ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH

Download Report

Transcript ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH

MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
INLEIDING:
0 Die Menslike Hulpbronfunksie is verantwoordelik vir die
beplanning vir ‘n onderneming se toekomstige behoefte
aan en voorsiening van arbeid.
0 Het ten doel om te verseker dat die regte werkers in die
regte getalle, op die regte plekke en op die regte tyd
beskikbaar sal wees.
0 Die MH-funksie is ook verantwoordelik vir
opvolgbeplanning.
0 Opvolgbeplanning is die proses om werknemers wat
opgelei kan word vir toekomstige leierskapsposisies, te
identifiseer.
0 Opvolgbeplanning het ten doel om te verseker dat
werknemers daarop voorberei word om sleutelpersone in
‘n onderneming te vervang.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
INLEIDING:
0 Ander verantwoordelikhede van die MH-funksie sluit in:
0 Werwing, keuring en die aanstel van werknemers
0 Die administrasie en vasstelling van salarisse.
0 Die ontwikkeling van vaardighede.
0 Die evaluering en bestuur van werksprestasie.
0 Die daarstelling en instandhouding van
werknemerswelsyn.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
0 Posontleding
0 Werwing
0 Keuring / Samestelling van die kortlys
0 Onderhoudvoering
0 Dienskontrakte
0 Induksie
0 Plasing
0 Vergoeding
0 Vaardigheidsontwikkeling
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Posontleding:
0 Die presiese arbeidsbehoeftes van ‘n onderneming moet
vasgestel word, voordat kandidate gewerf word.
0 Ondernemings moet gedetailleerde beskrywings van elke pos
ontwikkel.
0 Dit sal MH-bestuurders nie alleen help om kandidate vir poste
te vind nie, maar dit dui ook vir werknemers die
verantwoordelikhede van hulle poste aan.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Posontleding:
0 ‘n Posontleding is gevolglik ‘n belangrike deel van MH-
beplanning:
Posbeskrywing:
Posspesifikasie:
‘n Geskrewe beskrywing van die pos en
van die vereistes vir die pos.
Skriftelike beskrywing van die kenmerke
en kwalifikasies wat van die persoon wat
die pos sal bekleë vereis word.
Sluit besonderhede soos die volgende in:
• Postitel
• Hoofdoelwitte van die pos
• Pligte en verantwoordelikhede
• Departement waar die pos uitgevoer
word
• Vereiste prestasiestandaarde
Sluit besonderhede soos die volgende in:
• Fisiese vereistes
• Vereiste kwalifikasies
• Opleiding wat nodig sal wees
• Minimum ervaring wat nodig is
• Kundigheid en vaardighede
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
a) Definisie
0 Alle MH-aktiwiteite is gerig op die identifisering en aantrekking
van poskandidate wat die nodige kennis, ervaring, kwalifikasies
en vaardighede het om die pos te bekleë en om die
onderneming by te staan om sy doelwitte te bereik.
0 Dit is nodig om menst te werf as gevolg van:
0 Uitbreiding
0 Werknemers wat bedank
0 Werknemers wat bevorder word
0 Werknemers wat aftree
0 Werknemers wat onverwags sterf
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
b) Prosedures
0 Bepaal die onderneming se presiese arbeidsbehoeftes.
0 Bring die posbeskrywing en posspesifikasie op datum.
0 Stel die sleutelprestasie-areas van die pos vas.
0 Kies die werwingsbron – intern of ekstern.
0 Besluit op ‘n werwingsmetode.
0 Voer die besluit uit.
0 Laat voldoende tyd vir ‘n antwoord.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
b) Prosedures
0 Die werwingsproses behels die volgende stappe:
Stappe:
Stap 1: Analise van die behoefte van die besigheid aan spesifieke werkers,
tesame met ‘n bosbeskrywing en posspesifikasies.
Stap 2: Besluit op die werwingsaksie volgens die beleid van die besigheid.
Stap 3: Ontwerp, samestelling en plasing van die advertensie.
Stap 4: Ontvangs van aansoeke en CV’s van potensiële werknemers.
Stap 5: Stel ‘n persoon / komitee uit MH-afdeling aan om aansoeke deur te
werk om te sien of dit aan die posvereistes en posbeskrywing voldoen.
