Transcript Onderwerp 1
BESIGHEIDSTUDIES Graad 10 KWARTAAL 1 Sake-omgewings en Sake-geleenthede MIKRO-OMGEWING DIE MIKRO-OMGEWING EN DIE SAKE-OMGEWING Ondernemings bestaan in die sake-omgewing. Die sake-omgewing bestaan uit drie dele: * Mikro-omgewing * Markomgewing * Makro-omgewing MIKRO-OMGEWING… 1. Visie, missie en doelwitte 2. Organisasie kultuur 3. Organisasie hulpbronne 4. Leierskap en bestuur 5. Organisasie struktuur 6. Agt ondernemingsfunksies MARKOMGEWING... 7. Die mark 8. Verskaffers 9. Tussengangers 10. Mededingers 11. Ander organisasies: 11.1 GGO’s (CBO’s) 11.2 NRO’s (NGO’s) 11.3 Reguleerders 11.4 Strategiese bondgenote 11.5 Vakbonde 12. Geleenthede en bedreigings MAKRO-OMGEWING... 13. Fisiese/natuurlike omgewing 14. Ekonomiese omgewing 15. Sosiale, kulturele en demografiese omgewings 16. Tegnologiese omgewings 17. Regs- en politieke omgewings 18. Internasionele/Globale omgewing 19. Institutionele omgewing EIENSKAPPE VAN DIE MIKRO-OMGEWING Is die onderneming self. Ook bekend as interne omgewing. Ondernemings het volle beheer. SAMESTELLING EN EIENSKAPPE VAN DIE MIKRO-OMGEWING Die mikro-omgewing bestaan uit die volgende komponente: • Visie (beskryf wat ‘n onderneming oor die langtermyn wil bereik) Missie (beskryf hoekom ‘n onderneming bestaan) Strategie (beskryf hoe ‘n onderneming sy doelwitte gaan bereik) Doelwitte (skakel die visie en missie om in produksieteikens, • • • besluit op ‘n sperdatum) Die visie, missie, strategie en doelwitte beskryf wat die onderneming wil bereik. Organisasie kultuur: • Verwys na hoe dinge by ‘n organisasie gedoen word. • Sluit aspekte in soos kleredrag en wyse waarop werknemers aangespreek word. • Word beïnvloed deur die werknemers se kultuur. Organisasie hulpbronne: • Verwys na die hulpbronne wat ‘n onderneming gebruik – effektiewe funksionering te verseker. • Ondernemings benodig: * kapitaal hulpbronne * menslike hulpbronne * natuurlike hulpbronne * entrepreneuriese hulpbronne • Bekend as: produksiefaktore Elke faktor het sy eie vergoeding (“betaling” vir daardie spesifieke produksiefaktor) Hulpbron Kapitaal Beskrywing Geld wat in ‘n onderneming belê word sodat die onderneming kapitaalgoedere soos grond, geboue en toerusting kan aanskaf Vergoeding Rente Hulpbron Menslike hulpbronne Beskrywing Die werk wat mense doen om goedere te produseer. Dit staan bekend as arbeid. Vergoeding Salarisse en lone Hulpbron Natuurlike hulpbronne Beskrywing Alle natuurlike bates at gebruik word om goedere en dienste te produseer, byvoorbeeld water, steenkool en goud. Vergoeding Huur Hulpbron Entrepreneuriese hulpbronne Beskrywing Mense wat bogenoemde produksiefaktore kombineer om ‘n winsgewende en operasionele onderneming te bedryf. Vergoeding Wins BESTUUR EN LEIERSKAP Dit is die bestuur en die leierskap se verantwoordelikheid om toe te sien dat ‘n onderneming se doelwitte bereik word. VERSKIL TUSSEN BESTUURDERS EN LEIERS BESTUURDERS Het ‘n spesifieke posise in ‘n onderneming bv. Finansiële bestuurder. Persoon kan net ‘n bestuurder word as daar ‘n vakante bestuurspos in die onderneming is. ‘n Bestuurder deel opdragte uit en maak seker dat dit uitgevoer word. ‘n Bestuurder het die gesag om vir werknemers opdragte uit te deel. VERSKIL TUSSEN BESTUURDERS EN LEIERS LEIERS ‘n Leier het nie noodwendig ‘n bestuurspos nie – enige werknemer kan ‘n leier wees. ‘n Leier tree na vore wanneer daar ‘n behoefte aan leiding binne ‘n groep ontstaan – leierskap is ‘n karaktereienskap. ‘n Leier is gewoonlik deel van ‘n span en help om take uit te voer. ‘n Leier inspireer mense om take uit te voer. 8 ONDERNEMINGSFUNKSIES KAN IN ‘N ONDERNEMING GEÏDENTIFISEER WORD 1. Algemene bestuur 2. Administratiewe funksie 3. Finansiële funksie 4. Aankoopfunksie 8 ONDERNEMINGSFUNKSIES KAN IN ‘N ONDERNEMING GEÏDENTIFISEER WORD 5. Openbare betrekkinge funksie 6. Menslike hulpbronfunksie 7. Produksiefunksie 8. Bemarkingsfunksie (A) ALGEMENE BESTUUR Die funksie van ‘n algemene bestuur is om te verseker dat alle ondernemingsfunksies effektief funksioneer. VLAKKE VAN BESTUUR Die funksie van ‘n algemene bestuur is om te verseker dat alle ondernemingsfunksies effektief funksioneer. VLAKKE VAN BESTUUR Topvlak Middelvlak Laervlak TOPVLAK BESTUUR Topvlak bestuurders is mense soos: • Hoof Uitvoerende Beamptes (HUB’s) Direkteure van maatskappye Eienaars van eenmansake en vennote in vennootskappe • • Topvlak bestuur kyk na ‘n onderneming en sy aktiwiteite in die geheel. ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE Beplan vir die onderneming se toekoms. Monitor die onderneming se verhouding met die eksterne omgewing. Bestuur verandering in die sake-omgewing. Bepaal die visie, missie, strategie en doelwitte van die onderneming – sorg dat doelwitte behaal word. Maak strategiese besluite – langtermyn bv. verpakking moet verander. MIDDELVLAK BESTUUR Is die hoofde van die verskillende afdelings binne die onderneming. Hulle het gespesialiseerde kennis van die aktiwiteite wat in hulle afdelings uitgevoer word. ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE Dien as ‘n skakel tussen topvlak- en laervlak bestuur. Implementeer topvlak bestuur se planne deur taktiese besluite te neem. Bestuur elke afdeling/departement bv. bemarkingsafdeling. Behaal die doelwitte wat die die afdeling gestel is. Skaf die hulpbronne aan wat die afdeling nodig het. LAERVLAK BESTUUR Is die laagste vlak van bestuur. Bekend as eerstelyn of toesighoudende bestuur. Is voormanne en spanleiers. Beskik oor tegniese kennis en moet werkers lei en motiveer. ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE Dien as ‘n skakel tussen departementshoofde en werkers op grondslag. Voer die taktiese besluite van die middelvlak bestuur uit. Gebruik die hulpbronne wat middelvlakke bestuur aanskaf om daaglikse instruksies uit te voer. Maak roetine-tipe besluite. Verantwoordelik om daaglikse produksieteiken te bereik. Voer middelvlak bestuur se opdragte uit. BESTUURSTAKE Beplanning Die proses om doelwitte te stel en planne te maak om hierdie doelwitte te bereik. Vind plaas op al drie bestuursvlakke. Topbestuur beplan vir die onderneming se langtermyn toekoms. Topbestuur beplan hoe ‘n onderneming sy algehele doelwitte gaan bereik. BESTUURSTAKE Middelvlak bestuur beplan vir die mediumtermyn. Middelvlak bestuur beplan hoe elke afdeling se doelwitte bereik gaan word. Laervlak bestuur beplan vir die korttermyn. Laervlak bestuur beplan hoe om daaglikse produksieteikens te behaal. BESTUURSTAKE Organisering Verwys na die manier waarop werknemers in ‘n onderneming georganiseer is om planne te beraam. Om verantwoordelikheide en pligte na te kom. Beskryf die take waarvoor werknemers verantwoordelik is, teenoor wie verslag gedoen moet word en wie opdragte mag uitdeel. Werknemers kan in verskillende organisasie strukture gerangskik word. BESTUURSTAKE Aktivering Om te begin met die werk wat ‘n onderneming in staat gaan sel om sy doelwitte te bereik. BESTUURSTAKE Leiding Om werknemers deur hulle pligte en verantwoordelikhede te lei. Om werknemers te inspireer om die onderneming se doelwitte te bereik. BESTUURSTAKE Rigting gee (Directing) Verseker dat alles in ‘n onderneming glad verloop. Behels die skepping van ‘n produktiewe werksklimaat, toesighouding en om seker te maak dat kommunikasiekanale oop bly. BESTUURSTAKE Beheer Maak seker dat take volgens plan uitgevoer word. Behels vergelyking tussen werklike resultate en doelwitte wt deur bestuur gestel is. Regstellende maatreëls moet getref word indien daar ‘n verskil is tussen die werklike resultate en die onderneming se doelwitte. BESTUURSTAKE Risiko bestuur Dit bly ‘n belangrike bestuursverantwoordelikheid, al word dit nie geklassfiseer as ‘n tradisionele bestuurstaak nie. Behels die identifisering van risiko’s en ontwikkeling van strategieë om hierdie risiko’s te hanteer. Die volgende stappe word geneem: 1. Identifiseer bedreigings/risiko’s in elke sake-omgewing. 