sy oog?
Hoeveel is daar wat na Hom vra
en wat hul na sy wil gedra?
Psalm 14:3
Nee, niemand nie, geen enkel een,
geeneen doen goed nie, daarenteen.
Die laaste een het afgedwaal,
ontaard, ja, almal het gefaal.
Psalm 14:4
Hy straf dié wat die onreg stig,
dié wat my volk te gronde rig.
Dié wat die volk van God verag,
iets vreesliks gaan op hulle wag.
Psalm 14:5
God staan die hulpelose by;
die dwase plan verydel Hy.
'n Toevlug vir regverdiges
is Hy, wat met die vrome is.
Psalm 14:6
Ag, Israel, sien op na Hom.
Mag daar uit Sion redding kom.
Verander Hy sy volk se lot,
dan jubel Israel voor God.
Wie laat U in u woonplek ingaan,Heer?
U berg is heilig,wie mag daar verkeer?
Hy wat hom onberispelik gedra,
hy het die reg om toegang,Heer,te vra.
Psalm 15:2
Wie reg doen en hy
wat die waarheid praat,
word in u woning, Here, toegelaat.
Teenoor sy medemens
doen hy geen kwaad en van sy naaste
word nooit sleg gepraat.
Psalm 15:3
Hy minag wie verwerp
word deur die Heer, maar wie God dien,
aan hulle bring hy eer.
Hy bly standvastig op sy woord gesteld.
Hy pers nie af nie, weier omkoopgeld.
Psalm 15:4
Aan geen onskuldige doen hy tekort
en niemand sal deur hom
benadeel word.
Onwankelbaar is hy, hy is getrou,
hy wat al hierdie dinge onderhou.
Ek wil, o Here, u beskerming hê.
Behalwe U is daar niks
goeds vir my nie;
"U is my God",
het ek vir U gesê.
Psalm 16a:1 (vervolg)
"Aan U, o Heer, die Enigste, behoort ek.
My lippe sal geen ander naam bely.
By U soek ek my
toevlug, Heer, my skuilplek."
Psalm 16a:2
Dié valse gode wat my volk vereer,
geen offerbloed sal
ek vir hulle uitstort;
wie hul aanbid se
smarte word net meer.
Psalm 16a:2 (vervolg)
My lippe sal die name
selfs nie sê nie
van daardie valse
gode van die land;
met hulle wil ek niks te make hê nie.
Psalm 16a:3
U is my lewe want U sorg vir my;
U bring my, Here,
tot die regte insig;
Wat ek besit,
het ek van U gekry.
Psalm 16a:3 (vervolg)
My deel is vir my ruimskoots uitgemete.
Selfs in die nag bly U my onderrig.
Wat mooi is, gun U
my - veel lieflikhede.
Psalm 16a:4
Voortdurend is die Here naby my.
U, Here,gee my aan
die dood nie oor nie.
Ek is nou veilig,
daarom is ek bly.
Psalm 16a:4 (vervolg)
U onderwysings is my helder leidraad,
daarom sal ek nie
struikel of ontspoor.
Die volle lewe gee
U my in oormaat.
Heer, bewaar my dig by U;
by U vrees ek niemand nie.
Ek behoort alleen aan U;
niks is goed behalwe U.
Psalm 16b:1 (vervolg)
Soveel afgode is daar,
soveel wat hul daarby skaar.
Nooit gaan ek met hulle saam;
op my lippe is u Naam.
Psalm 16b:2
Alles wat ek hier ontvang,
spreek van sorg, van u belang.
Pragtig is die deel, ek weet,
wat U sorgsaam vir my meet.
Elke insig vorm U;
snags vind ek: U praat met my.
Nooit sal ek weer struikel nie.
Altyd voor my, sien ek U.
Psalm 16b:3
Hier op aarde juig ek bly,
want die Here is naby.
Van die graf weerhou U my;
vir my trou beloon U my.
Leer my, Heer, hoe om te leef;
leer my in u blydskap leef.
Uit u hand kom lieflikheid.
Juig, juig tot in ewigheid!
Gee regverdig uitspraak oor my
in my regsaak; Here, hoor my.
Help my as ek daarom vra,
hoor my in opregtheid kla.
Psalm 17:1 (vervolg)
Kyk maar of ek afgedwaal het
en in woord en daad gefaal het;
as U my sou toets en keur,
sou U niks verkeerds bespeur.
Psalm 17:2
Toon u trou. Gun my u bystand,
wees my skuilplek teen die vyand.
Hoor my roep en antwoord my,
maak my van die vyand vry.
Wil my met u vlerke toevou,
soos u oog se appel toehou
en in tye van gevaar
teen die vyand my bewaar.