Stap 6: Telefoniese verifiëring van getuigskrifte, referente, kwalifikasies, ens.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
c) Werwingsbronne
0 Poskandidate kan uit ‘n aantal bronne gewerf word, byvoorbeeld:
0 Skole
0 Tersiêre instellings
0 Die onderneming se bestaande werknemers
0 Werwingsagentskappe
0 Ander werkgewers (roofwerwing – wanneer mense wat reeds in diens is,
gevra word om aansoek te doen vir ‘n pos by ‘n ander werkgewer.)
0 Onderskeiding word getref tussen interne en eksterne werwing:
Interne werwing:
Besighede werf werknemers vir
vakante poste uit eie geledere deur
bevorderings / verplasings.
Eksterne werwing:
Werknemers word buite die besigheid
gewerf.
Werknemers wat deur ‘n
werwingsagentskap verwys is.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
c) Werwingsbronne
0 ‘n Curriculum Vitae (CV) voorsien ‘n werkgewer van detail van
die kandidaat se kwalifikasies, werkservaring en
indiensnemingsgeskiedenis
0 ‘n CV is ‘n uiters belangrike bemarkingsinstrument vir
indiensneming – sonder ‘n CV kan ‘n persoon nie eers vir ‘n pos
aansoek doen nie.
0 ‘n CV moet opgestel word in ‘n chronologiese of funksionele
formaat:
Chronologies:
Werkservaring word opgestel in ‘n
omgekeerde chronologiese volgorde.
Funksioneel:
Organiseer ervaring volgens
verskillende kategorieë soos
projekbestuur, leierskap of finansiële
administrasie
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
d) Werwingsmetodes
0 Werwing geskied gewoonlik deur ‘n werwingsadvertensies te
plaas, of deur van ‘n werwingsagentskap gebruik te maak.
Werwingsadvertensie:
Werwingsagentskap:
‘n Advertensie wat ‘n bepaalde pos
adverteer en daarop gemik is om
geskikte kandidate te lok.
Werkwingsagentskappe werf kandidate
vir poste namens ‘n werkgewer.
Werwingsadvertensies word gewoonlik
geplaas in / op:
• Koerante (eksterne)
• Die internet (eksterne)
• ‘n Onderneming se intranet (interne)
• ‘n Ondernemings se
kennisgewingbord (interne)
Werwingsagentskappe vorosien ‘n
werkgewer gewoonlik met ‘n kortlys van
kandidate.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
d) Werwingsmetodes
0 Werwingsadvertensies behoort die volgende in te sluit:
0 ‘n Akkurate beskrywing van die pos, bv. die postitel, asook die pos
0
0
0
0
0
se hoofverantwoordelikhede.
Enkele besonderhede rakende die onderneming wat die werwing
verlang.
Verlangde kwalifikasies en ervaring.
Sperdatum vir aansoek.
Besonderhede rakende die aansoekproses.
Besonderhede rakende die vergoedingspakket.
0 Presiese getalle m.b.t. vergoeding verskyn nie altyd in
posadvertensies nie, omdat kandidate verskillende
kwalifikasies en ervaring het.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing: (kyk ook na voordele en nadele op bl35)
VOORDELE – Interne werwing:
VOORDELE – Eksterne werwing:
Personeel se moral en produktiwiteit word
verhoog omdat hulle weet hulle staan ‘n kans
om bevordering in die besigheid te kry as
hulle goeie werk lewer.
Koste van opleiding en
personeelontwikkeling verlaag omdat die
besigheid die kandidaat met die vereiste
kwalifikasies, vaardighede,
persoonlikheid, ens. kan uitsoek.
Dien as motivering omdat werkers besef
goeie werk word beloon.
Besighede kan die wetlike bepalings vir
diverseit nakom.
Die besigheid ken reeds die kandidaat se
vaardighede, persoonlikheid, sterk- en
swakpunte.
Nuwe kandidate bring nuwe idees, insig,
talent en ervaring na die besigheid.
Kandidate ken die besigheid se
organisatoriese kultuur, beleide, werkswyse,
ens.
‘n Groter verskeidenheid kandidate
waaruit gekies kan word.
Werwing- en keuringssaksie verloop vinniger
en goedkoper omdat daar ‘n beperkte
hoeveelheid potensiële kandidate is.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Werwing:
NADELE – Interne werwing:
NADELE – Eksterne werwing:
Bestaande werknemers bring nie
noodwendig nuwe idees na die besigheid
nie.