2. Bepaal die mate waarin die onderneming blootgestel is aan bedreigings. 3. Evalueer die risiko’s. 4. Beheer die risiko deur verliese te beperk. 5. Finansier die risiko deur te begroot vir moontlike verliese. ORGANISATORIESE STRUKTURE 1. Toon die kanale wat gebruik word om: • Opdragte uit te deel Terugvoering te gee Kommunikasie tussen bestuurders en werknemers en werknemers onderling • • 2. Daar is verskillende tipes organisatoriese strukture vir verskillende tipes ondernemings en situasies. LYNORGANISASIE STRUKTUUR 1. Oudste organisasie struktuur. 2. Beste struktuur vir klein sake-ondernemings. 3. Maak voorsiening vir vinnige besluitneming – bestuurders het die gesag om besluite te neem sonder om met werknemers te konsulteer. 4. Gesag vloei afwaarts van die mees senior persoon in die organisasie na werknemers op die laagste vlak. FUNKSIONELE ORGANISASIE STURKTUUR 1. 2. 3. 4. Soort gelyk aan lynorganisasie – maak voorsiening vir groter ondernemings. Dieselfde tipe werk word saamgegroepeer in funksionele departemente. Elke departement word bestuur deur ‘n bestuurder wat ‘n kundige is in sy/haar spesifieke veld. Elke departement wat die hele onderneming se bemarking behartig. LYNSTRUKTUUR 1. Lynstruktuur vorm die basis vir die lyn- en staforganisasie struktuur. 2. Kundiges tree op as adviseurs vir bestuurders. 3. Bestuurders staan bekend as lynbestuurders, terwyl kundiges/adviseurs bekend staan as stafbestuurders. 4. Adviseurs het geen gesag oor werknemers nie. 5. Maak voorsiening vir vinnige besluitneming en vinnige vloei van gesag. 6. Gepas vir groot ondernemings. PROJEK- OF MATRIKSORGANISASIE STRUKTUUR 1. ‘n Span, wat bestaan uit mense van verskillende departemente, word saamgestel om ‘n taak te voltooi. 2. Projekspanne word gelei deur projekbestuurders. 3. Sodra die projek voltooi is, ontbind die spanne en keer spanlede terug na hulle onderskeie departemente. 4. 5. 6. Dit is dus ‘n tydelike struktuur. Terwyl spanlede aan ‘n projek werk, voer hulle opdragte van die projekbestuurders en departementshoofde uit. Dit kan lei tot “konflik van lojaliteit” tussen projekbestuurders en funksionele bestuurders. DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE BESTUUR EN GROEPERING VAN BESTUURSVLAKKE Groepering tussen vlakke Beplan vir ‘n onderneming in die geheel, bepaal die ringting van die onderneming. Dien as skakel tussen top- en laevlak bestuur, voer besluite uit wat topbestuur neem. Voer taktiese besluite uit wat middelvlak bestuur neem. Bestuursverantwoordelikhede Langtermyn beplanning, neem straegiese besluite, bestuur verandering en bestuur risiko. Mediumtermyn beplanning, neem taktiese besluite, bestuur elke departement. Korttermyn beplanning, neem operasionele besluite, stel daaglikse prestasieteikens. (B) ADMINISTRASIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE ADMINISTRASIE FUNKSIE 1. Versamel data en inligting. 2. Hanteer data en inligting. 3. Bestuur inligting. 4. Kantoorpraktyk. 5. Inligtingstegnologie. VERSAMEL DATA EN INLIGTING Die administratiewe funksie moet data en inligting versamel wat bestuur kan help met besluitneming byvoorbeeld: 1. 2. 3. 4. 5. 6. Markneigings Inflasiekoers Rentekoers Verkoopsyfers Voorraad Verskaffers HANTERING VAN DATA EN INLIGTING Korrespondensie Alle kommunikasie van en na ‘n onderneming, hetsy verbaal of skriftelik. Kopiëring Inligting moet gekopieer word om dit aan bestuurders beskikbaar te stel. Sekere inligting is betroubaar en moet versigtig hanteer word. HANTERING VAN DATA EN INLIGTING Liasering en berging Korrespondensie en dokumente soos finansiële state ens. Moet geliaseer en geberg word. Hierdie inligting word gehou vir toekomsigte verwysings. Indeksering Liaseer dieselfde tipe inligting bymekaar. Indekseer hierdie inligting in terme van belangrikheid, datum of aard. HANTERING VAN DATA EN INLIGTING Hantering van pos Lewer pos aan