Transcript Document

Kom kyk! Kom kyk!

Kyk, alles word nuut!

Die Gees werk in my; die Gees werk ook in jou.

Kom kyk! Kom kyk!

Kyk, alles word nuut!

Sy woorde is waar jy kan op Hom vertrou.

Kom kyk! Kom kyk!

Kyk, alles word nuut!

Die Gees werk in my; die Gees werk ook in jou.

Kom kyk! Kom kyk!

Kyk, alles word nuut!

Sy woorde is waar jy kan op Hom vertrou.

Hoe lief het ek u woning, Heer.

Ek wil U in u tempel eer.

Ek smag na U met sterk verlange.

Met daardie mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet en U daar prys met lofgesange.

Ek sal my lof met jubeling aan U wat waarlik lewe, bring.

Ek prys U daar met hart en vlees waar selfs die mossie tuis mag wees by u altare hoog verhewe.

Die swaeltjie is daar ewe tuis; ’n woning is vir my u huis waar ek bestendig met U lewe.

Met al die mense gaan dit goed wat in u tempel U ontmoet.

Gees van God wat in my woon, breek die Woord vir my.

Gees van God wat in my woon, kom en heilig my.

Troos my, sterk my, leer my, lei my.

Gees van God, kom heilig my breek die Woord vir my.

Spirit of the living God, fall afresh on me; Spirit of the living God, fall afresh on me.

Melt me, mold me, fill me, use me.

Spirit of the living God, fall afresh on me.

Gees van God wat lewend maak, vul my meer en meer.

Gees van God wat lewend maak, vorm my tot u eer.

Troos my, sterk my, leer my, lei my.

Gees van God, vul my al meer vorm my tot u eer.

Spirit of the living God, move among us all; make us one in heart and mind, make us one in love: humble, caring, selfless, sharing.

Spirit of the living God, fill our lives with love.

Die Here salf ons met sy Gees tot diens en heiligheid tot koning, priester en profeet, tot ware Christen-wees.

Die Gees van God bly wonderbaar voortdurend inspireer dat ons met Hom en met mekaar in liefde kan verkeer.

Die Heil’ge Gees gee uit die skat, deur Christus self verdien sy liefde, blydskap, vrede, guns kom Hy aan ons voorsien.

Wie hul laat lei deur God se Gees, leer iets van Christen-wees Hy leer ons bid, getuig en dien en liefhê sonder vrees.

14 16 Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. 15 Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.

Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, 17 is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan:

18 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf hetom die evangelie aan armes te verkondig.

Hy het My gestuur: om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19 kondig.” 20 om die genadejaar van die Here aan te Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig. 21 Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.

22 23 Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?” Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’

24 25 Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ’n groot hongersnood in die hele land gekom het. 26 Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na ’n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. 27 En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 30 29 weggegaan.

Hulle het Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en

• • Interne-horlosie Gees van die Here

1. Jesus is deur die Heilige Gees verwek 2. Jesus het grootgeword met die Heilige Gees 3. Jesus is gedoop vir sy bediening met die Heilige Gees 4. Jesus word in sy bediening begelei deur die Heilige Gees

1. Die Gees werk in ons gedagtes 2. Die Gees werk in ons gebede 3. Die Gees werk in ons woorde 4. Die Gees gee vrug in ons lewe

Heer, ons dink aan Afrika, land van helder son.

Soveel mense wat hier woon, wag op God se Woord – Mense smagtend in hul nood na die God van hoop.

Hoor ons smeekgebed, o Heer, Vader wat regeer.

Bring die liefde van ons Heer na die mense wat hier woon.

Seën Afrika! Laat ons saam in vrede woon.

Give a thought to Africa! ‘neath the burning sun.

There are hosts of weary hearts, waiting to be won.

Many lives have passed away; and in many homes There are voices crying now, to the living God.

Tell the love of Jesus by her hills and waters God bless Africa and her sons and daughters.

Vader, Seun, Heil’ge Gees, hoe sal ons u heerlikheid kan verwoord, u lof besing met ’n aardse stem?

Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.

Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.

Woord uit Woord, Lig uit Lig, kom as mens op aarde.

Bo begrip, bo ons verstand is u grootheid, Heer.

Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.

Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.

Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.

Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.