Die keuringsproses is nei altyd
doeltreffend nie, dus kan die verkeerde
kandidaat aangestel word.
Konflik tussen personeel wat aansoek doen
om ‘n bevorderingspos doen, kan ontstaan.
Werwingskoste is hoër omdat
advertensies en onderhoudvoering
ekstra kostes meebring.
Werknemers wat nie die pos kry nie kan
negatief raak.
Proses neem langer.
Opleidingskoste is hoër, omdat die werkers
wat die pos kry nie altyd oor die nodige
vaardighede beskik nie.
Nuwe kandidate pas nie altyd
onmiddelik aan nie, wat die
produktiwiteit in die begin kan
benadeel.
‘n Beperkte hoeveelheid kandidate waaruit
gekies kan word.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Keuring / Samestelling van die kortlys:
a) Definisie
0 Die proses om te probeer vasstel watter kandidate die beste by
die bepaalde poste pas.
0 Die beste aansoeker word in hierdie proses aangewys.
0 Besighede volg verskillende metodes en keuringsprosedures
afhangend van die tipe werk wat geadverteer is, die posvlak, die
grootte van die onderneming en die interne MH-prosesse.
0 Hoe meer senior die werk is, hoe meer kompleks raak die
keuringsproses.
0 Dit mag soms nodig wees om ‘n agtergrondondersoek te doen
van die aansoekers, veral waar strategiese en vertroulike
inligting in die pos ter sprake is.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Keuring / Samestelling van die kortlys:
b) Prosedure
0 Bepaal billike assesseringskriteria.
0 Gebruik die assesseringskriteria om al die CV’s te assesseer wat
d.m.v. die werwingsproses verkry is.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Keuring / Samestelling van die kortlys:
b) Prosedure
0 Wanneer assesseringskriteria bepaal is, kan die volgende prosedure plaasind:
Stappe:
1. Sorteer die aansoeke
Sorteer die aansoeke wat ontvang is volgens die
kriteria vir die werk. Almal wat kwalifiseer, word
eenkant geplaas en die wat nie kwalifiseer nie, word
uit die res van die keuringsproses verwyder.
2. Lys die kandidate
Maak ‘n lys van al die aansoekers wat kwalifiseer
volgens die vereistes wat in die advertensies
gemeld is.
3. Werk deur aandoeke en
kontroleer verwysings /
referente
Doen agtergrond / krediet / en referent –kontrole
van die kandidate wat kwalifiseer. Kyk onder
andere of hulle kriminele rekords het, hul
kredietgeskiedenis en hul sosiale media
(Facebook/Twitter). Kontak die persone wat as
referate opgegee is en doen navraag oor die
aansoekers se karakter, werksetiek, ens.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Keuring / Samestelling van die kortlys:
b) Prosedure
Stappe:
4. Voorlopige onderhoude
Indien daar baie aansoekers is wat kwalifiseer, kan
voorlopige onderhoude gereël word om die wat wel
kwalifiseer, maar wat nie geskik sal wees vir die pos
nie, uit te sif.
5. Toets aansoekers wat
kwalifiseer
Vir sommige vakante poste is toetse noodsaaklik,
bv. as di epos vir ‘n sweiser geadverteer word, kan
die aansoekers gevra word om ‘n vaardigheidstoets
af te lê. Vir bestuursposte is verskillende
persoonlikheids- en psigometriese toetse ‘n
belangrike hulpmiddel om die geskiktheid van
aansoekers te bepaal. In sommige gevalle is
mediese ondersoeke ook nodig. Aansoekers moet
instem om hierdie toetse af te lê.
(Onthou dat die Wet op Gelyke
Indiensneming mediese toetse verbied,
tensy mediese toetse ingevolge die
inherente posvereistes geregverdig is)
6. Stel ‘n kortlys saam
Uit al die aansoekers wat kwalifiseer word ‘n
kortlys van +/- 5 kandidate saamgestel.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Keuring / Samestelling van die kortlys:
b) Prosedure
Stappe:
7. Stel kortlyskandidate in kennis
Kontak die kandidate op die kortlys en stel hulle in
kennis van die plek, datum en tyd van die
onderhoud.