bestuurders sodat hulle vinnig daarop kan reageer. Indekseer hierdie inligting in terme van belangrikheid, datum of aard. Verspreiding van inligting aan bestuurders Inligting moet aan bestuurders verskaf word sodat geleenthede en bedreigings geïdentifiseer kan word. HANTERING VAN DATA EN INLIGTING Rekenkundige rekords Word gehou om: rekord te hou van alle transaksies en finansiële state op te stel. Statistiek Behels die versameling en interpretasie van rou data. Statistiek help bestuurders om neigings te identifiseer en om ingeligte besluite oor ‘n onderneming se toekoms te neem. HANTERING VAN DATA EN INLIGTING Begrotings Skat hoeveel geld ‘n onderneming in ‘n spesifieke finansiële jaar gaan uitgee en ontvang. Tipes begrotings sluit in: 1. Bemarkingsbegroting 2. Menslike hulpbronnebegroting 3. Produksiebegroting 4. Korporatiewe sosiale investeringsbegroting BESTUUR VAN INLIGTING 1. Data moet versamel word, verwerk word sodat dit deur bestuur gebruik kan word. 2. Hierdie inligting help bestuur om besluite te neem. 3. Inligting word gebruik om toekomstige neigings te voorspel en om hierdie neigings om te skakel na sterkpunte en geleenthede. 4. Inligting moet nagegaan word. 5. Inligting moet op datum wees en beskikbaar wees. KANTOORPRAKTYK Verwys na die manier waarop aktiwiteite hanteer word: 1. Telefoonetiket. 2. Manier waarop boodskappe aan werknemers oorgedra word. 3. Manier waarop e-posse en fakse hanteer word in terme van dringendheid. 4. Die hoeveelheid kopiëe wat werknemers mag maak. INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT) 1. Inligtingstegnologie (IT) verwys na die gebruik van rekenaars en –sagteware om inligting te prosesseer, te stoor, te beskerm en te herwin. 2. Sluit elektroniese kommunikasie in. 3. Nuwe term Inligtings- en Kommunikasietegnologie (IKT). IKT VERWYS NA... Telefone ‘n Interne telefoonstelsel verbind die onderneming se verskillende departemente met die skakelbord en met mekaar. Die eksterne telefoonstelsel stel die onderneming in staat om eksterne oproepe te maak (buite die omgewing). Faksmasjiene Om geskrewe dokumente elektronies te stuur. IKT VERWYS NA... Selfone Selfone is koordloos, mense kan maklik bereik word. Selfone kan gebruik word om “konferensie oproepe” (confrence calls) te maak. Selfone verskaf toegang tot die internet. IKT VERWYS NA... Elektroniese verkoopsterminale Laat mense toe om met debiet- of kredietkaarte vir produkte te betaal. Die toestel is gekoppel aan die bank en geld word elektronies vanaf die koper se rekening na die verkoper se rekening oorgeplaas. IKT VERWYS NA... Fotokopiëerders Word gebruik om dokumente te kopiëer, te vergroot en/of te verklein. Kopiëerders kan ook dokumente bind, pons en kram. Kopiëerders kan ook aan rekenaars gekoppel word. Kopiëerders druk dokumente – goedkoper. Meeste kopiëerders is egter onderhoudsintensief. IKT VERWYS NA... Interaktiewe witborde ‘n Groot gevoelsensitiewe (touch sensitive) bord wat gekoppel is aan ‘n digitale projektor en ‘n rekenaar. Die projektor wys die rekenaar se beeld op die witbord. Kan op die witbord “skryf” deur ‘n spesiale pen of jou vinger te gebruik. Rekenaar en witbord word gebruik vir voorleggings. Alles wat op die witbord geskryf word, word op die rekenaar gestoor. IKT VERWYS NA... Rekenaars Kommunikasiemedium vir e-pos en skype. Skype is ‘n program waardeur telefoonoproepe via die internet gemaak word. Verskaf toegang tot die internet. Word gebruik van verskillende rekenaarprogramme. (C) FINANSIERING VERANTWOORDELIKHEID 1. Beplan hoe geld spandeer gaan word. 2. Besluit of finansiering nodig is. 3. Verseker dat genoeg geld beskikbaar is vir die onderneming om handel te dryf. 4. Om uitstaande gelde op te volg. 5. Om die onderneming se rekeninge te betaal. BELANGRIKE BEGRIPPE Inkomste Inkomste is al die geld wat ‘n onderneming inkry. (byvoorbeeld: rente) Uitgawes Verwys na die geld wat ‘n onderneming spandeer op verbruikersgoedere – goed wat op raak en nie lankhou nie. (byvoorbeeld: water en elektrisiteit) BELANGRIKE BEGRIPPE Wins Verskil tussen inkomste en uitgawes. Behoort aan die onderneming se eienaar. Verlies Wanneer ‘n onderneming se uitgawes meer is as die inkomste. Die eienaar van ‘n onderneming is verantwoordelik vir die verlies. BELANGRIKE BEGRIPPE Bates Bly permanent in die onderneming. (byvoorbeeld: toerusting) Kan ook in geld omgeskakel word. (byvoorbeeld: handelsvoorraad) Laste Verwys na die geld wat ‘n onderneming aan sy krediteure skuld. BELANGRIKE BEGRIPPE Krediteure ‘n Onderneming skuld geld aan sy krediteure. Krediteure is dus laste. Debiteure Skuld geld aan die onderneming. Debiteure se skuld kan in kontant omgeskakel word. Debiteure word geklassifiseer as ‘n baste. BELANGRIKE BEGRIPPE Vaste kapitaal Die gedeelte van ‘n onderneming se kapitaal wat in vaste bates belê is. Werkskapitaal Die gedeelte van ‘n onderneming se kapitaal wat gebruik word om handeslvoorraad mee aan te koop en vir uitgawes te betaal. TIPES FINANSIERING 1. 2. Finansiering beteken om geld of kapitaal te bekom om vir iets te betaal. Kapitaal kan aan ‘n onderneming behoort of dit kan geleen word. Verwys na tabel: Eie Kapitaal Eie kapitaal is geld wat die eienaar bydrae wat gebruik word om inkomste te genereer. Beteken dat die eienaar geregtig is op die wins as ‘n onderneming winsgewend is. Geleende Kapitaal Verkry van finasiële instellings soos banke. Word met rente terugbetaal. Langtermyn geleende kapitaal soos verbandlenings. Kortermyn geleende kapitaal soos oortrokke bankrekeninge. BRONNE VAN FINANSIERING Korttermyn Oortrokke bankrekening Onderneming reël met die bank om meer geld te onttrek as waar daar in die bankrekening beskikbaar is. Verskafferskrediet Die verkoper en die koper kom ooreen dat die koper goedere dadelik kan neem, maar eers lter daarvoor hoef te betaal. Lenings Geld word binne ‘n tydperk (minder as 5jr) terug betaal met rente. Huurrekeninge Inplaas van ‘n bate koop word dit gehuur. BRONNE VAN FINANSIERING Langtermyn JSE ‘n Onderneming kan aandele verkoop om kapitaal te kry. Lenings Geld word oor ‘n langtermyn (tot 30jr) met rente terugbetaal. Reserwefondse Kan geld gebruik wat in die onderneming se reserwefonds gespaar is. BEGROTINGS 1. 2. 3. Dit is die onderneming se finansiële beplanning. Dis ‘n aanduiding van moontlike toekomsigtige inkomste en uitgawes. Daar is twee tipe begrotings: Kapitaal begroting Kontantbegroting Bepaal onderneming se vaste bastes. Bepaal ‘n onderneming se werkskapitaal. Fokus op langtermyn. Fokus op korttermyn. INLEIDING TOT BELEGGINGS 1. Verwys na die gebuik van geld om welvaart en inkomste te genereer, sonder om te werk. 2. Ondernemings belê surplus fondse. 3. Beleggingsbestuurders word aangestel om na beleggingsportefeuljes om te sien. 4. Beleggingsportefeuljes verwys na verskillende beleggings wat deur onderneming gemaak word. 5. Geld word in verskillende markte belê byvoorbeeld: eiendom, aandele, goud ens. TIPES KAPITAAL 1. Vaste kapitaal: Kapitaal wat in nie-bedryfsbates soos voertuie, toerusting, grond en geboue belê word. 2. Bedryfskapitaal: Kapitaal wat gebruik word om krediet mee toe te staan, voorraad mee aan te koop. Werkskapitaal is likied – in- en uitvloei in die onderneming. (D) AANKOPE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE AANKOOPFUNKSIE 1. Om alles wat ‘n onderneming nodig het om sy aktiwiteite uit te voer, aan te koop. 2. Om voorraad te bestuur. 3. Beste verskaffers op te spoor. 4. Bestellings by verskaffers op te volg. AANKOOPPROSEDURES 1 • Rekwisies 2 • Doen navraag 3 • Kies ‘n verskaffers 4 • Bestel 4 • Ontvang 5 • Stoor nuwe voorraad 6 • Versprei AANKOOPAKTIWITEITE Werknemers in die aankoopfunksie sal betrokke wees by die volgende aktiwiteite: 1. Maak kontak met ander departemente om hulle behoeftes te bepaal. 2. Soek voordurend na die beste verskaffers. 3. Maak seker daar is altyd genoeg voorraad. 