Psalm 17:3
Hulle wat in trots my minag
en soos honger leeus my inwag,
sluit my in wáár ek ook gaan,
en geweld doen hul my aan.
Keer hul voor in hulle spore;
straf hul, Here, na behore.
Laat u swaard die vyand stuit,
red met eie hand my uit.
Psalm 17:4
Wil hul lewens, Here, kortsny,
laat alleen hul oorskot oorbly.
Werp hul neer, versadig hul
met die onheil wat hul vul.
Gun my deur u reg u vryspraak;
U nabyheid sal my vry maak.
U sal my as ek ontwaak
met u beeld versadig maak.
Ek het U baie lief, o Heer.
my rots, my sterkte, my verweer.
U is my vesting, sterk gebou,
waar ek my veilig skuil kan hou.
Psalm 18:1 (vervolg)
My skild, U sal verlos en red
as ek, o Heer, U nodig het.
Wanneer die vyand my bespot,
roep ek, en U verlos my, God.
Psalm 18:2
Ek was deur onheil swaar verskrik,
in bande van die dood verstrik.
Ek word in nood nie afgewys;
God hoor my roep in sy paleis.
In toorn het Hy gereageer
en stukke aarde omgekeer.
Hy het die berge aangeraak,
hul fondamente het gekraak
Psalm 18:3
'n Kolegloed wat vure stook,
het uit sy neus getrek in rook.
Toe daal Hy uit die hemel neer.
Vuur uit sy mond het als verteer.
Die waters wat die wolke vul,
het Hom in donkerte gehul.
Net soos 'n gerub sweef, kom Hy
op vleuels van die wind gery.
Psalm 18:4
Toe, uit die gloed voor Hom, kom hael
en donderweer wat glans en straal.
Sy stem is daardeur ondersteun;
die hemel het daarvan gedreun.
Hy het die dieptes blootgelê
deur wat Hy in orkane sê.
Die vyand het verward gevlug
voor God se pyle uit die lug.
Psalm 18:5
U het u hande uitgestrek,
my uit die waters opgetrek.
O Heer, van bo af het U my
só van die vyand dan bevry.
Hul magte het my aangeval,
maar, Heer, hoe groot en sterk ook al,
van hulle het U my bewaar,
in liefde het U my gespaar.
Psalm 18:6
U het aan my laat reg geskied
omdat ek doen wat U gebied;
ek het getrou u wet bewaar,
my onskuld is deur U aanvaar.
Dit wat ek onderhou en eer,
kry ek van U terug, o Heer.
U liefde sal u volk bewaar,
maar U verwerp die huigelaar.
Psalm 18:7
U kan my duisternis deurlig;
U laat 'n oormag voor my swig.
'n Stad se muur, hoe hoog ook al,
sal met u hulp, Heer, voor my val.
Die God op wie ons staat kan maak,
dié Heer se dade is volmaak,
sy woord is suiwer en dis waar.
Wie by Hom skuil, sal Hy bewaar.
Psalm 18:8
Hy is ons God en Hy alleen
'n rots is Hy vir iedereen.
Die Here maak dit vir my goed
vlug soos 'n ribbok is my voet.
Op watter weg ek ook al gaan,
Hy laat my hoog en stewig staan.
Hy leer my hande oorlog maak,
my boog span styf, my pyl skiet raak.
Psalm 18:9
Op U as redder kon ek leun,
u regterhand het my gesteun;
u hulp, o Heer, het my versterk,
'n vastrapplek vir my bewerk.
Ek het die vyand ingehaal
en uitgewis, ja, heeltemal.
U het my vir die stryd omgord -
die vyand het ineengestort.
Psalm 18:10
Selfs U, o Heer, het stilgebly
toe hulle roep om hulp teen my.
Hul is gemaal en uitgestrooi
soos stof op winde uitgegooi.
Vertrap tot modder in die straat
is hulle ná die stryd gelaat.
Só, Here, het U my gered
van hulle opstand en verset.
Psalm 18:11
Die vreemde volke kruip voor my
en hul erken my heerskappy.
Sodra hul my bevele hoor,
raak hul verskrik en gee hul oor.
U het hul onder my gestel,
my woord laat geld én my bevel.
Net U wat leef, net U, o Heer,
het my oor hul laat triomfeer.
Psalm 18:12
U het teen die geweldenaar
U aan my kant as skild geskaar.
Daarvoor sal ek u Naam besing
en voor die nasies lof toebring.
God sal tot aan die laaste dag
aan Dawid en sy nageslag
vir altyd aan die koningskroon
van sy gesalfde trou betoon.
Die hemel bly vertel
hoe God deur sy bevel
sy handewerk verrig.
