Geseënde Kersfees!

Download Report

Transcript Geseënde Kersfees!

Geseënde Kersfees!
Psalm 98
Orrelis: Albert Troskie
Fluitis: Chandré Brewis
Liturgiese ruimte: Brenda van Rooyen
en Charlene Brewis
Leraar: Chris van Wyk
345 Kom, alle getroues, vrolik
en vol vreugde (sit)
1. Kom, alle getroues,
vrolik en vol vreugde,
o kom in die gees nou na
Betlehem!
Loof daardie Kindjie tot ons heil
gebore
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
voor Jesus, die Heer.
2. 'n Kind is gebore;
loof die God van liefde!
Hy kom ons verlos, Hy is
Wonderbaar,
Raadsman en Sterke, God en
Vors van vrede
Ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
Verlosser en Heer!
4. Kom lofsing die Here,
loof Hom, al wat lewe!
Wees vrolik, besing nou sy
majesteit.
In U, Getroue, bly ons ook
behoue.
Ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
Gesalfde en Heer!
370 Eng'le uit die hoogste
hemel (staan)
1. Eng'le uit die hoogste hemel
sing ter ere van 'n Kind,
van 'n nuwe tyd wat aanbreek
waarin almal vrede vind.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
2. Waar die wagters waak oor skape
hoor hul engele wat sing.
Oor die velde klink die lofsang
aan 'n Kind wat vrede bring.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
3. Sterrekykers uit die ooste
bring geskenke tot sy eer.
Hy's die nuutgebore Koning hierdie Kindjie is die Heer.
Sing hosanna! Sing hosanna!
Prys Hom, Jesus, Seun van God!
364 Herders op die ope
velde
1. Herders op die ope velde
het dié nag die englekoor,
met die blye evangelie
uit die hemel aangehoor:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem'le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
2. Met hul harte vol van vreugde
praat hul van die Jesuskind:
Herder vir die mens op aarde
wat verdwaaldes soek en vind.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem'le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
3. Ere in die hoogste hemel,
klink dit nou die wêreld deur:
Liefde, vrede, welbehae
daal in Jesus tot ons neer.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem'le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
VONKK 39 Lank, Lank Terug In
Betlehem (sit)
1. Lank, lank terug in Betlehem
– die Messias soos verwag –
het Jesus Christus, Seun van God,
gekom op Kersfeesdag.
Refrein:
Hoor hoe sing die eng’lekoor,
hul bring aan God die eer.
Vir ons het God sy Seun gestuur,
niks kon sy liefde keer.
Hoor hoe sing die eng’lekoor,
ons Koning het gekom;
en ons sal leef in ewigheid,
omdat ons glo in Hom.
2. Waar herders wag hou in die nag,
sien hul ‘n nuwe ster.
Hul hoor ‘n eng’lekoor wat sing,
musiek wat kom van ver.
Refrein:
Hoor hoe sing die eng’lekoor,
hul bring aan God die eer.
Vir ons het God sy Seun gestuur,
niks kon sy liefde keer.
Hoor hoe sing die eng’lekoor,
ons Koning het gekom;
en ons sal leef in ewigheid,
omdat ons glo in Hom.
Psalm 98
’n Psalm.
1 Sing ’n nuwe lied tot eer van die
Here, want Hy het magtige dade
gedoen, deur sy krag en Goddelike
mag het Hy oorwin.
2 Die Here het sy oorwinning
bekend gemaak, aan die nasies het
Hy sy reddingsdade geopenbaar.
3 Aan die huis van Israel het Hy sy
liefde en sy trou herbevestig;
die hele wêreld het gesien dat ons
God die oorwinning behaal het.
4 Juig tot eer van die Here, almal op
aarde, wees vrolik, juig en sing!
5 Sing tot eer van die Here met
begeleiding van die lier, speel op
die lier en sing.
6 Blaas die trompet en die
ramshoring, jubel tot eer van die
Here, die Koning.
7 Die see en alles daarin moet
druis, die aarde en alles daarop
moet juig, 8 die riviere moet
hande klap, die berge moet
saam juig 9 voor die Here, want
Hy kom om oor die aarde te
heers;
Hy sal oor die wêreld heers met
regverdigheid, oor die volke met
billikheid.
348 Stille nag, heilige nag!
(staan)
1. Stille nag, heilige nag!
Jesus-kind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
2. Stille nag, heilige nag!
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor.
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!
3. Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis
swig;
tot in ewigheid bly U die lig Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
348:2 Refrein (staan)
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!