4. Onderhandel met die beste betalingsvoorwaardes. 5. Plaas bestellings en volg op. 6. Stuur beskadigde goedere terug na die verskaffers. KONTANTHANDEL Voordele: 1. Kontantkopers het nie probleme met onbetaalde rekeninge nie. 2. Rekeninge hoef nie aan debiteure gestuur te word nie. 3. Die kontantverkoper het die kontant om vaste uitgawes soos water en elektrisiteit te betaal. 4. Kontantkoper kan ook kwalifiseer vir kontantafslag. KONTANTHANDEL Nadele: 1. 2. Kontanthandelaars kan die ondersteuning van klante, wat nie genoeg geld het om kontant te betaal te verloor nie. Geld in bank trek rente – wanneer kontanthandelaar ‘n betaling maak is daar minder geld in die rekening waarop rente verdien kan word. KREDIETHANDEL 1. Vind plaas wanneer ‘n koper dadelik goedere in besit neem, maar eers later daarvoor betaal. 2. Beteken dat eienaars hulle klante vertrou om wel later te betaal vir die produkte wat reeds geneem is. 3. Omdat krediethandelaars wag vir betaling, word rente gehef op die uitstaande bedrag. 4. Krediethandelaars laat gewoonlik 30, 60, 90 dae toe vir rekeninge om betaal te word. 5. Sekere handelaars gee slegs 30 dae. KREDIETHANDEL Voordele: 1. Krediethandelaars kan meer vra vir hulle goedere om te komenseer vir die tyd wat hulle vir betaling gewag het. 2. Krediethandel stel mense wat eers aan die einde van die maand kan betaal, in staat om dringende behoeftes dadelik te bevredig. 3. Geld bly langer in die kredietkoper se rekening omdat daar eers later vir goedere betaal word. KREDIETHANDEL Nadele: 1. Krediethandelaars moet dikwels nuwe voorraad aankoop voordat debiteure betaal het. 2. Daar is altyd die risiko van oninbare skulde. 3. Rekeninge moet aan debiteure gestuur word. VOORRAADBEHEER Definisie: 1. 2. 3. Om voorraadvlakke te monitor sodat die onderneming die regte hoeveelheid voorraad aanhou. As ‘n onderneming te min voorraad aanhou, sal klante by ‘n ander onderneming gaan koop. As ‘n onderneming te veel voorraad aanhou, sal dit geberg moet word. VOORRAADBEHEER Doel: 1. Om op enige stadium die waarde en hoeveelheid voorraad te bepaal, sonder om voorraad fisies te tel. 2. Om te verseker dat daar ten alle tye genoeg voorraad is om die normale vraag te bevredig. 3. Vergelyk die hoeveelheid voorraad op die rakke met rekords om veroudering en diefstal te merk. VOORRAADBEHEER Die koste van voorraadhouding: Voorraadhoudingskostes sluit in: 1. 2. 3. 4. 5. Verlies as gevolg van verouderde produkte Verlies as gevolg van diefstal Verlies as gevolg van brand Versekering op voorraad in die stoorkamer Koste verbonde aan berging: huur, verkoeling, elektrisiteit ens. VOORRAADBEHEER Belangrike konsepte: Minimum voorraadvlakke Die kleinste hoeveelheid voorraad wat nodig is om die normale vraag te bevredig. Maksimum voorraadvlakke Hoeveelheid voorraad wat nie oorskry mag word nie. Standaardbestelling Vaste bestelling Byvoorbeeld: ‘n kafee bestel elke week 100 bottels Bestellingsvlak Verwys na die voorraadvlak wat bereik moet word voordat nuwe voorraad bestel word. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Rede: 1. 2. 3. Lig kredietgewers en verbruikers in oor hulle regte en verpligtinge. ‘n Kredietgewer is ‘n persoon of ‘n onderneming wat krediet verskaf aan ‘n ander persoon of onderneming. ‘n Kredietaansoeker is ‘n persoon of ‘n onderneming wat geld wil leen. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Aard en doel: 1. Om ‘n kredietmark te ontwikkel wat toeganklik is vir alle SuidAfrikaners. 2. Om ‘n verantwoordelike lenings, vermyding van oorbodige skuld en nakoming van finansiële verpligtinge aan te moedig. 3. Bevorder gelykheid in die kredietmark. 4. Spreek wanbalanse in die onderhandelingsmag tussen verbruikers en kredietgewers aan. 5. Ontmoedig roekelose kredietverlening en kontrakbreuk deur verbruikers. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Regte van kredietgewers: 1. Kan ‘n dagvaardiging uitreik en aansoek doen om ‘n vonnis teen die verbruikers. 