Daar klink van dag tot dag
oor God se skeppingsmag
welluidend 'n berig.
Psalm 19a:1 (vervolg)
Die nagte sonder woord
sê dit voortdurend voort
van heinde en van verre.
Onhoorbaar, sonder taal
sweef helder dié verhaal
tot by die verste sterre.
Psalm 19a:2
Die son, die bruidegom,
'n tent is daar vir hom,
'n tentboog, opgeslaan.
Oos kom hy soggens uit
en niemand sal hom stuit,
want streng volg hy sy baan.
Psalm 19a:2 (vervolg)
Oneindig ver en hoog
volg hy die hemelboog;
niks bring hom ooit van stryk nie.
Mens sien hoe hy verskyn
en anderkant verdwyn;
niks sal sy gloed ontwyk nie.
Psalm 19a:3
Volmaak is God se wet
wat lewenswysheid het
vir wie dit onderhou.
Wat God beveel, maak bly;
ons word daardeur gelei,
ons leer om koers te hou.
Psalm 19a:3 (vervolg)
Wat wysheid is, gee God
aan ons deur sy gebod;
dis helder en betroubaar.
Goed is dit wat Hy eis:
ons moet Hom diens bewys,
standhoudend , onaantasbaar.
Psalm 19a:4
Wat God beveel, is reg,
dit wys vir ons die weg,
dit bring geregtigheid.
Soos goud, so kosbaar, goed,
soos heuning, smaaklik, soet
is hierdie heerlikheid.
Psalm 19a:4 (vervolg)
Ons word deur U beloon
as ons U eer betoon
en luister na u eise.
U wet, Heer, spreek ons aan,
ons word daardeur vermaan,
dit rig ons lewenswyse.
Psalm 19a:5
As ek u wet vergeet,
hoe sal ek self kan weet
waar wyk ek daarvan af?
Wys U die weg vir my,
U wat my kan bevry;
weerhou van my u straf.
Psalm 19a:5 (vervolg)
As ek die kwaad oorweeg
of onbewus dit pleeg,
wil U my dit vergewe.
Mag U behae hê
in wat ek dink en sê,
my Rots, my Heil, my Lewe.
Die hemel stort dit uit,
die aarde roep dit luid:
Gods hand het ons gemaak!
Dag meld dit teenoor dag,
nag fluister teenoor nag:
Tot eer van God gemaak!
Psalm 19b:1 (vervolg)
So sonder stem of woord,
so sonder mens-akkoord,
weerklink die skepping: Eer Hom!
Oor alle grense heen,
niks is bestand daarteen deurstraal roep alles: Prys Hom!
Psalm 19b:2
Hoor, Hy beveel die son;
Hy weef 'n tent vir hom
waardeur hy glansend snel.
Ja, soos 'n bruidegom
wat uit sy kamer kom
met vuur van God vertel,
Psalm 19b:2 (vervolg)
blý loop die son sy pad,
bly soos 'n held op pad,
verkondig hy Gods ere.
Sy glans het als oorwin,
smelt einde aan begin
vir hom is niks verborge.
Psalm 19b:3
U onderwysing Heer
herstel ons lewe weer:
U woorde is volmaak.
U wysheid vul ons hart
nooit klop dit weer verward:
U woorde is volmaak.
Psalm 19b:3 (vervolg)
U eise hou ons rein
bring blydskap wat nooit kwyn.
Ons oë kyk met insig.
Die buig voor u gebod
verlig ons hart, o God u voorskrif is regverdig.
Psalm 19b:4
Hoe kosbaar bly u woord
deur eeue onverstoord
steeds duursamer as goud.
Hoe innig sê u woord
dat ek aan U behoort
U's veel meer werd as goud.
Psalm 19b:4 (vervolg)
Geen heuning proe so soet,
geen erts dra soveel gloed
as u bevel op aarde.
As kneg aan U getrou
sal U my onderhou deurdrenk met u genade.
Psalm 19b:5
My sondes bring ek nou,
ook wat onwetend klou,
o spreek my daarvan vry!
Ek bid: Laat my nie dwaal,
vergeef my andermaal.
Heers U alleen oor my!
Psalm 19b:5 (vervolg)
Die woorde van my mond,
my hart se diepste grond
maak dít aanneemlik, Redder.
Ek het op U gebou;
my aan U toevertrou,
my Rots, ja, my Bevryder.
Mag God u hoor in u gebed
en uit u nood u red;
mag hulp uit Sion vir u kom
vanuit sy heiligdom.
Psalm 20:2
Die God van Jakob, eer sy Naam,
mag Hy u nooit beskaam.
Mag Hy u offers ook onthou,
aanneemlik dit aanskou.
Psalm 20:3
Mag Hy u gun wat u begeer
en u laar triomfeer.
