Juig almal tot Gods lof en eer,

Download Report

Transcript Juig almal tot Gods lof en eer,

Juig almal tot Gods lof en eer,
kom dien met blydskap God die Heer.
Kom met gejubel voor Hom saam
en dank en loof Hom, prys sy Naam.
Psalm 100:2
Erken dié God en sy gesag.
Hy hou oor ons, sy kudde, wag.
Laat ons as volk die Heer aanbid.
Hy't ons gemaak as sy besit.
Psalm 100: 3
Gaan by sy tempel in en sing
en bring jul dank met jubeling.
Sy goedheid, liefde en sy trou
sal Hy vir altyd onderhou.
Ek wil 'n lied sing tot u eer,
sing van u reg en liefde, Heer.
Kom U na my toe, kom, my Heer;
wanneer kom help U my, wanneer?
Psalm 101:2
Ek wil my huis bevry van kwaad;
dit wat verkeerd is, sal ek haat,
hom uitwis wat in laster praat,
en dit wat sleg is, sal ek laat.
Psalm 101:3
Dié wat opreg van lewe is,
op God vertrou, die eerbares,
mag vir my werk en by my bly;
leuens en bedrog sal ek bestry.
Psalm 101:4
Net hul wat eer aan U betoon
word van vernietiging verskoon.
Net hul mag in u stad bly woon.
Ek maak die land van onreg skoon.
Here, luister en verhoor my,
help my en ontferm U oor my.
Elke dag verdwyn soos rook.
In my word 'n vuur gestook.
Psalm 102:1 (vervolg)
Ek is uitgedroogde veldgras.
Aan my bene kleef my vel vas.
Ek het in my pyn vergeet,
Here, om my brood te eet.
Psalm 102:2
Eensaam is ek en verslae
soos 'n voëltjie wat sag klae.
Ek sal soos 'n pelikaan
in die dor woestyn vergaan.
Hoor hoe hul dit op my uithaal
en my naam gebruik as vuiltaal.
Hoor, die vyand gaan te keer,
heeldag word ek verkleineer.
Psalm 102:3
Omdat ek in diepe nood is,
tewens, Heer, deur U verstoot is,
eet ek brood uit as berei,
trane is die drank vir my.
Opgetel en weggegooi weer
maak U my tot barre strooi, Heer.
In die laaste lig staan ek
by my skadu, lank gerek.
Psalm 102:4
Nogtans, Here, heers U ewig.
In u hande rus als stewig.
Tot die laaste nageslag
is U daar, Heer, elke dag.
Kom die tyd van u genade,
sien ons u verlossingsdade.
Here, U sal U ontferm,
U sal Sion steeds beskerm.
Psalm 102:5
Gun aan Sion mededoë,
daaroor is ons hart bewoë;
oor sy puin is ons begaan,
elke klip daar gaan ons aan.
Vrees Hom, konings, alle nasies,
Hy herstel weer ons murasies.
Op die tyd deur Hom gestel,
sal Hy Sion weer herstel.
Psalm 102:6
Loof Hom vir sy medelye
nou en later, alle tye.
Hou dan aan om te vertel.
Sion is deur Hom herstel.
Al die komende geslagte
hou dit vas in die gedagte.
Hul sal hom, van harte bly,
weer opnuut 'n lofsang wy.
Psalm 102:7
Dié wat naby aan die dood was,
hul wat arm en ontbloot was,
het Hy uit hul nood gered Hy wat op die aarde let.
Ons is naby Hom en veilig
selfs al woon Hy ver en heilig.
In sy oor was ons gekerm,
in sy oog is ons beskerm.
Psalm 102:8
Hoog sal God se Naam geroem word,
in Jerusalem genoem word,
waarheen al die volke kom
om hul diens te wy aan Hom.
Daar bring baie koninkryke
aan Hom hulle huldeblyke.
Dienend sal hul voor Hom buig
as hul van hul lof getuig.
Psalm 102:9
Breekbaar is ek en verganklik,
heeltemal van Hom afhanklik.
Vroeg reeds in my jeug moes ek
deur beproewing dit ontdek.
Maar, o Here, laat die lewe
my nie in my fleur begewe.
U wat ewig voortbestaan,
laat my tog nie nou al gaan.
Psalm 102:10
Alles gaan verslyt soos klere.
U alleen is ewig, Here.
Wat bestaan het, gaan verby;
U alleen, net U sal bly.
Wie U dien se nageslagte
hou U egter in gedagte.
Hulle wat hul aan U wy,
kry 'n land om in te bly.
God wil ek loof met alles
wat in my is
ek wil Hom prys
omdat Hy goed vir my is.
Psalm 103:1 (vervolg)
Ek sal sy goedheid altyd bly onthou.
Hom wil ek prys vir al sy goeie dade Hy wat vergifnis skenk deur sy genade.
Sy Naam is heilig en Hy is getrou.
Psalm 103:2
Hy bied teen dood en
siekte my beskerming
en kroon my met sy liefde en ontferming;
van dit wat my bedreig, maak Hy my vry;
Hy gee vir my die goeie so oorvloedig;
in alles maak die Here my voorspoedig,
en jeugdig soos 'n arend maak Hy my.
Psalm 103:3
Die Here is vol liefde en lankmoedig.
Hy is in sy geregtigheid oorvloedig.
Aan Moses is sy wil bekend gestel;
Hy het sy volk gelei na hu bevryding
en Hy verlos verdruktes van hul lyding.
Sy weg is voorgehou aan Israel.
Psalm 103:4
Sy liefde, ver bo alle taal verhewe,
sal al ons sondes onvergeld vergewe.
Hy is onmeetbaar lief vir wie Hom dien,
so groot,daar is geen
maatstaf voor te kry nie.
Hy sal nie kwaad vir ons vir altyd bly
nie en sal na ons behoeftes om bly sien
Psalm 103:5
So ver neem Hy ons
sondes weg as Vader
ons kan met geen
beskrywing dit benader.
Hy wil ons van ons sondelas genees.
Veel hoër reik sy liefde uit in waarde
as wat die hemel uitstyg bo die aarde
vir hulle wat Hom dien en eer en vrees.
Psalm 103:6
Die Here is ons stoflikheid gedagtig,
ons is 'n korte lewensduur deelagtig,
soos van 'n veldblom,
kwesbaar, of soos gras.
Psalm 103:6 (vervolg)
Die Here weet waarvan Hy
ons gemaak het.
As die woestynwind
ons eers aangeraak het,
bly daar 'n leegte, altyd, waar ons was.
Psalm 103:7
Maar ewig duur die liefde van die Here.
Hy heers tot in die hoogste, verste sfere.
Vir wie Hom dien en sy gebooie hou,
duur God se trou bestendig deur
geslagte,en almal,
alles leef in sy gedagte.
Hy eis aan sy verbond voortdurend trou.
Psalm 103:8
Engele, kom, kom hemelwesens magtig,
dié wat Hom dien, kom
loof die Heer eendragtig,
laat almal wat Hom eer die Here loof;
Psalm 103:8 (vervolg)
ons, mense wat deur Hom geskep is,
almal,laat hoor jul lof daar
waar Hy heers, daar oral.
Ek sal Hom loof.
Laat ons die Here loof.
Ek wil die Here loof en prys.
Beklee met luisterryke prag,
soos Hy sy grootheid aan ons wys,
dra Hy die lig as koningsdrag.
Psalm 104:2
U span die hemelhoë boog
net soos 'n tentdoek teen die lig.
Daarbo het U 'n woonplek hoog
bo-oor die waters ingerig.
Psalm 104:3
Dis U wat op die wolke ry.
U swewe op die wind se vlerk.
U laat die wind u boodskap sprei;
U laat die weerlig vir U werk.
Psalm 104:4
Die aarde is onwankelbaar.
Groot waters is deur U getem :
In laagtes het U dit vergaar
in plekke deur u krag bestem.
Psalm 104:5
U het daaraan 'n grens gestel,
U het die vloei daarvan bepaal,
U wat fonteine op laat wel
en water in 'n stroom laat straal.
Psalm 104:6
U laat die wildedonkies drink,
en voëls maak langs die water nes;
hul kwetter vrolik en rinkink.
Die diere kom hul dors daar les.
Psalm 104:7
U laat dit op die berge reën,
die gras loop vir die diere uit.
Met voedsel word die mens geseën
wat uit die aarde vir hom spruit.
Psalm 104:8
U laat die mens die goeie smaak
as U hom laaf en U hom voed,
met wyn word harte bly gemaak,
vir die gesig is olie goed.
Psalm 104:9
Die bome is deur Hom geplant
waar voëltjies hulle neste bou.
Die hoë berg hou Hy in stand
waar dassies skuil en bokke hou
Psalm 104:10
U is die Skepper van die maan
om vaste tye aan te gee;
die son weet hy moet onder gaan,
U deel u wysheid aan hom mee.
Psalm 104:11
Snags roer die diere in die bos
deur U met duisternis bedek;
die leeus wat brul gaan soek hul kos
en ligdag sluip hul na hul plek.
Psalm 104:12
Die mens begin dan met sy taak;
tot teen die aand doen hy sy werk.
Dis U wat oor die tye waak,
ons kom en gaan vir ons bewerk.
Psalm 104:13
U het die aarde vol geskep,
in wysheid en in skone prag,
die see, sy diere, vloed en eb;
die skepe vaar daar met hul vrag.
Psalm 104:14
Dis U wat lewensasem wek
en plante uit die grond laat spruit,
maar word u hand teruggetrek,
dan vloei die lewe uit hul uit.
Psalm 104:15
Mag al u werk U vreugde gee,
geen einde kom aan al U roem.