2. As daar nie ‘n skuldhersieningsaansoek is nie, kan die kredietgewer regstappe teen die verbruiker neem mits: • Die verbruiker vir minstens 20 dae in verstek gebly het. • Die kredietgewer minstens 10 dae skriftelike kennis, per geregistreerde pos, aan die verbruikers gegee het. • Die verbruiker nie daarop gereageer het nie. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) 1. Die verbruiker moet die kredietgewer in kennis stel van enige veranderinge in verband met: • Die verbruiker se woon- of sake-adres. • Die adres waar goedere gestoor word. • Die naam en adres van enige ander persoon aan wie besit van goedere oorgedra is. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Regte van kredietaansoekers: 1. Die reg op ‘n afskrif van die kredietooreenkoms. 2. Die reg op beskerming teen onbillike diskriminasie. 3. Die reg op redes waarom krediet geweier is. 4. Die reg op inligting in ‘n amptelike landstaal. 5. Die reg op inligting in gewone en verstaanbare taal. 6. Die reg om kredietrekords en –inligting na te gaan. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Remedies (Regshulp): 1. Verleen beskerming aan verbruikers byvoorbeeld: • Die kredietooreenkoms mag geen onregmatige bepalings bevat nie. • Die verbruiker is geregtig om aansoek te doen vir skuldhersiening. • Die kredietgewer is nie geregtig op regshulp terwyl die verbruiker onderskuldhersiening is nie. 2. ‘n Kredietgewer kan ‘n dagvaardiging uitreik en aansoek doen om vonnis teen die verbruikers. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET (WET 34 OF 2005) Impak op die aankoopfunksie: 1. Streng kredietverleningsmaatreëls het veroorsaak dat daar minder krediet beskikbaar is. 2. Die aankoopfunksie kan nie meer verwag of aanneem dat krediet toegestaan gaan word nie. 3. Die aankoopfunksie, sowel as die finansiële funksie, moet seker maak dat daar genoeg kontant beskikbaar is vir die nodige aankope. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Rede: 1. Skep bewustheid van verbruikersregte. 2. Beskerm verbruikersregte. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Aard en die doel: 1. Om verbruikers se sosiale welstand te bevorder. 2. Om ‘n regverdige regsraamwerk vir die verbruikersmark te vestig. 3. Om die belange van alle verbruikers te beskerm. 4. Om toegang tot inligting oor verbruikersbewustheid te vergemaklik. 5. Om verbruikers te beskerm teen gevaarlike goedere. 6. Om regverdige sakepraktyke aan te moedig. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Regte van diensverskaffers: 1. ‘n Verskaffer kan ‘n vastetermyn-ooreenkoms binne 20 dae kanselleer nadat kennis gegee is aan die verbruiker. 2. Behalwe op openbare vakansiedae, mag die verskaffer die verbruiker tussen 08:00 en 20:00 op weeksdae en tussen 09:00 en 13:00 op Saterdae en Sondae vir bemarkingsdoeleindes nader. 3. Verskaffers kan verbruikersooreenkomste afdwing as die ooreenkomste in gewone en verstaanbare taal is. 4. Verskaffers kan geskrewe verbruiksooreenkomste afdwing sonder dat die verbruiker die dokument geteken het. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Regte van verbruikers: 1. Die reg op privaatheid. 2. Die reg op vrye keuse. 3. Die reg op inligting. 4. Die reg op aanspreeklikheid van verskaffers. 5. Die reg op regverdige en verantwoordelike bemarking. 6. Die reg op billike en regverdige voorwaardes en termyne. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Remedies (Regshulp): 1. Die verbruiker kan klagtes verwys na die Nasionale Verbruikerskommissie. 2. Die verbruiker en verskaffer het toegang tot alternatiewe dispuutoplossingsmetodes. 3. Verskaffers is aanspreeklik vir administratiewe fooie. 4. Markpraktyke kan deur die Nasionale Verbruikerskomissie ondersoek word. DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008) Impak op aankoopfunksie: 1. Vervaardigers en verskaffers kan aanspreeklik gehou word vir skade gelei as gevolg van foutiewe goedere. 