Ons sal die vaandels juigend dra.
Mag Hy gee wat u vra.
Psalm 20:4
Hy laat, ek weet, hom triomfeer gesalfde van die Heer.
Omdat hy hulp van God verwag,
oorwin hy deur Sy krag.
Psalm 20:5
Op strydwaens steun en roem party,
op perde wat hul ry,
maar ons vetrou op God se Naam -
Hy wat ons nooit beskaam.
Psalm 20:6
Hy laat diesulkes ondergaan,
maar ons bly regop staan.
Ons stel vertroue in die Heer:
Hy werp die vyand neer.
Psalm 20:7
Heer, laat die koning triomfeer,
vergun hom dit, o Heer.
Mag God ons hoor in ons gebed
en as ons roep ons red.
O, Heer, die koning roem u mag;
dis waaroor hy nou bly is
noudat die stryd verby is.
Hy het oorwin danksy u krag
waarvan hy nou getuig;
hy jubel en hy juig.
Psalm 21:2
U het gegee wat hy begeer,
geluk en seën in oorvloed,
'n goue kroon en voorspoed,
'n lewe, lank en hoog geëer,
vol aansien en vol roem,
meer as wat jy kan noem.
Psalm 21:3
Omdat U naby aan hom is,
gun U hom altyd voorspoed
en blydskap steeds in oorvloed.
U trou aan hom is onbetwis;
U sal hom vas laat staan,
dit met hom goed laat gaan.
Psalm 21:4
U gryp die vyand met u hand;
u haters sal verslind word
wat deur u hand gevind word.
U vuur sal hulle dan verbrand.
So tref U hulle, Heer,
so sal U hul verteer.
Psalm 21:5
U maak die aarde van hul vry,
van hulle nageslagte,
die kwaad van hul gedagte.
U is teen hulle voorberei;
hul planne, listig, boos,
is teen u magteloos.
Psalm 21:6
Wanneer u boog na hulle mik,
dan seëvier u almag
en gee u krag die deurslag.
Jaag hulle op die vlug van skrik;
laat ons u roem besing,
aan U ons hulde bring.
My God, my God,
het U my dan verlaat?
U antwoord nie op al my jammerpraat.
U bly bedags en snags U veraf hou.
U is tog heilig.
Psalm 22:1 (vervolg)
Daar waar U woon, is Israel beveilig.
U het gered, o God, in die verlede,
U het geluister na my smeekgebede.
U is getrou.
Psalm 22:2
Ek is geen mens,
ek is 'n wurm, o God.
Ek word bekyk, deur iedereen bespot,
ek word gehoon, deur almal uitgelag.
Waar's sy Bevryder?
Psalm 22:2 (vervolg)
Laat Hy hom red,
sy las van hom verwyder
Waarom, my God, het U my nou begewe,
ek wat van U,
die oorsprong van my lewe,
my hulp verwag.
Psalm 22:3
Hoe verder, Here, U van my af bly,
hoe nader kom dié wat my dreig aan my
en dit is U alleen wat my kan help.
Stel my nie bloot nie.
Psalm 22:3 (vervolg)
O Here,God,moet my nie
meer verstoot nie
Hoe dreig hul my as hul om my 'n kring
vorm,as hul op my soos wrede diere
aanstorm.
Ek is oorstelp.
Psalm 22:4
My lewe is soos water uitgestort.
My hart het sag gesmelte was geword.
My beendere lê uitmekaar versprei.
Ek lê in skerwe.
My tong is droog,
Psalm 22:4 (vervolg)
soos dié van een wat sterwe.
Hoewel ek diep, o Here, in die nood is,
laat U my eenkant lê asof ek dood is.
Help, Here, my.
Psalm 22:5
Ek word deur wilde honde ingesluit.
Hul pynig my en deel my klere uit
en oor my mantel word nou al geloot.
Waar's U, o Here?
Moet ek bly smeek,
aanhoudend,hoeveel kere?
Psalm 22:5 (vervolg)
Verstoot my nie,
laat my nie langer ly nie,
moet tog nie langer
veraf van my bly nie.
Verdryf my nood.
Psalm 22:6
My God het my verhoor in my gebed.
U, Enigste, wat my alleen kan red,
ek sal u Naam in die gemeente eer.
Toon aan Hom eerbied.
O Israel, kom sing vir Hom 'n loflied.
Psalm 22:6 (vervolg)
Hy het in nood ons nie vergeefs
laat wag nie,
ons hulpeloosheid nie gering geag nie.
Kom, loof die Heer.
Psalm 22:7
Die hele aarde sal die Here eer,
en alle volke hul tot Hom bekeer,
en almal sal sy Koningskap bely.