U is met mag en krag beklee,
U maak deur net te kyk en noem.
Psalm 104:16
Ek wil die eer van God besing;
ek wil my in die Heer verbly,
so lank ek leef my lof Hom bring.
Mag wat ek peins sy guns verkry.
Psalm 104:17
Laat sondaars voor sy oog verdwyn.
Hy wat sy grootheid aan ons wys,
wat in sy kleed van lig verskyn -
Hom wil ek loof, Hom wil ek prys.
Loof God se Naam en
roep dit luid aan.
Laat dit tot alle nasies uitgaan:
Laat ons sy wonders bly besing
Psalm 105:1 (vervolg)
en onder hulle aandag bring.
Kom, roem Hom,
heilig is sy Naam.
Wees bly en lewe met Hom saam.
Psalm 105:2
Soek sy teenwoordigheid en almag.
Dink aan die wonders van sy opdrag.
Dink, Abraham se nageslag,
dink aan die Here se gesag,
hoe Hy met ons, sy volk, verkeer ons, uitverkore deur die Heer.
Psalm 105:3
Vir ewig leef in sy gedagte
sy woord vir duisende geslagte met Abraham sy trou verbond,
die eed aan Isak uit sy mond,
soos ook vir Jakob ingestel.
Hy gee die land aan Israel.
Psalm 105:4
Toe hulle min was, vreemdelinge,
'n swerwersvolkie, 'n geringe,
is niemand deur Hom toegelaat
om hulle te verdruk of skaad.
Selfs konings is deur Hom vermaan:
"Dit is my volk, raak hul nie aan."
Psalm 105:5
Dis tóé dat hul sy plan besef het
toe hongersnood hul land getref het:
Die middelaar in God se hand
was Josef in Egipteland
As vreemdelinge is hul daar
gevoed deur die Egiptenaar.
Psalm 105:6
Maar toe die hand wat
voed 'n straf word,
het Hy sý straf oor hul laat afstort.
Tien plae het Hy uitgestuur
om hulle lewens te versuur.
Die sprinkaan het hul oes verteer;
kaal was hul lande en niks meer.
Psalm 105:7
Wat had hul van die weer te lye,
hul wingerdstok en wildevye,
hul diere, deur die hael geslaan...
God het sy toorn sy gang laat gaan,
hul eersgeborenes getref.
Sy erns het hul tóé besef.
Psalm 105:8
Hy het deur Moses en Aäron
hul t'ruggebring na hulle oorsprong.
Hy het sy volk weer uitgelei,
van die Egiptenaars bevry.
Hy het gesorg vir hul behoud,
belaai met silwer en met goud.
Psalm 105:9
Van hulle het nie een beswyk nie,
nie een het eers weer t'ruggekyk nie.
'n Wolk is oor ons uitgesprei
terwyl Hy ons beskut en lei,
en snags het Hy vir elke tree
vir hul 'n vuur se lig gegee.
Psalm 105:10
Sy honger volk het Hy genadig
met kwartels en met brood versadig.
Hy het hul toe met hemelkos
van hongersnood en dood verlos.
Hy het, toe hul om water smeek,
die rots vir hulle oopgebreek.
Psalm 105:11
Sy volk kon juigend trek en veilig.
Sy woord aan Abraham was heilig.
Hy het dit eerlik nagekom:
'n Land het hul gekry van Hom.
Wees aan sy woorde steeds getrou
en prys Hom wat ons onderhou.
Kom loof Gods liefde onbeperk,
want groot en magtig is sy werk
en onbeskryflik is sy dade.
Dié mense sal sy guns geniet
wat doen wat
God se reg gebied,
en hulle deel in sy genade.
Psalm 106:2
U volk, u uitverkorenes,
waarvan U, Heer, die redder is,
wil hierdie liefde my ook toesê.
Van daardie mense, u besit,
hul vreugde, Here, gun my dit.
Laat ek ook altyd daaraan deel hê.
Psalm 106:3
Ons het gesondig teen u trou,
teen wat ons dankbaar moes onthou
tesame met die voorgeslagte.
Ons moes, u Erenaam getrou,
hoe U vergewe, bly onthou,
u wonders en u reddingskragte.
Psalm 106:4
U het hul deur die see laat gaan,
deur die woestyn hul weg gebaan
waarheen U hul, verlos, gebring het.
Maar dit was gou alweer vergeet
toe daardie kalf, wat plante vreet,
as afgod U by hul verdring het.
Psalm 106:5
Hul het U, God van trou, verraai
en die beloofde land versmaai
en U ten uiterste getreiter.
Tog het U telkens weer gered,
geluister na hul smeekgebed,
hul ontrou en gemor ten spyte.
Psalm 106:6
Al het hul dwalend weggesink,
het Hy aan sy verbond bly dink
en hulle dan maar weer vergewe.
Hul het geroep in hulle nood.
Sy liefde is so trou en groot,
dis bo die mens se kwaad verhewe
Psalm 106:7
Laat ons u Naam en lof besinguit al die volke saamgebring,
ter wille van dié lof versamel.
Want heilig is die Heer se Naam.
Prys dan die Here, prys Hom saam,
en laat die volk dit uitsing: Amen.
Die mense wat behou is,
moet sê: "Ons is bevry!
Loof God, Hy wat getrou is
hoe goed vir ons is Hy."
Psalm 107:1(vervolg)
Sy liefde, grenseloos,
het hulle uit die noorde,
die suide, wes en oos
gebring uit álle oorde.
Psalm 107:2
Hy het uit dor woestyne
hul na die stad gaan haal,
verlos van hongerpyne,
van dors en van verdwaal.
Hy het hul t'ruggevat,
weg uit die onbekende
na die bewoonde stad,
bevry uit die ellende.
Psalm 107:3
Hul noodroep is beantwoord;
laat hul Hom dank bewys.
Hul is nou waar hul tuishoort;
laat hul Hom loof en prys.
Laat hulle dit onthou:
Sy goedheid ken geen perke.
Onthou sy liefdestrou,
besing sy wonderwerke.
Psalm 107:4
Party was ongehoorsaam,
geboei, gevangenes.
Hul is van Hom vereensaam
daar waar dit donker is.
Hy het hul daar laat knak,
laat swig vanweë die swaarkry,
hul inmekaar laat sak;
alleen moes hulle swaar ly.
Psalm 107:5
Toe roep hul en Hy antwoord
en breek die grendels oop.
Hul is nou waar hul tuishoort,
hul kan weer vryuit loop.
Laat hulle dit onthou:
Sy goedheid is onpeilbaar.
Besing sy liefdestrou;
dit is en bly onfeilbaar.
Psalm 107:6
Toe roep hul en Hy antwoord
en breek die grendels oop.
Hul is nou waar hul tuishoort,
hul kan weer vryuit loop.
Laat hulle dit onthou:
Sy goedheid is onpeilbaar.
Besing sy liefdestrou;
dit is en bly onfeilbaar.
Psalm 107:7
Hul roep het Hy beantwoord;
Hul het die dood ontkom.
Nou is hul waar hul tuishoort
deur net één woord van Hom.
Laat hulle dit onthou;
wees bly en wees Hom dankbaar.
Bring offers weens sy trou,
sy dade onoortrefbaar.
Psalm 107:8
Wie van die see bestaan het,
het daarop uitgevaar,
en wáár hul uitgegaan het
sy wonderkrag ervaar.
Die wind het opgesteek
en hulle rondgeskommel.
Hul moed het Hy gebreek,
die takelwerk verfrommel.
Psalm 107:9
Hul seile was in repe,
niks werd hul seemansraad;
dít het hul met hul skepe
sleg in die steek gelaat.
Hul roep na Hom oorstelp.
hul smeek Hom uit die onweer.
Hul kon, deur Hom gehelp,
verheug hul rigting omkeer.
Psalm 107:10
Die noodroep is beantwoord.
Hy het die storm bedwing.
Na hawens waar hul tuishoort,
het Hy hul t'ruggebring.
Laat hulle dit onthou,
getuig by die volksbyeenkoms
getuig van God se trou
en van sy hulp en uitkoms.
Psalm 107:11
Hy maak dáár dor woestyne
waar water was en groei
en laat ontspring fonteine
wat deur die dorsland vloei.
Hul hand bewerk die land,
hul vee teel aan in oorvloed.
Hul oes van wat hul plant,
hul huise leef in voorspoed.
Psalm 107:12
Die lydendes verhef Hy
al was hul hoe gering,
Die onderdrukkers tref Hy
met sy vernedering.
Hy sal hul rond laat dwaal,
hul in verwarring dompel.
Hul wêreld maak hy kaal,
vervalle en verskrompel.
Psalm 107:13
Hy maak die swakkes vrugbaar
tot in hul nageslag.
Hul sal in alles goed vaar;
Hy maak hul lewe sag.
Dié wat dit kon aanskou:
Die onreg is beëindig.
wees wys, let op sy trou,
opregtes, wees verstandig.
Ek voel weer veilig by U, Heer;
ek wil ‘n lied sing tot u eer;
my blydskap, Here, wil ek vier
met mooi musiek van harp en lier.
Psalm 108:2
Die rooidag wil ek wakker maak
wanneer ek soggens vroeg ontwaak.
U trou wat reik tot in die wolk
besing ek onder elke volk.
Psalm 108:3
Verhef u eer oneindig hoog,
ver hoër as die hemelboog.
Oor alles, Heer, voer U gesag;
toon dan die grootheid van u mag.
Psalm 108:4
Dit is die antwoord van die Heer:
"Ek sal oor Sigem triomfeer,
k gee dit aan my volk as buit;
die Sukkotlaagte deel Ek uit."
