Transcript WOORDE
DIGKUNS EN SANDKUNS • KOMMUNIKASIE: BOODSKAP/STORIE/DIALOOG MET LESER/KYKER • KOMMENTAAR OF PROTES? • SANDKUNS EN “WOORDE”: DOEL BAIE DIESELFDE / TEMA EENDERS METAPOëSIE • • • • GEDIGTE OOR DIGTERSKAP: DOEL VAN GEDIGTE VERDUIDELIKING VAN GEDIGTE SOSIO-POLITIEKE KONTEKS VAN GEDIGTE WOORDE • Die pen vs die swaard • Versoening vs geweld AGTERGROND • Vincent Oliphant kry kritiek omdat hy nie protesgedigte skryf/bydra tot die struggle teen apartheid nie • “Woorde” is sy repons op hierdie kritiek: • Hy wil versoening en ‘n gevoel van medemenslikheid tussen alle SuidAfrikaners in post-1994 SA bepleit. • Gedig in 1998 gepubliseer KONTRAS/TEENSTELLING • Pen (spreker se woorde): sing, kaal, bid, pleit, wens, medeburgers, medemens • Positiewe kommunikasie • TEENOOR: • Swaard: bose magte, kromme note,byt, koeëls, grofgeskut, grense • Negatiewe kommunikasie – woorde wat geweld aanmoedig. • ‘n Politieke stryd is soos ‘n figuurlike MY WOORDE IS SWAK: • My woorde kan nie bose magte tot ‘n val bring nie • My woorde is nie ‘n dak wat skuiling gee nie/wakker nie ‘n groepsgevoel aan nie /nie opruiend nie • My woorde kan nie kromme note (die moeilike swaarkry) keer nie • My woorde is kaal (eenvoudig/opreg/leeg (VJ):geen politieke agenda nie (?) • My woorde het nie die byt van koeëls en grofgeskut nie.(spreker wil nie sy woorde gebruik om GEWELD aan te moedig nie.) MY WOORDE: • • • • Bid Pleit Wens Beklemtoon mense is dieselfde = medeburgers van die lewe • Wil grense (tussen mense)vergeet • Wil hê mense moet mens(lik) en medemens(lik) wees. “grense” • Letterlik: apartheid/skeiding (woongebiede, treine, ens.) • Figuurlik: vooroordele / ons/hulle ingesteldheid (“mure” tussen mense) • Post-1994: lett. steeds ter sake, maar herhaling van MEDE en MENS (R 17 + 19 +20) wys hoe belangrik die fig. interpretasie is. WIE’S HY DIGTERS EN DIGTERSKAP: Die “belangrike” digter en die gewone mense is almal digters VRYE VERS • Geen vaste rymskema (tog bietjie rym in gedig) • Geen vaste ritme • Lengte van versreëls wissel • Lengte van strofes wissel • (Hierdie gedig het WEL hoofletters en leestekens) • Herhaling van woorde (wie’s hy/ djulle) TEMA • Almal wat taal speels en kreatief gebruik, is digters. • Digterskap is dus nie net om in studeerkamer te skryf nie. • Digterskap kan ook PROTESTEER teen wat verkeerd is (“God tien hulle roep”) “POET” “DJULLE” METODE Skryf (“pen ennie ink”) Praat (“gladde bek”, “roep” PLEK Studeerkamer (allen) Op straat (tussen ander) (“innie straat”) TYDSVERLOOP Dink eers, skryf dan (intellektueel) Geen tydsverloop “soema net daar” (instinktief) TEGNIESE ASPEKTE • Kaapse Afrikaans: taal wat straatverkopers gebruik; Small wys hulle taal is ook digterstaal. • (Bundel “Sê sjibollet”; sjibollet verwys na woorde/uitspraak wat verskil van die standaardwoorde/-uitspraak) • Vrae (strofe 1) (nie retories nie): a)wil leser laat nadink oor digters en digterskap b)skep spanning c) “Wie’s hy?’ word beklemtoon deurdat dit herhaal word, aksentteken (r4) en alleen in kort versreël TEGNIESE ASPEKTE MAAR vrae word beantwoord in strofe 2 • Herhaling van woorde: skep eenheid in gedig (vrye vers) / kernwoorde: hy/djulle/poet(s)