Hy heers oor almal.
Psalm 22:7 (vervolg)
Die sterflikes
sal almal voor Hom neerval,
en die geslagte, nou nog ongebore,
kom wel van sy verlossingsdaad te hore.
Die Heer bevry.
My Heer, my Herder,
laat my niks ontbreek nie.
Daar waar dit groen in oorvloed is,
daar mag ek wei.
Hy sorg vir my,
Psalm 23a:1 (vervolg)
laat my nooit in die steek nie.
Na waters van die
rus word ek deur Hom gelei.
Hy lei my altyd op die regte weë
ter wille van sy Naam volg ek gedweë.
Psalm 23a:2
Ek sal die dood se
donker dal nie vrees nie.
Ek moet daar deurgaan,
maar ek weet U is by my.
Alleen en sonder U
sal ek nooit wees nie
Psalm 23a:2 (vervolg)
en in u hande
sal ek altyd veilig bly.
Geen duisternis vrees ek
en ook geen kwaad nie
want u vertroosting
sal my nooit verlaat nie.
Psalm 23a:3
Totdat dit oorloop,
Heer, vul U my beker.
'n Feesmaal word vir my as eregas berei.
Van gasvryheid word ek deur U verseker.
U salf my hoof,u tafel is oorlaai vir my
Ek bly by U,Heer,
in u huis van voorspoed
en lewenslank deel ek daar in u oorvloed
Die Here is my herder en bewaarder:
Ek kom niks kort nie;
daar is niks wat my ontbreek.
In groene weiveld
en by stille water
Psalm 23b:1 (vervolg)
laat Hy my uitrus
in 'n bar en dorre streek.
Die steiltes ken Hy
en die skerpste draaie:
Hy rig my altyd
op die regte paaie.
Psalm 23b:2
Nie een sal U ooit
van u skaap berowe:
U is by my in diep en donker klowe,
wanneer ek afdwaal,
haak u staf my nader
Psalm 23b:2 (vervolg)
en met u stok verdryf U die gevare.
By U is ek beveilig en geborge:
Bevry is ek van vrese
en van sorge.
Psalm 23b:3
U dek in my teenwoordigheid 'n tafel:
My vyande kyk toe en staan verslae!
U vul my beker,
voed my en verheug my;
u goedheid volg my al my lewensdae.
Ek ken u liefde en u gunsbetoning
en bly 'n leeftyd,
Here, in u woning.
Net soos 'n herder
uittrek met sy skape en hul laat neerlê
in die veld van milde groen,
met sagte hand hul
lei langs stille waters -
Psalm 23c: 1 (vervolg)
so is die Heer,
so het Hy ook aan my gedoen:
Hy laaf my siel
en lei my swakke skrede
in vaste spoor van sy geregtighede.
Psalm 23c:2 (Totius)
En is ek soos 'n
skaap in doodsgevare,
wat in die velde
as 'n prooi van wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal,
diep en donker,
Psalm 23c: 2 (vervolg)
van alle hulp ontbloot,
in my alleenheid staan -
dan nog ken ek geen
doodsvrees of verskrikking,
omdat u staf my
troos is en verkwikking.
Psalm 23c: 3
U bring vir my
die tafel in gereedheid,
my hoof druip olie
en my beker vloei van wyn,
'n bron van goedheid
stroom vir my gedurig;
Psalm 23c: 3 (vervolg)
dit is my gees 'n vreug,
my vyande 'n pyn;
dit kroon my lewe met u welbehae;
en in u huis,
daar bly ek al my dae.
Die aarde is Gods eiendom,
en als daarop behoort aan Hom.
Hy het in waters van die see
'n vaste grond daaraan gegee.
Psalm 24:2
Wie sal dan na sy berg mag gaan
en in sy heiligdom gaan staan?
Dié met die hande skoon en rein,
die suiwer hart mag daar verskyn.
Psalm 24:3
Die Heer laat reg aan hul geskied
wat vra na wat sy wil gebied.
Dis hulle wat tot die geslag
van Jakob hoort wat op Hom wag.
Psalm 24:4
O poorte van sy heilgdom,
die Magtige wil binnekom.
Hy is geweldig, sterk is Hy.
Gaan oop, o poorte, en wees bly.
Psalm 24:5
Wie is dié Koning? Laat Hom in,
Hy wat in elke stryd oorwin.
Die Here wat almagtig is,
deur Hom word elke stryd beslis.
Psalm 24:6
O poorte van sy heilgdom,
die Magtige wil binnekom
Hy is geweldig, sterk is Hy.
Gaan oop, o poorte, en wees bly.
Psalm 24:7
Wie is dié Koning? Laat Hom in,
Hy wat in elke stryd oorwin.