Psalm 108:5
"Manasse en Efraim, albei,
ook Gilead behoort aan My,
oor Juda heers Ek koninklik,
oor Moab sal Ek ook beskik,"
Psalm 108:6
"My juigkreet word ook uitgedra
oor Edom en Filistea,
oor elke streek waar Ek regeer
en as oorwinnaar triomfeer."
Psalm 108:7
Wie sal ons Edom toe kan vat
en lei na sy versterkte stad?
Gaan U ons langer, Heer, verstoot,
alleen laat uittrek in ons nood?
Psalm 108:8
Die mens se hulp is ydelheid;
staan by ons, Here, in die stryd.
Ons steun op God se heerserskap.
Hy sal die vyand self vertrap.
U wat ek loof, God, luister tog
as ek u bystand vra.
Ek word met woorde vol bedrog
deur leuenaars aangekla.
Psalm 109:2
My liefde word begroet met haat,
terwyl ek bid, o Heer,
die goeie word vergeld met kwaad,
en wraak vir my begeer:
Psalm 109:3
"As regter oor hom aangestel,
wil ons 'n booswig hê;
laat sy gebed selfs teen hom tel,
as klag teen hom gelê."
Psalm 109:4
"Vind hom nou skuldig, vonnis hom,
straf dié wat hom bemin;
mag hy gou aan sy einde kom,
laat ly sy huisgesin."
Psalm 109:5
"Laat dan daarna die woekeraars,
wat hy besit, kom buit;
laat kom daarna die plunderaars
wat roof, en roei hom uit."
Psalm 109:6
"Laat dan sy nageslag niks erf,
laat niks hul lot versag.
Laat hul op soek na kos rondswerf.
Wis uit sy nageslag."
Psalm 109:7
Die onreg van sy voorgeslag,
die sondes van sy ma,
onthou dit tot die laaste dag,
laat van hul naam niks na."
Psalm 109:8
"Hy was teen mense liefdeloos
in armoede en nood;
hy het die mense hulpeloos
vervolg tot in die dood."
Psalm 109:9
"Laat hy sy eie vloek beleef
oor ander uitgespreek.
Laat dit soos klere aan hom kleef,
laat seën hom ontbreek."
Psalm 109:10
Dié mense wat só teen my praat,
wat kwaad vir my begeer,
vergeld hul met hul eie kwaad,
laat kom dit op húl neer.
Psalm 109:11
O Here, handel goed met my
ter wille van u Naam;
kom red my, God, en staan my by
soos dit u trou betaam.
Psalm 109:12
My hart is inmekaargetrek,
lank is my skaduwee,
en hulpeloos en arm is ek
'n sprinkaan, weggevee.
Psalm 109:13
My knieë knak, my lyf is maer,
ek word bespot, verag;
meewarig word ek aangestaar
deur dié wat my belag.
Psalm 109:14
Help my in liefde en in trou
dat mense dit kan merk:
U het, o Here, my behou,
u hand het dit bewerk.
Psalm 109:15
Waar hulle vloek, daar sal U seën
en U sal my verhoor.
Hul kla my aan; U, daarenteen,
sal hulle laat verloor.
Psalm 109:16
Terwyl ek dan in blydskap leef,
sal skande hul oordek.
Mag dit soos klere aan hul kleef.
U dienaar, Heer, is ek.
Psalm 109:17
Ek prys Hom voor die skare luid.
Hy staan die armes by;
veroordeeldes dié laat Hy uit
hul word deur Hom bevry.
Dit het die Heer belowe vir my koning:
"Sit aan my regterhand,“
het Hy gespreek, “en in die stryd
behaal jy die oorwinning;
Ek sal jou vyande se mag verbreek."
Psalm 110:2
As God aan u die septer in die hand gee,
uit Sion, as die teken van u mag,
dan sê die Heer:
"Regeer die vyand daarmee."
U volk staan vir die stryd gereed en wag.
Psalm 110:3
As u u krag wil monster op die stryddag,
staan elke krygsman
dagbreek aangetree.
Hul staan daar jonk
en sterk die dag en afwag,
reeds vir die stryd wat heilig is, geklee.
Psalm 110:4
Die Here sal sy
eed van trou nie t'rugtrek,
u priesterskap sal u vir altyd sier.
As priester sal u dien soos Melgisedek,
en God se toorn sal u laat seëvier.
Psalm 110:5
Voor hom verdelg Hy elke ander koning.
Die water uit 'n stroom sal hom versterk;
hy drink dit langs die
pad na sy oorwinning.
Oorwinnings word vir
hom deur God bewerk.
Kom met die opregtes saam,
loof sy werke, prys sy Naam.
Wie in vreugde daaroor dink,
laat ‘n loflied oor Hom klink.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
Psalm 111:2
Luisterryk, vol majesteit
is sy groot barmhartigheid.
Al sy dade word onthou;
Hy's standvastig in sy trou.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
Psalm 111:3
Hy voed hulle wat Hom dien;
in sy trou het Hy voorsien.
Sy verbond hou altyd stand.
Hy behoed sy volk se land.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
Psalm 111:4
Hy's op trou en reg gesteld;
wat Hy voorskryf, sal bly geld.
Aan Hom bly sy volk verbind.
Wysheid is by Hom te vind.
Laat ons met ontsag Hom noem,
in ons lied die Here roem
Luister hy na sy gebod,
vind hy vreugde in sy God.
God gee hom 'n nageslag
in die land, 'n sterke krag.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
Psalm 112:2
Al sy dade die hou stand
en is blywend in die land.
Ook aan ander doen hy reg;
uit sy volheid gee hy weg.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
Psalm 112:3
Hy sal altyd onbevrees,
veilig, seëvierend wees.
Magteloos smag dié daarna
wat hul goddeloos gedra.
God wat oorvloed het, voorsien;
ryk is elkeen wat Hom dien.
Sing, halleluja, prys sy Naam.
Sing, dienaars van die Here, saam,
Sing nóú, vanaf die son se opgang.
Loof Hom wanneer die son verskyn,
hou aan totdat hy weer verdwyn.
Sing vir die Heer altyd 'n lofsang.
Psalm 113:2
Hy het oor elke volk gesag;
Hy het oor gans die skepping mag.
Het God se grootheid sy gelyke?
Wie woon soos Hy so hemelhoog
en kyk met sy alsiende oog
in hemelse en aardse ryke?
Psalm 113:3
Hy rig die armes op uit as,
verhoog dié wat verneder was.
Hy laat hul sit by die vernames.
Die bar vrou kry 'n huisgesin,
sy vind daar baie vreugde in.
Sing, loof Hom wat so
groot van Naam is.
Toe Israel weg uit Egipte trek,
het Juda sy besit geword,
en Israel het sy gewyde plek,
sy magsgebied en land geword.
Psalm 114:2
Die see het voor Hom
op die vlug geslaan
en t'ruggedraai het die Jordaan.
Die berge het soos
ramme rondgespring,
soos lammers in verwondering.
Psalm 114:3
Wat laat jou, see, van Israel af vlug,
en hoe, Jordaan, draai jy dan t'rug;
wat is dit wat jul in beroering bring,
wat, berge, rante, laat jul spring?
Psalm 114:4
Die aarde bewe as die Heer verskyn,
Hy wat oor berg en see regeer.
Die rots word kuil,
die klip word 'n fontein.
Dis alles onder sy beheer.
Nie aan ons nie, Here, nee,
nie vir ons nie is die eer.
Alle eer word U gegee;
kom u Naam toe, God, ons Heer,
U die God van egte trou,
wat ons vas in liefde hou.
Psalm 115:2
Hy wat in die hemel troon,
wat Hy wil, dit kan Hy doen.
Maar 'n afgod kry gewoon
uit 'n mens se hand fatsoen.
Durf die heiden dan beweer:
Nêrens is hul God en Heer.
Psalm 115:3
So 'n afgod, kan hy praat,
daardie lippe, daardie mond?
Blind is daardie blink gelaat,
daardie oë groot en rond.
Goud of silwer: die pupil
en die mond is blind en stil.
Psalm 115:4
Daardie ore, kan hul hoor?
Daardie neus daar, kan dit ruik?
Voete het hy, maar waarvoor?
Kan hy daardie hand gebruik?
Soos die beeld deur hom gehóú,
Word hý wat dié god vertrou.
Psalm 115:5
Israel, vertrou op Hom,
Hy beskerm en Hy help jou.
Priesters van sy heiligdom,
julle kan op Hom vertrou.
Goed word deur Hom omgesien
na hul wat die Here dien.
Psalm 115:6
Hy sal ons onthou en seën.
Vromes, almal, klein en groot,
volk en priesters, iedereen
word gehelp in tyd van nood.
Goed word deur Hom omgesien
na hul wat die Here dien.
Psalm 115:7
Mag Hy, waar hy woon, alleen,
mag Hy oor die aarde waak.
Mag Hy julle almal seën,
mag Hy julle talryk maak.
Óns, wat lewe, prys die Heer,
Halleluja! Gee Hom eer.
God het ek lief, omdat Hy my verhoor.
Ek was beangs; het na my geluister.
Toe ek Hom roep
vanuit die dood se duister.
"Heer, red my tog";
het Hy my stem gehoor.
Psalm 116:2
God is genadig, Hy hoor my gebed.
Aan hulpeloses bied Hy sy ontferming.
Die magtelose vind by Hom beskerming.
Hy is regverdig, Hy het my gered.
Psalm 116:3
Waar U my trane nou beëindig het,
moet ek my in u goeie guns verlustig.
Ek moet nou onbekommerd
wees en rustig.
Van dood en struikeling is ek gered.
