Transcript SPOTPRENTE

SPOTPRENTE
Dis nie meer snaaks nie! Nou raak dit werk!
SPOTPRENTE


Die doel van ‘n spotprent is hoofsaaklik om
humor te verskaf.
Daar is verskillende tipes spotprente (cartoons).
NET EEN PRENT - ‘N GRAPPIE
“Ek hou daarvan dat jou CV so kort en
bondig is.”
STROKIESPRENT

Hier kry ons ‘n reeks prente.
DIE SPOTPRENT WAT ONS IN DIE KOERANTE KRY, HET DIKWELS
‘N ERNSTIGE TOON. ONS KRY HIER VISUELE METAFORE EN
IRONIE OM ‘N SOSIALE OF POLITIEKE SITUASIE IN ‘N SATIRE TE
VERANDER.
ONTLEED ‘N SPOTPRENT
Wanneer jy ‘n spotprent ontleed, kyk na die volgende::











KONTEKS:
Waar en wanneer is die spotprent geplaas?
Wat is die sosiale konteks van die spotprent?
KARAKTERS:
Watter aksies en emosies word deur liggaamshouding oorgedra?
Watter emosies dra die gesigsuitdrukkings oor?
Wat suggereer die liggaamshouding oor die verhouding(s) tussen die karakters?
AKSIE:
Wat gebeur in die spotprent?
Hoe word die aksie uitgebeeld?
TAAL:
Watter woorde word gebruik?
Hoe is punktuasie gebruik om emosie te suggereer?
STEREOTIPERING/SIMBOLE:
Het die spotprenttekenaar van stereotipering gebruik gemaak?
Het die kunstenaar enige simbole gebruik om iets anders voor te stel?
Hoe weet ons die hond is aggressief?
Hoe weet ons die professor het groot
geskrik?
Hoe voel die hoofman in raampie 1?
Hoe word dit aangedui?
Hoe dui die kunstenaar die hoofman se pyn in raampie 2
en 3 uit?
Wat sê die vraagteken in raampie 1 vir ons oor wat aan
die gang is?
Waarom is die vraagteken rooi ingekleur?
Waarom het die skoonmaker so baie arms in raampie 2?
Wat gee ons die idee dat Tintin fluister in raampie 1?
Wat beteken die simbole/letters/getalle in raampie 2 se
dinkborrel?
Wat gebeur in raampie 3 en hoe word dit aangedui?
Hoe weet ons Tintin hardloop in raampie 2?
Wat skep die indruk dat Tintin skielik gestop het in
raampie 3?
Hoe word klank en beweging in hierdie spotprent
aangedui?
Wat vertel Tintin en die professor se
gesigte vir ons?
Hoe weet ons hier speel musiek in
die prent?
Wat dui die bewegingslyne in raampie 1 aan oor die man se
aksies?
Wat wys vir ons die man in raampie 2 val vinnig en hard
agteroor ?
KARIKATURE
Dis sketse van bekende figure en dit wys
oordrewe eienskappe sodat hulle maklik
uitgeken kan word en/of gespot word.
Karikature kan komplimente inhou of
beledig.
Dit kan ‘n politieke doel dien of bloot vir
vermaak wees.