8. Onderhoud
Die onderhoudspan moet ‘n lys van
voorafopgestelde vrae hê wat aan al die kandidate
gestel gaan word, sodat die kandidate volgens
gelyke kriteria beoordeel kan word.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Onderhoudvoering:
a) Definisie
0 Word in die algemeen gebruik om kandidate te kies.
0 Onderhoude is daarop gemik om te bepaal of die kandidaat
geskik is vir ‘n pos deur die pos se vereistes te vergelyk met die
kandidaat se persoonlikheidseienskappe, vaardighede, ervaring
en kwalifikasies.
0 ‘n Onderhoud is ‘n gesprek tussen ‘n kandidaat en die betrokke
bestuurders van die onderneming.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Onderhoudvoering:
b) Prosedure
0 Onderhoude word gewoonlik deur ‘n panel gevoer, insluitende
‘n bestuurder van die betrokke afdeling, sowel as die MHbestuurder.
0 Onderhoude het drie komponente:
0 Voorbereiding
0 Die onderhoud self
0 Afsluiting van die onderhoud
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Onderhoudvoering:
b) Prosedure
Beskrywing:
Berei voor vir die
onderhoud:
• Bepsreek ‘n vertrek waar die onderhoud gevoer kan word.
• Die bestuurders wat die onderhoud voer, moet vertroud wees
met die posbeskrywing en die posvereistes.
• Die aansoeker se CV moet bestudeer word.
• Beplan onderwerpe van di eonderhoud in ‘n logiese volgorde.
Voer die
onderhoud:
•
•
•
•
Sluit die
onderhoud af:
• Gee die aansoeker geleentheid om vrae te vra.
• Sê vir die aansoeker wanneer ‘n antwoord rakdende die
aansoek se uitslag verwag kan word.
Stel die kandidate op hulle gemak.
Verduidelik die doel van die onderhoud.
Stel billike, werkverwante vrae.
Vermy vrae van ‘n diskriminerende aard, bv. om vroulike
kandidate te vra oor hulle planne om kinders te hê.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
0 Wanneer die kandidaat aangestel is, ontvang die kandidaat ‘n
aanstellingsbrief.
0 Die aanstellingsbrief is ‘n aanbod aan die verkose kandidaat om
vir ‘n bepaalde werkgewer te werk.
0 Die indiensnemingskontrak is ‘n kontrak tussen die werkgewer
en die werknemer wat beide die werkgewer en die werknemer
bind, en die regte en verantwoordelikhede van beide partye
bevat.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
Die werknemer se pligte:
Die werkgwer se pligte:
Om die werkgewer se besigheidsbelange
te bevorder.
Om die werknemer se salaris en
vergoeding te betaal.
Om doeltreffend en produktief te werk.
Om veilige werksomstandighede te
verskaf.
Om nie aan wangedrag skuldig te wees
nie.
Om die werknemer by SAID te registreer
en om di ewerknemer van ‘n IRP5 te
voorsien.
Om respek te betoon.
Om bydraes aan die
Werkloosheidsverskeringsfonds te
betaal.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
0 Die indiensnemingskontrak moet op skrif wees.
0 Die kontrak word deur die MH-afdeling opgestel en beide die
werkgewer en werknemer moet die kontrak teken.
Regskonsultante kan gebruik word om te verseker dat die
inhoud en bewoording voldoen aan die vereiste van die
verskillende Arbeidswetgewing.
0 Die werknemer moet binne twee maande nadat die werknemer
in diens geneem is, van ‘n indiensnemingskontrak voorsien
word.
0 ‘n Dienskontrak kan verander word indien beide die
werknemer en die werkgewer tot die verandering toestem.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
0 Suid-Afrikaanse arbeidsreg onderskei tussen drie tipes werknermers:
Beskrywing:
Permanante werknemers:
• Permanente werknemers is op ‘n onbepaalde
grondslag in diens.
• Dit beteken dat permanente werknemers nie gebid
word deur enige tydsperiodes nie.
Tydelike of
vastetermynwerknemers:
• Tydelike of vastetermynwerknemers word in diens
geneem, hetsy vir ‘n gespesifiseerde tydperk, of
totdat ‘n spesifieke gebeurtenis plaasvind.
• ‘n Voorbeeld sou wees die aanstelling van ‘n tydelike
boekhouer wie se kontrak ten einde loop wanneer
die permanente posbekleër, wat met kraamverlof is,
terugkeer.