Psalm 116:4
Ek het in U steeds my geloof behou,
selfs toe my moed en
krag my wou begewe.
Sodat ek U kan dien, kon ek bly lewe.
Op U alleen, o God, kon ek vertrou.
Psalm 116:5
Van God se redding wil ek nou getuig.
Wat bied ek Hom vir al sy wonderdade?
Ek roem Hom voor
sy volk vir sy genade.
Ek sal my offers bring
en voor Hom buig.
Psalm 116:6
Ek sal getrou U met my lewe dien.
Ons dood sien U as
geen geringe saak nie
Het U, o Heer, my dan
nie vrygemaak nie?
Juis in my nood het U my raakgesien.
Psalm 116:7
Voor almal sal ek Hom my dank bewys.
Ek sal voor God my hou by my beloftes,
en ek betaal Hom altyd my geloftes.
Daar in sy huis sal ek die Here prys.
Sing halleluja tot Gods eer,
loof, alle nasies, prys die Heer;
sy liefde is almagtig, sterk,
sy trou is ewig, onbeperk.
Loof, alle nasies, prys die Heer,
sing halleluja tot sy eer.
Kom, loof die Heer se liefdesdade,
getuig daarvan, o Israel,
en eindeloos is sy genade,
laat almal dit bly oorvertel.
Psalm 118:1 (vervolg)
Ek het in swaar omstandighede
en nood verkeer, ek was benoud;
ek het geroep in my gebede,
die Here God was my behoud.
Psalm 118:2
God staan my by, ek ken geen vrees nie.
Kan iémand ooit iéts doen aan my?
In nood sal ek alleen nooit wees nie
want God is altyd aan my sy.
Vertrou jy op 'n mens, 'n hoë,
vra jy dat hý jou hulp verskaf?
Wie God vertrou, staan nooit bedroë,
kom altyd beter daarvan af.
Psalm 118:3
Van oral soos 'n swerm bye
het nasies alkant my beleër.
Maar God het in sy medelye
van my hul aanval afgeweer.
In vlamme van 'n vuur wat knetter,
het hulle in sy gloed beland.
In God se Naam is hul verpletter.
Hul was nie teen sy krag bestand.
Psalm 118:4
Hoe groot en kragtig is die dade
van Hom deur wie ons triomfeer!
Hoe groot en kragtig sy genade!
Hoor net hoe juig ons in die Heer.
Hoe swaar en hard ook sy kastyding,
ek is gespaar om te getuig:
Uiteindelik gee Hy bevryding.
Hoor hoe die laer oor Hom juig.
Psalm 118:5
Die deur wat altyd vir ons oopstaan,
vir almal wat regverdig is,
staan oop vir my dat ek kan ingaan
na Hom met my getuienis.
Ek wil Hom met 'n loflied toesing.
Ek is verhoor in my gebed.
Ek wil Hom loof vir my verlossing;
Hy het my van die dood gered.
Psalm 118:6
Die klip wat eers 'n plek ontsê is
as bousteen in die groot gebou -
die steunpunt waar dit ingelê is,
is later daaraan toevertrou.
Dit is vir almal helder sigbaar,
wie oë het, kan dit bemerk.
Dit is alleen vir ons verklaarbaar
as goddelike wonderwerk.
Psalm 118:7
Dit is die dag wat Hy gemaak het.
Kom, laat ons juig, want God is goed.
Hy wat in nood oor ons gewaak het,
laat ons Hom in sy huis ontmoet.
Vra dat Hy voorspoed gee en loof Hom;
vra om sy redding; kom, juig saam.
Wees bly en prys wie in sy Naam kom,
ontvang sy seën en prys sy Naam.
Psalm 118:8
Hy is die God van alle lewe
en Hy was goed vir ons gewees.
Hy het ons met sy lig omgewe.
Wuif takke en begin die fees.
U is my God, ek loof u grootheid,
ek loof die wonders van u hand.
Kom, loof die Here om sy goedheid;
sy liefde hou vir ewig stand.
Salig is hulle wat so handel
soos voorgeskrywe deur Gods wet;
die wat opreg in hulle wandel,
op sy verordeninge let.
Aan u gebooie eis U trou.
Ek moet van onreg my weerhou.
Psalm 119:2
Laat van u wet my nooit nie los staan.
Ag, as ek maar standvastig was.
Op al u woorde wil ek ag slaan.
Bind my aan u gebooie vas.
Moet my tog nie verlaat nie, Heer.
Ek wil U loof vir wat U leer.
Psalm 119:3
Hoe leef 'n jongmens skoon en suiwer?
Deur na te volg wat U bepaal.
Dan hoef hy nooit te staan en huiwer
of ooit te vrees hy sal verdwaal.
Wat U bepaal het, moet ek leer;
dit is teen sonde my verweer.
Psalm 119:4
Al u bevele wil ek nakom,
my lippe sal elkeen herhaal;
dis groter as die grootste rykdom;
hoe heerlik is wat U bepaal.
Ek noem verruk dit oor en oor,
met vreugde dink ek steeds daaroor.
Psalm 119:5
Doen aan my goed, gun my die lewe,
ek wil U dien; U kan my red.
Laat nooit dié insig my begewe,
die wonderwerking van u wet.
Ek is 'n vreemdeling op reis,
wat smag dat U die weg my wys.
Psalm 119:6
U straf dié wat hul van U afkeer
en nie na u gebooie vra.
Wil hulle smaad tog van my afweer,
want ek kom u bepalings na.
Maghebbers kan komplotte smee,
ek weet U sal my uitkoms gee.
Psalm 119:7
O Heer, versterk, verdiep my insig
in wat u woord verordineer.
Laat ek my hele lewe inrig
volgens wat U bepaal en leer.
Maak dan my hart daarop gesteld
en nie op winsbejag en geld.
Psalm 119:8
Here, laat niks my aandag aflei
van die bepalings van u wet:
Gee dat ek my aan U sal toewy,
help my, soos U belowe het.
Laat loop my op die regte weg
en maak my lewend deur u reg.
Psalm 119:9
Ek sal u woord vertrou en huldig.
U trou is my verweer, o God.
Red my van hul wat vals beskuldig
en in hul hoogmoed my bespot.
Ek sal u wet voor konings noem,
my sonder skroom daarop beroem.
Psalm 119:10
Ek hoop op U in tyd van swaarkry
op die beloftes aan u kneg.
Ek wil my, Here, aan u diens wy,
aan u getuienis geheg.
Wat U beveel, bly ek betrag,
selfs in die diepste van die nag.
Psalm 119:11
God, U is goed, ook selfs in swaarkry.
Ek is verdruk, met smaad bejeën.
So wou U my na U teruglei;
dit was uiteindelik 'n seën.
Ek volg u wet weer op die voet.
Ook deur beproewing doen U goed.
Psalm 119:12
Die mense wat u wette minag,
dis hulle, Heer, wat my ontstel,
maar ek hou my by elke opdrag,
by elke voorskrif en bevel.
Die strikke wat hul vir my stel,
waarom sal dit my dan nog kwel?
Psalm 119:13
Trotses mag my dan maar beledig,
hul kom daar immers sleg van af.
Ek sal my met u woord verdedig
en hulle sal hulself bestraf.
Wat U verorden, laat hul koud;
dit is vir my meer werd as goud.
Psalm 119:14
Gee my in u gebooie insig ek wat gemaak is deur u hand.
Laat ek my lewe daarna inrig,
gee U my daarvoor die verstand.
En laat die ander saam met my
hul in u diens, o Heer, verbly.
Psalm 119:15
Ek word vervolg, in leed gedompel
deur valses en hovaardiges.
O Heer, gee uitkoms, ek verskrompel,
tog hou ek aan u wette vas.
Heer, laat my leef, dat ek ontroer
al u bevele uit kan voer.
Psalm 119:16
U woord is vas gegrondves, ewig,
heg in die hemel waar dit staan.
U het die aarde vas bevestig,
wat U gebied, sal nooit vergaan.
U trou duur van die voorgeslag,
tot in die verste nageslag.
Psalm 119:17
Nooit sal u wette my begewe;
my redding lê in u gebod.
Dit gee aan my 'n nuwe lewe,
red my, u eiendom, my God.
Gebind is alles aan die tyd;
u woord is grenseloos en wyd.
Psalm 119:18
U woord is soet gevul met wysheid,
dit hou my op die regte pad.
Vol liefde peins ek daaroor altyd
om dit ten volle te bevat.
Die wysheid wat ek daaruit haal,
verhinder dat ek sal verdwaal.
Psalm 119:19
Net soos 'n lamp wat my die weg wys,
verlig u woord die pad vir my.
Regverdig, Heer, is u verbondseis,
en met 'n eed hou ek daarby.
Dit is my dankbare besit;
met vreugde onderhou ek dit.
Psalm 119:20
Wie hink op twee gedagtes haat ek,
maar liefdevol eer ek u wet.
U is my skild, U is my skuilplek,
red my soos U belowe het.
Heer, maak my vry en gee my krag.
Dit is u woord waarop ek wag.
Psalm 119:21
Alle bewerkers van die onreg,
ontroues, bly hulself mislei.
Die wederstrewiges, staan ver weg:
ék wil aan U gehoorsaam bly.
Hul is soos waardelose skuim
en hul word uit die weg geruim.
Psalm 119:22
Wanneer u woord vir mense oopgaan
dan bring dit kennis, dit bring lig.
Laat skyn, voor ek die nagwaak ingaan,
oor my, o Heer, u aangesig.
U woord bepeins ek deur die nag.
Skenk my die lig waarop ek wag.
Psalm 119:23
Dié wat oortree, is ongehoorsaam;
dit laat my walg, dit staan my teen.