Hy is geweldig, magtig, sterk.
Sy heerskappy is onbeperk.
In U stel ek my verwagting
en ek rig my tot U, God.
Laat die vyand met veragting
my, o Here, nie bespot.
Psalm 25:1 (vervolg)
Dié wat U vertrou en eer,
hul word nie deur U beskaam nie.
Skande kom hul toe, o Heer,
wat nie prys stel op u Naam nie.
Psalm 25:2
Wil, o God, my op u weg lei.
Maak u wil bekend, o Heer.
Rig my voet en onderrig my;
wil my in u waarheid leer.
Niks sal anders my kan red
as u liefde en u trou nie.
En wat ek gesondig het,
moet dit nie teen my bly hou nie.
Psalm 25:3
Hy wat goed is, heers regverdig,
doen aan hulpeloses reg;
Hy wat Hom selfs dít verwerdig:
sondaars lei Hy op sy weg.
Liefde, goedheid, reg en trou
is die weg wat God bewandel;
op sy pad sal Hy húl hou
wat na sy gebooie handel.
Psalm 25:4
Heer, vergewe my my sonde,
net ter wille van u Naam.
Jonk was ek en onbesonne -
maak my, Here, vry van blaam.
Almal wat die Here dien,
húlle is Hy toegeneë.
Wie in Hom hul Redder sien,
hou Hy veilig op sy weë.
Psalm 25:5
Sien my aan in u genade.
Ek is eensaam en verstoot.
Doen aan my u wonderdade
in my allergrootste nood.
Maak my van die vyand vry,
wil my sondes my vergewe.
Kyk hoe sleg gaan dit met my.
Laat my in opregtheid lewe.
Psalm 25:6
Laat my dan beskaamd nie staan nie,
want ek skuil by U, o Heer.
Laat my nie te gronde gaan nie,
U alleen is my verweer.
Kyk, die vyand haat my fel;
ek is swaar belaai en sondig.
Red die ganse Israel.
Dan sal ons u trou verkondig.
Tot U hef ek hart en hande;
op U, Heer, verlaat ek my;
laat die vyand oor my skande,
oor my val, hom nooit verbly.
Psalm 25b:1 (vervolg)
Ja, U sal hul nooit verlaat
wat in u vertroue wandel,
maar U dek hul met u smaad
wat hier trouelooslik handel.
Psalm 25b:2
Leer my, Heer, u regte weë,
wys die regte pad my aan;
maak my hart daartoe geneë,
om met lus daarop te gaan.
Wil my deur u waarheid leer,
lei my dwalende gedagte;
wanr U is my heil, o Heer!
U is ek altyd te wagte.
Psalm 25b:3
Dink aan my in mededoë
as ek biddend voor U pleit;
milde hande, vriend'like oë
is by U van ewigheid.
Dink nie aan die sondes meer
van 'n yd'le jonkheidslewe;
wil tog, om u goedheid, Heer,
ál my sondes my vergewe!
Psalm 25b:4
God is goed in al sy handel,
en sy pad is enkel reg;
daarom laat Hy sondaars wandel
in die waarheid van sy weg.
Hy sal met sy hand hul lei
wat verdwaal was en verlore;
wie sagmoedig is, laat Hy
wandel op sy regte spore.
Psalm 25b:5
Ja, Gods weg is goedheid, klaarheid,
en sy werk altyd getrou
vir wie wandel in sy waarheid
en op sy beloftes bou.
Wil my dan, u Naam ter eer,
al my sondeskuld vergewe;
want ek het teen U, o Heer,
swaar en menigmaal misdrewe!
Psalm 25b:6
Wie's die man wat hier benede
in Gods vrees sy weg wil gaan?
God sal self sy wank'le skrede
voortlei in die regte baan.
Al wat goed is, sal Gods hand
hom in stilheid laat verwerwe;
en die lank beloofde land
sal sy nageslag beërwe.
Psalm 25b:7
Gods geheim'nis is die lewe
vir wie wandel in sy vrees;
en Hy 't sy verbond gegewe
om vir hul 'n lig te wees.
'k Hou my oë op die Heer
wat my so getrou gelei het,
want Hy voer my voete weer
uit die net wat hul gesprei het.
Psalm 25b:8
O my God, ontferm U oor my
in my diepe ongeluk;
eensaam is ek - o verhoor my! -
gans ellendig en in druk.
Om my heen, aan alle kant,
is die skrik van duisend dode;
laat dan, Heer, u regterhand
my verlos uit al my node.
Psalm 25b:9
Slaan op my ellende u oë,
hoor my, Heer, uit medely;
neem my sondes uit meedoë
almal weg, vergeef dit my!