2. Meer papierwerk en personeelopleiding vir verskaffers. 3. Dit word moeiliker vir verskaffers om foutiewe goedere, of goedere van swak gehalte, te lewer. (E) DIE OPENBARE BETREKKINGE-FUNKSIE Rol: 1. Om ‘n gunstige beeld van die onderneming te skep. Belangrikheid: 1. Sakebeeld is belangrik omdat dit die onderneming help om: • Klante te lok. • Aandeelhouers tevrede te stel. • Goeie werknemers te lok. • Die ondersteuning van die gemeenskap te verseker. (E) DIE OPENBARE BETREKKINGE-FUNKSIE Metodes: 1. Metodes wat die gebruik van openbare betrekkinge ondersteun: • Gebruik van die telefoon • “Word of mouth” • Publisiteit • Uitstallings • Korporatiewe verantwoordelikheid • Media DIE ROL EN BELANGRIKHEID VAN DIE ONDERNEMINGSFUNKSIES Sakefunksie Hoof verantwoordelikheid Aankoopfunksie Moet die beste verskaffers opspoor en die regte voorraad op die regte tyd, teen die regte prys, van die regte gehalte en in die regte hoeveelhede aankoop. Produksiefunksie Verantwoordelik om rou materiaal in finale goedere te verwerk. Openbare betrekkingefunksie Verantwoordelik om ‘n gunstige beeld van ‘n onderneming te skep. Algemene bestuursfunksie Verantwoordelik vir die algmene bestuur: beplanning, organisering, leiding en beheer. DIE ROL EN BELANGRIKHEID VAN DIE ONDERNEMINGSFUNKSIES Sakefunksie Hoof verantwoordelikheid Bemarkingsfunksie Verantwoordelik vir die verkoop van ‘n onderneming se produkte. Menslike hulpbronfunksie Verantwoordelik vir die werwing, keuring en aanstelling van nuwe werknemers. Administratiewe funksie Verantwoordelik vir die versameling, berging en verspreiding van sake-inligting. Finansiële funksie Verantwoordelik vir die finansiering van sakeaktiwiteite. DIE ONDERNEMINGSFUNKSIES IN KLEIN EN GROOT SAKEKONTEKSTE 1. 2. 3. Die 8 ondernemingsfunksies kom in klein sakeondernemings op ‘n kleiner skaal voor. In groot ondernemings is die teenoorgestelde waar – die 8 ondernemingsfunksies kan duidelik van mekaar onderskei kan word. Die manier waarop hulpbronne in klein ondernemings aangewend word, verskil ook van die manier waarop hulpbronne in groter ondernemings aangewend word. DIE ROL VAN BESTUUR IN DIE SUKSES VAN ‘N ONDERNEMING 1. Dit is die bestuur se verantwoordelikheid om realistiese en bereikbare doelwitte vir die onderneming te stel. 2. Die onderneming se werksverrigting word teen hierdie doelwitte gemeet. 3. Opdragte moet aan die regte werknemers gegee word. 4. Bestuur moet ‘n organisasie struktuur kies wat produktiwiteit en werksverrigting bevorder. DIE ROL VAN BESTUUR IN DIE SUKSES VAN ‘N ONDERNEMING 5. Dit is bestuur se verantwoordelikheid om te verseker dat ‘n atmosfeer geskep word vir goeie verhoudings. 6. As werknemers daaglikse produksieteiken bereik, sal die onderneming oor die langtermyn suksesvol wees. 7. Bestuur het ‘n groot verantwoordelikheid omdat die besluite wat hulle neem die onderneming of bevoordeel of selfs kan laat ondergaan. GEHALTE 1. Verwys na die fisiese eienskappe van goedere. 2. Gehaltebeheer behels beheer oor die materiaal, vakmanskap en masjienerie wat in die produksieproses gebruik word. 3. Dit beïnvloed die gespesifiseerde staandaarde en vereistes van die finale produkte. 4. Die doel van gehaltebeheer is om te verseker dat die regte gehalte goedere aan verbruikers gelewer word. GEHALTE Voordele: 1. Handelaars en verbruikers kan seker wees dat produkte van goeie gehalte is. 2. Gehaltebeheer moedig werkers aan om goeie produkte te lewer. 3. Produksiekoste kan verminder word deur swak produkte uit te skakel. 4. Gehaltebeheer lei tot beter goedere en beter produkontwerp. GEHALTE 1. Een van ‘n onderneming se algehele doelwitte is om gehalte goedere en dienste te lewer. 2. Elke ondernemingsfunksie moet hoë gehalte werk lewer om hierdie doelwitte te bereik byvoorbeeld: • Produksie • Aankope • Eksterne betrekkinge GEHALTE • Algemene bestuur • Bemarking • Menslike hulpbronne • Administrasie • Finansies