Dié wat u wette verontagsaam,
dit laat my strome trane ween.
Here, gryp in teen wie oortree;
geen uitkomkans sal U hul gee.
Psalm 119:24
Ek word nie deur die mag betower
van hulle wat my wil verdruk.
Soos iemand wat 'n skat verower,
so put ek uit u woord geluk.
Wat U gebied, dit sal ek ag
met vrees en bewende ontsag.
Psalm 119:25
Ek haat die leuentaal met afsku
maar het u wette lief, o Heer.
Ek prys U elke dag en loof U,
ononderbroke, keer op keer.
Diegene wat u wet bemin
vind vrede, Here, steeds daarin.
Psalm 119:26
Maak oop u woord, laat dit my voorlig;
wil u beloftes, Heer, volbring.
Omdat u woord my lei tot insig,
sal ek u lof, o Heer, besing.
Gee op my smeking daarom ag,
gee my die hulp waarna ek smag.
Psalm 119:27
Sonder u woord, Heer, is ek raadop,
ek laat my altyd daardeur lei;
wat U gebied, dit stel ek voorop;
dit rig my voet, dit maak my vry.
As ek van u gebod afdwaal,
kom soek my, Here, kom my haal.
God, my hulp, is daar soos altyd
in die dag van my benardheid;
Hy het my gebed verhoor:
Red my, Heer, van die verraaier,
"valsaard en die woordverdraaier.
Gee my aan sy tong nie oor."
Psalm 120:2
Jy, bedrieër, wat nie omgee
hoedat God teen jou sal optree,
weet: Sy pyl tref raak en skerp.
Hy sal soos 'n wakker krygsman
boog en pyle teen jou styfspan kole sal Hy op jou werp.
Psalm 120:3
Hoe ellendig, Here, was ek
daar in Kedar en in Mesek daar waar hul die vrede haat.
Vrede bly my groot begeerte,
maar hul praat van oorlog, Here,
as my mond van vrede praat.
Ek sien die berge en ek vra
waar kom my hulp vandaan?
Die Here hoor my aan:
Hy sal my vóór ek struikel dra;
sy waaksame ontferming
bied teen gevaar beskerming.
Psalm 121:2
Oor jou is Hy altyd begaan.
Hy't berg en see gemaak
en kan oor jou ook waak;
steek van die son, kwaad van die maan,
al is dit hoe gevaarlik.
Hy red jou wonderbaarlik
Psalm 121:3
Die Here God waak dag en nag.
Hy wat sy volk bewaar,
red jóú ook van gevaar.
Hy hou oor jou vir altyd wag.
Hy is jou toegeneë,
altyd, op al jou weë.
Met blydskap hoor ek roep 'n stem;
Kom, ons gaan na Jerusalem.
Hier is Gods huis, hier is ons nou;
o stad, ons voete staan in jou.
Psalm 122:1 (vervolg)
Hoe stewig is die stad gebou,
sterk saamgevoeg, goed saamgehou.
Want soos die Here voorgeskryf het:
Dis hierheen waar sy stamme kom,
hier loof hul Hom, hier prys hul Hom,
hier waar die koning sy verblyf het.
Psalm 122:2
Onthou die stad in jul gebed,
dié wat 'n liefde daarvoor het;
bid dat hul rustig daarin woon.
Daar rig die regter op sy troon.
Ek sal vir rus en vrede bid,
Psalm 122:2 (vervolg)
vir broers en vriende vra ek dit.
Jerusalem, ek gun jou vrede,
dis waar ons God se woning staan.
Sodat dit met jou goed sal gaan
dink ek aan jou in my gebede.
U, Here, heerser in die hemel hoog;
Op U rig ek my oog.
Hoor ons dan aan en
wees vir ons toeganklik.
Psalm 123:1 (vervolg)
Ons is van U afhanklik.
Ons ken ons swakheid en ons onvermoë
en pleitend is ons oë.
Só sien ons vir ontferming op na Hom
van wie ons hulp af kom.
Psalm 123:2
Ons sien vir u ontferming op na U
ons is vir smaad al sku.
Wees ons genadig,
Heer, wees ons genadig
ons is van spot versadig.
Psalm 123:2 (vervolg)
Vir ons was daar veragting
in 'n oorvloed
van mense in hul oormoed.
Meer as genoeg het ons gehad, o God,
van trotsaards wat ons spot.
Het God die oormag nie vir ons bestry
dit moet ons uit erkentlikheid bely
vir seker het ons nie die stryd gewen.
Laat ons as volk dit openlik erken:
Hý het ons van die mensemag bevry.
Psalm 124:2
So het die Heer ons ondergang verhoed.
Die wrede vyand was 'n watervloed.
Gewis en seker het ons omgekom
as ons alleen moes
klaarkom sonder Hom.
Hul aanvalswoede was 'n vlammegloed.
Psalm 124:3
Die ganse skepping
het deur Hom ontstaan;
die vyand is deur daardie krag verslaan.
Hy het ons voor die vyand laat ontglip
soos voëls ontsnap uit 'n gebreekte wip.
Hy is ons hulp, Hy het ons bygestaan.
Wie op die Here bly vertrou
sal altyd vas bly staan;
hul is net soos die Sionsberg,
hul sal nooit ondergaan.
Psalm 125:2
Net soos die berge alkant hoog
Jerusalem omsluit,
só sluit die Heer altyd gevaar
van die opregtes uit.
Psalm 125:3
God sal regverdiges bewaar
van vreemde heerskappy 'n mag wat hulle tot verval
en misdaad sal verlei.
Psalm 125:4
Doen, Here, aan die goeies goed;
maak dié wat dwaal tot niet;
en laat dan Israel, u volk,
u vrede, Heer, geniet.
Soos Sionsberg onwrikbaar bly
en onbeweeglik staan,
sal almal wat die Heer bely,
nooit wankel of vergaan.
Psalm 125b:2
Jerusalem, deur berg omskans,
is veilig teen gevaar.
Die Heer sal so sy volk omkrans, -
hul altyd trou bewaar.
Psalm 125b:3
'n Bose mag sal nie regeer
oor wie teen onreg stry.
So word die kwaad deur God beheer,
kan misdaad nie gedy.
Psalm 125b:4
Wie kwaad bedryf, die word verdoem die Here tref hul swaar.
Mag Israel wat die goeie doen
sy vrede steeds ervaar.
Verander tog, o Heer, ons lot.
Die nasies sal dit sien, o God,
en hulle sal daarvan getuig;
hul hoor ons sing, hul hoor ons juig.
Psalm 126:2
Dit maak ons bly, ons sing dit uit:
U maak vir ons die droë spruit
'n ryk en volle waterstroom;
ons lot verander in 'n droom.
Psalm 126:3
Hy wat die saaisak huilend dra,
hy oes al juigend agterna;
dié wat met trane saai en sug,
kom met die gerwe juigend t'rug.
Vergeefs word sonder
God jou huis gebou.
Te swak is so 'n huis om stand te hou.
Vergeefs word sonder Hom
die stad bewaak.
Vergeefs word alles
sonder Hom gemaak.
Psalm 127:2
Vergeefs word vroeg
die môre opgestaan,
word laat gaan
slaap en moeitevol bestaan.
Vir hulle wat Hy liefhet daarenteë
sal Hy in hulle slaap dit alles gee,
Psalm 127:3
Ook kinders is geskenke van die Heer;
en seuns kan dien as pyle van verweer,
en dit sal goed met daardie vader gaan
aan wie God seuns gee
om hom by te staan
Psalm 127:4
Met kinders leef hy altyd sonder vrees,
want by die
stadspoort sal hul met hom wees;
in al sy onderhandelinge daar
sal hy voorspoedig teen die vyand vaar.
Geseënd hy wat handel
soos God wil en Hóm vrees.
Wie op Sy weë wandel,
hý sal gelukkig wees.
Psalm 128:1 (vervolg)
Jy word gevoed met goedheid,
jy wat die Here dien;
die opbrengs van jou arbeid,
dít sal jou oë sien.
Psalm 128:2
Net soos 'n wynstok, vrugbaar,
is in jou huis jou vrou;
soos jong olywe staan daar
jou kinders rondom jou.
So sal jou huis in bloei staan,
jý wat die Here dien.
Mag dit met jou so goed gaan
dat jy jou kindskind sien.
Psalm 128:3
Dit alles wat jou deel word,
is God se gunsbetoon.
Mag Hy sy seën dan uitstort
uit Sion waar Hy woon.
Mag jy dan ook belewe
hoe bloei Jerusalem,
hoe vréde hom omgewe
vir Israel bestem.
Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel,
ek was van jongs af
reeds nie daarvan vry nie;
hul het 'n ploegland van my rug gemaak
maar hulle kon my tog nie onderkry nie.
Psalm 129:2
Die Here het die toue losgesny
waarmee die goddeloses
my wou vasknoop.
Hy, wat regverdig is, het ons bevry;
in hulle eie strikke hul laat vasloop.
Psalm 129:3
Laat dié wat Sion haat,
verdroog soos gras
wat op die kleidak
groei maar gou tot niet gaan.
En hulle sal geen seëngroet ontvang
van dié wat toekyk
en net daar verbygaan.
Uit dieptes van die duister
roep ek U smekend aan;
as U vergewend luister,
net dan kan ek bestaan.
Psalm130a:1 (vervolg)
U wat my sonde uitwis,
my in die afgrond sien,
U skenk aan my vergifnis
sodat ek U kan dien.
Psalm130a:2
Só wag ek op die Here
- Hy wat sy woord sal hou soos wagters op die môre,
omdat ek Hom vertrou.
Op Hóm wat so getrou is,
wag, Israel, ja wag!