Deeltydse werknemers:
• Deeltydse werknemers werk vir minder as 24 uur
per maand vir dieselfde werkgewer.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
0 Die volgende is ‘n opsomming van die minimum inligting wat ‘n
dienskontrak moet insluit: (kyk ook na tabel op bl 38)
0 Volle naam en adres van die werkgewer.
0 Die naam van die werknemer en sy/haar beroep.
0 Die werknemer se werksplek.
0 Die datum van aanvang van die diensverhouding en besonderhede van
enige proeftydperk, indien van toepassing.
0 Die werknemer se gewone werksure en werksdae.
0 Die werknemer se loon of die skaal en metode van berekening van
lone, die skaal van betaling van oortydwerk, enige ander
kontantbetalings waarop die werknemer geregtig is, enige betaling in
goedere waarop die werknemer geregtig is, en die waarde van die
betaling in goedere.
0 Enige aftrekkings wat van die werknemers se vergoeding gemaak moet
word, bv. LBS, WVF en mediese fonds.
0 Hoe dikwels vergoeding betaal sal word en die wyse waarop dit betaal
word, bv. direkte bankdeposito.
0 Besonderhede van diensbeëindiging, hetsy by wyse van ‘n
kennisgewingtydperk of by die verstryking van ‘n
vastetermyndienskontrak.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Dienskontrakte:
0 Sommige kontrakte bevat handelsbeperkende voorwaardes.
0 Ingevolge hierdie tipe voorwaardes mag ‘n werknemer nie na
diensbeëindiging vir sy huidige werkgewer se mededinger werk
nie.
0 Die kontak kan ‘n proeftydperk-klousule bevat (gewoonlik drie
maande) om te sien of die werknemer geskik is vir dei posisie
waarin hy / sy aangestel is.
0 Indien die werknemer bevredigende werk lewer tydens hierdie
proeftydperk, word die werknemer as ‘n permanente werker
aangestel.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Induksie:
a) Definisie
0 Dit is spanningsvol om by ‘n nuwe werkgewer te begin werk.
0 Induksie is die proses van bekendstelling van ‘n nuwe
werknemer aan die onderneming, die kantoor waar die
werknemer gaan werk, die werk wat gedoen moet word,
kollegas en prosedures.
0 Induksie / oriëntasie het ten doel om:
0 Nuwe werknemers se angstigheid te verminder
0 ‘n Gevoel van sekuriteit te skep
0 Realistiese verwagtinge te skep
0 Te verseker dat nuwe werknemers so gou as moontlik
produktief raak.
0 Nuwe werknemers vertroud te maak met die onderneming se
beleidsrigtings en “manier van dinge doen”.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Induksie:
b) Prosedures
0 Stel die werknemer aan die onderneming voor, die kantoor waar hy/sy sal
werk, die werk wat gedoen moet word, kollegas, prosedures,
beleidsrigtings en handleidings.
0 ‘n Mentor is ‘n ervare werknemer wat optree as ‘n fasiliteerder of afrigter
vir ‘n nuwe of onervare werknemer.
0 Lig werknemers in rakende beleidsrigtings, reels, kommunikasiekanale, prosedures en
inligting soos, bv.:
0
0
0
0
0
0
0
0
Dissiplinêre kode en prosedures
Vergoedingsbeleid
Werknemer-welsynsbeleid
Werkreëls en standaardprosedures
Kwessies rakende vertroulikheid
Diensvoorwaardes en voordele
‘n Oorsig van die maatskappy
Opleiding en ontwikkelingsbeleid en fassiliteite
0 Neem dikwels die vorm aan van opleiding kort voordat die werknemer in
die nuwe pos begin werk.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Induksie:
b) Prosedures
0 Stel die werknemer aan die onderneming voor, die kantoor waar hy/sy sal
werk, die werk wat gedoen moet word, kollegas, prosedures,
beleidsrigtings en handleidings.
0 ‘n Mentor is ‘n ervare werknemer wat optree as ‘n fasiliteerder of afrigter
vir ‘n nuwe of onervare werknemer.
0 Lig werknemers in rakende beleidsrigtings, reels, kommunikasiekanale, prosedures en
inligting soos, bv.:
0
0
0
0
0
0
0
0
Dissiplinêre kode en prosedures
Vergoedingsbeleid
Werknemer-welsynsbeleid
Werkreëls en standaardprosedures
Kwessies rakende vertroulikheid
Diensvoorwaardes en voordele
‘n Oorsig van die maatskappy
Opleiding en ontwikkelingsbeleid en fassiliteite
0 Neem dikwels die vorm aan van opleiding kort voordat die werknemer in
die nuwe pos begin werk.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Induksie:
‘n Goeie induksieprogram kan die volgende voordele inhou:
VOORDELE:
Verbeter die werknemer se kwaliteit van werk en produktiwiteit.
