Kwart-voor-sewe-lelie aanbieding deur L van Heerden, Hoërskool

Download Report

Transcript Kwart-voor-sewe-lelie aanbieding deur L van Heerden, Hoërskool

Kontekstuele vraag
L van HEERDEN, HS MONTANA
Aanbieding in klas
• Opvoeder se entoesiasme
• Lees boek in klas
• Hoe word boek gelees?
• Verdeel in kleiner dele
• Toetse
Aanvangsaanhaling
“Angels can fly, because they
take themselves lightly”
G.K. Chesterton
Engele kan vlieg omdat hulle
hulself ligtelik opneem.
Engele
• Beweeglik
• Kan bo die alledaagse uitstyg
• Neem nie hulself of omgewing
ernstig op nie.
• Karakters kan soos engele wees.
• Humor is belangrike deel van
verhaal.
Fly
• om in die werklikheid, fisiek te kan vlieg
• om met verbeelding/fantasie te ontsnap
van die werklikheid
“take someone lightly”
• om nie iemand ernstig op te neem nie
• om iemand liggewig te beskou ( mening dra
nie genoeg gewig nie)
Funksie van interteks
• voorspel reeds humor in teks
• verwys na die Engel
• verwys na karakters wat hulself nie
ernstig opneem nie
• betrek subtema van werklikheid /
fantasie
Deel van magiese realisme.
Funksie in roman:
• Beskerm
• Raadgewer
• Geselskap
• Help Iris tot insig kom
• Luister na Iris
Doen nie vogende nie:
• Neem nie
verantwoordelikheid vir
Iris en haar mense nie.
• Maak nie reg as mense
verbrou nie.
• Voorspel nie toekoms nie.
Stamboom
Pa (gemoedelik)
Elsa, Kara, Iris
(dogters)
&
&
Ma (vergeetagtig)
Johanna
&
Polder
(huishulp)
(Hollandse hond)
Opsomming van gebeure
Hoofstuk 1
• Iris as kind, verhouding met gesin en Riekie
• Universiteit en ontmoeting met Peter
• Begin werk, verhouding met Peter ontwikkel,
Frederik sleep vlerk
Hoofstuk 2
• Iris in Frankryk (Engel) en Amerika
• Keuses: model, Peter of Frederik?
• Vermont, Brian-hulle, breek enkel
Hoofstuk 3
• 5 jaar later terug in Suid-Afrika
• Besoek Peter se ouers
• Peter se ongeluk by die werk,
konfrontasie met Engel
• Iris, Peter koop haar ouerhuis
Metatekstuele aspekte
• Verwys na skryfproses van 'n teks
binne ’n teks.
• Iris se verbeelde stories
(fantasieë)
Iris
Hoofkarakter en verteller
Jongste dogter
Dromer/fantaseer
Glo in die magiese – het ‘n Engel
Studeer letterkunde aan universiteit
Werk as stoelassistent by dr. Anders
(tandarts)
• Glo sy moet blom
• Trou uiteindelik met Peter
•
•
•
•
•
•
Naam
• Blom (bolplant)
• flap
• Iris perserig by
geboorte
• Arms en bene oor
verpleegster se
hande geflap
(bl. 10)
Deel van oog
Diepsinnig en
skerpsinnig
(bl. 10)
Griekse mitologiese godin in
diens van hoër gode
(bl. 10)
(godin van die reënboog)
(bl.36)
Fleur de lis
(Franse term – beteken
“blom van lelie”
(bl. 36)
Iris se lewensfilosofie
•
•
•
•
Iris glo dat sy een of ander tyd moet blom. (131)
Moet dus te alle tye gereed wees. (104)
Moet elke geleentheid aangryp. (104)
Wil moment van volmaakte sintese beleef.(140)
Wat sê ander?
Johanna: “Jy blom elke dag vir ons.” (87)
Billy: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die
man spit jou uit? … Nie alle bolle kom tot bloei nie.” (105)
Engel: ”Party mense blom ongesiens, ... So onverwags dat
niemand dit eers opmerk nie.” (195)
Peter: ”Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie... Hulle
moes jou Anna of Marie genoem het” (132)
”As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont
toe.” (133)
Later vereenselwig Iris haar nie meer met die iris nie,
maar met die kwart-voor-sewe-lelie.