Heer, aanskou die leërmag
wat om my vermenigvuldig,
want hul lê op my en wag -
vol van haat en ongeduldig.
Psalm. 25b:10
Red my van geweldenare;
'k steun op U in teëspoed.
Laat opregtheid in gevare,
met die onskuld, my behoed.
Red u volk, o troue Heer,
uit die hand van sy bestryder,
en wees Isr'el immermeer
'n genadige bevryder!
Laat reg aan my geskied, o Heer;
in onskuld kom ek my verweer.
Want ek het tog op U vertrou.
U kan my toets, U kan my keur;
Psalm 26:1 (vervolg)
kom, ondersoek my deur en deur.
Ek lewe immers deur u trou
en laat my deur u liefde lei.
Laat reg, o Heer, geskied aan my.
Psalm 26:2
Dié mense word deur my vermy:
Hul wat ’n valse lewe lei,
en almal wat bedrieërs is,
die agterbakses van gedrag,
hul wat geregtigheid verag,
wat goddeloos is en vol lis.
Dié mense word deur my vermy.
Ek bly van sulke sondaars vry.
Psalm 26:3
Van skuld skeld U, o Heer, my kwyt,
o Here van geregtigheid.
Ek gaan my tot u altaar keer
en van u wonders daar vertel,
ek sal dit daar bekend gaan stel.
Ek het u woonplek lief, o Heer,
die tuiste van u heerlikheid,
waar ek onskuldig voor U pleit.
Psalm 26:4
Van kwaaddoeners hou ek my vry;
die valses, dié wil ek vermy,
die sondige, die moordenaar,
hy wat met geld hom om laat koop;
ek sal nie op hul paaie loop.
Ek pleit dat U my lewe spaar.
As U die sondaar om laat kom,
laat my nie sterwe saam met hom.
Psalm 26:5
Maar ek, onskuldig is ek, Heer.
Gee tog gehoor aan my verweer
en luister, God, na my gebed.
Ek sal dan vorentoe kan kyk
en sien hoe strek my pad gelyk.
As U my uit genade red,
sal ek u Naam, o Here, prys,
U, waar ons saamkom, eer bewys.
God is my lig;
ek sal geen vyand vrees nie;
wie by Hom skuil,
hoef nie verskrik te wees nie.
Psalm 27a:1 (vervolg)
Dié wat my dood
wil maak, God sal hul keer,
Hy laat hul struikel,
en Hy slaan hul neer.
Psalm 27a:2
Daar is een saak
wat ek van God gevra het,
een enkel ding, wat ek steeds nageja het:
My lewe lank sal ek by Hom wil woon,
en mag Hy daar sy goedheid
aan my toon.
Psalm 27a:3
Beveiliging by Hom teen
onheil soek ek
Met sorg sal Hy my in sy woning toedek.
Die Heer sal my beveilig teen gevaar;
hoog op 'n rots sal Hy my trou bewaar.
Psalm 27a:4
As ek oorwin,
sal ek tot God se eer sing
en na sy huis my offers
vir die Heer bring.
Ek sal Hom prys
met die trompetgeklank,
Hom in sy woning
lof bring en Hom dank.
Psalm 27a:5
Ek soek U, Heer,
ek vra U:Hoor en sien my
Ek doen nou dit
wat U beveel het:"Dien My“
U wat sal sorg,
al is ek ouerloos,
net U alleen kan help,
kan red, kan troos.
Psalm 27a:6
Gee tog, o Heer,
die vyand nie hul sin nie,
laat hulle my
nie met geweld oorwin nie.
Help my teen wie
met valsheid my beveg.
Leer my u wil,
wys my die regte weg.
Psalm 27a:7
In my bestaan kon ek dit self belewe:
Die Here het met goedheid my omgewe.
Ek weet dit, ja, ek glo dit:
God is goed.
Dit gee ons troos,dit gee ons altyd moed
Psalm 27a:8
As Hy sy guns aan my
nie toegemeet het
as ek dit self nie
alte goed geweet het
Hoe sou ek dan tog
anders klaar kon kom?
Wees sterk, hou goeie moed,
vertrou op Hom
God is my redder en my lig,
vir wie sal ek vervaard wegvlug?
As Hy my pad deur donker baan,
vir wie sal ek verskrik bly staan?
Psalm 27b:1 (vervolg)
Kom bendes aangeloop
om my tot been te stroop;
Hy wat die sterre tel;
bewaar sy kind van val:
wie onrus stook, dié vel Hy neer.
Psalm 27b:2
Wanneer ek in die noute raak,
stuit God die aanval, keer die haat!
As ek my aan Hom toevertrou,
sal Hy my in sy skuilplek hou.
Op dae van gevaar,
Psalm 27b:2 (vervolg)
is God, my helper, daar.