Skakel onsekerhede oor take wat verrig moet word uit.
Verbeter gemotiveerdheid.
Verseker dat nuwe werknemers die reels en beperkings in die besigheid
verstaan.
Skakel die behoefte aan deurlopende verskaffing van inligting aan die
werknemer uit.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Plasing:
a) Definisie
0 Plasing verwys na die proses om werknemers in die
onderneming te plaas waar hulle die meeste waarde tot die
onderneming sal toevoeg en optimal sal funksioneer.
0 Die mees geskikste persoon moet in die spesifieke pos aangestel
word.
0 Die persoon moet in ‘n pos geplaas word waar die persoon se
vaardighede, persoonlikheid, ens. die beste vir die besigheid sal
wees.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Plasing:
b) Prosedures
0 Die volgende aspekte speel ‘n rol in plasings:
0 Bepaal die werknemer se sterkpunte, swakhede, belangstellings en aanleg.
0 Definieer die spesifieke verantwoordelikhede van die posisie, insluitend
kennis en vaardighede.
0 Bepaal die verband tussen die posisie en die werknemer se vaardighede.
0 Definieer duidelik wat die werkgewer van nuwe werknemers vereis.
0 Ondernemings moet daarop fokus om die beste werknemers te behou,
omdat ‘n hoë werknemersomset kan lei tot:
0 Koste verbonde aan die opleiding van nuwe werknemers.
0 Die verlies van kundige werknemers.
0 Stygende werwingskoste.
0 ‘n Afname in produktiwiteit omdat die nuwe werknemer eers sy / haar
voete moet vind.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
a) Definisie
0 Vergoeding verwys na die betaling wat ‘n werknemer verdien
vir die tyd, inspanning en vaardighed wat die werknemer tot ‘n
onderneming (werkgewer) bydra.
0 Werknemers verdien gewoonlik salarisse of lone, of hulle werk
vir kommissie.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
b) Kommissie-, salaris- en loonadministrasie
0 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes beskryf die minimum
lone asook riglyne wat betrekking het op betaling vir oortyd,
werk op openbare vakansiedae en Sondae.
0 Wanneer ‘n werknmer aangestel word, koop die werkgewer as’t
ware die werknemer se vaardigheid – dit is waarom
werknemers verskillende vergoeding verdien.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
b) Kommissie-, salaris- en loonadministrasie
Vergoeding: Definisie:
Salaris
• Vergoeding wat op ‘n maandelikse grondslag aan die werknemer
getaal word.
• Salarisse is vasgestel (werknemers ontvang dieselfde bedrag geld
maand na maand) en word nie bepaal deur die aantal uur gewerk of
die aantal eenhede wat geproduseer word nie.
• Bruto salaris verwys na die bedrag wat deur ‘n werknemer verdien
word voordat enige aftrekkings gemaak word.
• Netto salaris verwys na die bedrag wat deur ‘n werknemer verdien is
nadat aftrekkings gemaak is.
• Ten einde toepaslike salarisse te kan vasstel, orden ondernemings
poste volgens vaardigheid, verantwoordelikheid, risiko en ervaring.
• ‘n Werknemer se osisie in die onderneming sal sy / haar salaris
bepaal.
• Werknemers ontvang ‘n betaalstrokie of salarisadvies aan die einde
van die maand – hierdie dokument bevat besonderhede van die
werknemer se betaling, bv. aftrekkings, bruto salaris en netto salaris.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
b) Kommissie-, salaris- en loonadministrasie
Vergoeding: Definisie:
Loon
• Vergoeding wat op ‘n weeklikse of daaglikse grondslag aan
werknemers betaal word.
• Lone word gewoonlik aan ongeskoolde werkers betaal.
• Word bepaal deur die aantal uur gewerk (tydverwant) of eendhede
geproduseer (stukwerk).