Verlossing en vergifnis
kan Hy alleen vermag.
Uit donker dieptes roep ek;
U, Here, roep ek aan,
hier waar, aan leed gekluister,
ek vrees om te vergaan!
Psalm 130b:1 (vervolg)
Sal U, o God, tog luister
- u oor gedraai na my U wat uit nood en wanhoop
u gunsgenote lei?
Psalm 130b:2
Oor sonde wat bly klewe,
werp ek my voor U neer;
teen U, o God verhewe,
kan ek my nie verweer.
Maar, Heer, van ons oortredings
maak U geen optelsom;
U, God van groot vergewing,
laat sondaars na U kom.
Psalm 130b:3
Soos wagters na die ooste
die oog verlangend rig,
so soek ek in gebede
o, Heer, u aangesig.
Wag, Israel, op verlossing
totdat die môre straal
en God na nag en lyding
sy seën op ons laat daal.
Uit dieptes, gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wanhoop my vergaan;
Psalm 130c:1 (vervolg)
uit diep van donker nagte
roep ek, o Here, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim in u oor!
Psalm 130c:2
As U, o Heer, die sonde
na reg wou gadeslaan,
wie sou een enk'le stonde
voor U, o Heer, bestaan?
Maar nee, daar is vergewing
altyd by U gewees;
daarom word U met bewing
reg kinderlik gevrees.
Psalm 130c:3
Soos een wat op die mure
as wagter uitgestel,
gedurigdeur die ure
met sy gedagte tel –
só wag my siel, en sterker,
gedurig op die Heer,
tot Hy, die Ligbewerker,
die nag in daagraad keer.
Psalm 130c:4
Hoop, Isr'el, in jou klagte;
vertrou, o volk, wat treur;
sy guns verduur die nagte,
sy heil breek eind'lik deur.
Dan skyn 'n soete vrede:
gans Israel word vry
van ongeregtighede.
Heer, doen ook so aan my!
Geen strewe jaag ek na bo my vermoë,
geen trots of hoogmoed is daar in my oë.
Sal ek die groter dinge wil oortref
en sal ek my, o Heer, teen U verhef?
Psalm 131:2
'n Kind rus in sy moeder se beskerming.
So vind ek vrede, Heer, in u ontferming.
Wag, Israel, vertrou Hom deurentyd.
Wag op die Here tot in ewigheid.
Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan
Hy het so baie deurgestaan.
Hy het voor U 'n eed gesweer
ter wille van u Naam se eer:
Psalm 132:2
"Geen slaap of sluimer gun ek my
voor ek 'n plek vir Hom berei,
'n woning, 'n verblyf vir Hom,
eers dán sal ek tot rus kan kom."
Psalm 132:3
Die ark, gehaal bo uit Jaär
ons sal dit in Gods huis bewaar.
Kom laat ons waar die Here woon
aanbiddend neerbuig voor sy troon.
Psalm 132:4
Trek op na waar u rusplek wag;
neem saam die ark, Heer, van u krag.
Heer, laat u priesters triomfeer,
u troue dienaars jubileer.
Psalm 132:5
Verstoot nie u gesalfde, Heer,
ter wille van u eed gesweer.
Ek weet U sal U wel getrou
aan u verbond met Dawid hou:
Psalm 132:6
"Jou eie seun, jou eie kind,
voer ná jou koningskap bewind.
Jou nageslag sal bly regeer,
as hulle hou by wat Ek leer".
Psalm 132:7
'n Huis is Sion vir die Heer.
Hy het dit self verordineer:
"Ek seën hom, Ek sorg vir hom,
Ek sien ook na sy armes om."
Psalm 132:8
"Sy priesters sal daar triomfeer,
my troue dienaars jubileer.
Daar vestig Ek sy koninkryk,
die vyand sal ontkrag toekyk."
Waar broers saam woon,
as hulle eensgesind is,
as hulle saam in liefde heg verbind is,
hoe goed is dit, hoe mooi geaard.
Psalm 133a:1 (vervolg)
Dit is soos olie,
vloeiend, ryk van geur,
vanaf die hare loop die oorvloed deur
tot in die priesterlike baard.
Psalm 133a:2
Só is dit waar die eensgesindes lewe -
soos dou wat op die
Hermon val en swewe
en ver op Sion daal dit neer.
So wonderlik is dit, so lieflik skoon,
Gods seën rus waar
eensgesindes woon,
vir altyd leef hul by die Heer.
Hoe goed is dit
as broers in vrede saamwoon soos salwingsolie van Aäron afstroom,
oor hoof en baard tot by sy soom.
Psalm 133b:1 (vervolg)
Dit is soos dou,
die dou van Hermonsberg,
wat daal op Sion, soos 'n sagte reën
waar broers só leef, gee God sy seën.
Kom prys die Here, prys sy Naam,
dié wat Hom dien, kom loof Hom saam;
hef snags die hande op na Hom
en prys Hom in sy heiligdom.
Psalm 134a:2
Jy kan van Hom, wat als vermag,
uit Sion ryke seën verwag.
Jy kan altyd op Hom vertrou -
uit Sion seën die Here jou.
All people that on earth do dwell,
sing to the LORD with cheerful voice.
Serve him with joy, his praises tell,
come now before him and rejoice!
Psalm 143b:2
Know that the LORD is God indeed;
he formed us all without our aid.
We are the flock he comes to feed,
the sheep who by his hand were made.
Psalm 143b:3
O enter then his gates with joy,
within his courts his praise proclaim.
Let thankful songs your tongues employ,
O bless and magnify his name.
Psalm 143b:4
Because the LORD our God is good,
his mercy is forever sure.
His faithfulness at all times stood
and shall from age to age endure.
Prys die Here,prys sy Naam,
tempeldienaars van die Heer.
Dis wat elke kneg betaam.
Hy is goed, bewys Hom eer.
Lieflik is die Heer se Naam.
Al sy dienaars prys Hom saam.
Psalm 135:2
Jakob is sy eiendom,
uitverkies as sy besit.
Israel behoort aan Hom
Hóm wat hul as God aanbid.
Naas Hom is geen God soos Hy
wie se grootheid ek bely.
Psalm 135:3
Wat Hy wil, dit sal geskied,
alles volg sy wil gedwee
wat Hy hul ook al gebied,
hemel, aarde en die see.
Wind en wolke gaan Hy haal;
vir die reën die weerligstraal.
Psalm 135:4
Van die farao bevry,
het die Here ons laat gaan.
Veilig het Hy ons gelei;
baie nasies is verslaan.
Hulle land is ons geskenk.
Laat ons dan sy Naam gedenk.
Psalm 135:5
Here, U is altyd daar,
oor ons saak voer U gesag.
U het ons as volk bewaar
van geslag tot nageslag.
U doen, Here aan ons reg,
U ontferm U oor u kneg.
Psalm 135:6
Wat die nasies het, is stom,
blind en doof en van metaal.
Werk wat uit hul hande kom,
dít sal nie kan asemhaal.
Hy wat so 'n afgod vrees,
hy sal soos sy maaksel wees.
Psalm 135:7
Daardie ore, kan hul hoor?
Daardie neus daar, kan dit ruik?
Voete het hy, maar waarvoor?
Kan hy daardie hand gebruik?
Soos die beeld deur hom gehóú,
word hy wat dié god vertrou.
Psalm 135:8
Loof God, elke Israeliet;
Hy het na ons omgesien.
Loof Hom, priester en Leviet,
almal wat die Here dien.
Laat daar lof uit Sion kom;
prys Hom in sy heiligdom.
Loof die Here, Hy is goed,
Hy die God wat ons behoed.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:2
Hy's almagtig, Hy alleen,
in sy dade, in elkeen.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:3
Uit sy insig het ontstaan
hemel, aarde, son en maan.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:4
Israel is uitgelei,
uit die land van slawerny.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:5
Deur die see, in die woestyn
het Hy aan sy volk verskyn.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:6
Konings het voor hom gesterf;
Hy't sy volk hul land laat erf.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:7
Ons is uit vernedering
na bevryding t'ruggebring.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Psalm 136:8
Hy laat lewe, want Hy voed;
loof die Here, Hy is goed.
Deur sy liefde onbeperk
het Hy wondere bewerk.
Ver van Sion weggevoer,
daar in Babel, diep ontroer,
het ons aan ons land gedink.
Geen musiek het opgeklink.
Psalm 137a:1 (vervolg)
Daar waar die riviere vloei,
aan die wilgers wat daar groei,
is ons harpe opgehang
in ons hartseer en verlang.
Psalm 137a:2
Daar het hulle ons gepla
en 'n Sionslied gevra.
"Sing vir ons", het hul gesê,
"vrolikheid, dit wil ons hê.“
Hoe besing jou hartseer mond
Sion op dié vreemde grond?
Hoe sing jy aan God die Heer
in die vreemde lof en eer?
Psalm 137a:3
O my stad, vergeet ek jou,
mag dit my dan swaar berou:
Mag my hand homself vergeet,
van homself nie langer weet,
mag my tong en mond verstom
en geen lied meer daaruit kom.
Mag my stad, o Sion, jý
steeds my hoogste vreugde bly.
Psalm 137a:4
Wil, o Here, Edom straf.
"Sion - breek sý mure af.
Laat dit op die aarde lê."
Só is van ons stad gesê.
Babel, jy word straks beslis
oor ons lyding uitgewis.
Mag selfs vir jou nageslag
ook 'n swaar vergelding wag.
By Babel se riviere
traanblind het ons verlang
en in die wilgerbome
ons liere opgehang:
Psalm 137b:1 (vervolg)
Hoe kon ons vir ontvoerders,
vir spotters sing van God;
so met 'n lied van Sion
sy heiligheid bespot?