Al staan 'n leërmag klaar,
ek word deur Hom bewaar;
ek loof Hom met my lied en lier!
Psalm 27b:3
Een ding het ek van God begeer
om in sy huis van Hom te leer;
om daar sy goedheid te beleef
van al sy guns en glans omgeef.
Psalm 27b:3 (vervolg)
Met stem en met trompet
juig ek: "Die Here red!"
Ek laat my lied weerklink
hier waar dit om my blink
in God se tempel waar Hy woon.
Psalm 27b:4
Verhoor my, Here, as ek roep,
laat kniel my in u suiwer gloed!
Verhef my op 'n vaste rots,
dan kyk ek op my vyand af.
Psalm 27b:4 (vervolg)
Ek maak my nood bekend,
ek sal my tot U wend,
só eer ek u gebod,
só bly U steeds my God,
beskikker wat my veilig lei.
Psalm 27b:5
As vader, moeder my verlaat,
is God my troos en toeverlaat.
U wat my laaste toevlug is,
vra ek om raad en onderrig.
Psalm 27b:5 (vervolg)
Sal U die weg aanwys
vir hierdie lewensreis?
Die vyand wil met lis,
geweld teen my aanhits;
laat hul nie vals teen my getuig.
Psalm 27b:6
As ek nie lewe in geloof,
word al my lewensmoed gedoof.
Omdat God seën en lei en leer,
wil ek Hom reeds op aarde eer.
Psalm 27b:6 (vervolg)
Voel ek opnuut ontstig,
sal ek my hart betig:
alleen God heers en rig,
net Hy kan gee of neem;
wag op die Here en die lig!
Hoor hoe ek roep, my Rots, my Heer.
Moet nie u oor van my af keer;
As U my onverhoord verstoot,
my God, is ek so goed as dood.
Psalm 28:2
Hoor, Here, as ek roep en smeek
met hande biddend uitgesteek
na waar my hulp van U af kom
uit u verborge heiligdom.
Psalm 28:3
Die werkers, Here, van die kwaad,
wat valse vriendskapspraatjies praat,
dié wat u handewerk verag,
vergeld hul volgens hul gedrag.
Psalm 28:4
Hy hét my stem wat smeek verhoor.
Daar loof ek God die Here voor.
Ek het Hom altyddeur vertrou,
Hy is die rots waarop ek bou.
Psalm 28:5
Die Here is sy volk se krag.
Hy dra dié wat sy hulp verwag.
Heer, seën wie na U toe kom,
wees herder vir u eiendom.
Prys die Here, hemelinge.
Hy verskyn in al sy mag.
Prys die Heer van alle dinge,
buig jul neer voor sy gesag.
Psalm 29:2
Hy, bewerker van die donder,
praat deur onweer hard en luid,
en tot op die waters onder
klink sy stem vol majesteit.
Psalm 29:3
God se stem laat blitse lewe;
daarmee kloof Hy seders oop.
Hy laat die woestyne bewe,
berge gaan voor Hom op loop.
Psalm 29:4
Wilde bokke laat Hy opruk,
Hy jaag hulle uitmekaar;
God se stem kan bosse kaal pluk,
kaal gestroop van bas en blaar.
Psalm 29:5
Bo die waters is sy woning.
Almal eer Hom met ontsag.
Ewig heers Hy as die Koning.
Vrede vind sy volk, en krag
Ek wil u lof verkondig Heer.
U het die vyand afgeweer.
My dood wou hul met leedvermaak,
met blydskap en met vreugde smaak.
Ek moes al weggeneem gewees het
toe U my van die dood genees het.
Psalm 30:2
Dié wat Hom dien, besing sy eer.
Sing van die Naam van God, die Heer.
Sy gramskap duur haas ongemerk,
sy goedheid, egter, onbeperk.
Al was daar gisteraand nog hartseer,
vanoggend hoor mens ons gelag weer.
Psalm 30:3
Terwyl dit goed bly gaan met my
dag ek dat ek sal staande bly.
Toe U van my u hand onttrek,
moes ek my swakheid, Heer, ontdek.
Hoe groot na U was my verlange;
ek het geroep, van vrees bevange.
Psalm 30:4
"As ek moet ingaan in die graf
hoe kan dit wins vir U verskaf?
Hoe word U, Heer, geprys deur stof,
u trou verkondig en u lof?
O hoor my, God van wonderdade,
bewys my, Here, u genade."
Psalm 30:5
Eertyds was ek in rou geklee,
maar U het vir my ingetree;
ek was bedroef, ek het getreur,
maar U het my weer opgebeur.
Ek dans in feestelike klere.
Ek loof U luid en hardop, Here.