Kan nou meer as een keer blom.
Hoef nie volmaakte sintese te beleef nie.
Iris se fantasieë
Iris vind die werklikheid nie aangenaam of
interessant nie, maar alledaags. Sy vind ontvlugting
in haar fantasieë. Kara kondig aan dat sy ‘n non wil
word.
Fantasie 1 (bl 17)
• Riekie word Richard
• Bruin borselkop word golwende donker hare wat
amper in sy nek hang
• Oomblikke van vervoerde passie
• Stomp hande word sensitiewe lang vingers
• Intense versiende oë
• Richard is vry van liggaamlike manifestasies en
swakhede
• Richard is teer en intens en sy soene vermurwe Iris
se ruggraat
• Riekie se mond is te nat, te groot en te werklik
Fantasie 2 (bl. 22,23)
Elsa se troue is vir Iris te alledaags, te prakties se
ongevoelig. Dit pas nie in by die romantiese prentjie
wat Iris oor troues fantaseer nie.
• Riekie (strooijonker) word die Fransman
Eduard
• Eduard is Hannes se peetoom
• Praat Engels met ‘n bekoorlike aksent.
• Wou dadelik na troue terug vlieg.
• Besluit om langer te bly om Iris beter te leer
ken.
• Ervaar ‘n paar kosbare nagte van passie.
Fantasie 3 (bl 28-31)
Met Elsa se swangerskap begin Iris ‘n fantasie waarin
swangerskap die spilpunt is. Die fantasie hou haar
maande lank besig.
• Hoofkarakter (Greta) is Iris se alterego.
• Peter (‘n goeie vriend en rokjagter) kom huil op
haar skouer.
• Nadat hulle koffie gedrink het, gaan lê sy langs hom
op die bed.
• Hulle bring die nag in mekaar se arms deur.
• Hy vertrek Amerika toe om ‘n kursus by te woon.
• Met sy terugkoms, vind hy haar swanger en is baie
geskok.
• Hy wil met haar trou, maar sy wil nie.
• Hy sterf in ‘n motorongeluk.
• Sy prokureur (Paul) lees ‘n brief aan sy broer
(Eduard) voor waarin Peter vra dat hulle na Greta sal
omsien as hy iets sou oorkom.
• Paul gaan besoek Greta met ‘n voorstel dat hul
finansieel na haar en baba sal omsien, maar sy
verwerp dit.
• Eduard besoek haar, sy begin kraam, hy neem haar
hospitaal toe en ‘n seuntjie word gebore. Uiteindelik
raak hulle verlief en knoop ‘n verhouding aan.
(bl. 36, 37, 40, 213)
• Toe Iris ‘n verhouding met die werklike Peter
aanknoop, oorvleuel werklikheid en fantasie by tye.
Haar lewe raak te oorbevolk toe die Engel ook deel
van haar bestaan raak. Sy besef dat die werklikheid
met Peter beter is as die fantasie dus verdwyn haar
fantasieë.
Titel
Die kwart-voor-sewe-lelie
• ’n denkbeeldige naam
• ‘n blom in Iris-hulle se agterplaas wat
een maal ’n jaar op ’n bepaalde tyd
blom
• Iris assosieer later met die blom.
(187, 214, 220)
Verteller
• Eerstepersoonsverteller
• Fokalisator = Iris
• Subjektief: net vanuit Iris se perspektief, bv.
haar belewing van die Engel
• Voordeel: maak verhaal geloofwaardig
Milieu/ruimte
• Anonieme stad in SA in die tagtigs:
wit gemeenskap is konserwatief, patriargaal,
chauvinisties
• Apartheid:
mense van kleur se beweging is ingeperk
(Johanna), onderdrukking, res van die wêreld
afkeurend (buitelanders se houding teenoor Iris)
• Amerika
Kommunikasie
“Niemand het nog ooit regtig na my
geluister nie.” (bl. 9)
Iris voel dus nie belangrik nie en
begin fantaseer om hierdie behoefte
te bevredig.
Feminisme
Beweging wat baklei het vir meer vroueregte .