Stukwerkvergoeding:
Tydverwante vergoeding:
• Werknemers word vergoed vir ‘n • Werknemers word verged
spesifieke stuk werk.
ooreenkomstig ‘n
• Positiewe invloed op
ooreengekome uurlikse tarief
produktiwiteit, omdat ‘n
ongeag van die aantal eenhede
werknemer ‘n stuk werk moet
geproduseer.
afhandel voordat hy met ‘n nuwe
stuk werk kan begin.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
b) Kommissie-, salaris- en loonadministrasie
Vergoeding: Definisie:
Kommissie
• ‘n Tipe vergoeding gegrond op die prestasie van werknemers.
• Die werknemer ontvang gewoonlik ‘n basiese salaris.
• Kommissie word betaal op grond van die hoeveelheid verkope wat
deur die werknemers gemaak is, bv. 15 % kommissie op verkope.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
c) Werknemersvoordele
0 Buiten salarisse, lone en kommissie, verdien werknemers soms ook
ander voordele.
0 Werkgewers word nie deur wetgewing verplig om enige ander
voordele aan werknemers te betaal nie, maar goeie
vergoedingspakkette lok meer kandidate.
0 Maatskappye gebruik die term “Koste vir die Maatskappy” (Cost to
Company) om die totale koste om ‘n werknemer aan te stel, te
bereken.
0 Die volgende is voorbeelde van items wat gewoonlik in ‘n maatskappy
se kosteberekening ingesluit word:
0 Bruto salaris
0 Maatskappybydraes tot mediese fondse, pensioenfondse en
voorsorgfondse.
0 Die gebruik van maatskappy-eiendom, bv. motors,
brandstofkaarte, skootrekenaars.
0 Koste van enige lenings en beurse.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
c) Werknemersvoordele
Beskrywing:
Pensioen
• Werkgewers word nie deur wetgewing verplig om
pensioenfondsbydraes vir werknemers te maak nie.
• Pensioenfondsbydraes kan egter deel vorm van ‘n werknemer se
vergoedingspakket.
• Die werkgewer besluit watter persentasie om by te dra.
• Die werkgewer en die werknemer dra dan albei by tot die
werknemer se pensioenfonds.
• Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes moet
pensioenfondsbydraes binne sewe dae nadat dit afgetrek is, of
binne sewe dae na die einde van die tydperk waarvor die
werknemer betaal word, aan die tersaaklike pensioenfonds
oorbetaal word.
• Werknemers ontvang 2/3 van die fonds as lompsom, sodra hulle
aftree.
• Di eres van die geld word maandeliks, in gelyke dele, oorbetaal.
• Werknemers kan verplig word om by ‘n sekere pensioenfonds aan
te sluit.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
c) Werknemersvoordele
Beskrywing:
Voorsorgfonds
• ‘n Voorsorgfonds is soortgelyk aan ‘n pensioenfonds, behalwe dat
die hele bedrag as ‘n lompsom uitbetaal word.
• Werkgewers word nie deur wetgewing verplig om bydraes tot
werknemers se voorsorgfonds te maak nie.
• Bydraes tot voorsorgfondse kan egter deel vorm van ‘n
werknemer se vergoedingspakket.
• Die werkgewer besluit watter persentasie om by te dra.
• Die werkgewer en die werknemer maak dan albei bydraes tot die
werknemer se voorsorgfonds.
• Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes moet
voorsorgfondsbydraes binne sewe dae nadat dit afgtrek is, of
binne sewe dae na die einde van die tydperk waarvoor die
werknemer betaal word, aan die tersaaklike voorsorgfonds
oorbetaal word.
• Werknemers kan verplig word om by ‘n sekere voorsorgfonds aan
te sluit.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
c) Werknemersvoordele
Beskrywing:
Medies
• Werkgewers word nie deur wetgewing verplig om bydraes te
maak tot werknemers se mediese fondse nie.
• Bydreas tot ‘n werknemer se mediese fonds kan egter deel vorm
van die vergoedingspakket.
• Die werkgewer besluit watter persentasie om by te dra.
• Die werkgewer en die werknemer maak albei bydraes tot die
werknemer se mediese fonds.
• Ingevolge die Wet op Basiese diensvoorwaardes moet
mediesefondsbydraes binne sewe dae na die einde van die maand
waarvoor dit afgetrek is, oorbetaal word.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
c) Werknemersvoordele
Beskrywing:
Aandele
• Sommige werkgewers bied aandele aan werknemers.
• Dit bied aan werknemers die geleentheid om in die wins van die
onderneming te deel.