Psalm 137b:2
Jerusalem, geliefde,
o, as ek jou vergeet,
laat dan my vingers stram raak,
my hand verlam in leed;
laat dan dié stem wat lofsing
hees in my keel bly steek oor jou het ek as balling
my swye nooit verbreek.
Psalm 137b:3
O, God, dat U oor Babel
u oordeel uit sal spreek:
Hy het ons heiligdomme
tot bouval afgebreek.
Van u altare is ons
deur sy geweld beroof,
ontneem ook van die sange
waarmee ons U kon loof.
Psalm 137b:4
Laat ook tog nou, o Here,
oor Edom reg geskied.
Maak die geweldenare
deur u bevel tot niet:
Gelukkig is diegene
wat julle sal kasty
na maat van al die smarte
wat ons deur jul moes ly.
U loof ek met my hart wat sing
en hulde bring u Naam ter ere.
Laat al die gode dit maar hoor:
ek buig my voor u tempel, Here.
Psalm 138:1 (vervolg)
Ek sal u trou en liefde noem,
u Naam bly roem, so hoog verhewe.
U doen u Naam en woord gestand,
U sterk my hand, dwarsdeur my lewe.
Psalm 138:2
Die konings sal U almal prys,
U eer bewys uit alle oorde.
As hulle van u dade hoor
sing hul daaroor en loof u woorde.
Verhewe Heer, U gee tog om
vir dié wat kom na U in ootmoed.
Maar hulle kan U nie ontgaan
wat selfvoldaan bly leef in hoogmoed.
Psalm 138:3
Die dag toe ek in nood verkeer,
toe red U, Heer, my van die vyand.
Uit liefde reik U my u hand,
u regterhand in troue bystand.
U liefde, Heer, is onbeperk;
wat U bewerk laat U nie daar nie.
Hou dan die werke van u hand,
o Heer, in stand, laat dit nie vaar nie.
O, Here, U ken my volkome,
U sien tot in my wesensgrond.
U toets my hart, lees my gedagte
voor daar ’n woord kom uit my mond.
Waar ek my ook al wend of keer,
U is voortdurend by my, Heer.
Psalm 139:2
Kon ek op vlerke my begewe
na uiterstes van die heelal,
ek sal U teëkom in die sfere,
ook in die diepste aardse dal.
Die donker hou vir U niks dig –
dis soos die dag en stralend lig.
Psalm 139:3
Ook was ek nooit vir U verborge,
maar altyd voor U oop en bloot –
U het my meesterlik geskape
in die geheime moederskoot.
U sluit vanaf my vrugbegin
my met u troue liefde in.
Psalm 139:4
Bekend is U met al my tye
van voor my eerste daeraad.
Slegs U bepaal my aantal jare,
die afsny van my lewensdraad.
O, u gedagtes is soos sand,
ontelbaar vir my klein verstand.
Psalm 139:5
Verblind tog dan met al u luister
die dwase wat U nie wil dien,
maar hou my uit die sondeduister
deur altyd dwarsdeur my te sien;
met u nabyheid steeds omgeef,
deurgrond my hart, Heer, leer my leef
Beveilig my teen die geweld
van mense ingestel op kwaad.
Op vyandskap is hul gesteld
met tonge wat venynig praat.
Psalm 140:2
Hou U my uit die mag en plan
van goddelose mense, Heer,
wat strikke voor my voete span;
laat hul nie oor my triomfeer.
Psalm 140:3
U is my God en my verweer.
Heer, luister na my smeekgebed.
Aan U behoort ek, God, my Heer,
U het die krag om my te red.
Psalm 140:4
Die mense wat my dreig, o Heer,
teen U wil hulle hul verhef.
Voorsien daarin 'n ommekeer:
laat hulle planne hulle tref.
Psalm 140:5
Gooi hulle in 'n donker put,
werp kole gloeiend op hul neer.
Laat hulle daar lê, onbeskut.
Roei uit die skindertonge, Heer.
Psalm 140:6
Aan armes word u reg bewys,
aan swakkes word u reg getoon.
Dié wat opreg is, sal U prys
en in u huis, daar sal hul woon.
Kom gou! Na U, o Here, roep ek
en neem dit as 'n offer aan,
'n wierookoffer, of van graan,
as ek my hande na U uitstrek.
Psalm 141:2
Heer, wil U oor my woorde waghou,
Oor wat ek sê en wat ek praat,
wil my gedagtes van die kwaad
en van verkeerde dinge weghou.
Psalm 141:3
Wie onreg doen en ander sonde,
hou, Here, my van hulle weg,
ver weg van hulle feesgereg,
die lekkernye van hul monde.
Psalm 141:4
Laat die opregte my teregwys,
laat hy in liefde my kasty;
maar goddeloses word vermy,
hoe gasvry ook, ek sal hul wegwys.
Psalm 141:5
Ek bid aanhoudend teen die boosheid,
die kwaad en onreg wat hul stig:
Heer, my gebede word gerig
voortdurend teen die goddeloosheid.
Psalm 141:6
As hulle leiers van 'n krans stort,
"Dis goed", só sal hul my hoor sê;
laat hulle bene oral lê
soos kluite waar 'n land geploeg word.
Psalm 141:7
O Heer, op U rig ek my oë
my skuiling - ek, u eiendom.
Wil dat ek kwyn, o Heer, voorkóm;
behou my deur u mededoë.
Psalm 141:8
Dié wat 'n strik vir my gestel het,
laat hulle self daaronder ly;
laat kom my ongedeerd verby,
vang hulle in hul eie vangnet.
In nood roep ek die Here aan
en smekend kom ek voor Hom staan;
ek noem my nood vir Hom en kla
as ek om sy genade vra.
Psalm 142:2
U weet, Heer, ek het moed verloor,
want wie het iets nog vir my oor?
Maar, Here, strikke is daar wel
deur mense op my weg gestel.
Psalm 142:3
Ek kan alleen na U toe kom.
Wie anders gee nog vir my om?
En elke uitvlug is gesluit,
net U help my uit strikke uit.
Psalm 142:4
Heer, ek is swak en ingeperk
en my vervolgers is te sterk.
Ek roep na U: Net U kan my
uit my gevangenskap bevry.
Psalm 142:5
Doen goed aan my, ek sal U prys,
ek sal U dankbaarheid bewys.
Regverdiges sal my omring
en saam sal ons U hulde bring.
Hou nie gerig met my nie,
hoor tog hoe smeek u kneg.
Van skuld is niemand vry nie,
o Heer, voor u gereg.
Psalm 143:1 (vervolg)
Vertrapte van die vyand,
is ek so goed as dood;
ek smag, Heer, na u bystand,
verslae in my nood.
Psalm 143:2
Ek dink aan verre dae;
dink oor u werke na.
Hoor hoe ek pleitend klae,
hoe ek om liefde vra.
Ek roep U in my nood aan,
U, Heer, wat ek vertrou.
Ek is soos een wat doodgaan.
Heer, antwoord my tog gou.
Psalm 143:3
Ek skuil by U; bevry my.
Op U stel ek my hoop.
Leer my u wil en lei my -
wys my waar ek moet loop.
Gun my dat ek mag lewe.
Ruim húlle uit die weg
wat na my einde strewe.
Ek dien U as u kneg.
Loof God die Heer,
Hy gun my altyd bystand.
Hy leer my hoe om in die stryd te veg.
Hy ondersteun my altyd teen die vyand,
vir oorlog voer, leer Hy my vingers reg.
Psalm 144:1 (vervolg)
Ek skuil by Hom,
my rots, wat ek vertrou,
Hy wat my volk trou onderdanig hou.
Dit is die Heer wat my so vaardig maak.
Hy is die skild wat veilig oor my waak.
Psalm 144:2
Wat is die mens dat U tog U verwerdig
om soveel aandag dan aan hom te gee?
Wat steek daar in die
mens wat dit regverdig
dat u, Heer, liefde aan hom bly bestee?
Psalm 144:2 (vervolg)
'n Nietigheid, 'n skadu wat vergaan,
'n asemstoot, oor hóm is U begaan.
U hou, o Heer,
dié nietigheid in stand,
en U behoed hom seënend met u hand.
Psalm 144:3
Laat skeur die hemelboog
wanneer U afdaal,
laat staan in rook die hoë berge, Heer,
dié wat U straf,
laat blitse op hul afstraal,
jaag hul daarmee,
Psalm 144:3 (vervolg)
laat pyl dit op hul neer.
Strek uit u hand en laat u sterkte geld,
ontruk my uit die waters se geweld
en uit die mag van vreemdelinge, Heer,
wat leuens vertel en
wat bedrog prakseer.
Psalm 144:4
Vir U sing ek 'n lied met eerbetoning
en met die lier wil ek dit begelei.
U wat beslis oor
heersers en oor konings,
wat Dawid red, my lied wil ek U wy.
Psalm 144:4 (vervolg)
U wat só red, U wat só kan bevry,
maak my ook vry,
red van die swaard ook my.
Red my van hulle wat bedrog prakseer,
die waarheid en die eerlikheid onteer.
Psalm 144:5
Heer, maak ons seuns sterk bome,
hoog, vol blare.
Maak elke skuur oorlopens
vol met graan.
Ons dogters, Heer,
maak hulle hoekpilare.
Psalm 144:5 (vervolg)
Laat teel ons vee in duisendtalle aan.
Laat niemand bresse in ons mure slaan,
laat geen geskreeu óp
uit ons strate gaan.
Gelukkig is die volk en land gewis
vir wie die Heer die God van goedheid is
Ek wil u lof getrou verkondig, Heer,
dit uitdra oral, altyd, meer en meer.