Later uitgebrei vir gelykhied van vroue met mans.
•
•
•
•
•
•
Ma
Elsa
Kara
Iris
Merel
Bettie
Apartheid
Politieke aspekte
Johanna
Bruin huishulp, maar almal is afhanklik van van haar. (Ma en
kinders)
Goeie verhouding met gesin/ma-figuur
Moes pas dra, maar ma ignoreer lawwe wette en regulasies.
Pa rig woonplek gerieflik is.
Claude
Groepsgebiedewet en ontugwet
Kara se bruin Fransman
Veroorsaak geen rimpeling in die gesin nie
Johanna verwys na hom as klong (ironies)
Iris
In New York verwys sy na Suid-Afrikaners as rassiste (94)
Negatiewe reaksie van Joe en klerk wys wêreld se afkeur teenoor
SA.
In slot wag Iris saam met Johanna vir lelie om oop te gaan.
Karakters
Peter
Ingenieur
Ontmoet by studentepartytjie
Ken betekenis van haar naam en het selfde naam as
fantasiekarakter.
Het dadelik seksuele verhouding met Iris.
Sien mekaar min, dan vir twee jaar nie, want hy doen
sy doktorsgraad in Amerika.
Trou met Iris.
Verteenwoordig die werklikheid wat later beter as die
fantasieë is en dit laat verdwyn.
Ma (Els)
Nie konvensionele ma nie
Vergeetagtig
Verstrooid
Bly in dorp as Pa plaas toe trek.
Sluit later by hom aan.
Sluit aan by Die Spieël
Pa
Stil en gemoedelik
Trek plaas toe.
Elsa
Oudste dogter
Onderwyseres
Trou met Hannes – Johan & later drieling
Georganiseerd
Konservatief
Prakties
Onromanties
Kara
Middelste suster
Studeer kuns
Onkonvensioneel
Wil eers nie kinders hê nie, later wil sy hele huis vol multikleurige kinders hê
Bly saam met Claude – ongetroud
Verhouding en trou met bruin Fransman
Johanna
Bruin huishulp
Ma se regterhand
Soos ma vir kinders/hul vertroueling
Onkonvensioneel
Brian en Bettie
Amerikaners
Peter se vriende
Nie getroud nie
Almal het gedink Bettie het gif gedrink, maar sy het net te veel ryk
kos geëet.
Merel
Getroud met Peter se broer
Van Nederlandse afkoms
Feminis
Glo Peter het Iris gedwing om nie modelkontrak te aanvaar nie.
Jonsie
Peter se broer
Skrynwerker
Claude
Kara se vriend/man
Bruin Fransman
Kunslektor
Hannes
Elsa se man
Studeer vir jare
Beleef middeljarekrisis en knoop verhouding met student aan
Dr Anders
Tandarts
Skei van vrou
Realis
Frederik
Jong tandarts in dr. Anders se plek
Verlief op Iris, vra haar om te trou
Konflik
Uiterlike konflik
Innerlike konflik (binne self)
(Iris se soeke na wie sy is en haar blomtyd)
Belangrike terminologie
Ironie is wanneer die teenoorgestelde gebeur, van wat jy
verwag.
Kontras/teenstelling/antitese is 2 goed wat die
teenoorgestelde van mekaar is.
Terugflits is ‘n sprong terug in tyd.
Vooruitskouing verwys na dinge wat nog in die toekoms
gaan gebeur.
Geïmpliseerde betekenis word nie direk gesê nie, maar
daar word tog indirek daarna verwys.
Woordspeling is as ‘n woord meer as een betekenis het.
Denotasie is die letterlike betekenis.
Konnotasie verwys na die figuurlike betekenis.
Universele betekenis is as iets op alle mense van
toepassing is.
Aktualiteit/aktuele saak is iets wat nou nog voorkom/in
die nuus is/’n werklikheid is.
Buitestander is ‘n karakter wat nie by die groep inpas nie.
Stereotipe is ‘n persoon met die tipiese eienskappe van ‘n
sekere groep.
Simbool is ‘n voorwerp wat gebruik word om iets anders,
gewoonlik ‘n abstrakte saak, te verteenwoordig.