Aansporings- • Sommige werkgewers bied prestasiebonusse aan.
bonus
• Prestasiebonusse is gewoonlik gekoppel aan die werknemer se
werksverrigting.
• Dit beteken dat werknemers ekstra geld verdien wanneer hulle
prestasieteikens behaal.
Reistoelaag
• Werknemers wat baie moet reis, kan reistoelae ontvang.
• Dit beteken dat die werkgewer die reiskoste van die werknemer
dek.
• Sommige werknemers ontvang ook maatskappymotors.
• Maatskappymotors behoort aan werkgewers en is beskikbaar vir
gebruik deur werknemers, soos in die dienskontrak
ooreengekom.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vergoeding:
d) Persoonlike belasting, en ander verpligte aftrekkings
Beskrywing:
WVF
• Werkgewers moet WVFbydraes van 2 % van die waarde van elke werknemer
se maandelikse salaris betaal – die werkgewer en die werknemer betaal
elkeen 1 %.
• Die maksimum werkloosheidsverskekeringsbydrae is R148,72.
• Dit beteken dat werknemers wat maandelikse salarisse van R14 872 of meer
verdien, slegs R148,72 tot die werkloosheidsversekeringsfonds bydrae – ‘n
gelyke bedrag word ook deur die werkgewers betaal.
• Hierdie maksimum bedrag is onderhewig aan verandering.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
Beskrywing:
SAID
•
•




•
•
•
•
•
•
•
•
Almal, insluitend werknemers, betaal persoonlike belasting.
SAID trek persoonlike belasting van alle bronne van inkomste af, insluitend:
Salarisse, lone, bonuses, oortyd en byvoordele
Annuïteite
Pensioen
Inkomste uit beleggings, soos rente-inkomste en huurinkomste
Persoonlike belasting word deur inkomstevlakke bepaal – hoe meer jy
verdien, hoe meer belasting betaal jy.
Werkgewers word verplig om elke maand belasting van werknemers se
vergoeding af te trek en dit aan die SAID oor te betaal.
Werknermersbelasting staan beter bekend as Lopende Betaalstelsel (LBS)
LBS moet binne sewe dae na die einde van die maand waarvoor dit afgetrek
is, oorbetaal word.
Werkgewers reik jaarliks ‘n IRP5-sertifikaat aan werknemers uit.
Die IRP5 dui aan wat die totale bedrag was wat verdien is en wat die totale
belasting was wat afgetrek is.
SAID vergelyk die belasting wat betaal is met die belasting wat veronderstel
was om betaal te word.
SAID eis die balans in geval van ondvoldoende betaling en betaal die balans
terug in geval van oortollige betalings.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vaardigheidsontwikkeling:
0 Die MH-funksie is verantwoordelik vir
0
0
0
0
0
vaardigheidsontwikkeling.
Vaardigheidsontwikkeling beteken dat werknemers die
geleentheid gebied word om nuwe vaardighede aan te leer, om
meer produktief te wees en om hulself te bemagtig.
‘n Vaardigheid verwys na ‘n persoon se vermoë om iets te doen,
bv. rekenaarvaardigheid.
Meeste ondernemings, veral groot ondernemings, het
werknemers wat oor ‘n groot verskeidenheid vaardighede
beskik.
Werknemers se vaardighede moet geassesseer word om vas te
stel waarop vaardigheidsontwikkeling gemik moet word.
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling verskaf ‘n raamwerk
waarbinne werkgewers vaardigheidsontwikkeling op ‘n
georganiseerde wyse kan toepas.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vaardigheidsontwikkeling:
0 Geld wat op vaardigheidsontwikkeling bestee word, kan deur
ondernemings teruggeëis word, mits sekere vereistes nagekom
word.
MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE
ONTLEDING VAN DIE AKTIWITEITE VAN DIE MH-FUNKSIE:
Vaardigheidsontwikkeling:
Voordele van vaardigheidsontwikkeling vir werkgewers:
VOORDELE:
Hoër produktiwiteit.
Vaardigheidsontwikkeling berei werknemers voor vir toekomstige poste.
Ondernemings spaar geld op werwing as huidige werknemers se vaardighede
ontwikkel word.
Vaardigheidsontwikkeling verbeter dienslewering
Vaardigheidsontwikkeling stel werknemers aan beter werksmetodes bloot.