'n Loflied kom U toe van dag tot dag
van elkeen, van geslag tot ver geslag.
Psalm 145:2
My Koning, U is ondeurgrondelik;
u Naam is groot, u maaksels wonderlik.
U werk is magtig, magtig is u daad.
Die mense moet dit hoor
en daarvan praat
Psalm 145:3
Ek wil getuig van al u majesteit,
u luisterrykheid en u heerlikheid.
U grootheid moet ek aan die mense stel
sodat hul sonder ophou dit vertel.
Psalm 145:4
U is genadig en vir almal goed.
Dit is u grote liefde wat ons voed.
U is oor al u maaksels steeds begaan,
want almal, alles het uit U ontstaan.
Psalm 145:5
Ons almal as u skepsels loof u mag;
u troue dienaars prys u grote krag.
Ons noem u koningskap
met diep ontsag,
u heerskappy geslag steeds na geslag.
Psalm 145:6
Dié wat geval het kan weer op Hom leun.
Hy sal dié wat bedruk is, ondersteun.
Wie honger is,
dié word deur Hom gevoed.
Sy hand is oop, vir almal is Hy goed.
Psalm 145:7
In alles wat Hy doen,
is Hy getrou.
Geregtigheid word deur Hom onderhou.
Hy is regverdig in sy handeling.
Laat ons 'n loflied
oor sy grootheid sing.
Psalm 145:8
Hy sal in sy genade hulle sien
wat voor Hom buig
en Hom met liefde dien,
maar dié wat goddeloos is,
gaan tot niet;
verdelging word deur
Hom oor hul gebied.
Psalm 145:9
Ek sal die lof verkondig van die Heer,
dit uitdra, altyd, oral, keer op keer.
Laat al wat leef Hom prys en almal saam
sing van sy heilige en grote Naam.
Prys die Here, loof en prys Hom.
Ek wil God se lof besing.
Hy is magtig; loof en prys Hom.
Ek wil God my loflied bring,
en so lank ek leef Hom eer.
Loof die groot en troue Heer.
Psalm 146a:2
Van die mens bly niks behoue,
sonder asem word sy mond.
Stel in hom dan geen vertroue,
selfs die magtigste word grond.
Al sy planne gaan tot niet.
Hoe kan hy jou redding bied?
Psalm 146a:3
Hy is goed, die God van Jakob,
vestig ook op Hom jou hoop.
Hulpeloses rig Hy weer op,
blinde oë maak Hy oop.
Hy wat als geskape het,
Hy alleen sal jou kan red.
Psalm 146a:4
Gans sy skepping sonder grense
word deur Hom steeds onderhou.
So bly Hy ook aan die mense
as sy maaksels steeds getrou.
Hy die bron van wat bestaan,
is ook oor die mens begaan.
Psalm 146a:5
God gee uitkoms en bevryding,
hongeriges gee Hy brood.
Hy genees ons van ons lyding
en verlos uit elke nood.
Die verdrukte in gebed
hoor Hy aan, sy liefde red.
Psalm 146a:6
Hy sal altyd trou ons Heer bly;
deur Hom sal daar redding kom.
Maar die goddelose stuit Hy
en versper sy pad vir hom.
Hy sal altyd bly regeer.
Halleluja! Prys die Heer.
Prys die Heer met blye galme,
o my siel, daar 's ryke stof!
'k Sal, solank ek leef, my psalme
vrolik toewy aan sy lof
en Hom, wat sy guns my bied,
altyd groot maak in my lied.
Psalm 146b:2
Salig hy wat in die lewe,
sonder hulp en sonder raad,
as hom alles wil begewe,
vlug tot God, sy toeverlaat;
en ook in die swartste nag
op die Here alleen bly wag.
Psalm 146b:3
Dis die Heer wat aan die arme
in sy druk laat reg geskied,
wat uit liefderyke erbarme
hongeriges spyse bied;
wat gevang'nes vryheid skenk
en hul in hul smart gedenk.
Psalm 146b:4
Dis die Heer wat vreemdelinge
met 'n wakende oog aanskou,
weduwees in twisgedinge,
met hul wese, staande hou.
Maar sy arm, hul steun en hoop,
stuit die bose in sy loop.
Psalm 146b:5
Moet op prinse nie vertrou nie,
by wie niemand heil kan vind op die mens jou hoop nie bou nie;
want as God hul gees ontbind,
keer hul na die aarde weer
en hul raadslag stort terneer.
Psalm 146b:6
Dis die Heer wat aarde en hemel,
die getuies van sy mag,
met die see en wat daar wemel,
voortgebring het deur sy krag;
wat, onwrikbaar in sy trou,
altyd sy beloftes hou.
Psalm 146b:7
Dis die Heer se mededoë
wat die blinde oog verlig;
wie in stof lê neergeboë,
word deur Hom weer opgerig.
Hy bemin dié wat opreg
wandel in sy woord en weg.
Psalm 146b:8
Dis die God der leërmagte,
troue Bondsgod van weleer,
God van wordende geslagte,
tot in ewigheid die Heer.
Sion, sing dié God ter eer,
prys sy grootheid, loof die Heer!
Dis goed om God se lof te sing;
om Hom te loof, gee ons genot.
Die lof wat ons aan Hom moet bring,
dit kom Hom toe. Hy is ons God.
Psalm 147:1 (vervolg)
Hy bou Jerusalem weer op.
Ons tuiste het ons t'ruggevind.
Genees is weer ons hart se klop.
Ons wonde is weer sag verbind.
Psalm 147:2
Die sterre het Hy afgetel
en elkeen met 'n naam benoem.
Geen taal kan van sy mag vertel,
sy grenselose kennis noem.
Die swakkes word weer opgehef,
God sal vir hulle uitkoms bring.
Die goddeloses word getref
deur God se fel vernedering.
Psalm 147:3
Sing nou 'n danklied tot die Heer;
Die aarde word met reën besproei,
Hy reël die wolke en die weer,
die bergland word met gras begroei.
Hy wat vir mens en dier voorsien,
het niks aan die vertoon van krag,
maar is gesteld op wie Hom dien
en prys stel op sy trou en mag.
Psalm 147:4
Sing, Sion, sing, Jerusalem.
Jou poorte is deur Hom versterk.
Prys God, jou God, met blye stem.
Hy't voorspoed in jou land bewerk.
Die aarde doen wat Hy beveel.
Hy't alles onder Hom gestel.
Hy het sy woord jou meegedeel.
Kom, prys die Here, Israel.
Prys uit die hemele die Heer,
gee, engele, aan Hom die eer.
Prys, son, prys, maan, en prys Hom, ster
dié hemelwesens hoog en ver.
Psalm 148:2
Deur net 'n enkel woord te sê,
is wat bestaan reeds vasgelê.
Georden is op sy bevel
die dinge in hul plek gestel.
Psalm 148:3
Geen enkel ding in die heelal
sal uit sy vaste hegting val.
Loof Hom, want binne sy bestek
het elke ding sy grens en plek.
Psalm 148:4
Juig, dinge in die atmosfeer,
sing halleluja, loof die Heer:
Die seedier en die oseaan,
die sneeu en wolk wat Hom verstaan.
Psalm 148:5
Die berg en hemel respekteer
al die bevele van die Heer;
gehoorsaam, julle, God se taal.
Loof Hom en prys Hom, weerlig, hael.
Psalm 148:6
Die bome wat die berge sier,
die vrugteboom, die wilde dier,
en als wat kruip, wat vlieg, wat spring,
sal meegevoer hul loflied sing.
Psalm 148:7
Loof, volke, heersers, regters saam,
loof, jonges, oues, God se Naam,
loof Hom, want in sy majesteit
heers Hy oor alles wyd en syd.
Psalm 148:8
Laat ons dit in ons lof vertel:
Hy het sy volk in eer herstel.
Aan hulle het Hy mag gegee,
sy volk het Hy met roem beklee.
Psalm 148:9
Kom prys die Heer met dankbaarheid.
Prys hom in al sy majesteit.
Die volk wat naby aan Hom staan,
hef hoog 'n halleluja aan.
Prys met 'n nuwe lied die Heer,
sing halleluja, tot sy eer,
ons Koning en ons Maker.
Getroue dienaars, Israel,
kom loof by instrumentespel
ons Koning en ons Maker.
Psalm 149:2
Juig waar ons saamkom tot sy eer;
loof met die tamboeryn en lier
die Sionsvolk se Koning;
Die hulpeloses triomfeer
deur dié almagtig sterke Heer,
Hy kroon ons met oorwinning.
Psalm 149:3
Die roem van God klink uit hul mond;
daar is 'n swaard in elke hand,
geslyp, gereed, bevrydend.
Hul durf die volke daarmee aan,
die nasies word daarmee verslaan,
met swaarde skerp tweesnydend.
Psalm 149:4
Die volkere se edeles
en konings word gevangenes,
die Heer se Naam ter ere.
Hul word gestraf op Gods bevel,
sy gunsgenote word herstel.
Getroues, prys die Here.
Prys die Here, almal kom,
loof Hom in sy heiligdom.
Prys Hom met die harp en lier
hier op aarde, prys Hom hier.
Psalm 150:1 (vervolg)
Prys sy dade sterk en kragtig;
Sing jul loflied in 'n koor.
Jubel so dat almal hoor:
Hy is groot en Hy is magtig.
Psalm 150:2
Laat ons God se grootheid vier.
Loof en prys Hom met die lier.
Bring die tamboeryn en snaar
en die horing bymekaar.
Prys met musikale rykdom,
harp en fluit en die simbaal.
Almal wat kan asemhaal,
Halleluja, loof en prys Hom.